269. Die Pyn-pad word ‘n Prys-pad

Dit word so maklik misverstaan – lofprys en aanbidding.  Hoekom op aarde sou mens die Here prys?  Het ons soewereine, almagtige, alwetende, self-onderhoudende God ons prys en bewondering nodig?  Natuurlik nie!  Hy het geen aardse woorde nodig om sy Wil en Werk hier te laat geld nie.  Sy woorde het die Skepping in plek gestel.  Hoe sou die bewondering van ‘n … More 269. Die Pyn-pad word ‘n Prys-pad

268. Trek jou skoene uit

‘n Plan van aksie is ‘n positiewe gedagte.  Dis goed om ‘n besluit te neem en dan ‘n paar planne uit te werk vir die implementering van die besluit.  Dit dui op beheer oor toekomstige gebeure.  Dis mos net menslik.  Ek wil seker maak dinge loop reg.  Dis strategiese en antisiperende denke – waardevol in enige werkplek of persoonlike uitdaging.   … More 268. Trek jou skoene uit

267. Die Antwoord

Die hele wêreld vra daarna.  Antwoorde!   Die vrae is te veel en te moeilik.  Die reaksies op die groot vraagstukke en kwansuise antwoorde kom so vinnig en fel dat verwarring en geweld volg.  Die leiers gryp na aardse wysheid, gevestigde ideologie, onbewese kits-oplossings wat links en regs op die mensdom afgedwing word met al die moontlike inligtingskanale – betroubaar en … More 267. Die Antwoord

263.  ‘n “Dubbel” lewe

Dit klink sekerlik negatief en suspisieus.  ‘n Dubbel lewe word met leuens, misleiding en voorgee geassosieer.  ‘n Spioen sou noodwendig ‘n dubbel lewe moet lei sodat sy identiteit, doelstellings en motiewe geheim bly.  Hy leef in vrees om ontdek te word.  Sy sukses is afhanklik van sy eie vaardigheid om te mislei en toneel te speel.  ‘n Ander dubbel lewe … More 263.  ‘n “Dubbel” lewe

262. Die tyd tussen-in

Tyd het karakter.  Daar is feestye, treur-tye, werktye, speeltye, wagtye, woestyn-tye, tye van vernuwing, tye van verkwikking en vele meer.  Elke aspek van ons lewe wat in tyd gemeet word, kan beskryf word in terme van ‘n soort tyd.   Sekerlik die mees uitsonderlike tyd op aarde was die tyd tussen die Opstanding en die Hemelvaart van Jesus.  Die … More 262. Die tyd tussen-in