Bybeltaal is darem mooi: Ps 119:5 As ek tog maar net op ‘n vaste koers kan bly en my aan U voorskrifte kan hou. Ampl: O that my ways were directed and established to observe Your statutes [hearing, receiving, loving and obeying them.]!
Ons trek by nommer 26 van Bodemklippe en ek wil graag terugkyk na die basiese doelstellings en beginsels waarmee ons besig is. Die geskrewe Woord van God staan sentraal. Dit is ons maatstaf en hoeksteen. Johannes 1 gee aan Jesus as God-mens hierdie Naam – logos – die Woord.
Jesus sê aan Sy dissipels dat hulle alreeds rein is [cleansed and pruned] deur die Woorde wat Hy tot hulle gespreek het in Johannes 15:3. Die Woord verander jou hart, jou denke, jou woorde, jou lewe, insig, besluite, jou persepsie oor jouself, andere, God en omstandighede. Die wonderwerk van die Skepping het met die magtige Woord van God tot stand gekom en daardie SELFDE Woord skep in jou lewe. Die letter op die papier of rekenaarskerm van elke Bybel, is die hoogste gesag. Dit is die letter. Daardie letter word lewe in die Teenwoordigheid van God deur die Heilige Gees. Johannes 6:63:
Die woorde wat ek tot julle spreek is Gees en is lewe.
Die GESPROKE woord is die lewende woord. Dit is wat rhema beteken. Die rhema-ondervinding is kragtig en oortuigend om die letter-ondervinding se impak te laat plaasvind. Dit is die HOOR van die Woord met gesalfde ore.
Elkeen ken die ondervinding dat jy lees en nie inneem nie. Paragrawe later gaan jy terug om die draad te kry of gee sommer op.
Wat verander hierdie toedrag van sake. Die Heilige Gees. Die Heilige Gees salf ore en oë om betekenis te gee en impak te bring.
Spreuke 20:12:
The hearing ear and the seeing eye – the Lord has made both of them.
Onthou alles wat jy hoor is net HOORSê. Dis iemand anders se rhema-woord. Die heerlikheid van Bybelstudie is jou eie RHEMA-woord – die gesproke woord – die stem van God.
Job: Volgens hoorse het ek van u gehoor – maar nou het my oog U gesien. Job 42:5.
Waarom wil ons Sy stem hoor? Jesaja 55: 8:
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here. Soos die hemele hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Daar is ‘n groot verskil tussen jou verwagtiginge en God se beskikking. Stel jouself in vir ‘n BETER manier om jou lewe aan te pak, ‘n wyser manier om met jou probleme om te gaan, ‘n pad waar jy in die voetspoor van Jesus loop, ‘n pad wat so klink: Jesaja 55:12, 13.
Julle sal met vreugde uit Babel [die simbool van sonde en goddeloosheid] wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap.
In die plek van die doringbos sal daar ‘n sipres opskiet, in die plek van die dissel sal daar ‘n mirteboom opskiet. Dit sal tot eer van die Here wees, ‘n blywende teken wat nooit vernietig sal word nie.
Sela – wag en dink noukeurig hieroor na.
Julle wat my ken weet dat Jesaja 55 een van my geloofspilare is. Dit som in kort die hele doel van Bybelstudie op. Ons wil versadig word met die beste wat daar is, ons wil onder die indruk wees van die magtige uitwerking van God se Woord (vers 10 en 11) waar God self sê Sy Woord sal nie onverrigter sake terugkeer nie, maar dit sal doen wat Hy gedoen wil hê en tot stand bring (onthou SKEPPENDE Woord) waarvoor Hy dit gestuur het.
Waar kry mens geloof: Romeine 10:17 Geloof is dus uit die gehoor en gehoor is deur die Woord van God.
17 So faith comes by hearing [what is told], and what is heard comes by the preaching [of the message that came from the lips] of Christ (the Messiah Himself).
Romeine 10:8-11
8 But what does it say? The Word (God’s message in Christ) is near you, on your lips and in your heart; that is, the Word (the message, the basis and object) of faith which we preach,
9 Because if you acknowledge and confess with your lips that Jesus is Lord and in your heart believe (adhere to, trust in, and rely on the truth) that God raised Him from the dead, you will be saved.
10 For with the heart a person believes (adheres to, trusts in, and relies on Christ) and so is justified (declared righteous, acceptable to God), and with the mouth he confesses (declares openly and speaks out freely his faith) and confirms [his] salvation.
Nou die belofte van jou belydenis met jou hart en mond:
11 The Scripture says, No man who believes in Him, who adheres to, relies on, and trusts in Him will ever be put to shame or be disappointed.
Strategie van die bose: kla aan, herinner aan sonde, vrees en leuens, wat Skrifverdraaiing insluit. Die antwoord is in ‘n studie van die Woord. Daar is net een manier om die duiwel te antwoord en dis op presies dieselfde manier as Jesus. Die Woord van God reguit en reg.
Hierdie geveg vind dikwels in jou gedagtes plaas, daarom is dit goed om die Woord te mediteer. Onthou ons het gesê Christen-meditasie is anders as Oosterse meditasie. Ons maak onsself VOL van die Woord en oordink dit dan, memoriseer en herhaal met Heilige Gees-hulp. Die oosterse godsdienste se doel is om jou gedagtes leeg te kry. Dit doen hulle met die hulp van beweging en herhaalde niksseggende geluide.
Openbaring 12:11
En hulle het hom [Satan-die aanklaer] oorwin deur die bloed van die Lam en deur die Woord van hulle getuienis…..
In die gewone verloop van die lewe raak mens opgeneem en vasgevang in die sorge van die lewe en die eise van die dag. Dis soms moeilik om fokus te behou van die die grootpad van jou lewens-loop. Miskien is dit tyd om weer voor die Here jou doelstellings en prioriteite te bring, te offer, oor te gee, sodat Hy die erdekruik van jou lewe weer op die pottebakkerswiel kan sit. Wat wil jy hê? Wat wil jy vir jou kinders hê? Dink net hoe waardevol is die perspektief van die groter prentjie. Kan jy verby die mislukkings sien? Kan jy die sukses hanteer? Onthou sukses is ‘n groter geestelike toets as mislukking. Waar is die Here en Sy Woord in die raamwerk van jou lewe?
Rigtingwysers en bakens: Jeremia 31:21: Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, die pad wat jy moet loop.
Hoe bepaal jy die prioriteite? Terug by Matteus 6: 33 Soek eers die Koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.
Watter dinge? Alles wat jy nodig het. Kan jy werklik jou God vertrou met wat jy nodig het? Dink jy dalk Hy gaan jou snoep?
Ken jy 1 Korintiërs 2:9:
What eye has not seen and ear has not heard and has not entered into the heart of man, all that, God has prepared, made and keeps ready for those who love Him, who hold Him in affectionate reverence, promptly obeying Him and gratefully recognizing the benefits He has bestowed.
Die belydenis van my hart op hierdie punt is weer: Fillipense 3:10. Amplified.
10 For my determined purpose is: that I may know Him, that I may progressively become more deeply and intimately acquainted with Him, perceiving and recognizing and understanding the wonders of His Person more strongly and more clearly, and that I may in that same way come to know the power outflowing from His resurrection, which it exerts over believers, and that I may so share His sufferings as to be continually transformed, in spirit into His likeness even to His death, in the hope
11 That if possible I may attain to the spiritual and moral resurrection that lifts me out from among the dead, even while in the body.
Dit is die prioriteit. As jy die opstanding uit die dood IN hierdie lewe kan ervaar, is jy bewus van die opstandingskrag wat in jou lewe werk, is jy in verhouding met Jesus, het jy die bron van wysheid en insig om jou lewensbesluite te bepaal, kan jy uitsien na die dieper en voller kennis aan die voete van die Rabbi Jesus.
Dit is hierdie doelstelling waarmee ons besig is. Ons wil dieper, ons soek meer. Die gevolg daarvan is onbepaalbaar en asemrowend. Dit hanteer jou verlede onder die bloed van Jesus met die vergifnis van die Kruis, dit bepaal jou vandag met die wonderwerkende opstandingskrag en dit gee inhoud aan jou toekoms met elke belofte in die Woord, gewaarborg en ‘n werklikheid.
Soos ons in die eerste bodemklippe gesê het: Jy is die juweel in die kroon, jou naam is in die gedenkboek van God (Maleagi 3).
Wat verhoed ons om die Woord van God te hoor: Jesus verwyt Sy gehoor in Matteus13: 14,15 en haal aan uit Jesaja 6: 9,10.
Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, julle kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien nie en met hulle ore kan hoor nie en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, sodat EK hulle gesond maak nie.
Met die beloftes van die koms van die Messias in Jesaja 29:18:
In that day the deaf shall hear the words of the book, and the eyes of the blind shall see out of obscurity and out of darkness.
Bid saam met my die digterlike woorde van die singende profeet Jesaja. [51:4 – 6]
4 Listen to Me, O My people, and give ear to Me, O My nation; for a divine law will go forth from Me, and I will establish My justice for a light to the peoples.
5 My rightness and justice are near, My salvation is going forth, and My arms shall rule the peoples; the islands shall wait for and expect Me, and on My arm shall they trust and wait with hope.
6 Lift up your eyes to the heavens, and look upon the earth beneath; for the heavens shall be dissolved and vanish away like smoke, and the earth shall wax old like a garment, and they that dwell therein shall die in like manner, like gnats. But My salvation shall be forever, and My rightness and justice and faithfully fulfilled promise shall not be abolished.
Tot volgende keer.