125. Geheime krag vir die lewe.

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,

 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matteus 7:7,8)

 The divinely targeted life seeks the way of the Lord revealed by the Spirit in prayer and obeys the will of the Lord as revealed in His Word. Jack Hayford.

Gebed is ‘n leefstyl.

As jy dit het, het jy alles. As jy dit nie het nie, maak dit nie eintlik saak wat jy het nie.

 

Andrew Murray stel dit so:

It is fellowship with the Unseen most holy One. The powers of the eternal world have been placed at its [prayer’s] disposal. It is:

the very essence of true religion,

the channel of all blessings,

the secret of power and life.

Not only for us, but also for others, for the church, for the world, it is to prayer that God has given the right to take hold of Him and His strength.

Vra, Soek, Klop – drie woorde van Jesus self. Hy leer in die tradisionele wyse van ou Hebreeus. Die beginsel word gestel en daarna effens anders herhaal. Die meeste mense het nie toegang tot skryfware gehad nie, meeste kon nie lees of skryf nie en die wat wel kon, het nie toegang tot die skrifte gehad nie. Die boekrolle waarop die antieke woorde van lig en lewe geskryf is, is sorgvuldig deur die Fariseërs en Skrifgeleerdes in die Tempel bewaar. Die gewone mense het geheel en al op hulle leierskap staatgemaak om hulle geestelike lewe en ganse godsdiensbeoefening te bepaal. Die leiers het nie teleurgestel nie – hulle het voorgeskryf én die mate van toewyding geoordeel.

Jesus is gebore uit ‘n volk, wat uitermate lief was vir gebed. Geen ander nasie op aarde was so toegewy aan gebed soos die mense van Judea nie. Gebed is as die hoogste goed in die samewleing gereken.

Sekere formaliteite en hartelose praktyke het egter menige gebedsambisies oorheers. Dit kon toegeskryf word aan nalatigheid, eerder as valse toewyding. Gebed was formeel en onbuigsaam. Natuurlik was daar baie wat die voorgeskrewe gebed met harte van aanbidding en liefde herhaal het, maar daar was baie wat net deur die formaliteit gebrabbel het.

Ons Christene kan nie eintlik oordeel nie. Menige tafelgebede word daagliks as ‘n vinnige formaliteit afgerammel, sodat die ete en gesprek kan begin. ‘n Tafelgebed is ‘n wonderlike geleentheid om dankbaarheid vir voorsieining uit te spreek en ‘n oomblik van stil aanbidding waarin Jesus onthou word, in besige dae in te werk.

Herhaling, sonder bewuste denke of bedoeling, word ‘n bygelowige, nikseggende formule.

Joodse liturgie het ‘n gebed vir elke moontlike geleentheid voorgeskryf. Daar was skaars ‘n gebeurtenis, waarvoor daar nie ‘n formele gebed was nie. Daar was gebed voor en na elke maaltyd, gebede vir die lig, vuur, weerlig, die nuwe maan, reën, storms, wanneer mens die see sien, mere, riviere, wanneer mens goeie nuus ontvang, nuwe meubels gebruik en in en uit ‘n stad gaan. Elke moontlik lewensgebeure het ‘n gebed gehad.

Daar is iets wonderbaar in sulke voorskrifte. Hulle wou God deel van elke detail van hulle lewe maak. Dikwels egter, het die hele stelsel net formaliteit geword en die fokus op die regte gebed vir die regte geleentheid geplaas, eerder as ‘n opregte hart-uitroep.

Die Jode van Judea het vasgestelde tye vir gebed gehad, presies op die derde, sesde en negende ure van die dag, wat min of meer op 9vm,12nm en 3nm uitgewerk het. Waarookal ‘n mens homself bevind het; hy was verplig om te bid. Dit was moeilik om te oordeel of so ‘n gebed gebid is met die doel om formeel sy verpligting na te kom, of ‘n ware kommunikasie met die Here was.

Die Jode het gestaan en bid, met hulle hande uitgestrek, handpalms na bo en kop gebuig, net daar op die straat of pad waar almal kan sien.

Dit is aan hierdie mense wat Jesus in Matteus 6 en 7 oor gebed leer.

Ons leef in die die dispensasie na die Kruis en weet dat satan deur die opstanding verslaan is. Jesus het aan Sy dissipels ‘n gebed geleer wat in parktyk hulle hele teologie geskud het en gebed op ‘n nuwe fondament geplaas het.

Vir die Jode van daardie tyd was God ‘n onbereikbare, veraf en onaantasbare, streng figuur was hulle skaars by naam kon aanspreek. Hulle het gebid omdat dit so voorgeskryf is en hulle bang was om die reëls te oortree. God se naam is met konsonante alleen geskryf; al die vokale is respekvol uitgelaat.

Nie in hulle wildste drome sou hulle kon dink om hulle skepper-God pappa te noem nie. Jesus sê as hulle Hom gesien het, het hulle die Vader gesien. Hy was die ewige Vader, lewend by hulle.

As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.” (Johannes 14:7)

Jesus WAS God die Vader in lewend lywe. Die drie-eenheid is baie meer een as wat dit drie is. God het Sy hart uit Sy binneste geskeur en dit in mensvorm op aarde laat leef en ly.

Jesus het hulle die Onse Vader geleer. Die gebed is oor eeue in die donkerste en moeilikste omstandighede gebid en ten spyte van soveel misbruik en bespotting, het niks van die krag van daardie woorde ooit verlore gegaan nie.

Ons Maker is ons Pappa, die warmste, mees liefdevolle figuur wat jy jou kan voorstel, meer as wat jy jou ooit kan verbeel.

Jesus said, “Why do you question me about what’s good? God is the One who is good. If you want to enter the life of God, just do what he tells you.” (Matthew 19:17, The Message)

 

Volgende keer: Gebed in die geheim


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s