242. Klim uit en klim op

Die geraas word onuitstaanbaar.  Ons moet steun op die mees indrukwekkende tegnologie wat die wêreld nog ooit gehad het.  Dit gee nuwe dinamiek aan die pandemie politiek, ekonomie en bo alles globale kommunikasie met individue in huise en in hande.  Op hierdie stadium is die einde van virus-regulasies nie so naby as wat almal hoop nie en kort-kort is daar nuwe dreigemente van meer mutasies en nog reëls.  As ons kalm en realisties wil bly, dan het ons geduld nodig. 

Vir my is dit nodig om so nou en dan die definisie van geduld te hoor, sodat ek met hernieude durf die uitdagings van die dag tegemoet kan gaan.  

Endurance or patience is the capacity to bear up under difficult circumstances not with a passive complacency but with a hopeful fortitude that actively resist weariness and defeat. [Spirit-Filled Life Bible]  

Dit is hoe ons leef met die hulp van die Here – dapper en sterk.

Ons is toegerus met alles wat ons nodig het om te oorleef – nie met ‘n benoude, broekskeur, hittete-soort oorlewing nie, maar met ‘n  triomfantelike, sterk getuienis van voorsiening en beskerming.

Dit is die punt van die gelykenis van die tien maagde. [Bodemklippe 75]  Die bruidegom wat aankom is nie die Tweede Koms van Jesus nie.  Dit is die koms van Jesus in elke moeilike situasie, elke uitdaging en probleem wat ons mee te doen kry.  Ons “sien” en “hoor” hom nie in die probleem nie.  Ons is so gefokus op moeilike omstandighede dat ons die aankoms van die Bruidegom heeltemal mis.  Dit is net die maagde met genoeg olie (simbool van die Heilige Gees) wat saam met hom aan die tafel gaan sit.  Die tafel in die vallei van doodskaduwee waar Hy die feesmaal voorsit. 

Hy is onmiddellik teenwoordig, persoonlik beskikbaar in die “storm”.  Dit is wat Hy belowe.

2God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming;

Hy was nog altyd bereid om te help in nood.

3Daarom is ons nie bang nie,

al gee die aarde pad,

al skuif die berge tot in die dieptes van die see,

4al druis en skuim die waters van die see,

al skud die berge deur sy onstuimigheid. (Psalms 46:2-4)

God, you’re such a safe and powerful place to find refuge!
You’re a proven help in time of trouble—
more than enough and always available whenever I need you.

So we will never fear
even if every structure of support were to crumble away.
We will not fear even when the earth quakes and shakes,
moving mountains and casting them into the sea.

For the raging roar of stormy winds and crashing waves
cannot erode our faith in you.

Pause in his presence. (Psalms 46:1-3 TPT)

Gaan voort – dink vir ‘n oomblik.  Word bewus van sy teenwoordigheid.  Jy sal Jesus by jou in die storm vind.  Hy is daar in die boot.  Maak hom wakker.  Roep hom en hoor sy Stem.  Dit sal alles verander.

Keer terug na stilte.  Stilte binne die geraas om jou.

So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê:

As julle julle bekeer en tot rus kom,

sal julle gered word.

Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.

Maar dit wou julle nie. (Jesaja 30:15)

God, the Master, The Holy of Israel,
    has this solemn counsel:
“Your salvation requires you to turn back to me
    and stop your silly efforts to save yourselves.
Your strength will come from settling down
    in complete dependence on me—
The very thing
    you’ve been unwilling to do. 
(The Message)

Een van die gevolge van die pandemie is dat ons meer op ons skerms staatmaak.  Ons delf in die dieptes van internet nuus en menings, maar ook bediening.  Op soveel plekke is die kerke toe en die dienste aanlyn.  Dit is dikwels beter om ingeskakel te bly by jou eie lokale gemeente as om die globale “smorgasbord” van internet-bediening te probeer navigeer. “Smorgasbord” is ‘n Sweedse woord wat so teen die helfte van die vorige eeu gewild geword het.  Dit beskryf ‘n buffet-tipe maaltyd met ‘n wye verskeidenheid disse, of net ‘n groot veelsoortige aanbod van dinge om van te kies.

Ons almal weet dat as mens nie met oordeel so ‘n maaltyd aanpak nie, kan mens te veel eet of dalk die stukkie vis of oester wat “af” is, ook inkry.  Dit is hoe mens die wye aanwending van internet bedienings kan beskryf.  Dit kan hoogs ontstellend en verwarrend wees, maar dit kan ook jou geloof bou en jou bemoedig om met durf en dapperheid die Here te dien.  Dit hang van jou eie onderskeidende gebruik daarvan af.

Daar is net een manier om dit te benader en dit is met onderskeiding en kieskeurigheid.  Die selektiwiteit wat ons skerm-beskikbaarheid vereis, kan net op een plek verkry word.  Die onderskeiding van geeste is ‘n gawe van die Heilige Gees.  Dit word belowe – dikwels.  Dit is die wysheid waarvan ons in Jakobus lees.

And if anyone longs to be wise, ask God for wisdom and he will give it! He won’t see your lack of wisdom as an opportunity to scold you over your failures but he will overwhelm your failures with his generous grace.   Just make sure you ask empowered by confident faith without doubting that you will receive.  (James 1:5,6, TPT)

Die Bybel het baie te sê oor die profetiese bediening, die amp van ’n profeet en vals profete – te veel om in hierdie kort stukkie te bespreek.  Die waarskuwing teen vals leerstellinge en vals profesieë is oral in die Skrif.  Kom ons lees sommige daarvan saam sodat ons skerp-slim in ons keuses kan wees.  Onthou altyd dit is die Heilige Gees wat die ongemak in ons binneste werk vir dit wat nie reg is nie.  Moet dit nie ignoreer nie.  Volg die waarheid.  Die waarheid is in net uit een Bron.  Daar is na alles net een mens op die ganse aarde in die geskiedenis van die mensdom wat gesê het: Ek is die Waarheid…

The Road

14 “Don’t let this rattle you. You trust God, don’t you? Trust me. (John 14:1, The Message)

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

Ons is heeltemal in staat om te weet wat reg is.  Laat toe dat die Woord van God jou skoon was (Efesiërs 5:26)

Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid.

(1 Johannes 2:20)

Dit het ek aan julle geskrywe oor die mense wat vir julle wil mislei. 27Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly. (1 Johannes 2:26,27)

Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

(1 Johannes 4:1)

Daarom, my geliefdes, moet niks met die afgodsdiens te doen hê nie. 15Ek praat met julle as verstandige mense. Beoordeel self wat ek sê.  (1 Korintiërs 10:14,15)

Afgodediens in hierdie sin waarvan ons praat, sou vir my die ondeurdagte volgelings-mentaliteit vir “geloofshelde” in die openbare sfeer wees.  Almal wat op die internet bedien is nie verkeerd nie.  Dit is glad nie wat ek insinueer nie.  Al wat nodig is, is die wysheid van onderskeiding.

Die bediening van die kerk in Berea is een van my gunstelinge.  

Sodra dit donker was, het die gelowiges vir Paulus en Silas na Berea toe gestuur. Daar aangekom, het hulle na die Joodse sinagoge toe gegaan.

11Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê.  (Handelinge 17:10,11)

In Berea in die eerste eeu, het hulle nie die luuksheid van historiese insig in die leer van Paulus gehad nie.  Hulle het seker gemaak dat hy die waarheid praat.  Hulle het die Skrifte ondersoek.  Die geskrewe Woord van God wat hulle gehad het, was die Wet en die Profete.  Dit was nie maklik beskikbaar op die skerm van die foon in die hand nie; ook nie eers in ‘n gedrukte boek op die rak nie.  Die boekrolle was veilig bewaar in die sinagoge onder streng toesig van die rabbi.  Dit was baie moeite om dit te ondersoek en weer op te lees oor die beloftes van die ou profete oor die Messias.

Wat ‘n wonderlike kompliment om ontvanklik en soekend vir die Woord te wees.  Die Engels gebruik die woord: fair-minded.  Dit is ‘n denkpatroon wat ons baie nodig het in die openbare debat van ons dag.  Ons moet wakker en goed gegrond in die Waarheid wees sodat ons die straat-stemme en die skerm-stemme kan stil kry.  Die internet is soos die Nederlanders sou sê: ‘n helse kabaal.  

Jy hoef nie als te weet nie.  Vra die Here wat jy moet hoor.  Salf jou ore met die olie van die Heilige Gees.  Hoe doen jy dit?  Vra!  Vra hom om jou te lei.

God is die God van jou verhouding met hom.  Hy weet wat die volgende stap in die fyn beplanning van jou unieke lewe in hom is.

Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”  (Matteus 26:41)

Gaan maar voort … skakel af!

Volgende keer: Leiers met voete van klei.


Lewer kommentaar