181. Woorde van glorie en waarheid.

[Johannes 17]

Reg aan die begin van die studie van hierdie Evangelie, het ons in verwondering gestaan oor die idee van ‘n woord wat ‘n mens word. Laat my toe om Augustinus se aanhaling te herhaal: In everything I ever knew about the world, everything I read and regarded as worth studying, I had never heard of a word becoming a man.[Bodemklippe 133]

As ‘n woord vlees word, dan moet ons hard en diep oor die krag van woorde dink. God het met woorde geskep en die ondenkbare in bestaan geroep. Profesie, Heilige Gees-inspireerde woorde, spreek die hart en gedagtes van God uit, vandag net soos in die verlede. Dink net aan die magtige uitsprake van die profete en Psalmskrywers van ouds, wat oor eeue ons bygebly het en oorwinning en wonderwerke van geloof in ons gewerk het.

Aanbiddingswoorde besing die karakter van God en bring die teenwoordigheid van die Almagtige in ons atmosfeer in. As ons God in ons wêreld in praat dan bou ons op, ons bemoedig, kalmeer, genees en spreek die wonderkrag van die onsienlike om ten goede te transformeer. As ons skinder, jaloesie, wellus, gierigheid en hoogmoed uitspreek, nooi ons die verwoesting van boosheid in ons lewe en dit beïnvloed almal om ons.

Woorde wat ons uitspreek is ooreenkomste met die kragte van die onsienlike wereld.  Woorde van belydenis sal ons innerlike mens genees. Woorde van vergifnis sal ons denke bevry sowel as die lewens van diegene wat ons te nagekom het. Woorde van feesviering sal ons jaloesie oorwin en gebede van dankbaarheid oor God se werk in ons lewens word.

Hoe ons kyk bepaal ons woorde. Ons eie perspektief kan ons verslaan, voordat ons nog die dag aanpak. Jesus het so dikwels oor die oog gepraat. Kom ons kyk na een van Sy uitsprake oor hoe jy kyk.

“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!” (Matteus 6:22,23)

Dit laat mens dink aan hoe jy praat. Jesus het ook gesê:

Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.  Dít is die dinge wat ‘n mens onrein maak… (Matteus 15:18-20)

Ons walglike en gemene woorde, wat uit ‘n donker hart met verkeerde perspektief kom, word ooreenkomste met die duisternis wat verwoesting en verderf in ons lewe innooi.

In die lig van hierdie begrip van wat ons woorde werklik skep, laat ons met oorgawe luister na die woorde wat Jesus vir ons bid.

Hoor, Bodemklipvriend, luister en leef!

Hierdie verse is wonderbaar. (Johannes 17:9-19)

As ons die volle betekenis van hierdie woorde begryp, het ons ‘n hemelse bestaan hier op aarde.

Ons is deur die Vader aan Jesus gegee. Die Heilige Gees roer ons harte om Jesus aan te neem. (Johannes 6:37,44)

In ons lewens, die dissipels van Jesus, verheerlik ons Jesus. Ons redding is Sy glorie. Ons opdrag van Hom is om die wêreld te leer van sy Vader, ‘n liefdevolle God wat red.

Ons is die instrumente van God in aksie.

Sit dit nie jou lewe in ‘n nuwe perspektief nie? Bring jou omstandighede voor Hom en “sien” hoe God dit uitwerk volgens Sy plan en tot Sy eer.

Jesus bring volkome vreugde, terwyl Hy waarsku hoe ‘n skerp kontras hulle (die dissipels en ons) se lewens met die wêreld rondom hulle sal wys. Dit maak nie saak hoe erg ons stryd is nie, by Hom is daar vreugde.

Jesus sê dat alles wat aan sy Vader behoort, syne is. Hy verklaar Sy volmaakte eenheid met Sy vader. Jesus is die inkarnasie van God self.

Hy bid verder vir Sy dissipels.

Daar is nie ontvlugting uit die wêreld nie, maar daar is oorwinning in die stryd. Ons begrawe onsself nie in kloosters en afsondering nie. Ons lewe die Christen-lewe in die rowwe oseane van boosheid. Ons sonder af in gebed en meditasie om kragtig in die storm te wees. Ons is God in aksie in die wêreld.Ons word nie vrygestel van probleme nie; ons is die oplossing van probleme in Christus.

Ons verwerp nie die wêreld nie, ons skryf dit nie af nie, ons wen dit terug.

Jesus bid vir eenheid.

Verdeeldheid impliseer eksklusiwiteit. Eenheid is ‘n besluit. Ons kan nie eenheid “voel” nie. Ons word een gemaak. Ons verander en leef uit God om onvoorwaardelik lief te hê, om te vergewe en in te sluit. Die Heilige Gees in ons onderskei die geeste, om te weet wat  demoniese misleiding en onenigheid is.

Die eenheid waarvoor Jesus bid is nie organisatories of administratief nie. Dit is die eenheid in persoonlike verhouding, die liefde in ons harte in die gesprek met Hom wat nooit ophou nie, wat ons verhoudings met ons medemens kragtig beïnvloed.

Kerke is georganiseerde godsdiens en kan verskil soos die wye verskeidenheid van mense op aarde, almal deur God geskape. Mense is so verskillend, die verskille verstom my. God se skepping is nooit stil nie, nooit stilstaande nie en altyd groter as wat ‘n mens verstaan. Slegs in liefde kan ons die groot verskille tussen denominasies oorkom. Die kerk is ‘n misterie. Dit is die Koninkryk van God en Hy regeer soewerein daaroor. Ons kan nie alles verklaar nie.

Dit is na alles meer menslik om verdeeld te wees; heel natuurlik om vyandig te wees. Die eenheid van die kerk van Jesus (nie ‘n denominasie nie) sal die bewys van God se werk in ons harte wees. Ware eenheid kan net bonatuurlik verklaar word.

Hy bid vir beskerming teen die aanvalle van die satan. Die Woord, die Bybel soos ons hom in ons hande hou, verduidelik al die strategieë van die duiwel. Ons vyand is nie kreatief nie. Hy kan nie nuwe maniere van verleiding en misleiding uitdink nie. Hy kom skelm en agterbaks met dieselfde goed oor en oor. Leer hoe hy werk en hoe om te veg. Leun op die beskerming van hierdie gebed.

Hy bid vir heiligmaking deur die waarheid.

Heiligheid is hagiazein in Grieks. Dit beteken apart of verskillend. Ons word afgesonder vir ‘n spesifieke doel.

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. (Jeremia 1:5)

Heiligmaking beteken ook om toegerus te word met die noodsaaklike vaardighede en toerusting vir die taak.

Jesus sal ons nie los nie. Hy gee ons alles wat ons nodig het om te oorwin.

In Johannes 17:20-26 gaan die gebed verder. Hy bid vir Homself en die kruis.

Hy bid vir die dissipels en die verre toekoms, die tyd wat voorlê en almal wat tot geloof in Hom sal kom. Dit is ONS!

Jesus het hoop en geloof in die toekoms gehad. Daar is nooit ‘n onsekerheid in Hom oor die toekoms nie. Hy het Sy vader vertrou en Hy het Sy missie aan die mense daar om Hom oorgelaat met vertroue en hoop. Hy het geweet dat hulle nie die volle implikasie van die grootse taak besef nie. Nogtans was Hy seker van sukses. Hy het geweet Sy vader sal hulle toerus en oppas en so ook almal wat na hulle sou kom.

Jesus gee aan ons God se glorie – dit is verstommend!

Die kruis was Jesus se glorie. Dit was Sy eer om te ly. Dit was nie die straf vir sonde nie. Dit was Sy manier om glorie oor boosheid te laat triomfeer. Enige sjirurg wat met moeilike operasies lewens red, ontvang groter erkenning as die dokter wat net ‘n voorskrif uitskryf.

Volkome gehoorsaamheid is Jesus se glorie. Om die wil van God te doen is ons glorie. Ons eie wil lei ons na hartseer en tragedie. Sy wil lei na oorwinning.

Jesus se glorie het gekom uit Sy verhouding met Sy vader. Ons verhouding met Jesus is die bron van ‘n glorieryke lewe. Ons lewe skyn Jesus se glorie. Onthou glorie is die substansie of volle “gewig” van alles van God – Sy aansien, eer, glans, prag en praal, Sy krag, gesag, rykdom, waardigheid en uitnemendheid. Sulke woorde is maar net ‘n karige poging om met woorde God te probeer beskryf.

Jesus sêdat Sy dissipels (ons ingesluit) Sy glorie in hemelse plekke sal sien.

Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee.  (Efesiërs 2:6)

Ons deel die lyding van die kruis in hierdie wêreld, maar ook die glorie van die oorwinning oor die dood.

Dit is ‘n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën; as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie(2 Timoteus 2:11-13)

Dit is ons vreugde – ons sien die hemel reeds nou in die persoon van Jesus en ons verhouding met Hom.

Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. (1 Korintiërs 13:12)

Hierdie gebed was die laaste woorde van Jesus voor die verraad en die kruis. Kosbare laaste woorde van die grootste van alle mense.

Woorde van glorie en waarheid – woorde vir die lewe – woorde wat ons en ons toekoms verander.

 

 

180. Die gebed vir alle tye.

[Johannes 17]

Ons het aan die einde van die lang opsommings van Jesus se gesprekke met Sy dissipels gekom. In hierdie hoofstuk bid Hy vir hulle. Dit is merkwaardig dat Johannes hierdie gebed in soveel detail neerskryf. Dit is duidelik dat Jesus se woorde ‘n groot indruk op hom gemaak het. Die gebed het deel gevorm van die kosbare woorde van Jesus wat hy in sy hart bewaar het.

Ons weet ook dat die Bybel onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf is en dat die Gees herinneringe verfris, sodat Johannes dit kon neerskryf. Ons vertrou die Woord van God ten volle. Die Skrif is ‘n openbaring van wie Jesus is en in Hom sien ons die hart van die almagtige Vader sowel as alles wat ons nodig het om ‘n lewe van oorwinning hier op aarde te leef.

[Ek verwys weer na die uitgebreide navorsing oor die wonder van die Bybel van Josh McDowell in sy boek: Evidence that demands a verdict.]

Terug by Johannes 17.

Dit is die gebed vir alle tye wat oor eeue strek om ons hart te raak, om ons te inspireer en te bemoedig. Dit is Jesus self wie vir ons bid.

Kan jy net vir ‘n oomblik stil word en jou verbeelding gebruik om hierdie grootse waarheid ‘n werklikheid te maak? Dink aan Jesus langs jou, Sy hand op jou skouer in gebed. Dit is moeilik om ‘n prentjie te “maak”, maar ek is ‘n visuele persoon en het ‘n geloofsprentjie nodig. Ek dink aan Jesus as die mooi mens wat ek in my Kinderbybel so lank gelede leer ken het. Ek “sien” Hom dikwels iewers in my huis by my sit. Hierdie oomblik “sien” ek Hom opkyk en sê, Vader ek lig Ansophie voor U troon op. Net om hier te sit en dit te skryf, is oorweldigend.

Dit is belangrik om te weet dat Jesus wil hê dat alle mense gered word. Hy bid vir jou!

So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mensen gered word en tot kennis van die waarheid kom.(1 Timoteus 2:3,4)

Die klimaks van Jesus se lewe was die kruis.

Die geskiedenis bewys dat ‘n hele aantal mense se dood aandag getrek het. Hoe en wanneer hulle gesterf het, het hulle oortuigings bewys. Daar by die kruis het die Romeinse soldaat in ‘n oomblik van dramatiese oortuiging uitgeroep. Jesus was ‘n magneet vir mense in Sy lewe, maar ook in Sy dood.

Die kruis was die voltooiing van Sy werk op aarde. Hy het bewys dat daar geen beperking aan God se liefde is.

Hy het in volle gehoorsaamheid die kruisdood gesterf. Die kruis was nie die einde nie. Die opstanding was die volle glorie van die Vader. Die mens het sy wreedste en slegste uitgehaal en God het die grootste oorwinning oor boosheid ooit, daaruit laat voortkom.

Jesus praat oor die ewige lewe.

Die Grieks is aionios wat nie net voortdurende lewe aandui nie, maar eerder die kwaliteit van lewe. Net God kan die ewige lewe bewerkstellig en daarom is die gawe van die ewige lewe ‘n God-lewe, reeds hier op aarde voor die dood.

Om God te ken was een van die hooftemas in die Ou Testament. Kennis van God was die hoogste lewensdoel.

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.(Spreuke 3:6)

Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.(Habakkuk 2:14)

So sê die Here vir Israel: Vra na my wil, dan sal julle lewe! (Amos 5:4)

Intellektuele kennis van God sal wys hoe God is. Dit kan al die verskil maak. Die mees primitiewe mense het geglo dat daar ‘n versameling gode in elke boom, rivier, berg en rots is. Al hierdie gode was vyandig en het vrees in die mense gewek. Die gode moes konstant met offers gekalmeer word. Sendelinge vertel van die groot verligting van mense wat een God aanvaar en hoor dat Hy goed en liefdevol is. Jesus is die wonder-voorbeeld van God se hart.

Om te ken beteken intieme kennis en is dikwels in die Bybel gebruik om seksuele omgang aan te dui (Genesis 4:1). Kennis tussen ‘n man en vrou is die mees intieme. Hulle word een vlees. Een vlees impliseer ‘n eenheid in hart en siel. Om God te ken is om ‘n intieme verhouding met Hom te hêen nie net intellektuele kennis nie. Dit is die misterie van die intimiteit van seksuele omgang. Dit is slegs in Jesus met die werk van die Heilige Gees moontlik.

Jesus wys ons die krag van die Vader se naam. (17:6-8)

  1. ‘n Naam was baie belangrik in Bybelse tyd en die Joodse kultuur in die tyd van Jesus. ‘n Naam het die karakter van ‘n persoon weergegee. Psalms 9:10 verklaar dat diegene wat God se naam ken, hulle vertroue in Hom sal stel. Net deur Sy naam sal hulle Sy karakter en aard ken. (Psalms 20:7; 22:22)

Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!(Jesaja 52:6)

Jesus sê dat die wie Hom gesien het, die Vader gesien het. (Johannes 14:9)

  1. God se naam was so heilig, dit is nooit gebruik nie. Net die hoë priester het een maal per jaar op die groot Versoendag (Yom Kippur) in die Allerheiligste ingegaan en die naam van God genoem (YHWH – Yahweh).

Dit was ‘n woord sonder vokale in Hebreeus. Onder die YHWH het hulle Adonai geskryf sodat die persoon wat dit voorlees Adonai kan lees en nooit YHWH sênie. Dit is Jehovah in Engels.

In die tyd van Jesus was God so heilig en ver weg dat gewone mense nooit oor Hom gepraat of gedink het. Jesus het die Vader se naam op elkeen se lippe geplaas en Hom voorgestel as iemand wat net ‘n fluistergebed ver is. Hy het hulle geleer om Hom pappa te noem. Dit was ongehoord. Hulle het nog nooit aan God as ‘n pa gedink nie. Vir die meeste was dit ondenkbaar, disrespekvol en godslasterlik.

Maar vir die wat dit aanvaar het, het die onuitspreeklike hulle geliefde, magtige Vader geword.

Jesus het God in alles gehoorsaam. Gehoorsaamheid is ‘n natuurlike gevolg in ‘n lewe wat Jesus aanneem. Gehoorsaamheid beteken om in onderwerping na Sy stem te luister en dit te leef.

Die dissipels is deur God aan Jesus gegee. Hy het nie gekies om net hulle te roep nie, maar hulle het die roepstem geantwoord. Slegs die wat op Sy stem reageer kan in die spesiale verhouding met Hom leef.

Ouers kan soveel drome vir hulle kinders hêen alles doen om hulle sukses te verseker. Die kinders het ‘n keuse. Hulle kan alles verwerp en wegloop. Ons kies ons toekoms. Ons het vrye wil. Dit word nooit op ons afgedwing nie, maar ons sal keer op keer die geleentheid hêom God as ons verlosser te kies.

In Sy gebed stel Jesus Sy vertroue in die toekoms. Hy is nooit neerslagtig oor die toekoms nie. Met die luuksheid van terugblik weet ons hoe moeilik daardie eerste eeu van die Christendom was. Jesus het dit geweet, maar Hy het geweet Sy Vader is almagtig.

Jesus het geen twyfel gehad dat die mense vir wie Hy bid die boodskap sou uitdra.

God kyk nooit neer op ‘n klein begin nie (Sagaria 4:10). Hy het net elf mense om Hom gehad na drie jaar se bediening. Hy het Sy Vader geken en die volheid van Sy glorie. Hy het geen twyfel in die sukses van Sy lewe gehad nie.

Hy het Sy vertroue in daardie paar mense geplaas. Dit is amper ondenkbar dat so ‘n grootse taak op die skouers van daardie paar gerus het.

Is dit nie ‘n wonderbare aanmoediging nie?

Jesus het nooit teruggedeins vir menslike swakheid en die boosheid van die wêreld nie..

 

[Volgende keer gesels ons verder vanaf vers 9 van hoofstuk 17]

 

 

 

 

 

 

177. Raak ontslae van die goeters!

[Johannes 15]

Nader aan God, dieper in die liefde, meer van die ware lewe, is die pad van Koninkrykskinders. Soveel meer van die ondenkbare misterie in Christus om op Sy manier lief te hêen te lewe, is hemel op aarde. Dit is soos die woorde van die ou lied: the joy unspeakable and full of glory. Dit is die gevolg van inenting in die Ware wynstok.

In die spanning en stryd om ‘n lewe te maak en vooruit te kom, hoor ons die wyse woorde wat ons verfris soos vars fonteinwater op ‘n warm dag.

Don’t lose your grip on Love and Loyalty.
    Tie them around your neck; carve their initials on your heart.
Earn a reputation for living well
    in God’s eyes and the eyes of the people.

Trust God from the bottom of your heart;
    don’t try to figure out everything on your own.
Listen for God’s voice in everything you do, everywhere you go;
    he’s the one who will keep you on track.(Proverbs 3:3-6, The Message)

Die ou Afrikaans is meer bekend.

Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. (Spreuke 3:6, OAB)

Die woord “gelykmaak” is ‘n direkte vertaling uit ou Hebreeus. Dis ‘n wonderlike werkwoord wat saam met pad gebruik word. Dis nie net ‘n pad maak nie; dis ‘n pad wat gelykgemaak is.

Dit is so anders as wat mens in die gange van selfhelp-seminare en agendas vir “wellness” hoor. Jy moet jouself ontwikkel en jou pad uitwerk. Jy moet dit op jou eie kan maak.

Die almagtige Skepper-God sal jou pad uitwerk. Sy vinger sal voor jou uitgaan. Wat ‘n verligting!. Hy vra nooit dat jy jou brein afskakel of enige denk- en uitvoerende vaardighede uitskakel. Hy sal jou besluite rig en jou van die regte pad oortuig as jy jou lewe oorgee en op Sy liefde en genade staatmaak. Dit is die waarborg vir sukses. Dit is die sekerheid van ‘n uitmuntende lewe in God se oë en in die oë van die mense.

God roep ons uit na:

  • blydskap– ongeag enige omstandighede (Nehemia 8:10)
  • liefde – Hy het Sy lewe afgelêen ons kenmerk is ons liefde vir mekaar.

‘n Slaaf van God was ‘n eretitel wat deur Moses, Joshua, Dawid en Paulus gebruik is. Jesus kom met ‘n nuwe konsep – ver groter: julle is vriende.

Abraham is God se vriend genoem (Jesaja 41:8). God het met Moses gepraat soos met ‘n vriend (Exodus 33:11).

In die tyd van die Romeinse ryk was daar ‘n uitgekose groep wat die “vriende van die Keiser” genoem is en te alle tye toegang tot hom gehad het. Hy het met hierdie vriende gepraat voordat hy nog met sy generaals en regeringsamptenare gepraat het. Dit was sy binnekring van lojale vriende.

Vriende word tot gesprek uitgenooi. Dit is baie anders as ‘n slaaf.

‘n Slaaf kon nie sy mening voor sy meester uitspreek nie. Jesus roep ons om Sy medewerkers te wees. Hy deel Sy hart, wat eintlik die hart van God self is, om volle deelnemers in Sy missie van die liefdeskoninkryk op aarde te wees. ‘n Slaaf was ‘n lewende instrument.

Ons is Sy ambassadeurs. Dink net aan die geweldige risiko wat Hy geneem het om feilbare mense Sy verteenwoordigers te maak. Ons wat die vrug dra is Sy advertensie in die wêreld.

Ons is lede van die liggaam van Jesus. Watookal ons in die Naam van Jesus vra sal Hy antwoord en uitvoer. Ons gebede is gegrond in die Woord van God. Gebede van geloof (Jakobus 5:15) is nie rympies van roetine met leë woorde wat afgerammel word nie. Ons woorde in gebed is die wortel van ons geloof in God. (Hebreërs 11:6)

Ons bid in die naam van Jesus. Ons kan niks teen Hom bid nie. Dit is nie towerwoorde nie. Die toets van gebed is die maat waarmee ons woorde in Sy karakter inpas.

Soek eers die koninkryk van God…(Matteus 6:33) en al die “ander dinge” sal vir jou bygevoeg word. Hoe dikwels is ons fokus nie op al die “ander dinge”, wanneer die karakter van Jesus wat in ons gestalte vind deur die gebed van geloof, ons sal gee wat ons nodig het en soveel meer as wat ons ooit kon bid of dink.

God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams!  (Efesiërs 3: 20, The Message)

God is goed – altyd! Ons gebed vir voorsiening is altyd in Sy wil. Hy weet die beste. Dit is soms moeilik om te verstaan of te verduidelik, maar God heers oor die misterie en soms is Sy pad in ons lewe misterieus. Hy is God. Hy is ‘n goeie ouer en sal nie, soos sommige onwyse aardse ouers, die vinnige sportmotor aan ‘n 15-jarige arrogante tiener gee om mee te spog en te verongeluk nie.

Ons leef in kontras met die wêreld. Ons kan nooit in harmonie met die wêreld wees nie. Ons waardes en lewensbeginsels verskil diep van die gemeenskap waarin ons leef se waardes. In die eerste eeu is die Christene vervolg en ter dood veroordeel. In die woorde van die Engelse digter, Sir William Watson: the panting huddled flock whose crime was Christ.

Wat van vandag?

Ons is gewaarsku. Jesus het gesêons sal vervolg word om Sy ontwil. Vandag gebeur dit nie net fisies in sommige dele van die wêreld nie, maar ook in woorde deur die media en die gemeenskap, wat leef en praat in oposisie teen God.

Die Romeine het die Christene gehaat omdat hulle gedink het hulle is dislojaal teen die Ryk. Die Romeinse Ryk was groot. Die Romeine het God nie geken nie en die Jode het nie hulle geloof gedeel nie. Dit was eintlik logies dat die keiser self gedink het hy is ‘n god. Caesar-aanbidding was ‘n gemaklike manier om ‘n mate van eenheid onder die groot verskeidenheid gemeenskappe te bewerkstellig. Die gees van Rome was die godin Roma wat die ryk gesimboliseer het. Rome het hulle regstelsel en administrasie so goed bedryf dat die gewone mens gevoel het dat sy lewe is gemakliker terwyl daar met seerowers en misdadigers afgereken word. Die Pax Romana het waarlik vrede gebring.

Caesar-aanbidding het spontaan in klein-Asië begin. Niemand kon dit stop nie, selfs nie die keiser self nie. Die voordele van die eenheid wat dit gebring het, was voor die hand liggend. Een maal elke jaar het alle nie-Romeine wierook gebrand het verklaar dat die keiser God is. Dan het hy ‘n serftifikaat by die plaaslike magistraat gekry en kon die res van sy tyd enigiemand of iets van sy eie keuse aanbid. Die jaarlikse ritueel was ‘n groot probleem vir die Christene.

Die Jode het lasterlike skinder oor die Christene versprei. Nero se gunsteling akteur en sy owerspelige keiserin, Poppaea, was Jode. Hulle het in sy oor gefluister en die skuld vir al sy eie onwysheid aan die Christen-beweging toegeskryf.

Christene is van allerhande dinge beskuldig soos:

  • rebelsheid en opstandigheidomdat hulle nie Caesar wou aanbid nie,
  • kannibalismeas gevolg van die leer van die nagmaal,
  • immoraliteitas gevolg van die liefdesmaaltyd waar die mense mekaar met die kus van vrede gegroet het,
  • geweldenaars omdat hulle die tweede koms van Jesus verwag het met die gepaardgaande natuurrampe soos vuur uit die hemel. Nero het hulle blameer vir die vuur in Rome wat soveel van die stad verwoes het,
  • verdeling van families omdat die besluit vir Jesus verdeeldheid onder familie gebring het.

Vandag ondervind ons ‘n geweldige aanval op ons waardes en lewensbeginsels. Dit is ‘n ander benadering. Oor soveel eeue het die gemeenskap felle oordeel van georganiseerde godsdiens ervaar, sodat hulle regverdig voel om die liefdelose kerk te verwerp. Dit is ook so dat die sekulêre wêreld die onderskeid van die ware kerk aanvoel en die ingeboude oordeel wat ware liefde bring, haat. Die verwerping van liefde bring oordeel oor jouself. Dit is ‘n natuurlike gevolg en nie die bedoeling van die persoon wat ‘n goddellike lewe ly nie.

Ons leef met die durf om anders te wees. Ons ken die waarheid. Ons leef in liefde sodat ons die wêreld met liefde kan wen.

Kennis bring verantwoordelikheid (Johannes 15:22-25). Jesus het ons God se hart gewys. Ons het geen verskoning nie. Ons weet hoe God is. Hoe sal ons Hom ooit verwerp? Jesus het onvoorwaardelike liefde en genade geleef.

Hy het sonde ontbloot maar daarmee saam ook die uitkoms vir sonde voorsien. Gaan ons dokter toe, kry die diagnose en voorskrif en ignoreer dan die medisyne?

Ons nie alleen nie. Jesus verseker ons weer en weer. Dis nie nodig dat ons enigiets alleen doen nie. Ons het die belofte van die Vader– die HELPER – die Gees van Waarheid (Johannes 15:26-27)

Is dit nie ‘n troos nie! Dis nie ons eie pogings nie. Dit is maar weer oorgawe en rus in Jesus wat ons verander. Dit is die Heilige Gees wat in ons beweeg om Jesus gestalte in ons te gee.

‘n Ware getuie kan net effektief bedien as sy woorde gevorm word in die tyd wat hy in die teenwoordigheid van God spandeer.

Geeswoorde kommunikeer waarheid onderbewustelik.

Ons innerlike oortuiging is ware geloof. Dit kom as ‘n reaksie op Jesus sodat die wonderwerk in ons innerlike mens plaasvind.

Ons getuienis is die woorde van waarheid waarna die wêreld smag.

 

174. Nalatenskap van liefde.

[Johannes 14]

Dit is gans onmoontlik om die skoonheid, krag en liefde van die woorde van Jesus in hoofstukke 14 tot 17 in Johannes te beskryf. Daar is net nie genoeg tyd in die lewe van enige mens om ten volle die impak van die woorde van Jesus se nalatenskap aan ons in hierdie gedeeltes te begryp nie.

Ons moet onthou dat hierdie Evangelie nie geskryf is as ‘n verslag van Jesus se lewe nie, eerder as ‘n interpretasie en illustrasie van Sy karakter en persoon. Soveel jare na Sy bediening op aarde, skryf Johannes ‘n opsomming van Sy lering oor ‘n tydperk van drie jaar, lewend gemaak deur die Heilige Gees oor die diepste wese van Sy woorde wat ons in oorwinning en transformasie lei, sonder om ooit ‘n slagoffer van omstandighede te wees.

Terwyl ons dit lees is dit ‘n kuier by Jesus self, saam met Hom aan die tafel by die aandete; aan Sy voete; naby Sy stem; op die strand met ‘n spontane visbraai; langs stille waters op groen weivelde; by die feesmaal waarvan Hy self die tafel dek, terwyl ons ontspan in die greep van Sy goedheid en genade oor alles wat ons is en doen.

Dit is die eerste in die lang gesprekke tussen Jesus en Sy dissipels wat Johannes skryf. Dit gaan oor die kern van Sy verhouding met Sy Vader en met hulle. Dit is die verstommende woorde van afskeid voor Hy sterf. Hy het geweet hulle wêreld gaan inmekaar tuimel.

Daar is net een ding om te doen wanneer tragedie en skok ons laat steier: vertrou God bo alles. Daar is ‘n tyd wanneer ons moet glo wat ons nie kan bewys nie en aanvaar wat ons nie verstaan nie.

As ons, in daardie donkerste uur, kan glo dat dinge gaan uitwerk en liefde alles beheer, word selfs die ondraaglike draaglik. Daar is ‘n glinstering van lig in die donkerste duisternis.

As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …!Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!  (Psalms 27:13,14)

Maak jou oë toe – hierdie oomblik. Jou profetiese woord vir nou is:

Laat jou hart nie onsteld word nie.

Jesus sê: Glo in God, glo in My. Jesus is die bewys dat God ons alles sal gee.

Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?(Romeine 8:32)

Wonings is blyplek, monai in Grieks.

Eenvoudig en pragtig beteken hierdie woorde dat daar plek vir almal is. Maak nie saak hoe oorbevolk en ingedruk hierdie ou aarde is nie, God het plek vir almal by Hom. Daar is geen moontlikheid van verwerping oor spasie nie.

Jesus is eerlik – ek sou dit vir julle so gesêhet. Dit is woorde om op staat te maak in alle omstandighede vir alle tye. Daar is geen valse voorwendsels nie. Jesus sêdit en al die antwoorde wat ons ooit nodig mag hê,is in Sy woorde. Hy is eerlik oor alles. Hy praat oor die eise van dissipelskap (Lukas 9:57-62). Hy het voorspel dat daar vervolging, haat en dood sou kom (Matteus 10:16-22). Hy was oop oor die kruis wat Hy en hulle moes dra. (Matteus 16:24).

Hy het hulle vertel van glorie en pyn en hulle uitgedaag om ‘n lewe van uitnemendheid te leef.

Jesus gaan om ‘n plek te berei. Hy maak die pad. Hy is die voorloper (Hebreërs 6:20).

Hy praat van Sy uiteindelike triomf. Hy kom weer. Die geskiedenis verloop soos Hy bepaal met ‘n groot klimaks.

Die hemel is waar Jesus is, saam met Sy Vader. Dit is ‘n misterie maar daar is geen vrees en geen onsteltenis waar Hy is.

Thomas vra die vraag. Hy verstaan nie die voorspelling dat Jesus weggaan nie. Vrae van mense bring altyd diep en wonderbare antwoorde van Jesus. Moenie bang wees om te vra nie. Hy weet in elke geval die vraag is in jou hart. Hy is die groot Leermeester. Hy sal Sy hart oopmaak. Vra en vir jou sal gegee word– is die belofte.

When I lay these questions before God I get no answer. But a rather special sort of ‘No answer.’ It is not the locked door. It is more like a silent, certainly not uncompassionate, gaze. As though He shook His head not in refusal but waiving the question. Like, ‘Peace, child; you don’t understand.” CS LEWIS

Niemand wat soek sal ooit minder ontvang as wat hy verwag het nie – eerder soveel meer as wat hy ooit kon dink.

Die antwoord op Thomas se vraag is een van die sewe EK IS – verklarings. Hy is alles. Hy verduidelik dit aan die hand van drie grootse konsep-woorde.

Hy is die WEG. Hy is die vervulling van al die profesië van ouds. Hy wandel saam met God (Deuteronomium 5:32,33). Hy draai nie weg van God af nie (Deuteronomium 31:29). God belowe sy stem om te lei en rig: Dis die pad; loop hierlangs. (Jesaja 30:21). Daar is ‘n heilige hoofweg (Jesaja 35:8).

Ons gebed is soos die Psalmis: Leer my u wil, Here, en lei my op ‘n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie.(27:11)

Hy is die WAARHEID. Dit ego in die Psalms.

Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.(86:11)

For Your lovingkindness is before my eyes,
And I have walked in Your truth.(26:3)

I have chosen the way of truth;
Your judgments I have laid before me.(119:30)

Bo alles is ‘n mens se karakter die uitstaande aanduiding van waarheid. Morele waarheid kan nie net in woorde oorgedra word nie. Jesus is die volmaakte Een. Hy is die waarheid self.

Waarheid is egtheid, geldigheid en juisheid. In die filosofiese denke van die wêreld se grootste denkers het elkeen met sy eie toeligting die eenvoud van definisie bemoeilik. Waarheid word gemeet aan ‘n getroue standaard en eerlikheid in karakter en woorde. Die standaard is so ver moontlik die feitelike, verifieerbare gebeure of realiteit.

Daar is na alles net een persoon in die ganse geskiedenis van die mensdom wat gesê het: Ek is die waarheid. [Bodemklippe 163]

Hy is die LEWE. Liefde het gewys wat ware lewe is. Oor eeue het hulle na die ware lewe gesoek. Nou het hulle dit gevind. Hy is die weg na God en God is die skepper van lewe.

For the commandment is a lamp,
And the law a light;
Reproofs of instruction are the way of life,(Proverbs 6:23)

You will show me the path of life;
In Your presence is fullness of joy;
At Your right hand are pleasures forevermore.(Psalms 16:11)

Johannes 14:7-11: Ons sien God in Jesus.

Hy sê dit in soveel woorde. As ons Hom geken het, het ons die Vader ook geken. As ons Hom gesien het, het ons die Vader ook gesien.

Ware wonder woorde. God is onsienlik. Geen mens het God nog ooit gesien nie. Die verskille en afstand tussen die mens en God is net te onoorkomelik. Hier sêJesus eenvoudig dat in Hom ons die Vader ook kan sien. Hy is God op aarde;God tussen die siekes en ellendiges; God tussen die gewone mense; God in ons huise; God in die gebrokenheid, siekte en dood; God in ons feeste en suksesse.

God is Jesus, tussen ons, by ons, met ons om ten volle met elke stryd van hierdie lewe te identifiseer. Hy ken die alledaagse.

Sit jou verbeelding aan die werk: Jesus as ‘n mens in jou elke dag roetine.

Hy ken stryd en boosheid. God ken ons pyn. Liefde het Hom pyn veroorsaak toe Hy aan daardie kruis gehang het. Hy het die littetekens van Sy liefde.

God aan ‘n kruis.Daar is niks in hierdie wêreld wat eers in ‘n geringe mate daarmee vergelyk nie. Dit is maklik om ‘n God van oordeel en straf op te dink. Niemand het ooit gedink aan die moontlikheid van God aan ‘n kruis nie, Was daar al ooit iets naby aan so ‘n offer in enige ander godsdiens in die geskiedenis van die mensdom?

Jesus word aan Sy dade en woorde getoets. Hy het aan Johannes se dissipels gesêhulle moet aan Johannes in die tronk die wonderwerke gaan vertel (Matteus 11:1-6). Hy maak slegte mense goed. Bekering en ‘n hartsverandering in ‘n mense is nog steeds vir my die grootste wonderwerk.

Hier sê Jesus die ondenkbare:

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. (OAB)

Groter werke is moeilik om te glo – kan dit ooit wees? Jesus was ‘n wonderwerker. Hy het wonderwerke in die alledaagse ingebou. Ons weet God is die bron van alle genesing – ook in en om mediese ingrype. Met die wetenskap en tegnologie word alles beter en beter.Elke vordering en ontdekking kom van God af en gebeur tot ons voordeel. In alles vind ons die bose wat afbreek, steel en vermoor en ons staan dit teë.

Ons maak die lewe beter met alles wat ons doen.

Ons wen die wêreld vir Jesus in ons alledaagse wanneer ons die wonderwerke wat Hy doen, leef. Die Christene het die kerk versprei – nie Jesus self nie. Hy doen Sy wonderwerke deur mense.

Gebed in Sy naam.

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Alle gebed word beantwoord. Daar bestaan nie so iets soos onbeantwoorde gebed nie. Die voorwaarde is: In Jesus se Naam – dit wil sêvolgens alles was Sy naam en karakter bepaal. In ooreenstemming met Sy naam is alles moontlik. Dit is hoekom ons Sy wil op aarde afbid.

In Jesus se naam is nie ‘n towerstokkie nie.

Dis die lewensbron van groter werke.

156. Gevoed en tevrede – wat nou?

Wat sal gebeur as al ons gebede dadelik beantwoord word – sommer so, als in een. Ek dink ons sal neerval en spontaan die Een aanbid wat dit als moontlik maak. Daar is geen twyfel dat dit ‘n natuurlike reaksie sal wees, net soos die skare in Johannes 6:14-15 die wonderwerk wat hulle ervaar het, wou verhef as iets heeltemal uniek.

Hulle wou Hom as koning kroon. Hy het hulle gegee wat hulle nodig gehad het, op die oomblik toe hulle dit nodig gehad het. Skielik kon hulle die res van hulle lewe visualiseer sonder bekommernis, met groot sukses voluit tot die einde toe. As hulle net hierdie Jesus byderhand kon hou om te voorsien, te genees en te seën, kon hulle in die mees luukse omstandighede moontlik enduit lewe – sonder vrees, sonder ‘n tweede gedagte aan die gewone sorge van die lewe. Hoe kon hulle verseker dat Hy naby bly?

Dink jy dis ‘n goeie lewe? Jesus wat altyd by ons is, gebede beantwoord, voorsien, beskerm, genees en teenwoordig in die kleinste besonderhede van elke stryd. Klink dit nie bekend nie? Is dit nie die basis van ‘n gewone Chrsitelike lewe nie.

Indien jy saamstem, kan jy ook nie werklik verskil van my volgende stelling nie.

Al ons gebede is beantwoord, eens en vir altyd, vir alle tye.

Die belofte van voorsiening, beskerming, genesing en seën staan geskrywe in die bloed van Golgotha se kruis oor elke lewe wat aan Jesus onderwerp. Ons het dit alles!

Net ‘n paar, by verre nie alles nie, opmerkings om my stelling te steun. Al hierdie skrif is in vorige Bodemklippe bespreek.

Al ons gebede is geantwoord – Openbaring 5:8, Matteus 7:7,8.

‘n Suksesvolle lewe gewaarborg – Judas 24.

Ons word beskerm – Psalm 91 en 121.

God voorsien in alles – Hebreërs 13:5-7 Amplified, Maleagi 3:10-12.

Ons is genees – Jesaja 53:4,5, Psalm 103:3.

 

Kom ons kyk betjie dieper en verder in Johannes 6.

Jesus onttrek Hom aan die bewondering van die skare. Hy sal nooit mislei oor die ware offer wat ‘n lewe in Hom sal vra nie. Hy beloof ‘n LEWE van oorvloed. Dit veronderstel ‘n diep verandering in denkpatrone, houding en visie. Jou hele innerlike is onder konstruksie!

Die aard van die skare in so ‘n situasie kan opgesom word as: “a lively sense of favours still to come.”

Sou hulle gewilllig wees om op te offer, om wêreldlike begeertes af te gooi, om te vergewe en onvoorwaardelik lief te hê? Is jy gewillig om aan die volle omvang van die lewe in Jesus te onderwerp of wil jy net Jesus en Sy wonderwerke by jou idee van ‘n ideale lewe voeg? Wil jy God hê vir wat Hy kan doen, net om Hom vir jou eie ambisie te gebruik.

Jou Messias mag net so onherkenbaar in jou lewe wees, as wat Jesus vir die vrome Jode van daardie tyd was. Wil jy ook maar net van die Romeine ontslae raak sodat jy weer kan heers, of dink jy aan jou nalatenskap vir almal wat na jou kom? Kragtige lewens verander die wêreld deur ons kinders, ons gemeenskap, ons grondgebied, ons “tent”.

DINK – waar is jy nou? Wat het jou tot hier gebring? Maak die stelling: Hierdie is my beste lewe ooit!

HOEKOM? Jy het nog nooit so ‘n diepe kennis van God en Sy woord gehad soos juis nou nie. Dit is AL wat saak maak. Onderwerp al jou omstandighede, al jou trane aan die kennis van Jesus en Sy karakter.

Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. (1 Johannes 4:18)

Waar sal jy wees met al die gawes sonder die Kruis? Wat is die gawes sonder die Kruis.

Lees maar verder (6:16-21). Dit is nie net die storie van ‘n wonderwerk nie. Dis ‘n kykie in Jesus se karakter.

Die skare wil Hom kroon. Hy glip weg en bly weg om die skare uitmekaar te laat gaan. Die dissipels begin seil na Kapernaum om Hom daar weer te ontmoet. Hy het hulle gestuur (Markus 6:45)

Die See van Galilea is ‘n binnelandse meer. Die berge rondom vorm ‘n trog waardeur die wind van die see af geweldige storms kan opwaai. Die dissipels moes ongeveer ses kilometer roei en het heel moontlik naby aan die kus gebly vir navigasie in die storm.

Dis ontroerend dat hoewel Jesus weg van hulle is, is hy bewus van hulle benoudheid in die storm. Ons leef met die liefdevolle oog van Jesus op ons. Hy is daar om te help. Ons word nooit alleen gelaat om te kyk hoe goed ons kan klaarkom nie. Hy is altyd in die middel van die felste storm – gereed met ‘n wonderwerk.

Kom ons lees verder. (6:22-27)

Die mense wil nie die toneel van die wonder verlaat nie. Hulle was verwonderd en het gesmag na meer. Hulle word verras met Sy teenwoordigheid aan die anderkant van die meer en kon nie uitwerk hoe Hy aan die oorkant gekom  het nie (6:25).

Hy verduidelik niks. Om God te verstaan en presies te weet hoe Hy dinge doen, is nie die sleutel tot wonderwerke en geloof nie. Hy gryp in sonder om te verduidelik. Dr Paul Tournier, my geliefde Franse mediese dokter en teoloog, stel dit so: God works, God disciplines without stopping to explain…and the adventure continues.

Jesus praat met die mense oor hulle lewe en hoe hulle op meer belangrike dinge moet fokus.

Dink jy met jou maag? Ons moet met ons honger siel dink. Ons kan net met die Brood van die Lewe gevoed word.

Dit is die mens met ‘n hemelse perspektief wat waarlik lewe. Aardse denke is kortsigtig. (Jesaja 55:2)

Die oordadigheid van die Romeinse Ryk was alombekend. Maaltye kon derduisende sestertii kos. Die feeste het vir dae aangehou. Die gaste het medisyne gedrink om op te gooi sodat hulle meer kan eet en drink. Die fynproewerdisse is in ‘n konstante vloei opgedis – nagtegaaltonge, pouharsings en selfs pêrels wat in asyn opgelos is. Hulle klere is met edelstene borduur en die eetsale is versier met die beste wat die Ryk kon offer. Daar was ‘n diep honger in die gemeenskap vir iets wat die beste van die beste nooit kon bevredig nie.

Jesus alleen kan die honger na waarheid bevredig. Hy is die enigste persoon in die ganse geskiedenis van die mensdom gesê het: Ek is die waarheid.

Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël. (Johannes 6:27, OAB)

‘n Seël was meer as wat ‘n handtekening vandag beteken . Dit was outoriteit. Dit het ‘n dokument geldig gemaak en die inhoud van kommersiële goedere gewaarborg.

Die seël van God is in Hebreeus met drie letters geskryf – aleph die eerste, min, die middel en tau die laaste.

God se waarheid is al wat die honger siel bevredig – Hy het hom so geskep.

Vir die Jode was die werk van God sinoniem met “goeie” werke om God se guns te wen. (6:28-29)

Jesus sê: God se werk is om in Hom, Jesus, te glo. Werk vir die Here kan net gemeet word in terme van geloof. Jesus is die gesig van God. Ware gemeenskap is die werk van God.

Ons lewe verander in die teenwoordigheid van die Vader. Geen poging aan ons kant kan ons innerlike wesens verander nie. Ons beantwoord God se heiligheid, liefde en wysheid.

Die essensie van God se werk is veranderde lewes.

Kan ons vir ‘n oomblik terugkeer tot beantwoorde gebede. Al ons gebede is geantwoord. Kan jy die Here vertrou met perfekte tydsberekening? Ons tel ons lewe in kalendertyd [chronos]. God sien ons lewe in die volheid van tyd [kairos].

 

The Lord is my best friend and my shepherd
I always have more than enough.

 

(Psalm 23 in The Passion Translation)

 

 

 

 

142. In die hitte van die stryd – ‘n korrupte kerk.

In die tweede hoofstuk van Johannes, net na die vreugdevolle wonderwerk van die verandering van water in wyn, word die toneel voorberei vir ‘n vuurwarm, geweldadige konfrontasie tussen Jesus en die Tempelowerhede. (Johannes 2:12-16)

Dit is Paasfees in Jerusalem. In Johannes se Evangelie maak Jesus gereelde besoeke aan Jerusalem en die Tempel. Jesus het Sy liefde vir Jerusalem in sy weeklaag oor die stad uitgespreek in Matteus 23:37:

“Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!

Elke man binne ‘n 15 myl radius om Jerusalem moes die Paasfees bywoon – een van drie uit sewe verpligte feeste om in Jerusalem te vier. Die Romeinse sensus van 4nC het berig dat 250 000 lammers tydens die Paasfees geslag is. Gewoonlik is ‘n lammetjie as offerande deur 10 mense gedeel. Dit stel die getal Jode in Jerusalem oor so ‘n feestyd op rofweg 2,5 miljoen. Geen wonder die Joodse leiers het ‘n verraaier nodig gehad om Jesus te kry, tydens die feestyd toe hulle Hom in hegtenis geneem het.

Die ander Evangelies plaas die Tempelreiniging aan die einde van Sy bediening en beskryf dit as een van die redes vir die woede wat teen Jesus opgevlam het en direk tot Sy inhegtenisname gelei het. Johannes skryf nie kronologies nie.

Volgens die profesieë oor die Messias, sal Hy na die Tempel toe kom. (Maleagi 3:1-4). Johannes wil die waarheid van hierdie profesie beklemtoon. Hy beskryf Jesus as die Een wat deure oopmaak vir almal wat na die Tempel kom met die diep verlange om God te ontmoet. Johannes is nie so bemoeid met die datum nie, eerder die aksie wat in lyn met die beloofde Messias is.

Dit was die begeerte van elke Jood, waar ookal hulle oor die wêreld versprei was, om minstens een Paasfees in Jerusalem te vier. Dit was by verre die mees belangrike fees op die Joodse kalender. Elke Jood oor 19 jaar oud het Tempelbelasting betaal, die ekwivalent van twee dae se loon.

‘n Groot verskeidenheid munte was in Judea in omloop; Roomse en Griekse silwer, munte uit Persië, Tirus en Sidon (antieke Fenicië, hedendaagse Lebanon) en Egipte. Tempelbelasting moes in Galilese sikkels of Tempelsikkels betaal word. Alle ander geldeenhede was vreemd en onrein. Vir die Tempel kon slegs “rein” en aanvaarde munte gebruik word.

Natuurlik het die pelgrims vanoor die wêreld met allerhande munte by die Tempel opgedaag. Die geldwisselaars het hulle munte omgeruil vir dit wat vir die Tempel aanvaarbaar was. As die omruilproses eerlik en reguit plaasgevind het, selfs met kommissie, sou dit goed gewerk het, maar die transaksies was minder eerbaar. Net die kommissie op die omruilproses was minstens een dag se loon.

Die welvaart van die Tempel was verstommend. Die geld het ingestroom. Die priesters en hoë priester het in weelde geleef, hoog geag deur die samelewing. Toe Crassus (‘n Romeinse leeraanvoerder) Jerusalem in 54vC beset, het hy die Tempelskatkis geroof en die ekwivalent van 2,5 miljoen pond sterling gevat sonder om die reserwes heeltemal uit te put.

Die wisselkoers is in die Talmud bepaal. Dit was nie verkeerd om kommissie by te sit nie, maar die winste het gestyg en die armes is in die naam van die Here uitgebuit.

Buiten die geldwisselaars was daar die verkopers van osse, skape en duiwe vir offerandes. ‘n Besoek aan die Tempel het gewoonlik met ‘n offerande van dankbaarheid, aanbidding of belydenis gepaargegaan. Dit was meer gemaklik om die diere daar op die drumpel van die Tempel byderhand te hê. Die Wet van Moses het voorgeskryf dat die dier sonder gebrek moes wees, en daarvoor moes die priester die dier goedkeur. Die Tempelowerhede het spesiale mense aangestel om die inspeksie te doen en vir die inspeksieproses was daar ‘n fooi. Indien die dier buite die Tempelgrense aangekoop is, was afkeuring omtrent gewaarborg. Die diere binne die Tempelgrense was sowat 15 maal duurder, maar wel as waardig en sonder gebrek gewaarborg. Weereens was dit ‘n skaamtelose uitbuiting.

Al hierdie dinge het Jesus in vlammende woede laat optree. Sy aksie was nie impulsief nie; dit was berekend en kalm. Hy het ‘n swepie gevleg en “voorberei” vir die aksie. Sommige kommentatore meen dat Sy gesig vreesaanjaend was. Die woede van die Godheid was daarin te sien. God het nie passief gestaan in die aanskoue van soveel korrupsie en onregverdigheid.

Jesus se woede was heeltemal onselfsugtig. Dit het nie oor Homself gegaan nie. Dit was alles namens die verlore mense wat God gesoek het. Hy het namens die wêreld wat verlang om God te vind opgetree en hoegenaamd nie God se ware karakter van liefde en aanvaarding in die georganiseerde godsdiens van die dag sou kon vind nie. Jesus het Homself nederig en sagmoedig genoem, maar Hy het presies geweet wanneer om sy woede los te laat op dit wat die siel van die mens verwoes.

Sy drastiese stap het rede gehad.

Die Tempel was veronderstel om God se huis te wees waar God in heiligheid en respek aanbid moes word. Aanbidding sonder respek is vreeslik. Formele en ondeurdagte aanbidding erken nie die heiligheid van God nie. Ons kan nooit ooit ons doelstelling met aanbidding vergeet nie. Hier in die voorhowe van die Tempel was argumente oor muntkwaliteit en dierpryse oorverdowend. Is dit waar iemand sy God kon ontmoet? Dit is beter om weg te bly as om die huis van die Here vir jou eie gewin te gebruik!

Paulus se woorde in 1 Korintiërs 11 wanneer hy waarsku oor die onwaardige gebruik van die Nagmaal, ego hier ook. Moet liewer nie deelneem as jy nie met jou hart en siel jou sonde bely en jou weer eens in die Kruis verbly nie. Onthou dit gaan nie oor jou eie waardigheid nie, net jou hart en siel se toewyding.

Jesus wou toon dat dieroffers heeltemal irrelevant is. Vir eeue al het die profete dit verklaar. God stel nie in die bloed van dier belang nie, eerder die gehoorsaamheid van die hart. [Jesaja 1:11-17, Jeremia 7:22, Hosea 5:6, 8:13, Psalms 51:16.]

Vind jy jou vreugde in die diens van jou kerk? Is daar vir jou vergenoegdheid in die geboue en toerusting? Ware aanbidding aan God is ‘n gebroke hart en ‘n verslae gees. Bring jou vreugde-offer oor die wonderwerke in jou lewe en moenie een van Sy weldade vergeet nie.

Die Tempel moes ‘n plek van gebed gewees het.

Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit ‘n rowersnes gemaak.” (Markus 11:17. Sien ook Jesaja 56:7)

In die Tempel van Salomo was daar 24/7 aanbidding.

In die tyd van Jesus het die Tempel uit verskeie voorhowe bestaan. Daar was die Voorhof van die Heidene, die Voorhof van die Vroue, dan die Israeliete en dan die priesters. Die geldwisselaars en verkopers was almal in die Voorhof van die Heidene ingedruk. Verder as hierdie punt kon geen heiden gaan nie.

Die Joodse geloof met een God was vir sommige mense in die antieke wêreld baie aantreklik . Die verwarring in die Griekse en Romeinse gemeenskappe met hulle baie gode, was so groot dat mense in groot geestelike onsekerheid kom vra het om deel van die Jodendom te word. Die Jode het hulleself as eksklusief en anders beskou en die proseliete (buitestaanders wat hulle tot die Jodendom bekeer het) net in ‘n baie klein deel van die Tempel toegelaat.

Wat verhinder ware aanbidding in ons kerke vandag? Kan dit wees dat ons eie snobbisme en ekslusiwiteit, gebrek aan liefde, warmte en verwelkoming die atmosfeer in ons kerke so koud maak, dat ‘n heiden onwelkom voel? Wat sien die mense in die voorhowe van ons kerke en in die voorhowe van die Christendom as geheel? Dalk net veroordeling en vooroordeel? Of sien hulle die liefde van ons Vader in ons eie lewens wat hulle omhels as hulle kom met die verwonding van hulle laste?

Het hierdie huis wat na my Naam genoem is, vir julle ‘n rowerspelonk geword? Ek het gesien wat julle doen, sê die Here. (Jeremia 7:11)

Wat van die kerk vandag? Al hierdie woorde is net so van toepassing op ons kerke.

Aanbidding is soos ‘n teleskoop. Ons kan die visie verskerp deur die knoppe aan die kant te draai, om die afstand tussen die oogstuk en die lens te verleng of te verkort. Die verskil in die afstand bring die objek in groter fokus.

Waar vind ons hierdie knoppe in aanbidding? Ons nader tot God met ‘n nederige gees, ‘n gebroke hart en ‘n vasberade bedoeling om Hom te soek. Dit sal die afstand laat verdwyn. As ons ons sonde bely, en Sy vergifnis deur die Kruis aanvaaar, is ons waardig om in die teenwoordigheid van die Almagtige God in te gaan.

Ons hoef nie perfek te wees nie. Ons hoef nie reg te leef nie. Ons nader deur die Bloed van Jesus, wat ons in die rein klere van geregtigheid klee om in die teenwoordigheid van God te wees.

Prys die Here vir die kruis. Ons verwelkom ons “heidene” in ‘n huis van gebed en nie ‘n rowerspelonk nie.

 

 

135. Onplesierige tuiskoms.

Dis altyd so goed uitgebeeld in die flieks. Dis net verstommend hoe die wrywing en spanning van ‘n ongemaklike verhouding ‘n knoop in my eie maag maak, net terwyl ek daarna kyk uit die veiligheid van ‘n teatersitplek. ‘n Lang verlore broer kom huis toe vir ‘n spesiale geleentheid; ‘n troue of ‘n begrafnis en almal is in hoogspanningsrat, bewus van die pyn van onsekerheid en vermorste jare.

Ons is kinders van God en Jesus is die seun van God. Hy is ons oudste broer deur wie ons wêreld bestaan. Johannes skryf oor die hartseer en teleurstelling in die man wat vir ons die rede en hart van ons Vader verpersoonlik het.

1:10,11: Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.

As die mens net ingestel was om Hom te sien, sou hy nog altyd Logos in die heelal kon herken.

Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie… (Romeine 1:20)

Die wêreld is so gemaak om mense na God te lei. Die skepping en omstandighede word so beskik dat ‘n mens die leemte in sy siel probeer vul. Dit is bedoel dat hy sal uitroep na God toe.

Die Teologie het nog altyd ‘n onderskeid tussen natuur-teologie en openbaringsteologie gemaak. Laasgenoemde is gebaseer op die waarheid wat direk van God deur die profete in Sy woord openbaar gemaak is. Natuur-teologie is die waarheid wat die mens op sy eie deur sy eie intellek en begrip van die wêreld om hom, ontdek. Hoe kan ons God in ons wêreld herken?

Openbaringskennis is die wonder van God se stem deur sy geskrewe Woord. Dit is die stem van oortuiging in ons gedagtes, wat ons besluite bepaal en ons gedagtes stuur.

Commit your works to the Lord, and your thoughts will be established. (Proverbs 16:3)

Dit is die grootste seën op aarde en vir dit hou ons aan bid en studeer.

Ons bid vir insig in die wêreld om ons. Ons kan net deur die oë van die Heilige Gees waarlik sien. Ons kyk na die heelal uitwaarts en dink soos die Grieke dat waar daar orde is, is daar intelligensie. Die wêreld het verstommende orde. Die planete hou hulle bane, die getye is konstant, die seisoene is soos klokslag en net so dag en nag (Genesis 11:22). Volmaan, sonsverduisterings ensovoorts kan noukeurig bereken word. Dit is ‘n superieure intelligensie aan die werk.

Ons kyk na die heelal opwaarts. Die astronome studeer die sterre wat soos die sand aan die see is in ‘n onbegryplike groot heelal. Die astronomie wys na God en Sy majestieuse skepping.

Ons kyk na die wêreld binnewaarts. Waar het ons die vermoë om te dink gekry, om te redeneer en te weet? Waar en hoe het ons gewete ontwikkel, ons verwyt, skuldgevoel? Hoekom kan ons nie in boosheid verval en vrede ervaar nie? Geen mens kan homself buite God verklaar nie.

Ons kyk na ons heelal terugwaarts. Ons ganse geskiedenis is God se morele waardes in werking. Ryke het ontwikkel en geval volgens ‘n paroon van morele substansie.

Israel was God se spesiale land en die Jode God se uitverkore volk. (Exodus 19:5; Psalms 135:4). In die lig hiervan moes die deur vir Jesus wawyd oop gewees het. In plaas daarvan, het die mense wat oor eeue vir ‘n taak voorberei is, die taak geweier.

Net soos vandag nog is daar baie mense wat die taak wat hulle opgelê is, weier en selfs onbewus daarvan leef. Dit is een van die redes vir innerlike dissonans.

Weet jy wat jou roeping is? Is jy ongelukkig met jou omstandighede? Dink noukeurig na. God het ‘n baie spesiale plan vir jou. Dis nie noodwendig ‘n radikale lewensverandering nie, net groter fokus op Sy doelstelling presies daar waar jy in jou werk en huis met die mense om jou omgaan.

Hy berei ons voor in ons omstandighede, in die alledaagse van ons lewe.

1:12-13: Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore.

Die mens is nie ‘n kind van God van nature nie. Hy moet een word. ‘n Mens kan in ‘n klaskamer sit, sonder om ‘n student te wees. Net soos een prediker gesê het: om in ‘n motorhuis te sit, maak nie van jou ‘n kar nie. Kerk toe gaan maak nie van jou ‘n Christen nie.

Die mens kan net tot God nader as God self die pad daarvoor oopmaak. Dit is so duidelik uit die antieke wêreld se desperate en intense soeke na God. Deur in Jesus te glo, kan ons die lewe wat God bied ontvang en leef.

Die lewe is moeilik en dikwels voel ons nie so gelowig en triomferend oor boosheid nie. Dit is juis in hierdie tye waar die krag en ondersteuning van Jesus ons dra. In ons swakheid is ons meer bewus van Sy voorsiening en leiding. Dit is die sleutel tot oorwinning.

Jesus belowe so veel in die wonder van Sy naam. Die Jode het ‘n naam gegee om die natuur van ‘n persoon te beskryf.

Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. (Psalm 9:11)

Ons stel ons vertroue in die die Here wat ons weet hoe Hy is. Hy is soos Jesus. Dit is hoe ons die voorreg het, om kinders van God te word – eenvoudig – neem die besluit. Miskien is dit goed dat jy swak voel en nie op jou eie krag en insig steun nie…vra net.

132. ‘n Woord kry menslike vorm.

Ons is so bekend met die Bybel se woorde – dit word amper betekenisloos. Ons denke moet weer verkwik word met ‘n nuwe waardering vir die wonder. Ons ken mos die woorde van Johannes 1: die Woord het vlees geword, so goed dat ons skaars weer daaroor dink. Miskien moet ons ons verbeelding in ‘n ekstreme oefening inspan en visualiseer hoe ons woorde in menslike vorm lyk.

Hoe sal die woorde daar in die kar wat na die ander motoriste geslinger word lyk? Heel moontlik soos groot, growwe, uitsmyters wat ‘n ou papslaan en disnis daar op die pad neergooi. Hoe lyk die woorde van skinder agter iemand se rug? Dalk soos ‘n donker figuur in ‘n mantel om ‘n bebloede dolk te versteek wat weer en weer verwond, soos die skerp woorde in die onsigbare realm ingestuur word. Dit klink dalk oordrewe dramaties, maar ek kan dit nie wreedaardig genoeg uitdruk nie. Ons woorde doen skade, selfs tot die dood toe. (Spreuke 18:21)

Hoe sou ons woorde van aanmoediging en liefde lyk? Kan jy jou voorstel dat hoorde lyk soos ‘n sterk arm wat iemand ophelp en afstof om aan te gaan? Ons woorde van liefde is ‘n groot omhelsing wat beskerm teen vrees en die wreedheid lewe wat ons moet hanteer. Ons woorde van gebed mobiliseer die hemelse weermag om te veg en te red.

Meer nog: daar was ‘n Man – logos – die Woord.

The first chapter of the Fourth Gospel is one of the greatest adventures of religious thought ever achieved by the mind of man.

[William Barclay, Professor of Divinity and Biblical Criticism at the University of Glasgow]

Teen die tyd dat Johannes hierdie Evangelie skryf, woon hy in Efese. Dit is na die die Joodse oorlog van 66-70 nC. Teen 60 nC was daar ongeveer ‘n 100 000 Griekse Christene vir elke Joodse Christen. Die goeie nuus van Jesus het uit die tradisionele Joodse wysheid uitbeweeg na ‘n baie groter toepassing in die wêreld van daardie tyd. Joodse idees was vreemd vir die Grieke. Die Grieke het byvoorbeeld, geen Messiaanse verwagting gehad nie. Hoe moes Jesus aan die denke van die Grieke voorgestel word?

In beide kulture was die konsep van die woord sentraal in ‘n hulle denke oor wysheid.

Vir die Jode was ‘n woord baie meer as net klank. Dit was iets met ‘n eie bestaan wat konkreet dinge verrig – ‘n eenheid van kragtige energie. Hebreeus was spaarsamig met woorde – 10 000 in totaal terwyl Grieks oor die 200 000 woorde gebruik het.

Die Jode het ‘n tipe letterkunde gehad wat die Wysheidsliteratuur genoem is. Dit was nie spekulatief en filosofies nie, eerder prakties om jou lewe elke dag te bepaal. In die Ou Testament is die voorbeeld van Spreuke. In sekere gedeeltes waar daar oor wysheid (Grieks=sophia) gepraat word, is wysheid ‘n misterieuse, lewende en ewige krag. Wysheid word personifiseer en soos ‘n medewerker van God voorgestel in Spreuke 3 en 8.

Dieselfde tyd as wat die Prediker geskryf is, is ‘n boek in Alexandrië in Egipte geskryf met die titel: Die Wysheid van Salomo. Die skrywer van die boek het wysheid en die woord gelykgestel.

Dus sê Johannes: As jy God se woord wil sien, God se skeppende krag wil sien, daardie woord wat lig en lewe aan die hele mensdom bring, kyk na Jesus. In Hom is God se woord tussen julle.

Maar hoe het hierdie idee in Griekse filosofie ingepas? Eintlik was dit alreeds daar, maar met ‘n verwagting vir vervulling wat die inhoud van die konsep sou bepaal. Sover terug as 560 vC het ‘n denker met die naam Heraclitus in Efese gewoon, presies waar Johannes geskryf het vyf eeue later. Heraclitus was van mening dat alles om ons in ‘n toestand van vloed is en dus van oomblik tot oomblik verander. Sy mees bekende voorbeeld hiervan, is dat dit onmoontlik is om twee maal in dieselfde rivier te tree. As jy uittree en weer intree, het die water gevloei en die rivier is anders. Indien dit waar is, hoekom is die wêreld en die lewe nie heeltemal chaoties nie? Daar kan geen sin wees as daar konstante verandering is nie.

Heraclitus se antwoord was dat die vloei van alles nie toevallig is nie – dit was onder beheer en fyn bepaal volgens ‘n patroon. Die patroon wat die wêreld orden is logos – die woord – die rede van God.

Die Grieke het vasgeklou aan die idee van logos en alles daarmee verklaar, veral in die denkskool van Stoïsisme, wat oor die orde van alles in verwondering gestaan het. Orde impliseer intelligensie, daarom is die kosmiese orde verklaarbaar met logos.

 So het Plato (428-348 vC), een van die bekendste Griekse filosowe, LOGOS as die basiese feit van die lewe verhef. Hy het bepaal dat daar ‘n vooraf iets was tussen die logos van die denkende siel en die logos van dinge.

Vir die Grieke is die betekenis van logos, die woord. Plato en ander filosowe het logos nie net vir die gesproke woord gebruik nie, maar vir die ongesproke woord, die rede, die woord wat nog vorm aanneem binne denke. In terme van die heelal, was logos die rasionaal, die intelligensie wat alles bepaal.

Johannes het logos binne ‘n hele nuwe konsep toegepas om die inhoud te gee wat die Grieke nagestreef het. Skielik was die mens in staat om sedert die heel begin van alles die logos te ken, in die persoon van Jesus Christus. Hy het aan die Grieke gesê: oor soveel eeue het julle gedink en geskryf en gedroom oor logos, die verstand en krag wat die wêreld gemaak het en die orde van alles bepaal, waarvolgens ‘n mens ook redeneer en kennis kry om met God kontak te maak. Jesus is die logos van God.

Die ongesproke woord in God se denke, het menslike vorm aangeneem en tussen ons kom woon. God se rede het ‘n persoon geword.

God se woord het ‘n mense geword om ons te wys hoe sou God op hierdie aarde geleef het. Ons is “klein Christusse”, daarom noem hulle ons Christene.

In wedergeboorte kry ons die “sin” (denke) van Christus.

Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. (1 Korintiërs 2:16)

Hoe sou ons ons woorde in hierdie wonder-verklaring van God en Jesus onderwerp aan logos?

Kom ons bid Psalm 19:15:

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!

 

These are the words in my mouth;
these are what I chew on and pray.
Accept them when I place them
on the morning altar,
O God, my Altar-Rock,
God, Priest-of-My-Altar.
(The Message)

 

 

 

 

 

130. Hemelwoorde wat die aarde verander.

Ons is deurgaans in die proses om God te soek, terwyl ons weet Hy is wonderbaar, daar is niemand soos Hy nie en dat Hy ons liefhet met ‘n ewige liefde volgens Sy karakter van goedheid en waarheid. Ons klop aan die deur van die hemel, biddend met die Heilige Gees wat Jesus belowe het, met die woorde wat ons omstandighede en gemeenskap verander.

In die lig van die glorie van God in die hemele, het ons vrese en bekommernisse ‘n agterstiplek in ons gdagtes omdat die teenwoordigheid van die Almagtige God wat hemel en aarde in Sy hand hou, dit beweeg. Ons fokus op Sy liefde en krag, hanteer ons aardse stryd.

In 1 Korintiërs 12 en 14 bespreek Paulus die gawes van die Heilige Gees sowel as die manifestasie daarvan in die samekomste van gelowiges.

Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ‘n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ‘n ander om dit uit te lê. (1 Korintieërs 12:8-10)

Hierdie gawes word uitgedeel deur die Gees soos Hy wil en en soos die behoefte ontstaan.

Paulus praat ook oor die gawes van die Heilige Gees in Romeine 12. Ons het die Heilige Gees nodig om te leef soos wat hy in hierdie hoofstuk ‘n geesvervulde lewe uiteensit. Die standaard is hoog en ons enigste hoop is die kragtige toerusting van die belofte van die Vader om ‘n lewe van uitnemendheid te leef.

Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. (Romeine 12:6-8)

Dit is die gawes vir elke gelowige om kragtig en effektief in die gemeenskap van gelowiges te funksioneer.

And God has appointed these in the church: first apostles, second prophets, third teachers, after that miracles, then gifts of healings, helps, administrations, varieties of tongues. 29 Are all apostles? Are all prophets? Are all teachers? Are all workers of miracles? 30 Do all have gifts of healings? Do all speak with tongues? Do all interpret? 31 But earnestly desire the best (those needed in a specific situation) gifts. And yet I show you a more excellent way. (1 Corinthians 12: 28-31)

Ek haal die Engelse vertaling hier aan, omdat die Afrikaans in die laaste sinnetjie heeltemal verskil. Die laaste sin is die inleiding vir die volgende hoofstuk. Wat is die uitnemende weg, die heel beste manier van leef en die basis vir alle genadegawes? LIEFDE.

Sonder liefde is alles tevergeefs en leeg. Die liefde wat beskryf word is agapé – liefde uit keuse, nie ‘n toevallige ek-hou-van-jou nie. Dit is liefde wat nie van ‘n gevoel of ‘n chemiese of natuurlike aantrekkingskrag afhanklik is nie. Dit is liefde wat onstuitbare goeie bedoelings teenoor ‘n ander mens uitleef, sonder om enigiets terug te verwag of die waarde van die ander persoon in ag te neem. Dit is liefde wat ons vir ewig vry maak van die reaksie en opinies van mense om ons.

Dit is in die eerste versie van hierdie hoofstuk wat Paulus praat van die tale van mense en engele.

Kom ons gaan terug na die storie van die toring van Babel in Genesis 11.

Die storie van die toring van Babel is eienaardig, om die minste te sê. Die mense van die aarde kom na die vloed bymekaar en beplan om ‘n toring te bou. Almal het een taal gepraat en was eensgesind oor die projek. Volgens die prentjies in die Kinderbybel het hulle al ver gevorder voor die taalverwarring gebeur het. Hulle taaleenheid het hulle baie kragtig gemaak. God self sê dat niks vir hulle onmoontlik sal wees nie en verwar hulle taal. As gevolg daarvan versprei hulle oor die aarde soos wat Hy oorspronklik bedoel het.

Eeue later gebruik God ‘n wonderwerk van taal om Sy kerk te verenig sodat hulle die krag van eenheid kan ontvang. Op Pinksterdag het taal die ongelowiges verbyster en die kerk gevestig. (Handelinge 2:4)

Op Pinskterdag het die dissipels bekende tale gepraat – in Grieks: dialektō (Handelinge 2:8)

Twintig jaar na Pinsterdag kom Paulus by bekeerlinge in Korinte en vra of hulle die Heilige Gees ontvang het. Hulle is herdoop (die enigste plek in die Bybel wat daarvan praat), omdat die doop van Johannes voor die bediening van Jesus plaasgevind het en Paulus die beginsel van doop in die Naam van Jesus wou vestig.

Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer. (Handelinge 19:6)

Die ongewone tale of klanke word hier vertaal uit die woord in Grieks: glossolalia en was die teken van die inwonende Heilige Gees om die gelowige toe te rus as ‘n kragtige getuie.

In Korintiërs praat hy van glossolalia wat onbekende tale was en in Handelinge 2 word daar van dialekto gepraat, wat bekende tale was.

Hier is die kommentaar daaroor:

The characteristic of this mysterious language is that it betokened a converse alone with God, such as the angels have. But rising out of this, is that the Holy Spirit gave impulse and power to the speaker to make his language for himself for what he had to utter at that very moment, so that the language moulded itself specially in the mouth of each individual respectively for that which had to be uttered.

Die gebed in ongewone tale is een van die pilare van gebed. Ons het tyd en pirvaatheid nodig sodat die Heilige Gees vir ons kan intree. Soms is dit deel van heeldag-kommunikasie. Dit is die onderwerping van enige moeilike situasie aan Koninkryksgesag enige plek en enige tyd – deurgaans – sommer in die kar, in die kombuis, tussen ander mense.

Hierdie gawe van die Heilige Gees is vir ons persoonlike aanmoediging en opbouing en gebeur volgens Jesus se voorskrifte oor gebed in Matteus 6 – in privaatheid.

Wat nou? Wees die kerk van Berea.

Die mense daar was ontvankliker as dié in Tessalonika. Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê. (Handelinge 17:11)

Hulle het sowaar seker gemaak dat wat Paulus sê die waarheid is!

Ons het die Bybel beskikbaar. Dit is hoe ons moet optree – altyd. Ons moet seker maak en die Heilige Gees vra om die Skrif aan ons te verklaar. Die Heilige Gees is ons leermeester. Hy sal ons lei in alle waarheid. Dit is wat Jesus sê. (Johannes 6:63)

Wat is ons volgende stap? Presies wat die mense op die dag van Pinkster gedoen het.

By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?”

Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” (Handelinge 2:37-39)

Gaan terug na jou binnekamer met jou geliefde Bybel daar en vra die Heilige Gees om homself aan jou te openbaar. In die soete en liefdevolle teenwoordigheid van jou Pappa sal jy die hemelse taal op jou eie tong vorm in ‘n stap van geloof.

 

Dit is nie ‘n onderwerp vir obsessie nie –

dit is ‘n gevolg van onderwerping.

 

 

 

129. Anderkant die deur.

Na al die gesoek kom jy by ‘n deur. Dit is ‘n misterie. Werklik, na al die gebed, al die heen en weer voor die Here oor bekommernisse en vrese – is daar ‘n plek waar jy nog nooit was nie?

Natuurlik is daar!

Daar is ‘n meer noukeurige weg wat wag.

Intussen het daar ‘n Jood met die naam Apollos, wat in Aleksandrië gebore is, in Efese aangekom. Hy was ‘n begaafde spreker met ‘n deeglike kennis van die Skrif. Hy het in die leer van die Here onderrig ontvang en het met groot geesdrif gepraat en aan ander noukeurig alles oor Jesus geleer; maar die doop waarvan hy geweet het, was net dié van Johannes.

 Hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die leer van God nog duideliker gemaak. (Handelinge 18:24-26)

Is jy gereed vir meer? Is jy gewillig om te gaan waar Jesus lei?

Jesus gee ‘n derde opdrag in Matteus 7.

Klop en vir jou sal oopgemaak word.

Het jy al ooit die ondervinding gehad dat ‘n deur waaraan jy geklop het, omtrent onmiddellik oopgaan – so asof jou aankoms verwag is?

Die Here inisieer ook hierdie deel van jou gebed. Hy sê aan die kerk in Laodicea.

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. (Openbaring 3:20)

Ek hou van die woord feesmaal. Die Ou Vertaling sê: maaltyd. Jesus wil saam met ons eet. Dit is meer duidelik in die woorde van ouds. In Juda was ontbyt maar haastig en vroeg; middagete gewoonlik uit ‘n sakkie wat saamgedra is maar die aandete was rustig en uitgerek, dikwels op die dak van die huis in die koelheid van die aandlug. Die woord hier in Openbaring is die woord vir die aandmaal. Dit was die tyd vir gesels en geniet. Dit is wat Jesus bedoel. Klop, kom in en geniet ‘n rustige gesels.

As jy klop, het Hy al reeds geklop. Die deur swaai oop. In jou hart kan jy aansit by die tafel wat gedek is…

U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. (Psalm 23)

Dit is die tafel binne jou donker dieptes, in die vallei van doodskaduwee. Daar word jy ontvang soos ‘n eregas en word jy oorlaai met hartlikheid.

Dit is waar jy die belofte van die Vader ervaar.

En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.” (Lukas 24:49)

Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen.

God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.” (Johannes 4:23,24)

The Father is seeking people whose worship is spiritually alive and true-hearted”. He isseeking worshippers, so we can be assured that if we will worship Him, He will show up!

 Worship invites and gives place for the glory of the Lord to be realized and to bless at a given place. It is an act of God’s sovereign choice and grace, but it is not arbitrary, random, or accidental. It is a decisive action He promises in response to genuine human hunger for Him.   Jack Hayford

Om die Here in Gees en waarheid te aanbid is nie om meer energie en groter moeite in gebed in te werk nie.

Die Gees lei ons na die hart van God. God is gees, daarom kommunikeer Hy met ons gees in ons wedergebore mens. Jesus het self gesê Hy is die Weg die Waarheid en die Lewe – alles gebeur deur die Kruis.

In gebed ervaar ons die toerusting van die Heilige Gees, net soos op Pinksterdag met die uitstorting van die Heilige Gees en die geboorte van die Kerk. Ons leef in die dispensasie van die Heilige Gees net soos Jesus gesê het:

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. (Johannes 14:16-18)

 Die Heilige Gees is Jesus in ons. Net ons gebed om Jesus in te nooi, word deur die Heilige Gees binne ons gewerk. Jesus het op Sy dissipels geblaas.

Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! (Johannes 20:22)

Jesus gesels met Nikodemus om die onsienlike koninkryk van God op aarde te verduidelik. The Message stel dit so mooi:

Jesus said, “You’re not listening. Let me say it again. Unless a person submits to this original creation—the ‘wind-hovering-over-the-water’ creation, the invisible moving the visible, a baptism into a new life—it’s not possible to enter God’s kingdom. When you look at a baby, it’s just that: a body you can look at and touch. But the person who takes shape within is formed by something you can’t see and touch—the Spirit—and becomes a living spirit. (John 3: 5,6: The Message)

Ons besluit om Jesus te volg, bring wedergeboorte. Ons gees word herbore om die Gees van God in ons te laat woon sodat ons ‘n nuwe mens word. (2 Korintiërs 5:17)

En tog was Jesus se laaste woorde aan Sy dissipels voor Sy hemelvaart:

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Handelinge 1:8)

Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag is die sleutel tot die gawes wat die Kerk toerus om kragtiglik en effektief die werk van Jesus te doen.

Kom loop die kragloop van die Gees in die Kerk.