72. Die veilige feestafel.

Oor die wêreld is daar verskeie gesogte toekennings wat aan mense gegee word vir uitnemendheid in akademie, kuns en wetenskap. Jaarliks word daar gegons oor meerdere bekroningsgeleenthede in die filmwêreld. Prestasie word publiek en feestelik gevier – die een geleentheid meer eksoties en luisterryk as die ander, vol verwagting en noodwendig vol teleurstelling. Vir elke glanspartytjie word ‘n gasheer met sorg uitgesoek wat die geleentheid en die gaste vereer met goedvoorbereide vermaak.

Ons het al voorheen in Bodemklippe gepraat oor tyd, seisoene en dae in ons lewe. Ons lewensreis word in dae uitgemeet, vas en seker soos die betroubaarheid van dagbreek en sonsondergang.

Die afgelope weke het die Here my weer bewus gemaak van die “gebaande weg”, as ek dit so kan stel, wat Hy vir ons bepaal. In ‘n kind van die Here se lewe is niks toevallig nie. Ons ken die Outeur van ons verhaal [Hebreërs 5:9]. Die bevestiging hiervan in Efesiërs 2:10 gee dieper insig in die volmaaktheid van God se plan vir ons lewe.

…in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

For we are God’s [own] handiwork (His workmanship), recreated in Christ Jesus, [born anew] that we may do those good works which God predestined (planned beforehand) for us [taking paths which He prepared ahead of time], that we should walk in them

[living the good life which He prearranged and made ready for us to live].

God is die perfekte gasheer van ons ganse lewe en ons ontvang verskeie lewenstoekennings by baie spesiale uitsoek-geleenthede.

Hierdie is ‘n diep waarheid en ‘n besondere uitdaging vir die nuwe denkpatrone wat die Heilige Gees in ons werk. Ons dae is uitgemerk, voorafbepaal, sorgvuldig voorberei deur ‘n Vader wat liefde en goedheid IS. Dit beteken alle beplanning word uit ‘n bron van liefde en goedheid gedoen.

Neem ‘n SELAH-oomblik [pause and calmly think about it] vir die insinking van hierdie waarheid.

Leef jy the good life van Efesiërs 2? Wie ken jy wat the good life leef?

Super-belangrik: hoe lyk jou good life? Sal jy in jou donkerste dae kan aansit aan die feesmaal en besef dit is die good life, die uitnemende lewe wat vir my uitgemerk is?

Hoe sal jy antwoord as God jou die vraag vra soos in Jeremia 12:5:

If you have raced with men on foot and they have tired you out, then how can you compete with horses? And if [you take to flight] in a land of peace where you feel secure, then what will you do [when you tread the tangled maze of jungle haunted by lions] in the swelling and flooding of the Jordan?

Wat is, na alles, jou idee van ‘n uitnemende lewe – a life of excellence?

Vir my is dit ongetwyfeld die pad wat die Here vir my voorberei. Die uitdaging is om jou dae in vreugde voor die Here te leef en aan te sit by die feestafel wat Hy vir jou berei.

Stap saam met my deur die ou bekende, té familiêre Psalm 23 sodat ons ‘n lewe van volheid, vreugde, feesviering, vreeslose rus en volkome vergenoegdheid kan beskou en dit vir onsself in geloof toe-eien. Kom kyk diep in glansgeleenthede waarin die toekennings van die lewe gemaak word, nie op grond van ons eie verdienste of prestasie nie, maar omdat God se Naam dit vir ons toeken.

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

‘n Herder is een van die mees algemene verskynsels in die midde-Ooste vir baie eeue al. Een van die uitstaande kenmerke van ‘n herder, is dat hy nooit die skape dryf of jaag nie, eerder lei en rigting gee. Skape het daagliks water, weiveld en beskerming nodig en is totaal afhanklik van die herder se leiding om te lewe.

Tipies in die Hebreeuse idioom, word die beginsel herhaal in die tweede sin. Daar is geen gebrek in my hede of toekoms nie, sê die Psalmis met vertroue. Hy ken sy geskiedenis.

Deuteronomium 2:7 :

Die Here julle God het julle voorspoedig gemaak in alles wat julle gedoen het. Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn, en in hierdie hele veertig jaar was die Here julle God by julle en het julle niks kortgekom nie.

En vir die toekoms is die versekering:

Deuternomium 8:9:

‘n land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, ‘n land waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge.

Psalm 34:10:

Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

Lewenstoekenning # 1 – jou Herder voorsien volkome.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

Oorvloed vir die kind van God, is dalk ‘n wildernis vir die ongelowige oog wat ingestel is op sy sintuie se interpretasie van voorspoed en plesier. God se hierargie is uiters belangrik.

Heilige Gees

V

my gees

V

my siel (wil, verstand en emosie)

V

my liggaam

My gees onderwerp aan God se gees, my siel onderwerp aan ‘n Heilige Gees-beheerde gees en dan volg my liggaam. Die liggaam sal altyd volg waar die verstand lei. Die wêreld wil die liggaamsbehoeftes altyd hoër op in hierdie hierargie dwing, sodat die liggaam die besluite dikteer. Vir die geesvervulde mens, volg die besluitneming die gees, sodat die Heilige Gees meer en meer dikteer en ons geestelik groei.

As hierdie hierargie in plek bly, is die wêreld se wildernis ons groen weivelde waar ons God se voorsiening en leiding geniet. Binne in die geraas en gejaag na liggaamsbehoeftes, kry ons rus by waters van vrede.

 

Philippians 4: 6:

And God’s peace [shall be yours, that tranquil state of a soul assured of its salvation through Christ, and so fearing nothing from God and being content with its earthly lot of whatever sort that is, that peace] which transcends all understanding shall garrison and mount guard over your hearts and minds in Christ Jesus.

Lewenstoekenning # 2 – sielsrus en bonatuurlike vrede onafhanklik van omstandighede.

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

Jesaja 40:29:

Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.

Spreuke 4:11:

Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop.

I instruct you in the way of wisdom and lead you along straight paths.

Krag vir die pad en sekerheid oor die regte pad – sonder twyfel – ‘n uitnemende lewe.

Tot eer van Sy Naam – so asof die Here Sy eie reputasie beskerm. Hy gee jou hierdie erekroon op jou lewe, nie omdat jy dit verdien nie, maar omdat dit kom uit wie Hy is. God is goed, daarom doen Hy goed aan jou!

 Lewenstoekenning  # 3 – krag vir alles wat jou pad langs kom.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

 Yea, though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil; For You are with me;

Your rod and Your staff, they comfort me.

Hierdie frase word beter verduidelik deur die verskillende vertalings. ‘n Vallei is meestal vrugbaar, daar waar geplant en ge-oes word. Die donker dieptes van die lewe is daar waar die vrug van geregtigheid groei, waar God se voorsiening en beskerming ervaar word.

Die stok en staf van ‘n herder is die instrumente van leiding en beskerming. Met die krulhaak van die staf het hy ‘n skaap wat afdwaal gekeer om by die afgrond af te stort en met die stok (rod) het hy wilde diere afgeskrik en beveg.

Die stok (rod) word dikwels in die Bybel genoem en was ‘n instrument van groot waarde. Moses se stok het ‘n slang geword, met sy stok het hy en Aaron die plae op Egipte afgedwing [Exodus 8:16,17, 9:23, 10:13], Moses het die see gekloof met sy stok [Exodus 14:16], Aaron se stok het gebloei, geblom en vrug (amandels) gedra in een dag [Numeri 17:8] – om maar ‘n paar voorbeelde te noem.

In Spreuke [13:24] word hierdie wonderstok van beskerming en leiding ook vir ‘n kind aanbeveel. Dissipline beskerm kinders en stel grense wat hulle veilig hou teen die boosheid wat hulle lewe wil steel, net soos die Herder met sy stok sy skape beskerm teen aanvallers. Op dieselfde manier sal God se voorskrifte ons veilig hou sodat ons nie donker, gevaarlike paaie hoef te loop nie. Psalm 119:105:

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

Lewenstoekenning # 4 – beskerming in alle omstandighede

U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

Ernstig nou Psalmskrywer – bedoel jy wat jy nou sê?

‘n Feestafel in die vallei van doodskaduwee. Ja werklik. In die donkerste dieptes sal ons aansit by die Gasheer van alle eeue, oorval met gasvryheid en ‘n glansryke ontvangs in die oorvloed van Sy voorsiening, terwyl ons smul aan die oes van die vrugbare vallei. Terwyl my vyande toekyk sal God se guns en genade my beklee – publiek en onmiskenbaar!

Lewenstoekenning # 5 – ‘n veilige feestafel.

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Surely your goodness and unfailing love will pursue me all the days of my life, and I will live in the house of the LORD forever. [NLT]

My hele toekoms is gewaarborg. Al my dae is bedek met goedheid en liefde direk uit die Bron van alles wat goed is. Die sleutel tot alles in die Psalm is die woorde: en ek sal tuis wees in die huis van die Here.

God se bewuste teenwoordigheid onderskei ons van die ongelowige en die kragtelose naam Christene.

Exodus 33:15,16:

And Moses said to the Lord, If Your Presence does not go with me, do not carry us up from here! For by what shall it be known that I and Your people have found favor in Your sight? Is it not in Your going with us so that we are distinguished, I and Your people, from all the other people upon the face of the earth?

Goedheid en guns sal my agtervolg soos twee bloedhonde op my spoor – dis die belofte. My toekoms is bedek in die onfeilbare liefde van my Vader. Die kroon van my lewe is Sy liefde en die inhoud van my toekoms is Sy beloftes.

Lewenstoekenning # 6 – ‘n toekoms gewaarborg met die stempel van geloofsukses.

Psalm 84:13:

Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s