75. Hemel in elke tree.

In die skuilplek van die Allerhoogste en die skaduwee van die Almagtige is sonder twyfel die heel beste plek om te wees. Net soos die psalmis sê: Hy wat sit… Sekerlik die beste sitplek in die heelal! [Psalm 91] Net soos ons vasgestel het in Efesiërs 2:6 : …. saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

In die harde werklikheid vereis die lewe aksie. Ons is doelgerigte wesens, vol lewe, oppad, besig om te bou en te vorder in ritme met die wêreld om ons. Ons bydrae tot die geskiedenis word gemeet in wat ons vermag; die nalatenskap wat ons agterlaat is die poging wat ons in die omgewing aanwend. Ons Christene loop agter ‘n triomfantelike Jesus wat vooruit vir ons die weg van die kruis gebaan het.

Die moderne lewe is lewe in gemeenskap – dis ‘n feit. Een van die belangrikste bestanddele vir ‘n gelukkige lewe is goeie verhoudinge. Verhouding is die lewe-gewende water van die gemeenskap. Sukses en vergenoegdheid word bepaal deur die verhoudinge met almal om ons in gemeenskap. ‘n Gemeenskap kan gedefinieer word as ‘n groep mense wat ‘n plek in gemeen het, of mense wat doelstellings en belangstellings deel.

Jesus se bediening was in gemeenskap, na die gemeenskap en uit die gemeenskap. Dit is die basis van alle bediening. Ons persoonlikheid en geloof vind uitdrukking binne gemeenskap. As Christene funksioneer en dien ons in ons gemeenskap. Tussen siele loop ons met die hemel in elke tree.

Loop of die ouer woord, wandel, word 8 keer in Efesiërs gebruik. Daarmee word bedoel ‘n sekere volgorde van optrede, gedrag, gewoontes en houding. Die Griekse woord is: emperipateó – om te wandel en die Hebreeus is: halak: om te kom, te gaan en te loop.  Dit druk ons aksie en gedrag elke dag uit.

Van die vroegste tye is die volk van God geken aan hulle gedrag. Dit is in die eerste plek waaraan ons wedergeboorte en toewyding aan die Woord gekenmerk word. St Francis van Assisi het al in 4nC gesê:

Always preach the Gospel, sometimes use words.

Miga 4:5:

All the nations may walk in the name of their gods, but we will walk in the name of the LORD our God for ever and ever.

1983 – Afrikaanse vertaling vertaal dit met lewe.

Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.

 Deuteronomium 26:17:

 Thou hast avouched the LORD this day to be thy God, and to walk

in his ways, and to keep his statutes, and his commandments, and his judgments

1 Konings 9:4:

En jy, as jy soos jou vader Dawid opreg en met oorgawe voor My leef en alles doen wat Ek jou beveel en my voorskrifte en bepalings nakom,

Terug in Efesiërs. Hier is die kern van ons wandel met Jesus en die hemel in elke tree.

4:1,2: walk worthy of the calling with which you were called, with all lowliness and gentleness, with longsuffering, bearing with one another in love, endeavoring to keep the unity of the Spirit in the bond of peace.

4:17,23: that you should no longer walk as the rest of the Gentiles walk, in the futility of their mind, 23 and be renewed in the spirit of your mind,

5:15:

See then that you walk circumspectly, not as fools but as wise,

Ek gee dit in Afrikaans sodat dit insink en sodat elkeen dit vereenvoudig kan onthou en leef.

4:1,2:  Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.

 4:17:  In die Naam van die Here doen ek ‘n ernstige beroep op julle: Moenie langer soos heidene lewe nie. Hulle gedagtes lei tot niks,

4:22:  Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word.

4:24:  lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

5:15:  Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

Hierdie voorskrifte van Paulus dek die hele spektrum van verhoudinge – persoonlik sowel as publiek. In hoofstuk 5 is hy baie prakties met betrekking tot buurmanskap, mans, vroue, ouers en kinders om ons te herinner dat die eerste en belangrikste vlak van gemeenskap ons huis en alles die naaste daaraan is. Dit is die eerste toets vir ons gedrag. Dit is ook die eerste toets vir al die voorskrifte van die Bergpredikasie in Matteus 5, 6 en 7 en al die verwysende skrif in die ander Evangelies.

Ons verval maklik in die skuldgevoel van mislukking en onderneem in ons hart om beter te doen. Ons bron van lewenswandel is nie ons eie poging nie, maar Jesus self. Hy het die Heilige Gees as inwonende krag gegee om ons in staat te stel om voor Hom reg te leef. Ons uitgangspunt is altyd Jesus – die Boom van die Lewe. Ons leef nie uit die Boom van Kennis van Goed en Kwaad nie. Ons geregtigheid – om reg te lewe – is ALTYD IN Christus.

Efesiers 3:20:

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,

Handelinge 17:28:

want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.

 Dit is die kern “geheim” – die misterie van die lewe IN Christus.

God doen die werk. Steun hard op Hom in alles betreffende verhoudinge.

Filippense 2:13:

want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.

Watchman Nee noem die voorbeeld van ‘n invalide in ‘n krag-aangedrewe rolstoel teenoor ‘n gewone, gesonde mens wat probeer marsjeer in die Koninkryk van God. Ons verantwoordelike Christelike gewete sal ons laat harder probeer uit eie krag. Oorgawe en geloof is eerder die regte stappe tot God se krag wat in ons werk.

The invalid’s progress follows from the position in which he has been placed. [Watchman Nee: Sit, Walk Stand]

Terug by die skrif van Bodemklippe #72 – Die veilige Feestafel.

Efesiërs 2:10

For we are His workmanship, created in Christ Jesus for good works, which God prepared beforehand that we should walk in them.

Daar is goeie werke, ook binne in die probleme en stryd, vir ons voorberei om in te LOOP en te leef. Ons loop lig in die duisternis.

Johannes 8:12:

Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

1 Johannes 1:7:

But if we walk in the light, as he is in the light, we have fellowship one with another, and the blood of Jesus Christ his Son cleans us from all sin.

2 Johannes 1:16:

And this is love: that we walk in obedience to his commands. As you have heard from the beginning, his command is that you walk in love…

Leef in LIG, leef in LIEFDE. Dit is die belangrikste kenmerke van ons lewe in ons gemeenskappe. Die kern hiervan is om te vra en te vertrou. Lig en lewe vloei uit ons soos ‘n moedertaal. Ons eie pogings om hierdie lewe te ly, sal ons gemeenskap verwond en teleurstel.

Matteus 5:20:

Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

Jesus verhoog die standaard van ‘n gehoorsame lewe. Hoe kon Hy? Dit was reeds so onmoontlik bereikbaar. Hy het natuurlik geweet wat die krag van die Heilige Gees in ons lewe sal bereik. Geestelike hoogtes wat nooit moontlik was nie. Jesus sal nooit van ons iets verwag wat nie deur die Heilige Gees moontlik is nie.

Efesiërs 5:15-17:

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

In Matteus 25 vertel Jesus die storie van die 10 maagde, of meisies soos die Nuwe Vertaling sê. Belangrik om te onthou dat hulle wel maagde is, omdat dit bydrae tot die vlak van toewyding wat uitgebeeld word in die storie. Vyf was verstandig en vyf onverstandig. Daar is net een aspek wat die twee groepe onderskei het, en dis die olie. Net die olie het veroorsaak dat die een groep onwys verklaar is. Almal was maagde, almal het die bruidegom verwag, almal het lampe gehad en almal het olie gehad. Net vyf het nie EKSTRA olie gehad nie. Hulle lampe het gebrand maar nie bly brand nie. Die bruidegom het gekom terwyl hulle olie gaan koop het. Die bruidegom se koms is nie ‘n uitsluiting uit die hemel nie, eerder ‘n uitsluiting uit die feesmaal waaraan mens aansit binne ‘n probleem of woestyntydperk in jou lewe. Die bruidegom is teenwoordig in jou donkerste ure. Dit is dan wanneer jy kan aansit aan die feestafel in die woestyn.

Moenie wegskram en twyfel in probleemtye nie. Dit is wanneer jou gees sensitief is vir die uiters spesiale bediening van die Heilige Gees. Die olie is die inwonende Heilige Gees wat reeds aktief is in jou lewe VOOR probleme kom. Dit is hoe mens die geleenthede gryp. Redeeming the time is om die Woord en karakter van God deel van jou bestaan te maak voor jou krisis kom. Die onverstandige meisies kon wel olie gekoop kry, want hulle het teruggekom en aan die deur geklop. Hulle het egter die feesmaal gemis. Die kennis en insig wat jou in krisis deurdra word deur die Heilige Gees vir jou geleer in die tye wat jy op jou Bruidegom wag. As Hy kom, is jy gereed en weet dat jy saam met Hom aan die feestafel in die wildernis kan aansit.

Soek die volheid van die Heilige Gees vroeër eerder as later. Wakker dissipels van die Here het olie in hulle lampe te ALLE tye met ‘n bonatuurlike bron van voorsiening gereed vir elke dag.

Hoe sal ons dan weet wat beskikbaar is in krisistye as ons nie die Woord van God en Sy wonder-beloftes ken nie?

Die Griekse woord: plerousthe beteken om deurgaans op te vul, om altyd vol te hou.

Soos Watchman Nee verduidelik: die olie van die beloftes van God vloei soos die ink in ‘n vulpen – altyd gereed as daar geskryf moet word. Die hemel in elke tree…

3:19:

…that you may be filled [through all your being] unto all the fullness of God [may have the richest measure of the divine Presence, and become a body wholly filled and flooded with God Himself]!


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s