Calgary het in Junie 2013 ‘n ongekende natuurramp beleef. Mense wat hulle hele lewe hier woon, is almal eens dat hulle nog nooit so ‘n vloed beleef het nie. Die beelde op televisie was skrikwekkend en die geweld van twee woedende riviere en onophoudelike reën het veroorsaak dat baie mense al hul besittings verloor het.
Wat my veral sal bybly is die beelde en ondervinding van ‘n gemeenskap wat laer trek en help. By die skulings was daar soveel vrywilliges dat hulle mense moes wegwys en na ander gebiede ontplooi. Mense het eenvoudig hulle spens opgepak en aangery na mense wat met die klere aan hulle lyf uitgekom het. Niemand is dood nie en die beeldmateriaal van ‘n man wat met sy hond oor sy skouers gedrapeer in heup-diep water aanstap, is kostelik. ‘n Brandweerman wat ‘n reddingsbaadjie vir ‘n groot swart hond aantrek en vir hom wys waarheen om te swem, terwyl die hond se baas op die wal tekere gaan om die hond se aandag te hou en die nat geskud van ‘n vreugdevolle re-unie, laat jou hardop lag. Maar op hierdie dag het ons gesin fees gevier dat ons letterlik hoog en droog met geen skade hoegenaamd, die verwoesting aanskou het. Alle eksamens van skole en universiteite is uit- of afgestel, sodat almal kon inspring en help.
Ek hoop sedert laas keer het julle al die seën van ‘n oop hart en hand ervaar. Hierdie woordbeginsels of koninkrykswette is nie ‘n saak wat met ‘n regter en jurie beslis word nie. Dit is iets wat tussen jou en die liefling van jou siel, Jesus, in liefdevolle gees-gesels geleer word. Tree vir tree in die voetspoor van die rabbi (leermeester) kom jy onder die bedekking van ‘n nuwe dinamiek wat slegs in jou eie gemoed gestalte kry. Die transformasie is diep en duidelik.
2 Korintiërs 9: 6 – 14.
Uit die wegspringblokke met die beginsel van saai en maai is jy sommer voor in die resies. Die Amplified praat van sowing sparingly and grudgingly vs generously . Die oes word ingebring met seën.
Ons gebruik hierdie woord seën deesdae sommer ligtelik sonder om elke keer te besef watter gewig die begrip dra.
Die Hebreeuse woorde is: barach – werkwoord om te seën en kom meer as 300 keer in die Bybel voor. Baruch beteken geseënde. Uitspraak eintlik – Barak. Dieselfde woord word algemeen in ander semitiese tale gebruik – meestal in verband met die seën van ‘n godheid. Ons God neem die inisiatief met seën. Lees die priesterlike seën in Numeri 6: 23-27.
Seën is ‘n omvattende woord vir ‘n staat van geluk en voorspoed. Dit sluit alle aspekte van lewe in en is die teenoorgestelde van vloek. In Matt 5 verklaar die Amplified dit so: BLESSED – happy, to be envied and spiritually prosperous – with life-joy and satisfaction in God’s favour and salvation, regardless of their outward condition. With a happiness produced by the experience of God’s favour and especially conditioned by the revelation of His matchless grace.
Mondvol ne! Die tradisionele Joodse gebed sluit nog in – die opheffing van alle beperkinge op jou lewe – enigiets wat jou verhinder om in die volle potensiaal van God se plan vir jou in te stap.
Nou kan ek byvoeg – SELAH – soos die Psalmis sê : Pause and calmly think about that.
Dink noukeurig oor die volle impak van seën op jou finansiële sake dan kan die prentjie van die vensters van die hemel bietjie meer in fokus begin kom – onthou Maleagi 3:10 en daarna. God se seën spreek van oorvloed en uitgieting – hoegenaamd nie suinig en terughoudend nie.
Die Message vertaling sê in 2 Korintiërs:
God can pour blessings in astonishing ways so that you are ready for anything and everything, more than just ready to do what needs to be done. As one psalmist puts it:
He throws caution to the winds,
giving to the needy in reckless abandon.
His right-living, right-giving ways,
never run out, never wear out
This most generous God who gives seed to the farmer that becomes bread for your meals is more than extravagant with you. He gives you something you then can give away, which grows into full-formed lives, robust in God, wealthy in every way, so that you can be generous in every way, producing with us great praise to God.
My gevolgtrekking uit die Woord is dat dit wat jy gee, ‘n saak tussen jou en die Heilige Gees is, wie jou in volmaakte liefde sal lei om die regte ding te doen. Ek lees uit 2 Kor 9:7:
Let each one [give] as he has made up his own mind and purposed in his heart, not reluctantly or sorrowfully or under compulsion, for God loves (He takes pleasure in, prizes above other things, and is unwilling to abandon or to do without) a cheerful (joyous, prompt to do it) giver [whose heart is in his giving].
Elkeen weet hoe voel dit om iets van iemand te vra. Vir sommige mense vra jy maklik. Met ander mense byt jy in ‘n taai bitter toffie in en jou enigste oorweging is om vinnig daaruit te kom en iemand anders te soek. Sit jouself in God se posisie – is jy ‘n prompt-to-do-it – tipe gewer.
Spreuke 22: 9 praat van die bountiful eye wat geseën sal word.
Tiende-voorskrifte uit die Ou Testament is net die riglyn. Korintiërs is die riglyn vir die Gees-dispensasie. Stel jouself oop vir die stem van die Here oor jou geld en inkomste en begin stap op die avontuurpad van Goddellike voorsiening.
Wat sal gebeur? Jy sal uitvind wat die vensters van die hemel is. Jy sal weet hoe word die sprinkaan van jou land afgeweer, jy sal die peste vryspring, jy sal bokspring soos ‘n klein kalfie sonder bekommernis, seker van voorsiening, jy sal ervaar wat God belowe in Hebreërs 13:5, 6. Hierdie skrif moet ons lees in die Amplified met die hele vers 5 daarby, want hierdie wonderlike woorde is gesê met betrekking tot geld!!
Hebreërs 13:5 en 6 AMPLIFIED vertaling.
Let your character or moral disposition be free from love of money [including greed, lust, and craving for earthly possessions] and be satisfied with your present [circumstances and with what you have]; for He [God] Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. [I will] not, [I will] not, [I will] not in any degree leave you helpless nor forsake nor let [you] down (relax My hold on you)! [Assuredly not!]
So we take comfort and are encouraged and confidently and boldly say, The Lord is my Helper; I will not be seized with alarm [I will not fear or dread or be terrified]. What can man do to me?
Hierdie beginsel word deur Jesus onderstreep in Matteus 6: 28 -34. Lees oor die lelies van die veld, kommervrye bestaan en die sleutelbeginsel van koninkryksprioriteit. Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle begvoeg word.
Watter dinge? Die klere van die lelies, dit wat jou die beste daaraan toe sal maak. Onthou 2 Korintiërs waar hy praat van extravagance.
Betekenis: flamboyant, abundant, beyond what is reasonable.
Ek het ‘n hele paar jaar gelede my ma gevra om haar finansiële getuienis op te skryf, sodat dit vir my kinders ‘n erflating van die bewys van God se voorsiening kan wees. Uit die getuienis kan mens met sekerheid verklaar dat God dit wat jy gee vermeerder met die Skepper-Hand wat die sterrehemel in plek beveel het. Ontuitputlik, oorvloedig en skatryk.
Psalm 24 in die Ou Vertaling: Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
My gebed is dat jy ‘n vol stoorhuis sal ervaar, met meer om te gee. Waar sal jou werklike rykdom wees? Die skatte wat jy bymekaarmaak in die hemel waar die mot en die roes nie verniel nie. Matteus 6: 19-21. Die skatte van die hemel wat niemand kan verniel nie is ‘n vrygewige hart en ‘n vryvloeiende kanaal wat ‘n honger wêreld voed.
Die vryheid waarmee jy leef in die versekering van volmaakte voorsiening is ‘n belangrike geestelike doelstelling. Die voorsiening van die Here is jou erfporsie. Dit word ook die erflating van jou kinders as hulle van jongs af hierdie beginsels leef.
Ken jy die plek van volmaakte GENOEG? Het jy die punt van vryheid van materiële goed bereik wat van jou ‘n blymoedige gewer maak, vry van bekommernis? Daar is geen ander plek waar jy goddellike vergenoegdheid kan ervaar soos gegrond in die beginsels van GEE, GEBED en VAS.
Die gevolg van ‘n lewe wat vry van gierigheid en obessesiewe opgaardery is: Dankbaarheid en ‘n lewe van dankie. Die gevolg van die goddellike GENOEG in ons lewe is ‘n lewe van – in die Message se woorde – abundant and bountiful thanksgiving to God.
Hef op julle hoofde o poorte, ja verhef julle ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, geweldig in die stryd. Die Here van die leërskare. [Psalm 24]