32. Sukses – wat is die toets?

 

Die woord van die Here is so ryk en lewend, met ‘n antwoord vir alles. Jy kan dalk nou vir my sê dat die gepraat oor sukses is nie op jou van toepassing nie. Jy voel afgerem en ervaar nederlaag op baie gebiede. God se Woord oor slegte omstandighede en mislukking is vol belofte van herstel, oorwinning en uitkoms. Slegte omstandighede, hetsy siekte, finansiële kommer, werkloosheid, kinders, wat ookal, is onder God se beheer en sal werk tot jou voordeel as jy dit in Sy Naam hanteer. Omstandighede verander ‘n mens en as slegte omstandighede jou nie positief verander en jou nader aan die Here bring om meer van Hom en Sy Vaderskap en liefde te leer nie, is dit ‘n tragedie.

Onthou – die proses wat mens deurgaan om by die wonderwerk-uitkoms te vorder, is opsigself dikwels ‘n groter wonderwerk as die uitkoms self.

Die verandering in jou gees, gemoed en denke is slegs moontlik deur die aktiewe werking van die Heilige Gees. Mislukking en kommer stroop jou van die onnodige bagasie van ‘n materiële- en mens-georienteerde bestaan en leer jou die dinge waarop dit werklik aankom, sodat jy die diep vreugde en vrede van ware volheid kan ervaar, sonder dat jou omstandighede enigsins verander.

Daar bygevoeg – God beplan sukses vir jou. Daar is geen twyfel daaroor nie. Jeremia 29:11, 12 spel Hy ‘n uitnemende, suksesvolle lewe uit – met ‘n toekoms en vol hoop.

For I know the thoughts that I think toward you, says the Lord, thoughts of peace and not of evil, to give you a future and a hope. Then you will call upon Me and go and pray to Me, and I will listen to you.

Psalm 84:11:  For the Lord God is a Sun and Shield; the Lord bestows grace and favor and future glory (honor, splendor, and heavenly bliss)! No good thing will He withhold from those who walk uprightly.

Nehemia 13:2:

However, our God turned the curse into a blessing.

Romeine 8:28:

And we know that all things work together for good to those who love God, to those who are the called according to His purpose.

Indien enigiemand dakloos en honger is – kontak my dringend. As dit nie jou omstandighede is nie, is jy suksesvol en is dit so dat jy sukses op baie gebiede ervaar. Een van die belangrikste vaardighede in die lewe is om te weet wat belangrik is en daarby gesê: te weet wat die belangrikSTE is.

Sonder om weer die woord belangrik te moet gebruik, kan ek sover gaan om te verklaar dat prioritisering is noodsaaklik om doelgerig en effektief te lewe. Daarom moet sukses en mislukking altyd in die regte perspektief in die groter prentjie van jou lewe gehou word. Mislukking kry maklik die oorhand en negatiewe omstandighede kan sonder moeite jou hele gemoed en houding bepaal.

Mislukking en die verwonding wat daarmee saamgaan is baie effektiewe wapens van die vyand om jou af te rem en moedeloos te maak. Veg terug! Veg met die Woord! Praat met die Here!

Noudat ek dit gesê het, kan julle dalk saamstem. Ja, dis die regte ding om te doen. Bid! Lees! Kry jou hulp by die Here. Jy kan dalk ‘n rits skrifte aanhaal om die gedagte te ondersteun en iemand bemoedig om in moeilike omstandighede die Here se hulp te soek.

MAAR – sal jou reaksie dieselfde wees aan iemand wat suksesvol is en hoog en ver vorder volgens die normale maatstawwe van voorspoed. Heel moontlik nie. Jy sal wonder watse bemoediging hy nou eintlik nodig het – hy is fine!

Sukses is gevaarlik. Sukses is mag. Daar is soveel positiewe reaksie op sukses – deure gaan oop, mense en vriende is volop, jy kan besluit, skep, bepaal – reg of verkeerd – jy is in beheer. Wie het God nodig?

Daarom moet jou reaksie in sukses soveel te meer nader na God toe   wees. Dieselfde “raad” geld – BID! LEES! Praat met die Here!

Een van die belangrikste geestelike eienskappe is jou oog. Jesus sê die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. [Matteus 6:22, 23.]

Hoe kyk jy? Dit is moontlik dat jy met ‘n verkeerde oog jou hele lewe verwoes. Jy besef nie wat is belangrik nie, jy sien nie seën raak nie, jy sien jouself of te goed of te sleg – albei ewe vernietigend – selfsug en selfhaat verwoes alles wat kosbaar is.

Johannes onderstreep hierdie konsep in 1 Johannes 1: 5, 6:

And this is the message [the message of promise] which we have heard from Him and now are reporting to you: God is Light, and there is no darkness in Him at all. So if we say we are partakers together and enjoy fellowship with Him when we live and move and are walking about in darkness, we are speaking falsely and do not live and practice the Truth which the Gospel presents.

In groot besluite en in moeilike omstandighede besef mens dat ons lewenspad duister en vol hindernisse is. God se lig dui die pad aan. Dis nie nodig om in die donker rond te tas nie, ons het die Bron van lig om ons pad te rig. Navigeer volgens die handboek – die Bybel. Dan het jy ‘n waarborg van sukses. Fillipense 1: 6:

….being confident of this very thing, that He who has begun a good work in you will complete it until the day of Jesus Christ.

Die Grieks vir GOED [agathos] = Good in a physical and moral sense, and which produces benefits.

Ons het verlede keer oor Saul gesels. Kom ons kyk na die lewe van ‘n ander koning, lank na Saul, se lewe van sukses. Sy naam was Ussia, die seun van Amasia, en sy storie is in 2 Kronieke 26. Ussia was 16 jaar oud toe hy koning geword het en het 52 jaar lank oor Juda regeer. Soos met die optekening van elke koning se geskiedenis word sy koningskapsidentiteit in vers 4 en 5 so gestel:

Hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy pa gevolg. Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd wat Ussia na die wil van God gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.

Die storie gaan aan met al die sukses en voorspoed van Ussia se regering. God het hom gehelp teen die Filistyne, sy naam was in Egipte bekend, hy het stewige forte in Jerusalem gebou, weiveld beskerm, baie putte laat grawe, baie vee gehad, sy leër was toegerus met skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boeë en klippe vir die slingervelle. In Jerusalem het hy uitvindels aangemoedig wat deur slim mense ontwerp is en wat bo van die forte en van die hoeke af pyle en groot klippe kon afskiet. Vers 6-15.

Sy roem het wyd gestrek. Hy het op ‘n wonderbare wyse hulp ontvang en hy het ‘n magtige man geword.(2Kronieke 26:15b)

Vers 16: Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself en dit was die begin van sy einde.

Dit is werklik ‘n tragiese gebeure wat volg. Hy het in die tempel ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring. Die priester en 80 priestersoldate by hom het probeer om die koning te keer en weer vir hom die voorskrifte van die Here oor die tempeldiens voorgehou. Ussia het briesend geword (vers 19) en terwyl hy teen die priesters uitvaar het melaatsheid op sy voorkop uitgebreek. Hy is melaats dood, in afsondering en verban uit die huis van die Here.

Sy trots en sukses het hom afgestomp vir die Woord van die Here gemaak. Hy was so arrogant dat hy die rangorde van God in die tempel wou ignoreer. Die gevolg – skokkende vernedering.

Hierteenoor kan mens die optrede van Dawid kontrasteer. Nadat die ark 70 jaar in die huis van Abinadab (1 Samuel 7:1) gehou is, bring Dawid die ark terug na Jerusalem (2 Samuel 6). Dawid dans voor die ark uit en sit dit in die tabernakel wat hy daarvoor opgerig het. Hy offer elke ses treë op die ark se pad terug, ‘n heilige en merkwaardige reis. Met die ark in posisie offer hy weer en seën die volk. Toe deel hy kos uit (brood, vleis en rosyntjiekoek) sodat die hele volk kan feesvier.

Dawid se begeerte is om die ark in ‘n waardige tempel te huisves, maar in 2 Samuel 7 kom die profeet Nathan met God se plan om Dawid se saad (Salomo) toe te laat om die tempel te bou. Dawid moet tevrede wees met die ark van God in ‘n tenttabernakel.

Dawid breek uit in ‘n pragtige lofgesang aan die Here waarin hy homself onderwerp aan God se plan en God vereer as die hoogste gesag.

Then King David went in and sat before the Lord; and he said: “Who am I, O Lord God? And what is my house, that You have brought me this far? 19 And yet this was a small thing in Your sight, O Lord God; and You have also spoken of Your servant’s house for a great while to come. Is this the manner of man, O Lord God? 20 Now what more can David say to You? For You, Lord God, know Your servant. 21 For Your word’s sake, and according to Your own heart, You have done all these great things, to make Your servant know them. 22 Therefore You are great, O Lord God. For there is none like You, nor is there any God besides You, according to all that we have heard with our ears. 23 And who is like Your people, like Israel, the one nation on the earth whom God went to redeem for Himself as a people, to make for Himself a name—and to do for Yourself great and awesome deeds for Your land—before Your people whom You redeemed for Yourself from Egypt, the nations, and their gods? 24 For You have made Your people Israel Your very own people forever; and You, Lord, have become their God.

25 “Now, O Lord God, the word which You have spoken concerning Your servant and concerning his house, establish it forever and do as You have said. 26 So let Your name be magnified forever, saying, ‘The Lord of hosts is the God over Israel.’ And let the house of Your servant David be established before You. 27 For You, O Lord of hosts, God of Israel, have revealed this to Your servant, saying, ‘I will build you a house.’ Therefore Your servant has found it in his heart to pray this prayer to You.

28 “And now, O Lord God, You are God, and Your words are true, and You have promised this goodness to Your servant. 29 Now therefore, let it please You to bless the house of Your servant, that it may continue before You forever; for You, O Lord God, have spoken it, and with Your blessing let the house of Your servant be blessed forever.”

Die Bybel sê dat Dawid ingegaan het en voor die Here gaan sit. Hoekom het God dit toegelaat? Die ark was die mees heilige van al die tempelelemente. Net die hoëpriester is een maal per jaar in die allerheiligste deel toegelaat om in te gaan en die bloed oor die troon van genade tussen die twee gerubs bo-op die ark te sprinkel. Niemand anders het ooit die ark genader nie.

Dawid sing in Psalm 84:10

For a day in Your courts is better than a thousand [anywhere else]; I would rather be a doorkeeper and stand at the threshold in the house of my God than to dwell [at ease] in the tents of wickedness.

Uit die lofgesange van Dawid oor die teenwoordigheid van die ark in Jerusalem en sy verkleefdheid aan die huis van die Here, is die verskil tussen hom en Ussia duidelik. Dawid is bewus van sy menslikheid – hy noem homself deurgaans die dienaar van God – en God se heiligheid, almag en misterieuse grootheid. Hy geniet uit sy hart die voorreg van die ark as simbool van die Teenwoordigheid van die God en sy liefde vir God en Sy simbole word die kernpunt en kenmerk van Dawid se lewe.

Op Pinksterdag ‘n duisend jaar later preek Petrus en verduidelik aan die gehoor dat die uitstorting van die Heilige Gees is die oprigting van die Tabernakel van Dawid. Handelinge 2: 25-28. Die Heilige Gees skep vir ons die plek om in die Teenwoordigheid van God te kom. In Handelinge 15: 16 spreek Jakobus, die broer van Jesus en pastoor van die Jerusalem-gemeente die raad toe en haal die profeet Amos aan wat die herstel van die Tabernakel van Dawid aankondig.

Hierdie begeerte na die teenwoordigheid van die Here beskerm jou teen die melaatsheid van jou siel wat kom uit arrogansie en hoogmoed. Wat is die toets?

Hoor jy die stem? Hoe sien jy jouself voor God?

Begeer jy ‘n dieper verhouding met jou Jesus?

Is die woorde in jou mond, woorde van God?

 

 


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s