Wie?

Bodemklippe is ‘n saamgesels om die Woord van God vir almal wat krag put uit hulle verhouding met Jesus Christus. Dis vir almal wat belangstel om die waarheid te ontdek, nie deur ‘n mens oorgedra nie, maar deur die inwerking van die Heilige Gees. God ken jou eie hart die heel beste en Hy weet wat goed is vir jou, want Hy is ‘n goeie God. Dis Sy uitstaande kenmerk volgens Exodus 34:6 waar Hy Homself beskryf as:  abounding in goodness and truth.

Ons gesprek is nie denominasie-gedrewe nie. Die Bybel as geskrewe Wooord van God word as hoogste gesag aanvaar. Neem gerus deel aan die gesprek. Epos adres: bodemklippe@gmail.com

Die naam Bodemklippe kom uit Joshua 4 en beklemtoon die simbole van die wonderwerke in elkeen se lewe, waaraan ons herinner moet word. Aan Joshua is ook die opdrag gegee om die wetboek te oordink. Dis ons doelstelling – studeer, mediteer, leef ten volle.

Bodemklippe het in Mei 2012 op You Tube begin. Dit is die voortsetting van ‘n gesprek wat in twee weeklikse groepe in Johannesburg, Suid-Afrika reeds in Mei 2004 begin het. Die video-skakel is aan ‘n epos gekoppel en uitgestuur. Die webblad is in Januarie 2014 geskep. Oor die afgelope maande het ek die video-skakel saam met die geskrewe stuk op die webblad geplaas. Die proses is nou ingehaal.

Baie welkom aan die webblad-lede. Ek is opgewonde oor die gesprek wat voortgaan….

Daar is ‘n Engelse weergawe beskikbaar by: http://www.pebblesofperpetuity.com

Die foto’s op die webblad is geneem deur Rochelle Maher.

 

Hoor wat sê CS Lewis oor die Bybel en wie hierdie wonderboek lees:

Unless the religious claims of the Bible are again acknowledged, its literary claims will, I think, be given only “mouth honour” and that decreasingly. . . It is, if you like to put it that way, not merely a sacred book but a book so remorselessly and continuously sacred that it does not invite, it excludes or repels, the merely aesthetic approach. You can read it as literature only by a tour de force. You are cutting the wood against the grain, using the tool for a purpose it was not intended to serve. It demands incessantly to be taken on its own terms: it will not continue to give literary delight very long except to those who go to it for something quite different.

 

Uit:  Selected Literary Essays

(My beklemtoning met erkenning aan Biblegateway: CS Lewis Daily Reading)