Ek besef ek praat van die kruik dit en die kruik dat en veronderstel daarmee almal het die ou, ou Bodemklippe gelees toe ons van die weduwee se kruik in 2 Konings 4 gepraat het. Vandat ek die eerste keer die storie gehoor het, het dit so ‘n simboliese beeld in my kop gebly, dat ek net aanvaar dat almal sal weet waarvan ons praat.
Kom ons krabbel bietjie terug en gaan kyk weer. Een van my gunsteling skrifte daar uit Exodus is toe Moses stilstaan en aandag gee aan die brandende bos.
En Moses sê vir homself: “Ek wil tog ‘n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?”(Exodus 3:3)
Let tog op: En Moses sê vir homself– kosbaar dat die regte gedagtes woorde in jou kop vorm en jou die regte dinge laat doen. Sy besluit om ondersoek in te stel, het die stem van God vir hom hoorbaar gemaak.
Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!” En hy antwoord: “Hier is ek.” (Exodus 3:4)
Kan ons vandag by die storie van die kruike stilstaan en die stem van God hoor roep?
‘n Hele paar eeue voor Jesus se lewe op aarde, bedien Elisa Juda as profeet. Tye is swaar en die sondes van die volk skreeu ten hemele. Net soos so dikwels in die geskiedenis, is daar droogte, armoede en algemene ellende. Net soos altyd is daar ‘n profeet wat die oorblyfsel (remnant– die mense wat die Here bly dien in tye van grootskaalse afvalligheid) bedien en bemoedig. Net soos die Bybel die oorsigtelike geskiedenis oor dekades kan opsom, so kan die skrywers die teleskoop fyn instel op ‘n klein kamee-gebeurtenis waarvan die besonderhede ‘n kragtige wonderwerk uitspel. Hierdie wonderwerk gaan oor die voorsiening aan ‘n weduwee, ‘n vrou, een van die onbelangrikste lede van antieke gemeenskappe. Josephus, die bekende Joodse historikus, meen dat sy die weduwee van die profeet Obadja was.
Die Bybel sê sy het in paniek na Elisa toe uitgeroep. Sy het rede gehad om paniekerig te wees. Volgens die gebruike is ‘n skuldenaar wat nie kon betaal nie, se kinders in slawerny verkoop. As haar seuns op die wrede manier van haar weggeneem word, sou sy in ellende vergaan het.
Elisa reageer op haar noodroep, maar die oplossing is nie ‘n kitsvoorsiening en klaar nie. Sy moes dink wat sy het. Sy weet die heel laaste bietjie olie is in haar gedagtes gehou vir die laaste brood wat sy sou kon bak voordat alles daarmee heen is. Uit dit kom die oplossing en wonderwerk wat haar en haar seuns red. Elisa sê sy moet kruike bymekaar maak – soveel as wat sy kan. Ek weet nie wat haar seuns van die plan gedink het nie en of hulle maar verdwaas die opdrag uitgevoer het. Ek sou my kon voorstel in ‘n tipiese Joodse gemeenskap dat sy maar ‘n paar skewe opmerkings van die bure sou moes verdra. Die geraas van kommentaar en skinder en kritiek, die geraas van mense en hulle opinies, het haar nie van stryk gebring nie. Elisa het nie verduidelik nie. Hy het opdrag gegee en sy het tot aksie oorgegaan voordat sy geweet het wat die uiteinde sou wees.
Die kruike is in haar huis opgestel, in relatiewe privaatheid. Die laaste olie het begin vloei – kruik na kruik na kruik tot die heel laaste een vol was.
As daar nog een was, sou dit aangehou vloei het. As daar ontelbaar kruike was… sou die olie nou nog gevloei het. God se voorsiening ken geen perke nie. Glo jy dit?
Die olie wat hier ter sprake is, word as olyfolie geïdentifiseer, wat ‘n verskeidenheid aanwendings gehad het. Dit is gebruik as medisyne, om te kook, om lampe te brand en seep te maak. Die olyfboom was inheems in die Midde-Ooste, ‘n robuuste plant, die beste af in vol son en droeë grond – gepas vir die groei in ‘n geharde en rowwe omgewing, sonder oppiep en met min versorging.
Olie is ook die simbool van die Heilige Gees. Dit is die kenmerk van ‘n sterk Christen. Die Heilige Gees is die asem van God sodat jy bewus is van kontak en gesprek in elke asemteug.
Die aksie om die kruike vol te maak was deel van die proses van die wonderwerk. Dit is een van die belangrikste beginsels van geestelike oorwinning. Die proses om by die oplossing van ‘n probleem uit te kom is dikwels die groter wonderwerk as die oplossing self. Die verandering in jou gemoed, nuwe denke, groter geloof, meer gebed, algehele oorgawe, dieper kennis van God en sy karakter, studie van die Woord, ondervindings van glorie in sy teenwoordigheid – dit is die eintlike wonderwerk.
Wat het jy nodig op hierdie dag? Neem ‘n oomblik en sit die kruik op sy plek. Roep uit na God. Ons Elisa is Jesus self. Vra die Here om vir jou ‘n profeet (iemand wat jou bedien) te stuur as jy te swak voel om self te roep. Ons het dikwels ons kosbare mede-gelowiges nodig om saam te bid, maar ek kan nooit die wonder van jou eie kommunikasie met God genoeg beklemtoon. God wag vir jou uitroep – in hierdie oomblik. Hy wag vir jou gebed om sy krag en glorie in jou situasie te laat geld. Hy doen dit net op uitnodiging. Die Heilige Gees is ‘n ware heer.
Twyfel jy oor die kruik in jou lewe. As die simboliek nie sin maak nie en dit is finansiële uitkoms wat jou bekommer, lees oor gee en bring jou tiende na God se huis (waar Hy vir jou laat weet Hy jou geld in die koninkryk laat werk). Hy het ‘n blymoedige gewer lief. Die tiende van Maleagi 3 soos ons verlede week gesien het, is die Ou Testamentiese riglyn vir gee.
In die dispensasie van die Heilige Gees waarin ons leef, moet ons “hoor” wat vir ons gekommunikeer word, maar om tiende te gee, is die beste eerste stap. As die kruik uitgesit word vir genesing, lees alles oor genesing in die Woord en studeer Jesus se wonderwerke daaroor. As die kruik in jou lewe oor verhoudings gaan, vors na oor vergifnis en onvoorwaardelike liefde. Onthou altyd, die sleutel is oorgawe en nie eie pogings nie.
“Hoor” wat Paulus skryf oor gee.
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.
Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. (2 Korintiërs 9:6-8)
Hierdie skrif is so ryk en diep – dit is weer eens uitnemendheid. As ons so leef is dit hemel op aarde. Ons leef op die fondament van vryheid, kommerloos en sterk.
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.
Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, (2 Korintiërs 9:10-11)
Skud die las af. Leef sonder vrees. God is getrou en Hy sal niemand in die steek laat nie.
“Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam,(Deuteronomium 7:9)
Trust in the Lord, and do good; Dwell in the land, and feed on His faithfulness. (Psalm 37:3)
God’s Priorities
Thus says the LORD of hosts: “Consider your ways!”
Haggai 1:5
Nearly two decades had passed since God’s people returned from Babylon and laid the foundation of the temple in Jerusalem. The initial opposition that delayed further building had long passed, but the people did not get back to building the temple. They were preoccupied with building their own houses while God’s house lay in ruins! Therefore, the Lord sent drought and recession and blew away their profits (Hag. 1:9–11).
Haggai calls the people to put first things first, to get back to rebuilding the temple. And they did so in less than a month! Then the drought and recession ended! The Lord had amazing plans for this second temple. Its glory would transcend even Solomon’s temple, for into its courts would come the Messiah Himself, and He would bring peace (Hag. 2:6–9; Mal. 3:1).
Today, God’s dwelling is in His people, not in temples made with human hands. Are we preoccupied with God’s priorities or ours? Are we extending His kingdom or ours?