Welkom by ‘n kort reeks oor gebed. Dit is waarlik ‘n voorreg om ‘n paar gedagtes daaroor te wissel. Die doel is nie om die mees volledige en omvattende inligting te gee nie, eerder om die toepaslike Heilige Gees inspirasie te bring, sodat ons gebedslewe ‘n nuwe inspuiting van geloof en verwagting beleef.
Gebed is die koninkryk van God se goue draad wat alles wat goed is en elke waarheid in die Woord binne ons bereik bring. Kom ons juig oor die woorde wat die Heilige Gees aan ons gee om die volheid van Jesus se beloftes te leef.
Bid gedurig. 1 Thessalonicense 5:17
We are half-hearted creatures, fooling about with daily life and ambition when infinite joy is offered us, like an ignorant child who wants to go on making mud pies in a slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased.
From The Weight of Glory: CS Lewis.
Ek bid dat elkeen wat hierdie lees se denke en verbeelding onder die krag van die Heilige Gees vernuwe word om die volle impak van die Woord van God te begryp. Neem jou gedagtes gevange om die misterie van God te verstaan en meer as ooit Sy teenwoordigheid in gebed te ervaar.
GEBED: Gee in hierdie oomblik jouself ten volle aan die lering van die Heilige Gees oor.
BEGINSEL vir ‘n uitnemende lewe: luister vir die stem binne die stem. Alles wat hier geskryf staan is die waarheid, maar daar is iets spesifiek wat die Here vir jou persoonlik wil uitlig, veral NOU. Jy hoef nie alles oor gebed te weet nie. Jy moet leer wat is die volgende stap om jou gebedslewe te bekragtig.
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Filippense 1:9,10.
Die Woord van die Here en die Heilige Gees het prioriteit in ons gebedslewe. Om te weet wat belangrik is, is een van die heel belangrikste lewensvaardighede. Jy moet besef wanneer om die TV af te skakel en aandag aan die kind te gee, om jou eie idees opsy te skuif sodat jy kan luister, om die aanval van die vyand te onderskei en weerstand te bied, om die danksegging en lofprysing te rek sodat jou siel verkwik word.
Gebed is gesprek.
‘n Gesprek is ‘n spontane wisselwerking tussen twee of meer mense, gewoonlik in die gesproke taal, maar deesdae se kort boodskappe en selfs epos kan ook as gesprek geklassifiseer word.
Het jy al gehoor dat mense sê gebed “werk” nie. Daar tussen al die ander toorstokkies van tarrot kaarte, die sterre voorspel, kristalle en kristalballe, pluk hulle gebed uit en dink die towerwoorde is die Onse Vader.
Of miskien hoor jy dat mense sê hulle bid al jare, hulle knieë is rou gebid, maar God antwoord nie.
Laat ons dan in hierdie heilige bymekaarkoms van gelowiges die ewige besluit maak: daar bestaan nie so iets soos onbeantwoorde gebed nie.
Die byvoeglike naamwoord: onbeantwoord, kan NOOIT saam met die selfstandige naamwoord: gebed, gebruik word nie.
Skryf die op jou hart, tattoëer dit in jou verstand, brand dit op jou handpalm – God beantwoord alle gebed.
Hy is nie ‘n leuenaar dat ons Hom kan betwyfel nie.
Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Jeremia 33:3
Besef waarheen jou gebed gaan wanneer jy dit bid.
Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ‘n siter gehad en ‘n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Openbaring 5:8
Mediteer oor hierdie paar gedagte en vra die Heilige Gees om jou gebed te verfris. Bid die Woord.
Terwyl ek besig is om hierdie stukkie te skryf kom my subskripsie na Jack Hayford se bediening per epos in. Die Here is getrou en bevestig Sy woord.
February 28 – Pray Now
Men always ought to pray and not lose heart.
Luke 18:1 |
||
Why do we get so busy at everything other than prayer? Why do we say so often, “Well, I’ve prayed, but what can I do?”
Answer: Begin to pray and praise immediately when challenging situations arise. Start now. Speak to Jesus about each matter that begins to trouble you. Don’t wait. Cease from the exhausting toil of carrying worries and cares on your shoulders. Release them. Seize every opportunity to pray with and for people. Get alone with the Savior—in the Word and in prayer. |
||
Op die webblad kan jy inteken op hierdie epos.