‘n Lied in die Nag

Na die druk en bind van Koers van ‘n Lewe, het Kotie Schoeman die gedigte wat sy oor die jare geskryf het, versamel en laat druk. Die gedigte was hier en daar in notaboeke, op gebruikte koeverte en enige ander beskikbare papier wat sy sorgvuldig gesny het sodat niks gemors word nie. Sy was besonder lief vir bome en het “groen” geleef voordat dit ‘n wêreld-debat geword het. Soos die getuienis was hierdie boekie ook gratis beskikbaar.

Die titel: ‘n Lied in die Nag, kom uit Job 35.