Ek weet ek het genoem dat ons gou sal kyk na die Bybels wat ons gebruik. Ek lees uit die Nuwe Afrikaanse vertaling en sal noem as dit die Ou vertaling is. Die Ou vertaling van 1933 is ‘n staatmaker – hou hom altyd byderhand. Twee onontbeerlike, pilaar-Bybels is die Amplified en die Spirit-Filled Life Bible (SFLB) wat die NKJV (New King James Version) vertaling met kommentaar en woordverklarings, is. Hierdie Bybels is beleggings.
Ons is besig met Jesaja 55.
Kom ons kyk gou wat sê die Here in die algemeen uit hierdie hoofstuk. Onthou skryf vir my wat is jou ontdekking of ….miskien wil jy dit vir jouself hou – dikwels is ‘n les van die Here – jou Rhema-woord – so ‘n stukkie gouderts en so kosbaar dat jy dit nie wil deel nie – dis reg. Skryf op en moenie vergeet nie.
HERE, baie dankie vir U kosbare woord en die sëen wat ons gewaarborg is as ons in nederigheid met gesalfde ore wil hoor. Hier is ons nou voor U Here om U stem te hoor.
Jesaja 55:1 Hy praat van iemand wat dors het :
Jesus sê: Salig (baie gelukkig en geseënd sodat ander jaloers is op jou geluk en vreugde – vreugde wat kom uit ‘n bewuswording van God se guns en genade (Amplified in Matteus 5) is iemand wat honger en dors na die geregtigheid (die plek waar jy reg is met God en waar jy die uitvoering van Sy geopenbaarde Wil in alle opsigte vooropstel). Dit is die definisie van geregtigheid. Belangrik om te onthou dat ons nie regverdig is deur ons eie pogings nie, MAAR deur die bloed van Christus. God VERKLAAR die gelowige regverdig.
Hierdie dors is eintlik ‘n GIERIGHEID – begeerte na die Here. Vra God vir alles. Die hele pakket geregtigheid wat Hy bedoel het ons op aarde moet ervaar. Die belofte van God se reaksie is uitgespel en gewaarborg. Sy Woord keer nie leeg terug nie – dit volbring die doel waarvoor dit gestuur is. As Hy opdrag gee om te vra, dan is Hy vas van plan om te antwoord.
All increase in life within HIs love comes by His WORD, as human response gives way for His blessing. (SFLB Kingdom Dynamics Jesaja 55: 11 se verklaring: God se reaksie op Sy Woord is seën en die stempel van oorvloed op jou lewe.
Die tweede deel van die versie: KOOP sonder geld of prys. Hoe dan nou? Saligheid is verniet maar nooit goedkoop nie – dit het Jesus se lewe gekos. Interessante gebruik van die word koop. In Openbaring 3:18 gee Hy vir die louwarm gemeente raad en sê kom koop 3 dinge : wit klere, goud wat deur vuur gelouter is, en salf vir jou oë.
Wit klere – saligheid wat kom deur die bloed van Jesus – die besluit om oor te gee.
Goud – die wonderbare rhema-woorde en duur ondervinding wat jy met jou lewenskrisisse in die vuuroond saam met die HERE ontdek.
Salf vir jou oë – impliseer jou oë is siek . Hier moet ons bid vir ooggenesing en die Heilige Gees vra om te help dat jy reg kyk. Veral in donker tye moet ons reg kyk. Wat is die regte ding? God se perspektief – Sy interpretasie van die gebeure, sonder vrees in geloof. As jou oog verkeerd (boos) is, is jou hele liggaam donker! [Matteus 6:23]
Die raad in Jesaja 55:2 is om te luister. Om God se stem te hoor is ware lewe. Dit was die kern van die Tuin van Eden. Die lewe in die Teenwoordigheid van God, waar Hy “kuier” en gesels. Dis die beste wat hierdie lewe op aarde kan offer. God sê: Luister en jou siel sal lewe. Dis meer as net ‘n liggamsbestaan op aarde. Dis lewe met insig en begrip. Insig in jou eie omstandighede en krisisse, sowel as begrip vir die gebrokenheid om jou. ‘n Lewe van diepe medelye met die jammerlike bestaan van ‘n wêreld sonder God.
Die hele Jesaja is vol daarvan. God wat in toorn afkyk op die boosheid van die mens en reageer met genade. Jesaja 54:8:
With a little wrath I hid my face from you for a moment, but with everlasting kindness, I will have mercy on you, says the Lord your Redeemer.
Jeremia 32:40 – …I will not turn away from doing them good….!
Dis die eerste belangrike besef in alle krisisse – GOD is GOED. Dis wat die Here kies om aan Moses te wys in Exodus 33: 19 na Sy woede oor die goue kalf en Sy dreigement om hulle alleen in die beloofde land te laat intrek. Moses vra om God te sien en God sê:
I will make all my goodness pass before you –
Dawid word in die volgende verse as voorbeeld van ‘n getuie vir die volke verhef. Die belofte is dat mense na jou toe sal kom en na jou sal opkyk om die Woord te hoor. Jou invloed sal uitbrei oor nasies wat jy nie geken het nie. God sal jou eer herstel. In Handelinge sê Jakobus (die pastor van Jerusalem – gemeente) dat Jesus gekom het om die Tabernakel van Dawid weer op te rig. [Handelinge 15: 16]. Dawid in al sy oorwinnende glorie oor vyande en sonde, asook die koning wat sy harttaal neergeskryf het in watter omstandighede ookal en sy vreugde gevind het in die Teenwoordigheid van God as hy daar by die ark van God aanbid het, was die ideaal.
Die uitstaande kenmerk van Dawid as kind van God is sy afhanklikheid van God wat op alle manier in sy lewe uitkom. Die sentrale tema in die Psalms is ‘n sielsuitroep na die Here, wat hy in die volgende asem verhef as God en Koning bo alles, wat alle probleme verdwerg. Dit is Dawid se bydrae oor letterlik honderde eeue.
Sy spontane en uitbundige aanbidding toe hy voor die ark uitgedans het, in sy vreugde dat die Ark van God terug in Jerusalem is, was vir die Here ‘n vreugde. Daardie waarheid en eerlikheid in vreugde-aanbidding moet herstel word, volgens Handelinge. Hier is ‘n belangrike beginsel:
Slegs die hoë priester is toegelaat om een maal per jaar by die Ark van God in te gaan en die bloed van die brandoffer oor die Troon van Genade (bo-op die Ark) te gaan sprinkel. Dit het gebeur volgens streng voorskrifte om nie die Toorn van God oor onwaardigheid en verborge sonde te ontketen nie. Dit kan amper beskryf word as ‘n vreesaanjaende ritueel. Maar hier kom Dawid en hy gooi alle voorbehoud oorboord en gaan in ‘n vreugde-dans in. Hy slaan ‘n tent op vir die Ark op die plek waar die Tempel later deur Salomo gebou word en spandeer baie ure daar in die Teenwoordigheid van God – omdat hy so baie daarvan hou. Geen woede uit die hemel nie – NEE – net ‘n stempel van goedkeuring wat Dawid in die ganse Joodse geskiedenis die uitstaande karakter maak – ‘n man na God se hart!!!
Dit is by uitstek die doel van ‘n studie van God se Woord:
Om die stem van God te hoor
Om die beste brood te eet
Om God se oorvloed in jou siel te geniet
Die gevolg: die genadegawes van Dawid:
– ‘n getuie by die mense
– ‘n aanvoerder van die mense
– bekend as die geseënde van die Here
Volgende keer kyk ons na die res van die hoofstuk en die belofte van God se kragtige Woord.
One thought on “3. Geregverdigde gierigheid”