183. ‘n Eensame man, ‘n donker nag.

[Johannes 18]

Alles wat in die donker plaasvind is anders. Daglig verander die atmosfeer, die aard en die aktiwiteite van mense. Daar is spesifieke dinge wat in die dag gedoen word. Mense werk en eet saam, maar dis anders as wat mens in die aand vir ‘n ete bymekaar kom. Die aand het ‘n luukse, uitgerekte gevoel waar daar op ‘n ander manier gekuier word. Dink maar aan die kleredrag wat verskil in die dag en aand. Aanddrag is nooit reg in die dag nie. Daar is aktiwiteite van die lig wat in die donker plaasvind. Feeste van liefde en lewe is vol goeie kos en drank om vreugdevolle gaste te bederf.

Daar is ook ander aktiwiteite wat in die donker plaasvind, meer vir die bedekking en beskerming van die donker. Kriminele aktiwiteite vind gewoonlik in die donker plaas. Die nag kan positief en negatief wees. Duisternis word gewoonlik met donker dade en verkeerde dinge assosieer. God word nie met duisternis verbind nie, maar ons weet God is oral, selfs in die donkerste duisternis waar ‘n mens net boosheid sou verwag.

Die volk het op ‘n afstand bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waarin God was.(Exodus 20:21)

Prys die Here Hy is oral. Hy sal ons nooit verlaat nie, selfs al is die nag meer boos en donker as ooit. Jesus het sy eie duistere nag ervaar, toe die arrestasie in die Tuin van Getsemané opeindig in die portaal van die hoë priester se huis met ‘n konfrontasie van verwronge regspleging.

Petrus se rol in hierdie metaforiese donker nag – onthou dat dit in werklikheid ‘n volmaannag moes gewees het, so naby aan die Paasfees – word in twee gedeeltes hier in Johannes 18 genoem. . (18:15-18 en 18:25-27)

Petrus het nie gevlug toe die ander dissipels weghardloop nie. Hy het, seker op ‘n veilige afstand, Jesus gevolg tot by Kajafas se huis, saam met ‘n ander dissipel wie se naam nie genoem word nie. Dit was ‘n besondere dapper ding om te doen.

Daar is baie bespiegeling oor die ander dissipel. Meeste kommentare stem saam dat dit Johannes is. Hoe kan ‘n gewone visserman bekend wees  met die hoë priester?

Johannes se pa het ‘n florerende visbedryf gehad, soveel so dat hy mense ingehuur het om te help (Markus 1:20). Een van die groot Galilese industrieeë was soutvis. Dit was onmoontlik om vars vis in die hitte te vervoer. Soutvis was deel van die stapeldieet van Palestina. Dit kon gewees het dat Johannes se pa een van die verskaffers van vis na die huis van die hoë priester was en dat Johannes self van die aflewerings hanteer het. Daarom was hy bekend met die personeel in die huis. So het hy en Petrus die nag binne die mure van die huis beland waarvandaan hulle op ‘n afstand die gebeure kon dophou.

Hier in die binnehof is Petrus drie maal gevra of hy Jesus ken. Dit is duidelik dat dit terloopse opmerkings op grond van sy aksent was en nie van soldate of enige gesagsfigure nie. Eenkeer het ‘n slawemeisie ‘n opmerking gemaak. Hy ontken dat hy Jesus ken – drie keer. (Lukas 22:55-60)

Volgens die reinheidsregulasies in Jerusalem was dit nie toeglaat om hoenders in die stad aan te hou nie, hoewel dit nie seker was of hierdie regulasie in hierdie tyd nagekom is nie. Die stad was dig bevolk en daar was nie plek vir tuine. Die Romeine het die stad bewaak en elke drie ure het die wag verander. Die nag is in vier skofte van drie ure elk verdeel. Drie uur in die oggend het die Romeinse trompet die verandering van die wagte aangekondig en dit was bekend as die haankraai. Almal het dit geken en Petrus het dit gehoor. Hy het onthou wat Jesus gesê het.

Petrus se verloëning van Jesus was al die onderwerp van soveel preke en kommentare. Petrus wou Jesus ondersteun en by Hom wees. Hy het sy swaard getrek teen ‘n oormag in die Tuin. Daar in die binnehof van die hoë priester was hy in ‘n situasie wat hom blootgestel het om sonder omhaal ook gearresteer te word. Hy het dalk gefaal in moed, maar hy was daar waar die ander nie eers naby was nie.

Petrus het Jesus liefgehad – sonder twyfel. Hy was daardie nag in daardie situasie as gevolg van sy liefde en lojaliteit.

Petrus is gered. Sy storie van verloëning en mislukking het bekend geraak en hom sekerlik baie vernederd laat voel. Maar Petrus het nie van sy familie in Jesus gevlug nie. Hy het teruggevlug na waar die ander agter geslote deure gesit en vrees het. Daar het hulle gewag totdat hulle die tyding van Sy opstanding gekry het.

Jesus was bewus van Petrus daar in die binnehof. ‘n Mens sou dink dat Jesus se kyk was ‘n “ek het jou mos gesê” – verwyt. Dit was onmoontlik dat dit so iets sou kon wees. Dit is nie Jesus se karakter nie. Jesus se oë het Petrus gered. Sy kyk was die Bron van God se liefde en het Petrus se siel vasgebind in die wonderliefde van Sy meester. Sy kyk het Sy liefde en vergifnis gekommunikeer in ‘n nag waarin Petrus bitter spyt en nederlaag moes hanteer.

Jesus het ons lief ten spyte van ons nederlaag en mislukking. Hy hou ons veilig in ons donkerste nag. Hy herstel ons vreugde. Hy vergewe ons sonde – altyd.

In ons donkerste nag kan ons opkyk in die oë van Jesus. Dit is die behoudenis vir ons siele.

Hier is ‘n belangrike aspek van hierdie nag wat vir my ‘n besondere les is. Jesus het Petrus gewaarsku dat dit sou gebeur. Dink ons nie dikwels ons sou beter gereageer het as die situasie nie so onverwags was nie? As ons net bietjie meer voorbereid in ‘n situasie kon ingaan, dan kon ons met wysheid en kalmte reageer.

Petrus het genoeg tyd gehad om “voor te berei”. Hy het dit afgemaak en gedink Sy lojaliteit en liefde vir Jesus sal hom deurdra. Die waarskuwing van Jesus het Petrus nie in staat gestel om sy nederlaag te ontduik nie. Hy het in die lokval getrap en in paniek en vrees gevlug.

Sing saam die ou lied:

Turn your eyes upon Jesus

Look full in His wonderful face

And the things of the earth will grow strangely dim

In the light of His glory and grace

Onthou ook dat Petrus presies geweet het wie Jesus eintlik is. Sy openbaringskennis wat die Vader aan hom in ‘n oomblik van diep insig duidelik gemaak het (Matteus 16:13-20), was sy behoud.

Die bonatuurlike openbaring van wie Jesus is en Sy liefde vir ons, is die onderbou van ons geloof en sal ons bewaar in ons donkerste oomblikke. Petrus se grootse lewe as apostel van Jesus wat die boodskap uitdra, op Pinksterdag drieduisend mense tot bekering preek en ‘n kragtige bediening van genesing en redding leef, reduseer hierdie nag se gebeure tot ‘n stap van vergifnis en herstel in sy verhouding met Jesus.

 

Volgende keer bespreek ons die dramatiese verhoor van Jesus in Johannes 18:28-40 en 19:1-16.

 

161. Vry en onbeskaamd.

Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. (Psalm 3:4)

Die storie van die vrou wat in owerspel betrap is, is een van my gunsteling hoofstukke in Johannes. Dit is ‘n dramatiese straattoneel in ou Jerusalem wat die genade, liefde en oordeel van God op so ‘n manier bymekaar bring, dat elke mens wat dit lees sal besef hoe Jesus se teenwoordigheid lewe en dood bepaal. Wanneer die wêreld en die kerk in alle wreedheid en genadeloosheid toeslaan, is Jesus in die middel van die teologiese, politiese en morele argument. Sy optrede en die twee sinne wat Hy praat bring uitkoms en herstel.

Dit is sekerlik die mees gesaghebbende uitspraak waar ‘n doodsvonnis ter sprake was, in die geskiedenis van die mensdom ooit.

Die kwessie wat in hierdie gedeelte aangespreek word, is ‘n dilemma na albei kante toe. Die kerkleiers skep ‘n situasie wat hulle uitbuit om Jesus in ‘n lokval van argument vas te trek. Owerspel was ‘n ernstige misdaad met die doodstraf daaraan gekoppel.

Volgens Levitikus 20:10 moet die man en die vrou tot die dood veroordeel word. Die metode van doodmaak word nie bepaal nie. Deuteronomium 22:13-24 praat oor ‘n verloofde meisie. Sy en die man wat haar verlei het, moet buite die stadsmure gestenig word. Die Mishna (kommentaar op die Talmud) praat van verwurging – iets wat nooit ooit in die die Ou Testament ter sprake was.

Die wet het voorgeskryf dat die man en die vrou doodgemaak moet word. Die afwesigheid van die man in hierdie geval is, ‘n skryende diskriminasie teen die vrou en ‘n teken van die tyd waarin die toneel hom afspeel. Die vrou moes die blaam dra en met haar lewe betaal.

Vir Jesus is die lokval gestel:

As Hy sou sê dat die vrou gestenig moes word soos die Wet van Moses voorskryf, dan het Sy boodskap aan sondaars oor genade en liefde grootliks skade gely en Hy sou nie weer die vriend van die sondaar genoem kon word nie. Hy sou ook direk in botsing met die Romeinse owerhede gekom het, aangesien hulle publieke teregstelling deur die Jode verbied het.

Indien Hy haar sou vryspreek, sou Hy die Wet van Moses verbreek en owerspel goedkeur.

Hy het afgebuk en met Sy vinger in die grond geskryf. Die moontlikhede van wat Hy daar geskryf het, is soveel as die mense wat daarooor kommentaar lewer. Kom ons kyk na ‘n paar.

Hy kon dalk die aanklaers toelaat om hulle woorde te herhaal sodat hulle self tot die besef van hulle wreedheid en arrogansie sou kom.

Een kommentaar meen dat die desperate vrees van die vrou, die bloedlus in die gesigte van die omstanders, die onsimpatieke hantering van ‘n weerlose vrou in ‘n skare wat toekyk, Jesus so met weersin vervul het, dat Hy sy gesig van hulle verberg het. Na alles, was die aanklaers die mense wat hulleself kinders van God genoem het.

Daar is ‘n nog ‘n interessante punt wat uitgelig kan word. Dit kan wees dat Jesus met ‘n goddellike vinger die sonde van die aanklaers in die sand of op die stene wat hulle vasgehou het, geskryf het, terwyl hulle oor Sy skouer loer. Die Griekse woord wat hier gebruik word is nie graphein, wat skryf beteken nie, maar katagraphein, wat opskryf, soos vir die hou van ‘n rekord teen iemand, beteken.

Nieteenstaande het hulle op ‘n antwoord aangedring. Hy het dit gegee:

Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” (Johannes 7:7)

Die woord, sonder sonde van die OAB, is wyd in betekenis om in te sluit sonder sondige begeertes. Die vertaling “skoon gewete” is ‘n goeie aanduiding van die inhoud van Jesus se bedoeling.

Skielik is Jesus alleen by die vrou en Hy praat met haar. Mans het nie in die openbaar met ‘n vrou gepraat nie. Hy vra haar waar haar aanklaers is.

Haar enigste woorde in die straathof wat haar lewe sou neem, is haar antwoord op Sy vraag.

Jesus stuur haar weg met woorde van hoop en lewe op ‘n vars begin. Hy stuur haar nie na die sinagoge vir beter lering oor die Wet van Moses sodat sy nie weer sondig nie. Hy stuur haar in ‘n wêreld vol chaos en morele verval. Hoe kon Hy dit doen?

Jesus het geweet Hy is oppad kruis toe vir haar sonde!

Hy het ook ten volle Sy Vader met haar lewe vertrou en geweet dat die Vaderhand deur die werking van die Heilige Gees die enigste veilige plek op hierdie aarde is. Dit is presies wat ons ook met doen met nuwe bekeerlinge en die mense vir wie ons bid. Net sodra die kerk mure bou en dink dat hulle mense moet “help” om nie te sondig nie, is daar korrupsie en wettisisme.

Die Fariseërs en Skrifgeleerdes was oortuig dat hulle as die teoloë regsgeleerdes van die tyd, die hoogste gesag was om haar te straf uit ‘n posisie van oordeel, kritiek en sensuur. Hulle was heeltemal gemaklik in die rol. Simpatie en liefde om ‘n sondaar terug te wen, was lankal verlore. Hulle wou nie sonde aanspreek nie, net oordeel en straf. Hulle het nooit besef dat hulle ook geoordeel gaan word nie.

Die wêreld sukkel om mense te red. Rehabilitasie vir verslawing en misdaad het twyfelagtige sukses. Dikwels het straf bitterheid, woede en meer ernstige dade tot gevolg.

Die vrou, as ‘n mens en skepsel van God, het geen plek in die toepassing van die Wet deur die kerkleiers nie. Sy is bloot ‘n instrument om Jesus te by te kom.

Sy is ‘n niks sonder ‘n naam.

As mense niks word, is die Christendom dood.

God gebruik name. Daar is bladyse en bladsye name in die Bybel. Die Bybel fokus op mense by naam. God sê vir Moses: Ek ken jou op jou naam.” (Exodus 33:17). Hy sê aan Kores: sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel. (Isaiah 45:3).

Dink jy die Fariseërs wat haar aangekla het, het haar naam geken? Indien wel, het hulle haar nie by naam aan Jesus voorgestel nie.

Sy het heel moontlik verlangs van Jesus gehoor. Mens weet so min van haar af. Sy het Hom dalk as deel van die kerk beskou en is sonder hoop, gevul met vrees in Sy teenwoordigheid ingesleep. Hoe het sy die hele geding waarvan sy die middelpunt is, sonder dat iemand in haar rigting kyk, ervaar?

Net ‘n volmaakte mens kan oordeel. Daarom het die Fariseërs na volmaaktheid gestreef. Jesus waarsku om nie te oordeel nie (Matteus 7:1). Wanneer ons oordeel sien ons die splinter in ander se oog en nie die balk in ons eie nie (7:3-5). Ons is blind vir ons eie foute, terwul ander se sonde en tekortkominge so duidelik is.

Ons eerste reaksie op ‘n fout moet simpatie en bejammering wees. Ons moet verligting bring met ‘n boodskap van hoop en saligheid. Weersin verdwyn in liefde en die begeerte om te help.

Jesus het nie haar sonde goedgekeur nie. Hy het oordeel uitgestel tot na die geleentheid vir saligheid. Hy het haar ‘n tweede kans gegee sodat sy beter besluite kan neem. Hy was jammer vir haar. Sy liefde het simpatie vir haar voortgebring.

Hy het haar laat gaan met ‘n uitdaging. Dit was nie maklik nie. Sy moes haar lewe omkeer en nuwe besluite maak op grond van haar tweede kans. Sonde was oral.

Jesus het haar vertrou om haar kans te gebruik. Hy het haar in Sy Vader se hand “losgelaat” en geweet sy sal veilig wees.

 

 

 

 

 

 

85. K.E.R.K.

 

Dit is nou maar eenmaal so dat die woord kerk sekere gevoelens en gedagtes ontketen. Vir sommige mense is die onwillekeurige reaksie negatief. Bitterheid teenoor mense en leiers in die kerk is algemeen. Soveel pyn spruit uit teleurstelling en veroordeling in die verlede, wat oor jare in die gesprek oor kerk ingemessel word en aanleiding gee tot ‘n skerp afkeur van mens en organisasie in individuele harte.

Ek is waarlik dankbaar dat ek as tiener in die kerk ‘n sosiale kring gevind het, wat my deur moeilike jare ondersteun het. Ek kan nie regtig die lering of preke onthou nie, maar ek onthou die vriendelikheid van die leiers, die organisasie om saam pret te hê, en die ander jongmense baie goed. Die kerk was egter vir my oudste twee seuns in hulle tienerjare ‘n teleurstelling. Hulle het nie so ‘n gemaklike tuiste in die tienerbediening gevind nie en ons as ouers kon niks daaraan doen nie, al het ons so begeer dat hulle moes ondervind wat ons gehad het.

Dit is met opset dat die opskrif van hierdie Bodemklip soos ‘n afkorting geskryf is. Binne die woord kerk, moet ons ‘n nuwe konsep vestig – positief en vars. Daar is sekerlik heelwat moontlikhede, maar ek sou graag die grondbeginsel van kerk vestig met die woorde: Kom Eers Reguit Kruis [toe].

Die kruis van Jesus staan sentraal – altyd. Net dit wat volgens die volle impak van Jesus se kruisdood gebeur, het plek in die kerk.

Met hierdie beginsel in plek as prioriteit, kan ons terugkyk na Esra se aankoms in Jerusalem om die tempel te herstel. Die Here wek hierdie geleerde man op om die volk te ondersteun in die herstel van die tempel. Hy kom met die goedkeuring van die magtigste heerser van die Antieke Wêreld. So het Esra die reis aangepak:

[…] en wat my guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek moed geskep, omdat die hand van die HERE my God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek. (Esra 7:28, OAB*)

Kerkorganisasie begin reeds op die reis. Esra beskou die families wat saamtrek noukeurig en vind geen Leviete nie. Tradisioneel het die stam van Levi tempeldiens gedoen. By die uitdeel van die grondgebied deur Joshua by die aankoms in die beloofde land, het die Leviete geen grond ontvang nie, omdat hulle hulle lewe sou wy aan aanbidding en lering in voltydse bediening en deur die volk onderhou sou word.

Esra organiseer 220 tempeldienaars uit die stam van Levi nog voor sy aankoms in Jerusalem (Esra 8:15–20.) Verder het hy twaalf priesterowerstes afgesonder en aan hulle die kosbaarhede vir die tempel oorgegee. By hulle aankoms in Jerusalem het die priesters en die Leviete die silwer en goud afgegee en brandoffers aan die Here gebring.

By die herstel van aanbidding het die volk se sonde duidelik geblyk en Esra tree in om by God om vergifnis te smeek. Hy het sy klere geskeur en sy hare en baard uitgetrek (Esra 9:3). Hy was diep ontsteld oor die afvalligheid van sy volk en het in gebed ingetree vir hulle. Hy het so gebid dat die mense om hom kom staan het en aan die huil gegaan het. Diep berou het hulle harte geraak. Hulle het met trane hulle sonde besef en bely.

Hierdie geleentheid is gekenmerk deur gebed, sondebelydenis en ‘n diepe besef van God se woord. Dit is betekenisvol dat Esra se reaksie op sy eie moedeloosheid en ontsteltenis ‘n lang, ernstige gebed waarin hy God se almag en soewereiniteit beklemtoon, was. Hy bid en bely namens die volk totdat hulle saam met hom kom bid. Hy het nie uitgegaan en links en regs tereggewys, veroordeel en blaam uitgedeel oor die jammerlike toestand van die tempel en stad nie. Hy het gebid en uit die gebed kom ‘n oproep tot suiwering en bekering.

Voordat die tempelherstel kon begin, moes die volk die vreemde vroue wat hulle getrou het, skei en die vrouens en kinders van hulle wegstuur. (Esra 10:44)

Vir ons moderne ore is dit geweldige drastiese maatreëls tot suiwering. Die Ou Testament is egter vir ons die simboliese voorbeeld van ‘n goddelike lewe. Sekulêre leefwyses wat soos ‘n “getroude vrou” in die Christelike lewe tuis is, erodeer die kerk van binne en maak die Christen kragteloos. Ons weet tog almal dat die kerk soveel maal al die slagoffer was van kwaadpraat, skinder, aanstoot, hoogmoed, trots, liefdeloosheid, selfsug, statusbeheptheid – ag, ‘n lang lys aaklighede. Al hierdie sondes verhinder die teenwoordigheid van God, maak die kruis van Jesus tot niks en skep ‘n speelveld vir die duiwel waar hy boelie en boks tot die bloed loop. Onthou hy is besonder ingestel daarop om die kerk te neutraliseer.

In Johannes 8 lees ons van die vrou wat in owerspel gevang is en deur die Fariseërs voor Jesus gebring is. ‘n Interessante stukkie “kerk” wat in die strate van Jerusalem afspeel. Ek veronderstel almal ken die toneel wat beskryf word in Johannes 8:1–11.

Die Fariseërs en Skrifgeleerdes is aktief in dit waaraan hulle hulle lewens wy. Hulle is die leiers van die Joodse volk, wat in wese deur hulle geloof in Yahweh gekenmerk word. Sy wette en voorskrifte is die fondament van hulle samelewing en die leiers van die kerk is verantwoordelik vir die lering en toepassing daarvan in die daaglikse lewe van hulle medeburgers. Indien daar enige dispuut oor die toepassing van ‘n wet ontstaan het, was dit heeltemal normaal om dit voor die rabbi te bring.

Hoewel hulle Jesus nie eintlik as ‘n rabbi wou erken nie, bring hulle ‘n vrou wat in owerspel gevang is, voor Hom. Enige Jood sou weet dat owerspel, afgodediens en moord sondes is wat die doodstraf dra. Levitikus 20 en Deuteronomium 22 skryf die doodstraf voor vir albei partye wat owerspel gepleeg het. Interessant dat die man in hierdie geval nie saam aangekla is nie.

Dit is duidelik dat die doodstraf vir die vrou volgens die fel oordeel van die wet van Mosesnie te betwyfel is nie. Die kerkleiers was oortuig dat hulle ‘n perfekte teologiese strik vir Jesus kon span. Soos William Barclay dit stel: …and here they thought they had impaled him inescapably on the horns of a dilemma. [New Daily Study Bible]

Indien Hy deelneem aan die doodstraf sou Hy nooit weer sy boodskap van liefde en genade kon verkondig en ‘n vriend van sondaars genoem kon word nie. Hy sou terselfdertyd in stryd met die Romeinse wet en owerhede optree aangesien die Jode nie toegelaat is om iemand ter dood te veroordeel nie, selfs in die lig van hulle godsdienswette. Rome het wet en orde beheer en oor doodstraf die finale uitspraak gemaak. Het hulle dalk gedink Jesus besef dit nie en dat dit Hom in die moeilikheid by Rome sou bring?

Indien Hy haar sou vryspreek en vergewe, sou Hy direk in stryd met die wet van Moses optree. Hulle sou vry voel om Hom van permissiwiteit aan te kla, aangesien Hy mense dan indirek vrymaak van die sonde van owerspel.

Jesus het neergekniel en in die sand geskryf. Op hierdie punt is die kommentare ‘n vryspel van fikse denke oor ‘n magdom moontlikhede. Sommige meen dat Hy nie meer die haat en veroordeling in die kerkleiers en skare kon verdra nie en vir krag en insig gebid het. Sommige meen dat Hy die sondes van die klipgooiers opgeskryf het en hulle skynheiligheid so ontbloot het dat hulle bang was hulle dade word openbaar gemaak. Die Griekse woord wat vir skryf gebruik word is graphein. In hierdie geval word die woord katagraphein gebruik wat beteken om iets op die rekord teen iemand op te skryf.

Sou dit wees dat Jesus die rekord van hierdie sadistiese skare teen hulleself opgeskryf het?

Tog het die kerkleiers op ‘n antwoord aangedring. ’n Antwoord het hulle gekry:

Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” (Johannes 8:7, NAB*)

Die luidkeelse aanklaers het stil-stil verdwyn. Die stille aanklag teen hulle het sekerlik soos donderweer in hulle binneste gedruis. Hulle het weggeglip, weg van die Bron van vergifnis, wat ook hulle sou kon vryspreek.

Toe Hy alleen met die vrou agterbly het Hy haar gevra of sy iemand sien wat die oordeel oor haar gaan voltrek. Daar was wel oordeel oor haar sonde. Sy het sonde gedoen; dit is nooit ontken nie. Jesus het haar vrygespreek. Hoe kon Hy dit doen? Owerspel is ernstig – volgens Hom ‘n grond vir egskeiding soos in die Bergpredikasie van Matteus 5 duidelik uitkom.

Jesus het geweet Hy is op pad kruis toe vir haar sonde ook. Hy was altyd bewus van sy hoë roeping om die finale prys te betaal. Hy kon haar vryspreek op grond van wie Hy is.

In kerkverband is sy afskeidswoorde aan haar betekenisvol.

[…] Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie. (Johannes 8:11, NAB)

Jesus het haar nie na die sinagoge gestuur vir onderrig in die wet van Moses nie, hy het haar nie na die rabbi vir geestelike lering en leiding gestuur nie, hy het nie ‘n lang voorskrif oor ‘n rein lewe en ‘n lang relaas oor ‘n nuwe leefwyse gegee nie. Hy het haar weggestuur met woorde van genade, in volle vertroue dat sy woorde genoeg is om haar hele toekoms in Hom te verseker.

Engels het twee woorde vir genade – grace en mercy. Grace se definisie, volgens Strong se Konkordansie, is: the unmerited favour of God. Dit beteken God se guns oor ons is nie iets wat ons verdien of kan verdien nie; dit word oor ons uitgestort uit sy liefde tot ons voordeel. Mercy word so gedefinieer: compassion or forgiveness shown toward someone whom it is within one’s power to punish or harm.

Volgens Merriam-Webster: mercy implies compassion that forbears punishing even when justice demands it.

Mercy word soms in Afrikaans met die woord barmhartigheid vertaal. Dit is egter belangrik om die betekenis daarvan ten volle te begryp. Dit het te doen met die terughouding van straf. Dit kan net toegepas word deur ‘n persoon wat in ‘n posisie van outoriteit tot ‘n ander persoon staan. Ek kan die straf oor my kind versag of terughou. Daar is ‘n verkeerde daad wat straf veronderstel. Die persoon wat die straf moet uitvoer besluit om dit uit genade te weerhou.

God het Homself aan Moses openbaar as ‘n barmhartige God. Hy is dus die Bron van strafopheffing! Nie net dit nie – Hy is die Een wat ons straf op Hom geneem het. Dit is weer eens die sentrale tema van die Kruis – strafopheffing.

[…] Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. (Jesaja 53:4, NAB)

Dit was die “kerk” van Jerusalem se strate. Dit was nie ‘n plek van veroordeling nie. Dit was die plek van vryspraak en vrymoedige voortgang in ‘n toekoms van ongebondenheid aan die sonde en skande van die verlede.

Jesus het geweet as Hy haar daar vryspreek is sy in die hande van sy Vader en die Heilige Gees – geborge en veilig. Die Heilige Gees sal leer en lei. Hy oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel (Johannes 15.) Dit is nie die kerk wat die sonde uitskreeu, veroordeel en straf nie. Die kerk is die plek van liefde en barmhartigheid SODAT die Heilige Gees die oortuigingswerk kan doen. Sonder liefde is daar nie sprake van konstruktiewe sondebewustheid nie.

Die Heilige Gees wat werk laat die mense saamkom, saam bid en saam huil. Diep oortuiging kom deur ware verootmoediging en daar in die kerk moet die vryspraak in die Naam van Jesus geskied. Dis kerk aan die voet van die Kruis!

 

 

 

*OAB = Ou Afrikaanse Bybel

*NAB = Nuwe Afrikaanse Bybel

 

77. Dis tyd vir ‘n bad.

Ons leef in kitstyd. Alles moet vinnig gebeur. Ons is slagoffers van sekondes. Ons meet effektiwiteit dikwels aan spoed en betaal almal om ons wat sloer, met ongeduld in ‘n skerp stem.

Oggendroetines was nog altyd vir my opwindend in hulle haastigheid. Net na ses soggens het ek die vinnige storte gehoor en die reuk van sjampoo in nat hare het die trappe af gestorm. In ‘n huis vol kinders was die paar minute saam om ontbyt kosbaar, voor almal uitmekaar spat.

Die manne in die huis het gestort. Ek het gebad, in die aand, wanneer die huis afgewen en kalm is. Dit was weektyd, mediteertyd, dinktyd – soms met ‘n boek en altyd met badolie. Tyd alleen is kosbaar. Dit was ‘n goue geleentheid om die dag te oorweeg en … te oordeel. Ja, oordeel – daardie sterk, skerp woord wat insny en diep krap.

In Jakobus 4 kry ons praktiese raad met kort kragtige opdragte. Dis maklik om die drie of vier versies sommer in ‘n oogopslag te lees, terwyl die inhoud daarvan ons hele lewenshouding moet bepaal. Hierdie een versie val nie in die spoedlees kategorie nie. Dit is ‘n versie waarin mens bad, nie stort nie. Dit vereis nadenke en oordeel.

Vers 8 in ‘n paar vertalings:

Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! [1953]

Come close to God [with a contrite heart] and He will come close to you. Wash your hands, you sinners; and purify your unfaithful hearts, you double-minded people. [Amplified]

Say a quiet yes to God and he’ll be there in no time. Quit dabbling in sin. Purify your inner life. [The Message]

Ek hou van die Ou Vertaling se woord: dubbel-hartig. Dit beskryf ‘n onbetroubare, dislojale, teleurstellende lewenshouding. Die NLT [New Living Translation] vertaal dubbel-hartigheid so:

…for your loyalty is divided between God and the world.

Dis die mense wat sonder bewustheid leef, met die beginsels van die wêreld gemaklik in hulle alledaagse ingeburger. Die wêreld word regeer deur die Vader van die leuen. Dit het Jesus self gesê in Johannes 8:44:

You are of your father the devil, and it is your will to practice the desires [which are characteristic] of your father. He was a murderer from the beginning, and does not stand in the truth because there is no truth in him. When he lies, he speaks what it natural to him, for he is a liar and the father of lies and half-truths.

Wat laat ‘n mens in so ‘n jammerlike toestand van leuens en halwe waarheid verval? Sonder twyfel, ‘n verwydering van God. Wat verwyder jou van God? Sonde.

Dis nie meer mode om oor sonde te praat nie. Wil ons dan nou terug in die wet verval? Jesus het dan gekom – ons evangelie is een van genade, redding, vergifnis en oorwinning. Moet tog nie negatief wees en met mense oor sonde praat nie.

Jakobus is geensins bang om sonde direk aan te spreek nie en gebruik die woord hamartolos die woord vir geharde sondaars, diegene wat gemaklik in die gemeenskap van wetteloses leef. Hy gee die opdrag – nader tot God, met die belofte van versekering – en Hy sal tot jou nader. Geen twyfel daar nie. Maar dan in dieselfde asemteug van wysheid, praat hy oor die sonde van dubbelhartigheid.

Wanneer laas het jy oor sonde gedink? Die kerk was oor die eeue na Jesus se lewe op aarde, soms meer en soms minder bewus van sonde. Sonder twyfel is die begrip van ons sondige natuur en die oorheersing van sonde in die wêreld waarin ons leef, sentraal tot saligheid en die behoefte aan die Kruis. Daar was ook vir eeue ‘n leuenagtige oorbeklemtoning van sonde direk uit die slangtong van die duiwel wat die kerk aankla. Korrupsie en uitbuiting in die kerk het die gewone mense wreed onderdruk. Dit was een van die hoof oorsake van Luther se Hervorming. Ongelukkig veroorsaak so ‘n vals leer weer ‘n hewige reaksie na die teenoorgestelde en dan is genade en vryspraak voorop in die leerstelling.

Dit is vir ons belangrik om ‘n rasionele en praktiese houding oor sonde in te neem en vas te staan. Een van die belangrike lokvalle van die duiwel is om die erns van oortreding te verflou en veral die geheimhouding van persoonlike misdaad te versterk. Hy sal jou bloots ry met ‘n pynlike karwats oor geheime sonde in jou lewe. Wees gewaarsku oor die duiwel se strategie om jou aan te kla in en in skuld vas te ketting. – bely, kom uit in die lig en verbreek sy houvas.

1 Johannes 5:17:

All wrongdoing is sin, and there is sin that does not lead to death [one can repent of it and be forgiven].

 Alle ongeregtigheid is sonde, maar daar is sonde wat nie tot die dood lei nie.

 1 Johannes 1:8,9 en 3:4:

 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Sonde is die oortreding van ‘n goddellike wet. Alles wat verkeerd en boos is, is die gevolg van sonde.

Oortreding [parabaino in die Grieks] word verduidelik in geen onseker terme nie. Dit is die verwerping van vertroue, rebellie teen ‘n bekende waarheid, ongehoorsaamheid, verlating van die oorspronklike rigting.

Sonde [hamartia] beteken om die doel te mis, die verkeerde rigting te kies, aanstoot te neem teen die voorskrifte van God. Dit is ‘n besluit wat jou hele lewe op die verkeerde pad sit. Dit is OOK ‘n verkeerde daad, eenmalig of herhalend. Daarom is dit moontlik ‘n gelowige kind van die Here om in sonde te val of sonde te pleeg.

Geen mens vorder ooit verby die Kruis nie. Die Kruis is die kern van ons bestaan. Terwyl ons in die gebrokenheid van ‘n vervloekte aarde leef is die Kruis ons remedie vir sonde.

 Bely, kom uit in die lig en verbreek die houvas. Jesus maak vry. Hy is die waarheid wat ons vryspreek. Hy is die Lig van bevryding. Hy sal ons bad sodat ons waarlik skoon en vry is. Efesiërs 5:26:

om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

 Terug by Jakabus 4 in die Amplified:

 10 Humble yourselves [with an attitude of repentance and insignificance] in the presence of the Lord, and He will exalt you [He will lift you up, He will give you purpose].

Oor hierdie opdrag kan mens net juig. Dis die oplossing vir die dubbelhartigheid van die mens. Dit is die eerste en belangrikste hantering van sonde – ‘n nederige en ootmoedige houding.

Ootmoed is ook ‘n woord wat mens nie meer so baie hoor nie. Dit is ‘n pragtige, genuanseerde woord met sinonieme: berouvol, beskeie, nie uitdagend, onderworpe. Dit is die houding van ‘n kragtige kind van God. Ons krag is in vergifnis by die Kruis. Ons sonde maak ons swak in die worsteling om ons eie eer te beskerm.

Dink net vir ‘n oomblik terug aan die eerste sonde in the Tuin. Sonde het hulle naaktheid ontbloot. Voor sonde was die volmaakte Teenwoordigheid van God, waarvan die Tuin ‘n simbool is, voldoende om hulle te bedek. Sonde het hulle ontbloot en skaam gemaak. Dink maar goed – dit is die gevolg van alle sonde. Jy word in jou skande openbare besit, jou dwaasheid word aan die wêreld ten toon gestel. Dit is hoe verradelik die duiwel is. Vernedering en skande is jou brood uit sy harige klou.

Die Kruis is die poort na die Tuin. Ons kan weer in die Tuin van Eden leef nadat die saad van die vrou [Genesis 3:15] vir ons die toegang gee. Prys die Here, Bodemklipvriend – jou sonde is vergewe, jy is vry.

Jakobus 4:10: The Message

Get down on your knees before the Master; it’s the only way you’ll get on your feet.

 Hy sal jou verhoog, ophef, Sy lig en guns oor jou laat skyn. Jy is terug in die Tuin, herstel en vernuwe.

Die oproep tot sondevergifnis is duidelik in elke dier wat doodgemaak is vir die brandoffer vir die sonde van God se volk. Elke keer as die ritueel van slagting plaasgevind het, is die volk opgeroep om hulle sonde af te lê en te bely by die onskuldige bloed wat vloei.

Wat beteken dit vir ons? Dit is ‘n oproep tot sondebelydenis in ons gebedslewe. Word stil voor die Here en laat die Heilige Gees toe om jou van sonde te oortuig. Hy doen dit in volmaakte liefde – moenie bang wees nie. Gryp vas aan jou vryheid wat kom met vergifnis en die opheffing van die swart wolk van sonde. Moenie beter van jouself dink en jou verhef bo die noodsaaklikheid van belydenis nie. Bely eerste jou eie trots en hovaardigheid.

Johannes 16:8:

En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.

Onderwerp jou lewe aan die Heilige Gees in gebed. Daar is niemand anders wat sonde in jou lewe kan openbaar en die oplossing daarvoor bied nie. Die inherente verraad van sonde self sal jou swakheid en skande oopvlek op plekke en tye wat jou verneder.

Kyk weer na ‘n paar van die sondes wat tot die dood lei en toets jouself voor die Heilige Gees. Bely sonder selfregverdiging. Belydenis is kragtig en stel die Heilige Gees vry om ‘n bonatuurlike werk in jou innerlike te doen.

trots= ‘n selfbewuste hoë dunk van jouself en jou eie sukses /   refers to an inflated sense of one’s personal status or   accomplishments

gierigheid = ongebalanseerde begeerte om welvaart te versamel /  inordinate desire to possess wealth, goods, or objects of   abstract value with the intention to keep it for one’s self, far beyond the dictates of basic survival and comfort.

Almal moet geld verdien. Dit is maklik om die oplossing van probleme aan geld te koppel en God as die Bron van welvaart te verplaas met jou eie begeerte en vermoë. Soek eers die koninkryk van God….Matteus 6:33. Kry jou prioriteite in die regte volgorde.

wellus = ongesonde, oorweldigende hunkering na dit wat die liggam bevredig / Lust is an emotion or feeling of intense desire in the body. The lust can take any form such as the lust for knowledge, the lust for sex or the lust for power. It can take such mundane forms as the lust for food as distinct from the need for food. Lust is a psychological force producing intense wanting for an object, or circumstance        fulfilling the emotion.

jaloesie – afguns, naywer, wanneer jy iemand anders niks beter as jy gun nie, talente en sukses van ander wat met misnoë en ontevredenheid beskou word.  Envy (from Latin invidia) is an emotion which “occurs when a person lacks another’s superior quality, achievement, or possession and either desires it or wishes that the other lacked it”.

Dit is normaal dat gevoelens van jaloesie in jou denke vorm net soos vrees mens oorval. Oorkom dit sommer gou en bely dit voor die Here. Wanneer jaloesie jou denke oorheers en jou optrede bepaal is dit ‘n sonde wat jou lewe versuur en vernietig.

Jakobus 4:11 en onderwerp jou denke…

Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.

vraatsug/gulsigheid = oormatige ingesteldheid op alles wat die wêreld bied op liggaamlike sowel as geestelike gebied. Die ingesteldheid dat mens niks wil mis nie, ‘n onvergenoegde begeerte na vermaak, bevrediging, kos en drank sowel as ervarings van status, sukses en genot. Gluttony, derived from the Latin: gluttire meaning to gulp down or swallow, means over-indulgence and over-consumption of food, drink or wealth items to the point of extravagance or waste.

woede – die Nederlandse woordeboek sê dit goed: grote boosheid, raserny. Woede is ‘n kragtige, emosionele uitlating van afkeuring of vyandigheid wat liggamlike houdings en aksies tot gevolg kan hê. Anger or wrath is an intense emotional response. It is a normal emotion that involves a strong uncomfortable and emotional response to a perceived provocation. Often it indicates when one’s basic boundaries are violated.

 

Kyk die leuen wat jou lewe oorheers in die oog en bring dit voor die Here. Hy sal jou lewe balanseer en prioritiseer met ‘n wonderwerk in jou binneste.

Juig – ons God regeer – ook oor ons innerlike mens.

55. En toe vererg ek my so…

Klink hierdie woorde of gedagte bekend? Miskien kan ons net stilword soos in ‘n sela-oomblik en dink hoeveel keer in die afgelope dag of week dit gebeur het. Miskien spreek ons nie elke oomblik van verontwaardiging en verontregting uit nie. Hoe dikwels gebeur dit nie op die pad in ‘n motor nie? Die onregverdigheid van die lewe en ander mense se sonde in ons lewe – hoe versuur dit nie ons bestaan nie!

In my sielsberekeninge – as daar so ‘n woord is – is daar groot en klein skaal woede. Daar is vererg wat gou verby gaan, daar is kwaad word wat bly en maal, maar darem uiteindelik padgee en dan is daar groot woede wat wraakgedagtes uitlok. Soms is dit klein dingetjies wat groot woede aanbring en jy skaam jou sommer vir jouself oor hoe jy jou kan opwerk. Dan is daar groot goed, groot woede en bo alles ‘n wond wat bloei en ‘n litteken los. Wonde wat moeilik rowe vorm, veral omdat gedagtes die ou dun rofie so maklik afkrap dan bloei dit weer. Uiteindelik as die roof gesond word met baie bid en baie vergifnis-prosesse, dan is daar ‘n merk. Dit is ‘n feit. Ander mense se sonde en die verloop van die lewe verwond en kneus ons. Hoe nou gemaak?

Ek moet bely dat insig in en lering oor die verwonding van die lewe vir my ‘n baie wrede proses was. In die eerste plek moes ek leer dat die vyand gereed is om in te storm en op sielsvlak – daarmee bedoel ek in my wil, verstand en emosies – amok te maak. Dis asof die duiwel in die sandput van my woede en seer, bou en stukkend slaan tot sy groot vermaak. Verwonding en woede stel jou bloot, maak jou kwesbaar vir sataniese oordrywing van die situasie sodat jy verwronge en verwese tot trane en twyfel gereduseer word. As ek nog my kop wil oplig, dan sien ek net sy grynslag met ‘n nuwe aspek van my verontregting.

Iewers in hierdie proses moet jy soos ‘n drenkeling uitstyg en roep om hulp, want jy moet dit hanteer. Hoe wreed dit ookal klink – jy en jy alleen moet jou seer na die Here toe bring en roep om hulp. Daar is geen ander pad nie, geen ander mens betrokke nie – dis jy en die duiwel en God. Daarom moet jy weet wat met jou gebeur en die proses uit die Woord ken, sodat jy gewapen is en kan terugveg. Ja veg – dis hoe dit vir my voel.

Jesus sê in Lukas 17:1 – 6 :

En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

Die woord bestraf is dalk ‘n skerp woord, maar dit bedoel nie harde woorde van konfrontasie nie, eerder die belangrikheid om te bly praat en die kommunikasie-kanale oop te hou.

En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou–moet jy hom vergewe.

Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant–en hy sou julle gehoorsaam wees.

Die Amplified stel dit so: And [Jesus] said to His disciples, Temptations (snares, traps set to entice to sin) are sure to come…

Struikelblok is eintlik ‘n goeie woord maar dit gee nie duidelik die indruk van ‘n trap of lokval nie. Sommige situasies laat jou net struikel. Jy kan dalk weer opstaan en jou bloedneus afvee, maar ander laat jou verkreupeld. Maak ‘n prentjie van daardie wrede, ystertande weggesteek onder die blare, waarin jy trap en onmiddellik in pyn en skok neerval.

Die verwerking van die pyn van so ‘n verwonding is sekerlik een van die belangrikste geestelike oorwinnings wat daar is. Dit was nie die aanskoue van al die wonderwerke van Jesus wat die dissipels laat besef het hulle geloof skiet te kort nie, maar die eenvoudige opdrag om te vergewe, het hulle laat uitroep vir meer geloof.

Die lewe is vol daarvan, daarom sê Jesus dit. Aanstoot (offence) kan veroorsaak dat jy in geestelike gevangeneskap leef en die helende genade en oorwinning van geloof en liefde heeltemal misloop oor jare en jare. Voordat ons verder gaan – bid saam met my vir die openbaarmaking van aanstoot en woede in jou lewe deur die Heilige Gees, sodat jy kan besef waarvan jy verlos moet word. Is jy dalk kwaad vir God oor hoe die lewe jou behandel? Laat toe dat Hy dit in jou gemoed openbaar. Haat jy jou ouers vir verwerping, misbruik, mishandeling, vooroordeel of oormatige oordeel en kritiek? Haat jy jou kerk oor verwonding van geestelike leiers van wie jy soveel meer verwag het? Haat jy jou huweliksmaat vir sy/haar mislukking om aan jou verwagtinge te voldoen op watter gebied ookal of die pyn wat sy/haar optrede veroorsaak het? Is jy kwaad vir die politiek? Dink aan die onregverdigheid van die lewe wat jou laat ly en konfronteer die waarheid. Moenie bang wees vir die pyn nie. Die waarheid maak vry.

Die Griekse woord vir struikelblok wat in Lukas 17 gebruik word in skandalon. Dit verwys na ‘n lokval waarin aas vasgemaak is om die slagoffer te vang. Aanstoot is ‘n lokval van die Satan. Dit is ‘n belangrike beginsel wat in alle gevalle met insig begryp moet word.

Paulus waarsku die jong Timoteus: [2:24-26]

And the servant of the Lord must not be quarrelsome (fighting and contending). Instead, he must be kindly to everyone and mild-tempered, preserving the bond of peace; he must be a skilled and suitable teacher, patient and forbearing and willing to suffer wrong.

He must correct his opponents with courtesy and gentleness, in the hope that God may grant that they will repent and come to know the Truth. And that they may come to their senses and escape out of the snare of the devil, having been held captive by him, henceforth to do God’s will.

Aanstoot en woede, wat dikwels groei uit argumente en bakleiery, vang jou in die lokval van die satan wat jou vasklamp met die ystertande van bitterheid en wraak. So ‘n bitterheid verhinder jou om deur te dring na die volle seën wat God vir jou beplan. Dit is ‘n jammerlike en hartseer toestand! Jou wonde keer die seën. Verwonding kan kom uit ware onreg of ‘n persepsie van onreg, waar jou interpretasie van die situasie jou vashou.

Hierdie gevangeneskap kan ook onbewustelik wees. Die vyand se plan is om jou bitterheid vir jouself weg te steek, meestal onder die dekmantel van trots. Trots en eie-geregtigheid verhinder vergifnis. Net ‘n gebroke hart en ‘n verslae gees in die liefdevolle gebedsatmosfeer by die Heilige Gees gee ons verligte oë van ons verstand sodat ons kan bely en krag kry om te vergewe. Hebreërs 13:3 waarsku teen die verharding van ons harte deur sonde. Die eerste stap in oorwinning is insig in die strategie van ons vyand. Dit is hy wat agter die onreg en verwonding is, nie die mens wat hy gebruik om jou beet te kry nie. Skei die daad van die mens met wie jy te doen het en identifiseer satanstrategie! Kyk dieper en sien die lokval.

Onthou – jy kan dit nie self doen nie. Oorgawe in gebed is die enigste manier.

Vergifnis is nie altyd eenvoudig en vinnig nie. Dit is dikwels ‘n proses van oorgawe en reiniging. Die proses word mooi beskryf in die advies aan die louwarm gemeente in Openbaring 3 en die pragtige beeld van die Koopman. Vanaf vers 17:

For you say, I am rich; I have prospered and grown wealthy, and I am in need of nothing; and you do not realize and understand that you are wretched, pitiable, poor, blind, and naked.

Die aanklag teen die gemeente is halfhartige oorgawe en trots wat dit verberg. Die oplossing is ‘n besoek aan die geestelike “winkel” van skatte en kosbaarhede.

Therefore I counsel you to purchase from Me gold refined and tested by fire, that you may be truly wealthy, and white clothes to clothe you and to keep the shame of your nudity from being seen, and salve to put on your eyes, that you may see.

Goud wat deur vuur gelouter is die getuienis van uitkoms uit stryd en swaarkry, prosesse van vergifnis, die vryheid wat dit bring en oorwinning oor afgode. Suiwer goud is sag en vloeibaar. Die mengsel met ander metale maak dit hard. Om dit te suiwer word dit in ‘n poeier gemaal en verhit. Vuur laat die metale na bo dryf en die suiwer goud afsak. 1 Petrus 1:6,7:

I know how great this makes you feel, even though you have to put up with every kind of aggravation in the meantime. Pure gold put in the fire comes out of it proved pure; genuine faith put through this suffering comes out proved genuine. When Jesus wraps this all up, it’s your faith, not your gold, that God will have on display as evidence of his victory.

Wit klere om ons naaktheid te bedek, want sonde ontbloot jou altyd. Jou bitterheid is soos ‘n mantel van stinkende, swart, vrot afval wat oor jou hang en jou lieflike geur van dankbaarheid en genade verdryf. Dink net hoe mooi gaan jy lyk in spierwit, blink, sagte sy en linne. Vergewe en laat dit gaan.

En laastens: oogsalf. Dit is die eerste prys. Insig in my eie foute en tekortkominge, ‘n besef van my afhanklikheid van Jesus se redding. ‘n Dieper kyk, begrip van die onsienlike – dit is lewenskwaliteit, verhewe bo die gewone.

Tot volgende keer.

45. Sluitsteen-woorde – hoe lyk jou boog?

Ek kan my goed voorstel hoe die geboude boog lyk waardeur ek elke dag wil loop om my aan die genade in my lewe te herinner. ‘n Stewige struktuur van gekapte sandsteen, vasgemessel in die tuin van my lewe, oorgroei met ‘n gevestigde rankroos met die diepste pienk, pieringgroot blomme wat afhang sodat hulle geur my omring wanneer ek die woorde op die sluitsteen lees – GENADE. Daardie geur van genade moet aan my vaskleef soos wat ek aanstap.

Hoe is dit dan dat die sorge en begeertes van daaglikse pligte mens so gou van die rustigheid in die Tuin beroof? Hoe posisioneer ‘n mens homself om die genade daagliks bewustelik te ervaar? So maklik kry besig-wees en lewensverpligtinge die oorhand oor ons gedagtewêreld en aktiwiteite.

Die begrip genade beteken veel meer as net God se genade – Sy onverdiende guns oor ons. Dit sluit ons eie lewenswyse in. Die Hebreeuse woord: charis het ‘n wye aanwending. In die objektiewe sin beteken dit guns, plesier, vreugde, alles wat aangenaam is – ook die skoonheid en elegansie in ‘n persoon. Ek wil hier graag die Afrikaanse vertaling wat grace met grasie vertaal, so effens rek tot veel meer as bloot elegansie en goeie maniere in die konkrete sin. Grasie in gees en ingesteldheid, ‘n voortreflike en genadige lewensbeskouing is deel van die vrug van die Heilige Gees. Dit is ons ganse lewe wat deurdrenk van genade geleef word, sodat elke woord ‘n produk van genade word.

Hierin word ons sekerlik daagliks getoets. Luister fyn na mense se skerp veroordeling oor gebeure waarin ander mense se foute aan die algemene publiek se sin vir regverdigheid blootgelê word.

Ek is soms so skaam oor die blatante verlies van grasie in ‘n alledaagse situasie van frustrasie en ontsteltenis. Dis so belangrik om ‘n lewens-elegansie te behou, veral in ‘n situasie waar ‘n teen-intuitiewe ingesteldheid vereis word. ‘n Bewuswording van die algemene wreedheid van die lewe en pyn van mense rondom jou, wat daagliks jou pad kruis en jou vriendelik bedien, ruk jou siel tot stilstand. Sal jou houding van ongeduld en veeleisende hoë standaarde die toets van genade op die regbank van God deurstaan?

Ek lees in International New York TImes ‘n rubriek van ‘n Amerikaner wat in Parys gekuier het. Aan die begin van ‘n formele ete maak hy toe die sosiale faux pas(verskoon die uiters toepaslike Frans) deur sy tafelgenote bon appettit toe te wens. Dit is blykbaar heeltemal onaanvaarbaar om die internasionale maaltyd-wens in Frankryk te gebruik. Hy is ook onmiddellik reggehelp en kom drie kolomme later tot die gevolgtrekking dat so ‘n heftige reaksie op ‘n eenvoudige, onskuldige en goedbedoelde seënwens net die produk van ‘n klein gemoed en die totale verlies van sosiale grasie kan wees.

Is ons sosiale statusbewustheid en welvarende lewe ‘n struikelblok wanneer dit by die basiese essensie van ons alledaagse omgang in die gemeenskap kom? Net ‘n diep en blywende bewustheid van die genade wat ons lewe definieer, bring ons in die denkraamwerk waaruit ons genade oor ons medemens uitleef.

Klaagliedere 3:22

It is because of the Lord’s mercy and loving-kindness that we are not consumed, because His tender compassions fail not.

Dit is lewenselegansie – as jou liefdevolle omgee nooit faal nie.

Loof saam met my siel die Here en Sy heilige Naam, sodat ons geeneen van sy weldade vergeet nie. Hy wat al jou sonde vergewe en jou siekte genees…..

……wat jou lewe losgekoop het van vernietiging; wat jou kroon met goedheid en liefdevolle omgee; [Psalm 103:4]

Dit is deur die liefdevollge omgee van die Here wat ons lewe. Hoe sal ons dan met mekaar omgaan? Soos die Bybelwoordeboek verduidelik:

It is a two-way word and can be used of God and man. Of God, it certainly implies grace. Of man, it implies steadfast love to another human being or to God. It is often found in association with the word “covenant” and denotes the attitude of faithfulness, which both parties to a covenant should observe.

Hierdie definisie is vasgevang in die woord wat ons al goed ken: hessed [uitgespreek: gêsêd] wat genade, getrouheid, goedheid en geregtigheid beteken. [Sien Bodemklippe 35]

And become useful and helpful and kind to one another, tenderhearted (compassionate, understanding, loving-hearted), forgiving one another readily and freely, as God in Christ forgave you. Efesiërs 4:32AMP

Groot woorde! ‘n Direkte opdrag. Hoekom is dit nodig om vir Christene te beveel om vriendelik en goedhartig met mekaar te wees? Dit is omdat ons omgee faal in die aanslag van die alledaagse. Weer eens ‘n punt van oorgawe. Dit is nie uit jouself wat jou oë oopgaan vir die mense om jou se pyn en behoefte nie. Dit is nie sommer vansself dat jy vriendelik bly wanneer frustrasie, swak diens, swak standaarde jou lewensstyl bedreig en jou effektiwiteit verswak nie. Dit is nie nodig om swakker standaarde te aanvaar nie en ons moet in alle opsigte die effektiwiteit van alles om ons opbou en nie afbreek nie. Dit gaan net oor die manier waarop ons daarmee omgaan.

Genade is ons kenteken – ons logo. Dit is die enkel, grootste kenmerk van God bo alle ander gode van hierdie wêreld. ‘n Kenmerk van Jesus:

And the Child grew and became strong in spirit, filled with wisdom; and the grace (favor and spiritual blessing) of God was upon Him.[Lukas 2:40] AMP

And all spoke well of Him and marveled at the words of grace that came forth from His mouth; and they said, Is not this Joseph’sSon?[Lukas 4:22] AMP asof hulle nie kon glo Hy is ‘n gewone mens soos hulle nie. Genade is wat Hom as God onderskei het, lank voor Hy wonderwerke gedoen het.

Vines (Bybelwoordeboek) beskryf genade so:

…in this respect there is stress on its freeness and universality, its spontaneous character, as is the case of God’s redemptive mercy and the pleasure or joy He designs for its recipient, thus is set in contrast with debt, works and the law. [My beklemtoning]

Woorde is kragtig. Daarvan spreek die ganse Woord, van die eerste kragtige Skeppingswoorde in Genesis 1, tot die veroordeling wat Jesus aan die Kruis vasgenael het, tot by Jesus op die wit perd van Openbaring met die Sy naam: Die Woord van God. [Openbaring 19:13]

Spreuke sê dit duidelik: [18:21]

Death and life are in the power of the tongue, and they who indulge in it shall eat the fruit of it for death or life.

Hoe praat ons? Spreek ons lewe uit? Spreek ons gebede uit? Bring ons die goeie nuus? Spreek ons vergifnis en genade uit?

Jesus is gekenmerk aan Sy woorde van genade, wat in skerp kontras met die strengheid en engheid van die kerk van die tyd gestaan het. Deurgaans in Sy bediening het Hy vrygespreek, die oordeel ongeldig verklaar, gesond gemaak en sonde vergewe sonder verwyt. Hy het, presies soos Jesaja 61 voorspel het, die genadejaar van die Here aangekondig. Die uitstaande bewys hiervan is die paar woorde aan die moordenaar langs Hom aan die kruis, wat sonder seremonie die paradys saam met Jesus ingaan. Geen groot belydenis of kerkseremonies is vereis nie. Slegs die moordenaar se bewuswording van die Godheid van die mens langs hom in Sy donkerste en diepste vernedering, het genade laat seëvier. Onmiddellike vergifnis, volkome saligheid – dis my God!

Stap saam met my ‘n drafstap na ‘n storie in Konings van Hiskia se seun Manasse.

In die genadetyd van Hiskia – sy ekstra 15 jaar wat hy by God afpleit, het hy ‘n seun, Manasse. In 2 Konings 21 word 16 versies gewy aan die sonde van Manasse, te veel om op te noem. Vers 16:

Behalwe die sonde wat Manasse Juda laat doen het, wat verkeerd was in die oë van die Here, het Manasse ook nog baie onskuldige mense laat doodmaak. Jerusalem was van hoek tot kant vol bloed.

Slaan oor na 2 Kronieke 33. Daar is die opskrif van die hoofstuk: Die sonde van Manasse en sy berou. Weer volg die lys sondes. Vers 6 noem dat hy sy eie kinders aan afgode geoffer het, gruwelik verkeerd gedoen het en die Here uitgetart het. God het gepraat en hy het nie geluister nie. Vers 11:

Toe het die Here die leëraanvoerders van die koning van Assirië laat kom, hulle het Manasse gevange geneem, hake deur sy neus gesteek, hom geboei met bronskettings en hom Babel toe gevat.

Op hierdie punt moet ek erken daar is ‘n paar wêreldleiers wat ek dieselfde lot toewens.

En die volgende versie! Vers 12:

Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekgebede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is.

My hele wese roep uit: verdelg hom Here! Maar hier moet ek buig voor die onbegryplike en oorweldigende genade van my God. God vergewe en herstel sy koningskap!

My reaksie: ek moet buig en onderwerp. Ek roep uit: wie is ek Here, om te veroordeel. Net God ken die hart. Net Hy kan besluit. Vergewe my voortvarenheid. Lees verder oor die skoonmaakproses in Juda en Manasse se hervormings.

My gebed: Ek wil wees soos Jesus! Jesaja 61:

The Spirit of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the physical and spiritual captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, To proclaim the acceptable year of the Lord, the year of His favor and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn…..