33. Dis my mense – slim mense!

 

Daar is geen twyfel dat elke persoon se lewensreis verskil en ‘n ryk mosaiek van ervaring is. Ons wat in die dispensasie van die Heilige Gees leef [wat ‘n voorreg!], ken die Gees-stem in ons diepste wese. Ons is deur die Heilige Gees aan die Woord onderworpe, alreeds regverdig deur die Kruis. Elkeen is op sy eie, unieke plek in die opwindende avontuur van ‘n lewe in die onsigbare Koninkryk.

Dis alles wonderlike woorde, maar hoe weet jy waar jy staan? Jy voel op hierdie oomblik dalk glad nie so naby nie, so “heilig” nie, so ingeskakel om die stem te hoor nie, met geruis in jou ore soos ‘n ou draadloos. Hoe vind jy weer jou plek waar jy God in Sy glorie ervaar, waar jy weet jou gebed is in daardie pragtige goue kom voor die Troon van God? Die plek waar alles vir jou bygevoeg word, die plek waarop ander jaloers is [Matteus 5: 1 Amplified], die plek waar die Griekwapsalm sê jy moet loop skaamkry van al die seën!

Palus skryf in 1 Korintiërs 10:14 en 15

Therefore my beloved, flee from idolatry. I speak as to wise men; judge for yourselves what I say.

Die implikasie van hierdie skrif is dat jy self moet weet wat afgodery is – dit is die dinge wat die stem van God blok. Jy moet die wysheid hê om te weet en te vlug. Daar is geen rede om onkunde of die lekker ou woord van die 1933-vertaling, sotheid, as verskoning te gebruik nie.

God belowe wysheid onvoorwaardelik aan almal wat vra. Dis ‘n package deal saam met jou regverdigmaking deur die Kruis en die inwoning van die Heilige Gees. Jakobus 1:

If any of you is deficient in wisdom, let him ask of the giving God [Who gives] to everyone liberally and ungrudgingly, without reproaching or faultfinding, and it will be given him. [My beklemtoning].

Die bron van wysheid is God, Hy deel uit sonder suinigheid. Daar is twee woorde wat die Bybel gebruik vir wysheid – chochmah en sophia.

Chochmah word gebruik in Jesaja 11:2

And the Spirit of the Lord shall rest upon Him—the Spirit of wisdom and understanding, the Spirit of counsel and might, the Spirit of knowledge and of the reverential and obedient fear of the Lord—

Uit die bekende konkordansie, Strong’s, word hierdie wysheid so verduidelik: Wiseness, skillfulness (vaardigheid), in the artistic sense (craftsmanship) or the moral sense (skills for living correctly).

Belangrike woord – word 150 keer in die Ou Testament gebruik veral in Job, Spreuke en die Prediker. God as die bron van wysheid word met die daaglikse lewe geintegreer, vervleg, vir gewaarborgde sukses. (Psalm 111:10 en Spreuke 4: 5-9)

Paulus noem Jesus die wysheid van God in 1 Korintiërs 1:24. Dis onmoontlik om die wysheid van God in werking deur die mens te ignoreer. Van Stephanus (die eerste martelaar van die vroeë kerk) in Handelinge 6:10 word die volgende wonderlike woorde gesê:

And they were unable to resist the wisdom and the Spirit by which he spoke.

Die woord vir wysheid (Grieks) wat hier gebruik word is sophia. Dit word so verduidelik:

Practical wisdom, prudence, skill, comprehensive insight, Christian enlightenment, a right application of knowledge, insight into the true nature of things. [My beklemtoning]

Ek raak sommer opgewonde oor so ‘n definisie. Ek kan uitskreeu – dis wat ek wil hê, ek wil regtig sien – sonder die sluier van leuens van die wêreld en die gemeenskap.

En dis presies wat God belowe aan enigiemand wat vra. Die gawes van die Heilige Gees belowe ‘n woord van kennis, ‘n woord van wysheid, ‘n profetiese woord, onderskeiding van geeste en allerhande tale. Al hierdie gawes word belowe aan elke individu soos wat die noodsaakliheid daarvan duidelik word tot voordeel van almal. [1 Korintiërs 12:7-11]

Profesie word gedefinieer as openbaringskennis wat bemoedig en troos. Dis nie ‘n eenvoudige toekomsvoorspelling wat algemeen geglo word nie. Dis wat ons nodig het om te lewe en die lewe van Jesus wat ons ontvang het, aan almal om ons, tot hulle voordeel, te leef.

Wysheid is toegepaste kennis. ‘n Kind het eendag vir my die perfekte definisie van wysheid gegee – dis om te weet wat en hoe om wanneer te doen.

Paulus komplimenteer die kerk in Korinte (‘n moeilike spul wat hom heelwat hoofbrekens besorg het) om soos wyse mense vir hulleself te oordeel. Dis die boodskap van die Nuwe Verbond. Ons hardloop nie na elke profeet en prediker wat ons dink het die uitkoms uitgespel nie. Ons het self toegang tot die die Bron. Daarmee wil ek nie op enige manier hedendaagse profete en leraars afmaak nie. Dit is uiters belangrik om lering en rigting by God se leiers te kry. Op ‘n persoonlike basis weet ek dat God met jou self wil kommunikeer.

My ma het my nog geleer – God skinder nie. Hy sal nie oor jou by jou vriende en kerkleiers gaan praat nie. Wat Hy vir jou wil openbaar is slegs vir jou en dikwels nie eers oorvertelbaar nie.

Joshua sê vir die hardkoppige en afvallige volk: [24:15]

…kies dan vir julle vandag wie julle wil dien…., maar ek en my huis, ons sal die Here dien.

Dit is en bly persoonlik, privaat en uniek. Dis kosbaar. Dis die edelstene wat ons versier – ons rhema-woorde. Psalm 107:9

For He satisfies the longing soul, and He fills the hungry soul with goodness.

Die dissipels was eenvoudige vissermanne met groot kontraste in persoonlikhede en benaderings. Op hierdie kleurvolle groep het God Sy kerk gebou. Die kerk van Christus is kleurvol en interessant juis omdat die Heilige Gees toerus en gee soos dit nodig is. Dis nooit stagnant en vervelig nie. Dis ‘n avontuur-reis.

Slim leef is om God se karakter in jou omstandighede te sien. Die woestynpad van die volk Israel was ‘n reis. God het hulle nie op een plek neergesit en geleer totdat hulle alles ken en weet nie. Dis ‘n leerproses in mislukking en sukses. Met die luuksheid van terugkyk weet ons hulle het heen en weer getrek vir 40 jaar op ‘n reis wat eintlik 11 dae kon duur. Dikwels by plekke wat hulle reeds geken het, weer aangedoen. Klink belaglik. Dit gaan oor die reis en nie soseer die mikpunt of destinasie nie. Die Jesus-pad is aktief en dinamies. Nie vir stilsit en stagneer nie.

Dit is nie aardse geleerdheid wat die verskil maak nie. Tot in die hoogste regeringskringe het die mense hulle vergaap aan die vaardighede van die disspels. Handelinge 4:31:

….and they spoke the word of God with boldness.

Hoe het hierdie kerk gegroei? Hand 9:31:

…And walking in the fear of the Lord and in the comfort [strengthening presence] of the Holy Spirit, they were multiplied.

Nie hulle eie pogings nie.

Hoe gebeur dit? Jesaja 50:4:

The Lord God has given me the tongue of the learned, that I should know how to speak a word in season to him who is weary…..He awakens my ear to hear as the learned.

Hoor by die Here – dis wat die slim mense doen.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s