Dink jy ooit daaroor? Wat kan mense van jou onthou? Wat is jou uitstaande kenmerk. Dit gaan oor jou nalatenskap voor jou dood, noem dit maar jou lewende legacy.
Ons het verlede keer gepraat oor wysheid en waar ons dit kry. ‘n Lewe waarin wysheid en oorleg die uitstaande kenmerk is, is ‘n lewe wat bewondering afdwing. God se gewilligheid om te help is so seker dat dit dikwels en kragtig uitgebasuin word.
Ons kuier in Kronieke – 2e boek hoofstuk 16. Koning Asa van Juda. Die begin van sy heerskappy word in die 14e hoofstuk aangekondig met die heerlike woorde:
Asa did what was good and right in the sight of the Lord his God.[my beklemtoning]
Baie persoonlik – sy God. So ‘n voorreg om die Almagtige God, my God te noem. Asa onderneem ‘n hele aantal hervormings, maak die land skoon van afgodery, die hoë plekke van aanbidding en altaars van vreemde gode word verwyder en hy moedig die hele volk aan om God te dien volgens die voorskrifte. Hy rus van oorlog omdat die Here hom rus gee. Hy bou versterkte stede, mure, torings en poorte en in die algemeen is die land welvarend (14: 6-7) Hy het ‘n groot weermag onder die wapen gehad en toe die koning van Ethiopië met oorlog dreig, toe bid Asa hierdie pragtige gebed: (14:11)
And Asa cried out to the Lord his God, and said, “Lord, it is nothing for You to help, whether with many or with those who have no power; [hang nie van jou eie vermoeë of bronne af nie] help us, O Lord our God, for we rest on You, and in Your name we go against this multitude. O Lord, You are our God; do not let man prevail against You!”
Wonderlik: wat is die antwoord op hierdie gebed? So the Lord struck the Ethiopians and the Ethiopians fled, they could not recover, they were broken before the Lord and they (Judah) carried away very much spoil.(14:12)
Jitte – sommer klaargespeel met ‘n magtige vyand met nog die loon van die buit. Jy kom nie gehawend en verarmd uit hierdie stryd nie.
Hoor wat noem die voetnoot hier in my Bybel. Die Ehtiopiese weermag was die grootste weermag wat ooit genoem is in die Ou Testament. Met ander woorde hierdie is die grootste oorwinning oor ‘n weermag in die geskiedenis van Israel. En Asa sê: dis sommer niks vir die Here om te help nie.
Gryp hierdie Skrif aan en weet dat God die grootste oormag op die vlug laat slaan.
Onthou die verhaal in 2 Konings 3 toe ons gepraat het oor die gate van geloof. Wat het Elisa gesê van die krisis daar op die rivierwalle oppad na Moab? This is a simple matter in the sight of the Lord.
Mag die Here my vergewe vir elke keer as ek Sy helpende hand onderskat.
Stap saam met my verder – dis nog nie klaar nie!
In die volgende hoofstuk word die helpende hand van die Here verder gewaarborg.
Vers 2: The Lord is with you while you are with HIm.
Vers 4: …but when in their trouble they turned to the Lord, and sought Him, He was found by them.
Vers 7: But you, be strong, and do not let your hands be weak, for your work shall be rewarded.
Nou – kan jy volhou. Dis wonderlik om die Here te vertrou dan verslaan Hy die oormag. Jy juig in jou getuienis en dink dis verby. Maar – so is die lewe. Daar is weer ‘n oormag, weer ‘n uitdaging, weer ‘n krisis. Het jy geleer dat die Here die grootste weermag ooit verslaan? Die toets kom weer. Net soos Dawid, was die leeu en die beer net opleiding vir die stryd teen Goliath. Wat moes Israel leer in die woestynskool ‘n hele geslag lank? God is konstant, Hy sal dit weer en weer doen. Moenie twyfel nie. Moenie laat vrees wen nie. Jy gaan wen!
In die 36e jaar van Asa bedreig Sirië Juda. Asa gaan haal goud en silwer uit die tempel en oortuig die koning van Sirië tot ‘n ooreenkoms van vriendskap. Alles werk goed uit. Sirië onttrek van Juda se grens en staak die werk aan ‘n versterkte vesting op die grens.
So – is als nou reg? Hanani, die profeet, kom kuier vir Asa en val sommer met die deur in die huis.
Because you relied on the King of Syria and not on the Lord your God, the army of the king of Syria has escaped from your hand.
O aarde – nou vind Asa uit dat God se plan was dat hy sommer met die Siriërs ook klaarspeel. Hanani herinner hom aan sy oorwinning oor Ehtiopië wat groter was as Sirië. Hoe hartseer dat ons ons eie getuienis vergeet – nee erger nog – beroof word daarvan.
Hoor die woorde van Hanani – dis ‘n pilaar om jou lewe op te bou:
For the eyes of the Lord run to and fro throughout the whole earth, to show Himself strong on behalf of those whose heart is loyal to Him. [my beklemtoning]
Hoe kan jy twyfel? Jesaja 52:10:
The Lord has made bare His arm – dit was ‘n idioom soos ons sal sê: Hy rol Sy moue op – dus gereed vir werk. So pragtig om te dink die Here rol Sy moue op vir my. Maak die prentjie en moenie dit vergeet nie.
Terug by Asa. Nou vir die tragedie. God stuur Hanani, die profeet, om vir Asa te kom uitspel dat hy God nie geraadpleeg het in sy onderhandelinge met die koning van Sirië nie. Sommer direk sê Hanani: You have done foolishly.
Dis nie wat ek wil hê die mense moet van my sê nie.
Die profeet van ouds het die werk gedoen wat die Heilige Gees nou vir ons doen. Maak jou hart oop en hoor waar jy optree soos ‘n geestelike idioot. Vrees jy? Weet jy dat vrees ‘n ernstige sonde is? Mens mag mos nie vandag meer sê iets is sonde nie. Ons is almal te polities korrek. In Openbaring 21:8 word die vreesagtiges saam met die kwaadpraters en moordenaars in die poel van vuur gewerp. Vrees = ernstige mosie van wantroue in die Here. Vrees steel geloof, vrede, vreugde – al jou geskenke van die Here.
Dis nog nie die einde van Asa nie. Hier is die naskrif – wag daarvoor.
In die 39e jaar van sy regering het hy ernstig siek geword in sy voete. Sy lyding was groot! ‘n Siekte tot die dood toe.
Hoor wat is die oordeel van die Woord oor hierdie toestand:
…yet in his disease he did not seek the Lord, but the physicians. [16:12]
Hierdie is nie ‘n skrif teen dokters nie. Dis ‘n waarskuwing om te pasop om eerste aardse raad te soek. ‘n Kind van God se eerste stap is altyd na God toe. Niks is vir God ‘n verrassing nie. Jou krisis is nie onverwags nie – vir jou ja – maar nooit vir Hom nie. Hy sien die krisis en die uitkoms! Bid eers dan dokter toe, sodat die dokter wat oor jou pad gestuur is, die regte een is en die oplossing het.
Wat is die waarskuwing van hierdie kragtige woordjie – yet. In Afrikaans – MAAR! Dis ons rooivlag in die lewe. Is jy bekend vir iemand wat die Here se raad soek?
Toe Jesaja Jesus se geboorte aankondig eeue voor die gebeure in Bethlehem, het hy Hom ‘n Naam gegee – Raadsman. (9:6)
Dis Sy NAAAM.
Hy is die bron van Raad. Hy moet geraadpleeg word. Jesaja het dit geweet. Net verder in Jes 11:2 sê hy van die Messias:
The Spirit of the Lord shall rest upon Him, The Spirit of wisdom and understanding, The Spirit of counsel and might, The Spirit of knowledge and of the fear of the Lord.
Dis ons God. Hy is die bron. Prys Hom daarvoor.
Jesaja 45 sê die Here dat ons HOM moet raadpleeg oor die toekoms (vers 11) en in die 47e hoofstuk sê Hy hierdie skrikwekkende woorde:
You are wearied in the multitude of your counsels; let now the astrolgers, the stargazers and the monthly prognosticators stand up and save you from what shall come upon you.
Ou Vertaling: Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne; laat hulle tog nou optree en jou red – di ewat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
Ek wil graag bekend staan as iemand wie die Here geraadpleeg het. In my krisisse en in my sukses, laat Hy my Raadsman wees.