Hulle praat van konvensionele wysheid. Ek weet per defnisie beteken dit tradisionele of gebruiklike wysheid. Tog is die verband waarin dit gebruik word meer gerig op die moderne wysheid, of die wysheid van die dag. Dit is seker so dat wysheid kan verander soos kennis vermeerder. Die mediese wetenskap is so ‘n duidelike bewys van wysheid wat verander soos kennis vermeerder. As die beste manier om te leef met die ontwikkeling in die natuur- en geesteswetenskappe deurgaans verander is dit baie moeilik om besluite tot voordeel van almal te neem. Wat is die maatstaf? Hoe sou jy weet wat reg en wys is?
Wysheid is die toepassing van kennis. Hier is die amptelike definisie:
Wisdom, sapience, or sagacity is the ability to think and act using knowledge, experience, understanding, common sense and insight. Wisdom is associated with attributes such as unbiased judgment, compassion, experiential self-knowledge, self-transcendence and non-attachment, and virtues such as ethics and benevolence.
Dit is inderdaad ‘n mondvol. Terselferdertyd is dit iets waarna my hele wese streef soos wat ek al die groot woorde waarmee wysheid in verband gebring word, lees. Dit is alles dinge wat goed is.
Die eerste belangrike punt is: denke en optrede gaan saam. Wysheid veronderstel aksie. Jou gedagtewêreld word jou aksie, aktiwiteit en houding buite jouself.
Gedagtes is privaat – aksie is publiek.
Met ander woorde, wysheid wys wat in jou kop aangaan en dit vind uiting in jou optrede.
Dit is alles goed en wel, maar dit beteken ek moet met wysheid bepaal wat in my kop aangaan. Dit is waaroor ons gesels. Kontrakte in jou kop wat bepaal hoe jy optree. Ons het in ‘n vorige stukkie gesêhoe belangrik ons gedagtewêreld is, want ‘n kontrak bring iets tot stand wat voorheen nie daar was nie. Uit ‘n kontrak word iets konkreet geskep wat blywende gevolge het.
Die Bybel het baie te sê oor hoe ons dink.
‘n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem.(Spreuke 16:32)
He who is slow to anger is better than the mighty, he who rules his [own] spirit than he who takes a city. (Proverbs 16:32)
Ons het gesels oor Romeine 12:2 waar die verandering in ons innerlike gebeur as gevolg van die vernuwing van ons gemoed, ons gedagtewêreld. In hierdie verband is Paulus baie uitgesproke. Skerp en op die punt af sêhy in 2 Korintiërs 10:5:
Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Dit bring ons by ‘n groot waarheid. Ons gedagtestryd is ‘n geveg waarin boosheid ‘n aktiewe rol speel. Ons weet die duiwel kan gedagtes plant en hy doen dit – konstant en sonder ophou. Ek het al spottend gesê dat die vyand nooit van luiheid aangekla kan word nie – hy is nie lui om te treiter nie. Dit is asof hy ‘n swak oomblik ruik en onmiddellik daarvan gebruik maak om vrees en woede te plant.
Ons is met alles in die Woord toegerus om “bedrewe vegters” op hierdie gebied te wees.
Die skrif waaraan ek vasklou soos ‘n drenkeling ‘n reddingsboei, is die bekende en geliefde Filippense 4. Lees en studeer saam met my.
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
“Besorg” is so ‘n sagte woord vir knaende en verlammende bekommernis en vrees. Hoor hoe stel die TPT dit. [The Passion Translation]
Don’t be pulled in different directions or worried about a thing. Be saturated in prayer throughout each day, offering your faith-filled requests before God with overflowing gratitude. Tell him every detail of your life, then God’s wonderful peace that transcends human understanding, will make the answers known to you through Jesus Christ.
Die Amplified sê: Do not fret or have any anxiety about anything…
Daar is die woord – die siekte van ons tyd – vrees en angs.
Let daarop dat die Afrikaanse woord “smeking” met “faith-filled requests” vertaal word en nie ‘n kerm-element suggereer soos wat ons woord smeking sou kon beteken nie.
Hoe sal ons ‘n dag deurweek met gebed? Dis ‘n uitdaging. Dit sal gebeur as ons die Here van die leërskare in die gedagte-oorlog inroep en die agste versie LEEF.
So keep your thoughts continually fixed on all that is authentic and real, honorable and admirable, beautiful and respectful, pure and holy, merciful and kind. And fasten your thoughts on every glorious work of God, praising him always.
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
Hieroor is daar baie te sê. Ek skryf sommer nou voort in die volgende stukkie – dis my voorneme om korter stukkies te skryf.
Hier is heelwat om oor te dink. Dink ‘n bietjie bewustelik waaroor jy deur die dag dink.
Dit is die opdrag, die huiswerk as ek dit so kan noem:
dink wat jy dink.
Is jy opgevang in die kultuur van woede en skinder-skandale? Dit voel soms asof die nuus hierdie gulsige monster met mense voed. Geregtigheid, goedheid en genade is vreemde konsepte in hierdie kultuur van die sogenaamde reg op kennis met die media op alle vlakke as gewillige aanhitser.