Die Koers van ‘n Lewe

Kotie Schoeman

In haar tagtigste jaar het my ma haar getuienis neergeskryf. Sy het dit gebind en laat druk en vry uitgedeel. Die storie het al soveel mense se lewens geraak en geloof gebou in ‘n God van die onmoontlike. Met die herdruk het ‘n hele paar foute ingeglip wat sy in haar haas om dit beskikbaar te maak, oorgesien het.

Dit is nie ‘n lewensverhaal nie; dit is nie ‘n outobiografie nie. Dit is ‘n getuienis van die wonderwerk wat gebeur as ‘n mens na God uitroep.