126. Die geheime plek van die Almagtige.

Dit klink dalk nie na veel nie. Iemand wat by ‘n bed kniel en agter ‘n toe deur met die God van hemel en aarde praat., Dit is dalk die beeld waarmee ons grootgeword het, as ons die voorreg gehad het om in ‘n huis van gebed op te groei. Die herinnering aan gebede as kind mag dalk ons ouers insluit wat lei en aanmoedig en vertel van die engele wat ons bewaak sodat ons nie bang vir die donker hoef te wees nie.

Vir die Jood van die eerste eeu, was dit ‘n onbekende prentjie. Gebed was meestal publiek op streng voorgeskrewe tye van die dag. Toe Jesus sy dissipels en die gehoor by die Bergpredikasie leer om die verhewe en heilige Jahweh, Pappa te noem, het hy tot by die been van hulle diepste beginsels oor gebed ingedring.

Jesus kom met nog ‘n radikale idee – geheime gebed.

“Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.

Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. (Matteus 6:5,6)

Die opdrag van Jesus was baie moeilik in daardie dae. Meeste huis het baie min privaatheid gehad met net twee kamers, een vir eet en een vir slaap. In die somer het die famiie dikwels op die dak geëet en selfs geslaap om die koelheid van die nag te geniet. Daar was ‘n klein stoorkamertjie vir kos en ander huishoudelike items en dit is na hierdie spasie wat Jesus verwys. Dit was ‘n splinternuwe konsep – om te bid waar ander jou nie sien nie.

Dit is hier in die geheime plek waar die teenwoordigheid van jou Pappa die helderste skyn. Dit is nie jou koue, skuldige hart, jou verwese en verwonde gemoed wat gebed bepaal nie. Dit is die Vader se hart van genade en getrouheid wat die atmosfeer in die kamer bepaal. Dit is wat Hy bied, wat jou na die kamer van gebed aantrek, nie jou mislukkings en vrees nie.

Sy teenwoordigheid is nie afhanklik van jou geregtigheid nie. Dit is net deur die Kruis van Jesus wat jy Hom ervaar. In die imtimiteit van vergifnis, ervaar jy die onuitspreeklike vreugde en die glorie van Sy liefde. Onthou glorie beteken: God se reputasie; alles wat Hy is.

Hoe gaan jy daar in ?

Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

The sacrifices of God are a broken spirit,

A broken and a contrite heart—[feeling or expressing remorse or penitence; affected by guilt]

These, O God, You will not despise. (Psalm 51:17)

Die heel beste manier om ‘n gebed te begin is met ‘n sondebelydenis.

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Johannes 1:9)

Die Griekse woord vir belydenis is homologeo. Dit beteken om dieselfde ding te sê. Met ander woorde belydenis is om saam met God oor sonde te stem. As Hy dit afkeur, dan is dit afstootlik in my lewe.

 

Belydenis is reguit en sonder verskonings voor God en jou eie gewete.

Gebed is eerlik – dit hoef nie akkuraat te wees nie.

GEBED: Vra – skryf jou bekommernisse en begeertes neer. Kry dit uit jou gedagtes en sit dit op papier voor die Here.

Wees net prakties vir ‘n oomblik. Neem ‘n glas water in jou hand. Jy kan self kies hoe groot die glas is. Jy kan ook skat hoeveel water daar in is – 250ml of dalk 300ml? Jy kan staan met die glas in jou hand vir ‘n kort rukkie, jy sal niks voel nie, maar na ‘n uur gaan jou arm begin lam raak. Na 24 uur sal jou hele lyf pyn en jou arm voel asof hy wil afbreek. As jy die glas op die tafe neersit, maak dit nie meer saak hoeveel water daar in is nie. Dit sal geen effek op jou liggaam hê nie. Daar kan dalk ‘n berg in die glas wees, dit sal jou nie raak nie.

Sit jou bekommernis neer voor die Kruis. Anders sal dit jou siek maak.

Do not fret or have any anxiety about anything, but in every circumstance and in everything, by prayer and petition (definite requests), with thanksgiving, continue to make your wants known to God. (Philippians 4:6, Amplified)

Beginsel vir ‘n lewe van uitnemendheid:

God is meer gereed om jou gebed te antwoord, as wat jy is om te bid.

 Is dit nie wonderlik dat ons die Heilige Gees het om enige spasie ons geheime plek te maak nie? Ons gebede is meestal geheim in hierdie moderne dae waarin ons leef. Skep vir jou ‘n private plekkie en tydjie om die Here te soek en sit jou las neer voor Hom.

Ons het al oor Nehemia en sy skietgebede gepraat; een sinnetjie uitroepe wat die Almagtige God by sy saak betrokke maak.

Ons geheime plek is so toeganklik. Dit is slegs ‘n beweging in ons denke om ons gedagtes gevange te neem en die liefdevolle teenwoordigheid van die Vader te ervaar. Gee jou verbeelding aan die Heilige Gees en ervaar Sy teenwoordigheid. Verbeel jou dat Jesus by jou is sodat jy met “die verligte oë van jou verstand” in die onsienlike kan “sien”. (Efesiërs 1:18, OAB)

By Hom is die veiligste plek ooit. 

You shall hide them in the secret place of Your presence…. (Psalm 31:20)

 He who dwells in the secret place of the Most High
Shall abide under the shadow of the Almighty.
I will say of the Lord, “He is my refuge and my fortress;
My God, in Him I will trust.”
(Psalm 91:1,2)

 


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s