4. Ek waarborg jou!

Ons stap verder in Jesaja 55.

‘n Eenvoudige opdrag: vra.  So eenvoudig soos dit – gaan voort en vra.[55:6]. In Psalm 2:8: sê die Here:

Ask of Me and I will give you the nations for Your inheritance and the ends of the earth for Your possession.

In hierdie verklaring word die nasies aan Jesus belowe as Hy vra. Dis kommunikasie in die vorm van dialoog wat hier impliseer word. As Jesus moes vra, hoeveel te meer ons. God wag vir ons versoek. As ons vra, sal ons weet dat dit Hy is wat antwoord. As ons nie vra nie, is daar geen kontak. Hoe sal jy weet Hy antwoord jou gebed as jy dit nooit gebid het nie!

God se reaksie is gewaarborg [55:7] – genade en vergifnis in oorvloed. By implikasie – moenie bang wees om te vra nie. Die Here vergewe en gee in genade. As jy God soek, gaan jy in die rus van sy Almagtige voorsiening en Goddellike plan. Wat ookal met jou gebeur is onder beheer en sal tot jou voordeel uitwerk. Jy kan rus in die wete dat Sy plan hoër is as jou plan. [55: 8 en 9]

Rus in God se perspektief. Dit is gekoppel aan nog ‘n waarborg vir ‘n kind van die Here. Alle dinge werk mee ten goede – [Rom 8: 28]  Ons God kan hierdie vloek in ‘n seën verander –  [Nehemia 13:2]  Hy sal jou nooit verlaat nie – [Hebreers 13:5 Amplified]

 I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down, relax My hold on you! Assuredly not!

Jy weet nou dat God is in beheer en Sy plan is perfek en niks kan verkeerd loop nie. Onthou Mara in Exodus waar die volk gekom het en water verwag het (net na die geweldige wonderwerk van die Rooi See) toe is hulle in ‘n plat paniek.  Maar God toets hulle vertroue. Kan jy bly vertrou daar waar nie water is nie, waar jy dit verwag het.  Bly jy vertrou binne-in teleurstelling of mislukking. [Exodus 15:22-27]. Wat het gebeur? Hy bring hulle na Elim, die oase van uitkoms en vernuwing.

God se plan werk altyd – dis die waarborg. Daar is geen moontlikheid van mislukking! God se Woord kom nooit onverrigter sake terug nie. Dit is belangrik om te onthou vir die beloftes wat mens vra oor kinders en hulle geloofslewens. Dit lyk nie altyd asof hulle die pad loop soos wat jy begeer nie, maar onthou God se Woord slaag altyd in Sy doel. Geen plan is vir Hom onuitvoerbaar nie. SY doel is ewig en altyd goed.

Jesus looked at them and said, With man this is impossible, but not with God; all things are possible with God. [Markus 10:27]

Jesus sê in Johannes 8:51 as iemand Sy woord bewaar Hy die dood nooit sal sien nie! Wat ‘n belofte! Geloof in die Woord maak jou vry van dood en oordeel [Johannes 5:24; 11:26]

Lees verder in Jesaja 55 vir die jubel-gevolg van vertroue op Sy Woord. Wanneer Sy Hand beweeg sal die berge wat dalk vir jou gelyk het dat hulle nie gaan skuif nie – voor jou uit jubel en juig. Die bome sal hande klap. Dit is die geestelike realm wat reageer op God se plan en die uitvoering daarvan.  Jou doringbome en distels plek maak vir sipresse en mirtebome.

Jou vallei van moeilikheid word ‘n deur van HOOP. [Hosea 2:15]  As jy probleme in jou lewe kan klassifiseer as doringbome en distels, dan is daar hoop. God verander dit in sipresse (sierbome) en mirtebome (vrugdraende- bome).

Jare gelede toe ek hierdie skrif die eerste keer gelees het, het ek nie geweet wat ‘n mirteboom is nie. Ons was in ‘n ski-oord in Frankryk en ek wat nie ski nie, het myself besig gehou met my studie en boeke – heerlik. Elke dag het ek ‘n draai gery na ‘n ander dorpie daar om die meer van Geneve en bietjie rondgeloop, kos gekoop en gaan kook vir die manne wat moeg en koud van die berg afkom. Toe ek besig is met met die studie van Jesaja 55 se laaste deel, het ek in Chatel, die dorpie waar ons gebly het, ‘n draai geloop. Ek merk toe ‘n winkeltjie op met ‘n prentjie van die twee verspieders wat die reuse druiwetros uitdra. Dit was nog altyd vir my ‘n pragtige prent en ‘n simbool van die oorvloed van die Here. Die winkeltjie (klein en beknop) het elke moontlike vrugte en bessie likeur verkoop in die mooiste bottels met kunstige etikette. Sommer by die ingang het ‘n groot eikehoutvaaitjie gestaan en bo-op was ‘n – myrtle-pie! Op die verpakking was ‘n prentje van ‘n mirteboom.  Dit het vir my soos ‘n groot vrugdraende struik gelyk. Ek het een gekoop en die aand vir nagereg opgedis – te heerlik. Ek weet ek moes leer dat ‘n dissel, met geen waarde – net ‘n irritasie, het in God se hand ‘n boom geword wat vrug dra en jou kan voed. Toe ons terug is in Johannesburg het ek twee mirtebome geplant sodat ek kon onthou.

Hierdie herinner aan die ander belofte:

Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in die God, my Redder. [Habakuk 3:17–19]

NOGTANS – wonderlike word van ontkenning – positiewe ontkenning van ‘n ingesteldheid wat net die probleme raaksien. Dit is ‘n inteligente en bewustelike beskouing van omstandighede uit God se perspektief. Nogtans verander jou perspektief (jou oog – in Bybeltaal) om God se Hand te sien beweeg. Dis ‘n kyk in die spirituele in.

Dan sê Habakuk die gedeelte is vir die koorleier met snarespel – so jy moet dit SING – nie net dink of sê nie – SING!!!

Terug by Jesaja 55 se laaste vers. ‘n Blywende teken wat nooit vernietig word nie. In Hebreeus is die gewoonte om dinge twee maal te sê vir beklemtoning. Hoor: BLYWEND en NOOIT VERNIETIG. Dis die waarborg!

Tot volgende keer.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s