Nota #2 Kom ons hou ‘n dankfees!

Mense sê dit sommer – dank die Here! Wie is hulle Here? Dis merkwaardig as iets so onverwags goed gebeur dat sommige mense, wat onder die indruk verkeer dat hulle goed en sleg mooi onder beheer het, dikwels spontaan sê: dank die Here. Baie meer algemeen is die goddellike verwyt vir als wat sleg is, van natuurrampe tot die rampspoedige gevolge van verkeerde besluite – so asof God skielik magtig genoeg is om alles te verhoed, hoewel die groot verwyters andersins glad nie in Sy almag glo nie. Weet hulle met Wie hulle te doen het?

Hebreërs 4:13:

En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Ek weet met wie ek te doen het en ek sê uit my hart – dank die Here. Ek dank Hom dat ek Hom ken en stadig maar seker beter leer ken. Dit is my lewenstaak, my selfopgelegde en geseënde lewensdoel. Ek is vasberade en vasbeslote…om Hom al hoe beter te ken in al die krag van Sy opstanding. Filippense 3:10:

Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

For my determined purpose is that I may know Him, that I may progressively become more deeply and intimately acquainted with Him, perceiving and recognizing and understanding the wonders of His Person more strongly and more clearly, and that I may in that same way come to know the power outflowing from His resurrection which it exerts over believers, and that I may so share His sufferings as to be continually transformed in spirit into His likeness even to His death, in the hope ,that if possible I may attain to the spiritual and moral resurrection that lifts me out from among the dead even while in the body.

Hierdie kennis van God is die eerste beginsel vir ‘n oorvloedige lewe.

Kom ons hou ‘n dankfees vir die wonderdade van God. Dank Hom vir Jesus en toegang tot Sy almag.

Deuteronomium 10:21:

Jy moet Hom prys, want Hy is jou God en Hy het al hierdie magtige wonderdade wat jy met jou eie oë gesien het, vir jou gedoen.

Dit is binne in jou dankfees dat jy die teenwoordigheid van die Here sal ervaar. Maak jou bidplek daardie geheime plek waar jy die skaduwee van die Almagtige ken – jou allerheiligste.

2 Kronieke 5:13:

Presies gelyk, soos een man, het die trompetblasers en die sangers die lof en dank aan die Here laat weerklink. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en die loflied ter ere van die Here het opgeklink: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Op daardie oomblik het ‘n wolk die huis van die Here gevul.

Beplan ‘n dankfees met ‘n paar getuienisse van jou gesin. Laat hulle besef dat jy die Here vertrou vir uitkoms in moeilikheid.

Onthou Bodemklippe – Joshua 4: As jou kinders jou dan vra….


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s