161. Vry en onbeskaamd.

Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. (Psalm 3:4)

Die storie van die vrou wat in owerspel betrap is, is een van my gunsteling hoofstukke in Johannes. Dit is ‘n dramatiese straattoneel in ou Jerusalem wat die genade, liefde en oordeel van God op so ‘n manier bymekaar bring, dat elke mens wat dit lees sal besef hoe Jesus se teenwoordigheid lewe en dood bepaal. Wanneer die wêreld en die kerk in alle wreedheid en genadeloosheid toeslaan, is Jesus in die middel van die teologiese, politiese en morele argument. Sy optrede en die twee sinne wat Hy praat bring uitkoms en herstel.

Dit is sekerlik die mees gesaghebbende uitspraak waar ‘n doodsvonnis ter sprake was, in die geskiedenis van die mensdom ooit.

Die kwessie wat in hierdie gedeelte aangespreek word, is ‘n dilemma na albei kante toe. Die kerkleiers skep ‘n situasie wat hulle uitbuit om Jesus in ‘n lokval van argument vas te trek. Owerspel was ‘n ernstige misdaad met die doodstraf daaraan gekoppel.

Volgens Levitikus 20:10 moet die man en die vrou tot die dood veroordeel word. Die metode van doodmaak word nie bepaal nie. Deuteronomium 22:13-24 praat oor ‘n verloofde meisie. Sy en die man wat haar verlei het, moet buite die stadsmure gestenig word. Die Mishna (kommentaar op die Talmud) praat van verwurging – iets wat nooit ooit in die die Ou Testament ter sprake was.

Die wet het voorgeskryf dat die man en die vrou doodgemaak moet word. Die afwesigheid van die man in hierdie geval is, ‘n skryende diskriminasie teen die vrou en ‘n teken van die tyd waarin die toneel hom afspeel. Die vrou moes die blaam dra en met haar lewe betaal.

Vir Jesus is die lokval gestel:

As Hy sou sê dat die vrou gestenig moes word soos die Wet van Moses voorskryf, dan het Sy boodskap aan sondaars oor genade en liefde grootliks skade gely en Hy sou nie weer die vriend van die sondaar genoem kon word nie. Hy sou ook direk in botsing met die Romeinse owerhede gekom het, aangesien hulle publieke teregstelling deur die Jode verbied het.

Indien Hy haar sou vryspreek, sou Hy die Wet van Moses verbreek en owerspel goedkeur.

Hy het afgebuk en met Sy vinger in die grond geskryf. Die moontlikhede van wat Hy daar geskryf het, is soveel as die mense wat daarooor kommentaar lewer. Kom ons kyk na ‘n paar.

Hy kon dalk die aanklaers toelaat om hulle woorde te herhaal sodat hulle self tot die besef van hulle wreedheid en arrogansie sou kom.

Een kommentaar meen dat die desperate vrees van die vrou, die bloedlus in die gesigte van die omstanders, die onsimpatieke hantering van ‘n weerlose vrou in ‘n skare wat toekyk, Jesus so met weersin vervul het, dat Hy sy gesig van hulle verberg het. Na alles, was die aanklaers die mense wat hulleself kinders van God genoem het.

Daar is ‘n nog ‘n interessante punt wat uitgelig kan word. Dit kan wees dat Jesus met ‘n goddellike vinger die sonde van die aanklaers in die sand of op die stene wat hulle vasgehou het, geskryf het, terwyl hulle oor Sy skouer loer. Die Griekse woord wat hier gebruik word is nie graphein, wat skryf beteken nie, maar katagraphein, wat opskryf, soos vir die hou van ‘n rekord teen iemand, beteken.

Nieteenstaande het hulle op ‘n antwoord aangedring. Hy het dit gegee:

Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” (Johannes 7:7)

Die woord, sonder sonde van die OAB, is wyd in betekenis om in te sluit sonder sondige begeertes. Die vertaling “skoon gewete” is ‘n goeie aanduiding van die inhoud van Jesus se bedoeling.

Skielik is Jesus alleen by die vrou en Hy praat met haar. Mans het nie in die openbaar met ‘n vrou gepraat nie. Hy vra haar waar haar aanklaers is.

Haar enigste woorde in die straathof wat haar lewe sou neem, is haar antwoord op Sy vraag.

Jesus stuur haar weg met woorde van hoop en lewe op ‘n vars begin. Hy stuur haar nie na die sinagoge vir beter lering oor die Wet van Moses sodat sy nie weer sondig nie. Hy stuur haar in ‘n wêreld vol chaos en morele verval. Hoe kon Hy dit doen?

Jesus het geweet Hy is oppad kruis toe vir haar sonde!

Hy het ook ten volle Sy Vader met haar lewe vertrou en geweet dat die Vaderhand deur die werking van die Heilige Gees die enigste veilige plek op hierdie aarde is. Dit is presies wat ons ook met doen met nuwe bekeerlinge en die mense vir wie ons bid. Net sodra die kerk mure bou en dink dat hulle mense moet “help” om nie te sondig nie, is daar korrupsie en wettisisme.

Die Fariseërs en Skrifgeleerdes was oortuig dat hulle as die teoloë regsgeleerdes van die tyd, die hoogste gesag was om haar te straf uit ‘n posisie van oordeel, kritiek en sensuur. Hulle was heeltemal gemaklik in die rol. Simpatie en liefde om ‘n sondaar terug te wen, was lankal verlore. Hulle wou nie sonde aanspreek nie, net oordeel en straf. Hulle het nooit besef dat hulle ook geoordeel gaan word nie.

Die wêreld sukkel om mense te red. Rehabilitasie vir verslawing en misdaad het twyfelagtige sukses. Dikwels het straf bitterheid, woede en meer ernstige dade tot gevolg.

Die vrou, as ‘n mens en skepsel van God, het geen plek in die toepassing van die Wet deur die kerkleiers nie. Sy is bloot ‘n instrument om Jesus te by te kom.

Sy is ‘n niks sonder ‘n naam.

As mense niks word, is die Christendom dood.

God gebruik name. Daar is bladyse en bladsye name in die Bybel. Die Bybel fokus op mense by naam. God sê vir Moses: Ek ken jou op jou naam.” (Exodus 33:17). Hy sê aan Kores: sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel. (Isaiah 45:3).

Dink jy die Fariseërs wat haar aangekla het, het haar naam geken? Indien wel, het hulle haar nie by naam aan Jesus voorgestel nie.

Sy het heel moontlik verlangs van Jesus gehoor. Mens weet so min van haar af. Sy het Hom dalk as deel van die kerk beskou en is sonder hoop, gevul met vrees in Sy teenwoordigheid ingesleep. Hoe het sy die hele geding waarvan sy die middelpunt is, sonder dat iemand in haar rigting kyk, ervaar?

Net ‘n volmaakte mens kan oordeel. Daarom het die Fariseërs na volmaaktheid gestreef. Jesus waarsku om nie te oordeel nie (Matteus 7:1). Wanneer ons oordeel sien ons die splinter in ander se oog en nie die balk in ons eie nie (7:3-5). Ons is blind vir ons eie foute, terwul ander se sonde en tekortkominge so duidelik is.

Ons eerste reaksie op ‘n fout moet simpatie en bejammering wees. Ons moet verligting bring met ‘n boodskap van hoop en saligheid. Weersin verdwyn in liefde en die begeerte om te help.

Jesus het nie haar sonde goedgekeur nie. Hy het oordeel uitgestel tot na die geleentheid vir saligheid. Hy het haar ‘n tweede kans gegee sodat sy beter besluite kan neem. Hy was jammer vir haar. Sy liefde het simpatie vir haar voortgebring.

Hy het haar laat gaan met ‘n uitdaging. Dit was nie maklik nie. Sy moes haar lewe omkeer en nuwe besluite maak op grond van haar tweede kans. Sonde was oral.

Jesus het haar vertrou om haar kans te gebruik. Hy het haar in Sy Vader se hand “losgelaat” en geweet sy sal veilig wees.

 

 

 

 

 

 

147. Verhewe, uitnemend en soveel meer.

Die mens se kreatiwiteit verstom my. Het jy al vasgenael in ‘n konsert gesit, terwyl die perfeksie en passie van die optrede jou siel binnedring? ‘n Konsertpianis, ‘n sanger wat met musiek jou net so diep raak, soos kuns, argitektuur en ‘n mooi fliek.

Ek word maklik deur skoonheid oorweldig. Ek verlang partykeer om iets wonderlik te sien. Die afgelope weke se sonsondergange was so verstommend mooi dat dit moeilik is om te beskryf. Ek het soms so intens gekyk omdat ek nie ‘n minuut daarvan wou mis nie.

Vroeër hierdie jaar was ek op ‘n vrouekamp noord van waar ons woon. Die Vrydagaand was tyd vir warm sjokolade om ‘n kampvuur buite. Dit was al goed koud en ons het met dik jasse buite gesit. Iemand het met my gepraat en ek kon eers later uitgaan, so rondom 11nm. Ek het net ‘n rukkie gesit, toe wou die bittereinders ook gaan slaap. Toe ons omdraai om terug na die gebou te loop, toe dans die hele lug!

Ek kon my oë nie glo nie. Die trane het spontaan geloop. Die bewegende groen ligte was so majestieus en so verruklik mooi dat ek tjoepstil gestaan en staar het. Dit het werklik gevoel asof die Here voor my met die wonder van Sy skepping spog! Ek het gestaan totdat dit vervaag het. My vriendinne het my verwondering so geniet, dat dit vir hulle ook nuut was. Sommige sien die aurora aand na aand van hulle stoepe af.

Ek sal dit nooit vergeet nie. Dit is vir ewig in my gemoed ingrafeer.

Hoe kan iemand ‘n ontmoeting met die Lig van die wêreld vergeet? Ek kan my net voorstel hoe dit moes gevoel het om voor die mens Jesus te staan. Eintlik is dit gewaarborg om by jou te bly. Jy kan Hom verwerp, maar dit bring ‘n oordeel oor jou wat jy self bepaal. Dit is onmoontlik om neutraal te staan.

 Hier in Johannes 3:17-21 sien ons die paradoks van liefde en oordeel. Die blote feit van God se liefde het oordeel ingebou. Enigiemand wat Sy liefde verwerp bring oordeel oor homself.

Dit is moontlik om liefde aan te bied wat in oordeel omskep word. ‘n Vreugdevolle ondervinding kan veroordeel word. Jy kan dalk dink dat jy ‘n vriend saamneem vir ‘n simfoniekonsert wat vir jou pragtig is en die ander persoon sit en vroetel van verveeldheid.

As die mens met groot kuns en kreatiwiteit konfronteer word, is sy reaksie noodwendig oordeel. Kuns, musiek, prediking, boeke en selfs die natuur word onmiddellik geoordeel. As iemand ‘n sekere skoonheid miskyk, dan is hy blind vir dit wat voor hom is. Dit is so met baie dinge in die lewe. Hoe dikwels kyk ons die mooi mis. Dit verg dalk bietjie tyd en geduld om dieper te kyk. Die skoonheid self staan nie in die hof van die lewe op aanklag nie. Die een wat kyk word verhoor. Sy blindheid vir skoonheid is bejammeringswaardig.

Net so met Jesus – die mens het Hom geoordeel. Sy missie van redding en saligheid, vryheid en oorwinning is nie raakgesien nie. Daarmee is die mens geoordeel. God het die mens lief. Die mens veroordeel homself.

In die lig van Jesus en ‘n ware ontmoeting met Hom, sien ons ons tekortkominge en swakhede. Dit is nie lekker nie. Die duisternis van sonde bedek ons slegte karakter, of so dink ons, totdat dit ons inhaal en vernietig. Die waarheid maak vry. Jesus het gesê: Ek is die waarheid.

Johannes 3:22-30 is die perfekte reaksie op Jesus van sy neef, Johannes die Doper. In sy woorde vind ons die verfrissende krag van nederigheid:

 Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.

 Hy moet meer word en ek minder.

Nederigheid word gedefinieer as ‘n beskeie besef van morele onbelangrikheid, ‘n onselfsugtige, positiewe beheptheid met die welvaart van ander mense. Dit is die totale afwesigheid van arrogansie en trots.

Die woord was afwesig in klassieke Grieks buite die Bybel. Die krag van ‘n nederige mens is nie in die antieke wêreld erken nie. Die  Grieke was duidelik nie geskool in die Hebreeuse wysheidsliteratuur van die Ou Testament nie.

Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer. (Spreuke 29:23)

In nederigheid aanvaar ons die wil van God en so ‘n persoon geniet die Koninkryk van God hier op aarde waarin ons leef as ons Jesus aanvaar.

Daar is geen selfbejammering van Johannes die Doper nie. Hy het nooit meer verwag nie. Hy het geweet hy is die voorloper, die wegbereider.

Die lewe sal makliker wees as elke mens van sy Godgegewe rol in die wêreld bewus is en soms die ondergeskikte rol speel. Ons maatstaf is so anders as God s’n. Enige taak vir God het grootheid ingebou.

Geen mens is tot meer in staat as wat God hom gee nie.

In die woorde van Johannes die Doper:

“Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie.

 Hy het Jesus die bruidegom genoem en homself die vriend van die bruidegom.

Een van die dieper simbole van die Ou Testament is God as bruidegom en die volk Israel as Sy bruid. Die verhouding tussen God en Sy volk is so spesiaal soos ‘n huweliksverhouding. As Israel afgodery praktiseer is dit soos owerspel (Exodus 34:15; Deuteronomium 31:16; Psalms 73:27Jesaja 54:5). Die Nuwe Testament het hierdie beeld verder uitgebou en praat van die kerk as die Bruid van Christus (2 Korintiërs 11:2 en Efesiërs 5:22-32).

Die bruidegom se vriend het ‘n belangrike taak in ‘n Joodse huwelik gehad. Hy was die kontakpersoon tussen die bruid en bruidegom, hy het die troue gereël, hy het die uitnodigings uitgehandig, hy was die seremoniemeester. Hy het die bruid en bruidegom bymekaargebring. Hy het een belangrike en spesiale verpligting gehad. Hy het toegesien dat daar nie sommer enige man by die bruid beland. Hy het die stem van die bruidegom geken en net hom by die deur van die huwelikskamer toegelaat, waar hy die bruid veilig bewaar het.

In die laaste verse van hierdie hoofstuk weet ons nie meer of die Johannes die Doper aan die woord is nie, of Johannes die skrywer van die boek self kommentaar lewer nie.

Die woorde verklaar die gesag van Jesus. Hy ken God omdat Hy van God af kom. Hy het die beste inligting oor die karakter van God. Ons leef in die Gees-dipensasie en kan hierdie kennis van God bekom deur die Heilige Gees.

In die antieke tyd is alle dokumente met ‘n seël bevestig. Jesus is die seël op die Testament wat ons van God kry.

God het niks van Jesus teruggehou nie. Hy het die Sy Gees in volle maat uitgestort. Die Gees het twee doelstellings: om aan die mens God se waarheid te openbaar en om die mens in staat te stel om dit te erken en te verstaan.

Om Jesus se woorde te hoor is om God te hoor. Dit is die keuse tussen lewe en dood. Die keuse word regdeur die Bybel beklemtoon. (Deuteronomium 30:15-20; Joshua 24:15)

Op die kruispad van elke lewe is daar altyd ‘n keuse. Wat sal jy met Jesus doen? Elke dag, elke uur is daar ‘n keuse. God se liefde konfronteer. Hy is waarheid en liefde.

Hy sê dit self. (Exodus 34:6, The Message)

God passed in front of him and called out, “God, God, a God of mercy and grace, endlessly patient—so much love, so deeply true—loyal in love for a thousand generations, forgiving iniquity, rebellion, and sin. 

 

136. Ja werklik…soos nooit vantevore.

Ons het al daaroor gepraat. Nuut soos ‘n nuwe pen is iets wat al lankal bestaan. Daar is ook ander soort nuut. ‘n Nuwe een soos in absoluut die heel eerste wat bestaan. God maak iets nuut. Wat Hy nuut maak het nog nooit vantevore bestaan nie. Hy is die Skepper. Hy maak mense nuut. Hy maak die mees bose en aakligste gemors iets wonderbaar met ‘n unieke plek in die wêreld.

Ek is altyd oorstelp met die idee van ‘n nuwe begin. Het ons ou wêreld dit nie vreeslik nodig nie? Hoeveel keer sien ons lewens wat so verkeerd loop in die oppervlakkige soeke na plesier, rykdom en sukses wat lei na roekelose en onverantwoordelike besluite. In die duisternis van die gevolge van sulke oortredings, ego die hulproep na ons God wat kan nuut maak.

Hierdie glorieryke Skepper-God het mens geword om in die stof te leef en ly en hier by ons sy genesende en restorerende krag te bevestig. Johannes stel dit so:

1:14: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Hierdie vers is die kern van die ganse Evangelie van Johannes.

Die Woord wat die wêreld geskep het, die rede van God wat die wêreld in stand hou het ‘n mens geword sodat ons Hom met ons eie oë kon aanskou. God het vorm aangeneem sodat dit vir ‘n gewone mens moontlik was om Hom te sien.

Hierdie redenasie van Johannes onderskei sy Evangelie van alles anders wat ooit geskryf is. Dit was iets waarvan niemand nog ooit bewus was of verstaan het nie. Augustinus het daarna verwys en verklaar dat daar niks in enige filosofiese geskrifte bestaan, wat verduidelik hoe die Woord, vlees geword het.

Vir die Grieke was dit onmoontlik – ‘n god kon nooit mens word nie. Die wêreld en die fisiese was so korrup dat God nie eers naby dit kan kom nie.

Johannes maak hierdie skokkende stelling: God het ‘n mens geword; God het ewigheid vir tyd verruil; God het ‘n gewone lewe kom leef en sigbaar vir die mens geword. Paulus gebruik die woord VLEES om die mens se natuur en geneigdheid tot sonde te beskryf. Om dit aan God toe te skryf was ongehoord.

Sommige het gesê Jesus is ‘n spook wat nie werklik koue en honger kon ervaar nie. So sterk het hierdie gedagte posgevat, dat dit ‘n sekte geword het. Johannes maak ‘n sterk argument teen dit.

In Jesus sien ons God ons lewe leef, soos wat Hy dit sou leef as Hy op aarde moes woon. Jesus het God in ons lewe ingeleef.

Johannes skryf in klassieke Hebreeuse styl – dieselfde konsep word herhaal, bietjie anders die tweede maal vir impak en beklemtoning.

Hierdie vers bevat die twee mees belangrike woorde in die ganse Jesus-saga – genade en waarheid.

GENADE:

Genade is heeltemal onverdiend, iets wat ons nooit self in ons guns kan laat werk nie. Dit is aksie van God, voortspruitend uit Sy liefde om die hulpeloosheid van die mens uit die onbeperkte goedgesindheid van God te hulp te kom.

In Grieks beteken genade ook charisma of sjarme. In Jesus sien ons God se wonderbare, sagmoedige geaardheid.

Genade verduidelik God se eensydige uitreiking na die mens, sonder om enigiets terug te verwag.

Net in die daaropvolgende verse verduidelik Johannes die onbeperktheid en onuitputlikheid van God se genade.

Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (Johannes 1:16)

Dit beskryf een wonder wat tot die volgende lei. Daar is altyd meer – mooier en mooier. Musiek, kuns en letterkunde het geen einde nie. God is nog soveel meer as ons aardse konsep van skoonheid. Hy is onbeperk.

In sy onbeperktheid voorsien Hy AL die genade wat ons ooit mag nodig hê. Genade is dinamies en genoeg en kan alles bedek en red. God is lief vir die mens en gee genade sonder maat. Dit mag dalk nie so duidelik uit die wet van Moses en die Ou Testament blyk nie, maar in die lewe en boodskap van Jesus is daar geen twyfel nie.

WAARHEID:

Wysgere oor eeue soek na waarheid. Hoe kan mens ooit seker van die standaard en oorspronklike, waaraan waarheid gemeet kan word, wees? Waarheid word defineer as die feit, geloofwaardigheid of realiteit in ooreenstemming met ‘n oorspronklike of ‘n standaard.

Jesus se: Ek is die waarheid (Johannes 14:6). Om die waarheid te ken, moet ons Jesus ken. Hy is toeganklik vir almal. Sommige mense vind dit moeilik om abstrakte idees te verstaan. Dit is moeilik om skoonheid te beskryf, maar almal kan iets mooi herken en met sekerheid in sy eie opinie weet dis mooi. Ons kan na Jesus wys en sê: Dit is God. In Hom weet ons wat die waarheid oor God is.

Jesus het nie vir ons kom vertel van God nie. Hy het in lewende lywe kom wys wat God is, sodat die eenvoudigste denke God kan begryp en aanvaar, net soos die mees ontwikkelde intellektuele denke met die diepte van filisofiese studies Hom kan begryp.

Jesus kommunikeer waarheid; Hy is die waarheid (Johannes 8:31) en Hy is ‘n getuie tot die waarheid (Johnannes 18:37). Hy is die oorspronklike, die standaard. Jesus wys ons die regte pad, maar stel ons ook in staat om reg te kies en dan reg te leef. Sy Gees is die gees van waarheid (Johannes 14:17; 15:26; 16:13)

Die Heilige Gees help ons om die Bybel te lees, te verstaan en te leef.

Dit is die waarheid wat ons vry maak (Johannes 8:32).

‘n Kind wat werklik weet wie hy is, is vry en vrymoedig om ten volle te leef. Die vyand wil ‘n skewe, leuenagtige beeld van onsself vir ons laat glo. Dit is hoe vrees en ongeloof in ons denke vastrapplek kry.

Die waarheid kan weerstaan word. Jesus is doodgemaak daarvoor (Johannes 8:40).

Geen mens kon nog ooit die waarheid vernietig deur dit te weier nie.

 Die waarheid kan verwerp word (Johannes 8:45). Soveel mense kan nie in Jesus glo nie, net omdat dit so eenvoudig en maklik is. Sommige is so vasgevang in halwe waarhede en vals leerstellinge wat soms die groter gevaar vir die waarheid is.

Waarheid is nie abstrak nie. Dit is prakties en moet geleef word (Johannes 3:21). Dit kan geken word, aanvaar word en uitgeleef word. Om die Jesus-lewe te leef deur Sy genade is die ware lewe.

Dit is die nuwe begin, na groot tragedie, na groot rampspoed. ‘n Hele nuwe lewe, hier op die aarde binne al die gebrokenheid.

124. Hy is goed, goed, goed – altyd.

Wat sien jy as jy aan God die Vader dink? Kan jy ‘n prentjie vorm van Hom? Dink jy Hy en Jesus is soort van apart? Hoe sal jy die leer van die Drie-eenheid waarmee ons teologie ons Godheidskonsep bepaal, illustreer?

Kom ons bly in die laaste hoofstukke van Exodus in een van die mees dramatiese tonele van alle eeue wat ons gebed vir toekomstige geslagte sal bepaal.

Moses is in gesprek met God. Die Here sê dat Hy nie saam na die beloofde land sal gaan nie, met ‘n verwytende en teleurgestelde houding – amper vreemd vir die God van wonderwerkende genade waarmee hulle dusver te doen het.

“Trek nou hiervandaan af weg, jy en die volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het…

Julle is so ‘n moedswillige volk dat Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.” (Exodus 33:1,3)

Nou is die volk skielik Moses se volk. Hoe het dit gebeur? Die Here weet goed wat Moses kan dra. Hy is God se goeie vriend – onthou?

Die Here het direk met Moses gepraat soos ‘n man met sy vriend. (Exodus 33:11)

God is alwetend en staan buite tyd. Hy weet wat Sy verwyt in Moses se hart sal opwek sodat Moses vir die volk pleit met sy eie lewe op die spel.

Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.” (Exodus 32:32)

Moses tree op as ‘n ware profeet. Hy stel homself op tussen die volk en God. Wat ‘n ellendige gemors bring die gevolge van hulle sonde. God lyk teleurgesteld en kwaad op hierdie punt.

Moses reageer sonder vrees. Hy pleit vir die mense met die volle besef van God se woede en heiligheid. Hy gaan selfs sover om God te herinner dat hulle Sy kinders is en nie aan hom wat Moses is behoort nie.

Hy slaan sy tent buite die kamp op – ‘n simboliese skeiding van die sonde en boosheid van die kamp en die mense. Die mense wat genade soek, het ‘n geleentheid om hulleself van die sonde te onderskei. Waar Moses daar in die tent sit, is die wolkkolom oor die deur as ‘n teken van God se teenwoordigheid.

As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” (Exodus 33:13)

Selfs te midde van groot sonde en teleurstelling, is God daar by Sy mense. Sy teenwoordigheid is daar sodat almal die geleentheid het om te kom regmaak wat verkeerd is.

Hy is daar waar ‘n hart hom in opregtheid soek, om elke uitroep met guns en genade te antwoord.

GEBED: Wys my U genade sodat ek U ken en guns in U oë vind.

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Moses vorm vir die mense die beeld van God soos wat hulle dit moet onthou.

Hulle het God se teleurstelling en die gevolg van hulle sonde ervaar. Die goud van die kalf wat hulle gedrink het, is simbolies van die dodelike gevolge van ons dade.

God weet wat om hulle van Sy karakter te wys, wanneer Hy Homself aan Moses vertoon.

Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. (Exodus 33:19)

In hierdie oomblik van groot verwarring en hartseer, wys God sy goedheid.

God openbaar Homself en verklaar oor Homself:

Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. (Exodus 34:6)

Hierdie uitspraak kan opgesom word in die Hebreeuse woord , wat elke moontlik aspek van die verbondsbeloftes omvat. Toe die mense Moses vra hoe God “lyk”, toe antwoord hy met hierdie woord. Moses het God se karakter gesien, nie die uiterlike vorm nie.

Hy is die Bron van alles wat goed en waar is. Uit Sy karakter spruit Sy dade.

Hoe kan ons dan bid om in die teenwoordigheid van die Almagtige God te kan ingaan?

GEBED: As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. (Psalm 34:18,19)

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Dit is net ‘n eenmalige oomblik – nie ‘n lewe van voortdurende skuld nie; eintlik die teenoorgestelde. Bely en stap aan in oorwinning. Belydenis is ‘n stap vorentoe, nie ‘n volgehoue bewussyn van skuld en onwaardigheid nie.

In gebed sal die glorie van God se goedheid jou bewussyn oorweldig. Jou lewe word bepaal deur die volle impak van Sy liefde vir jou.

Dit is die beeld van die Vader. “Sien” die pa van die verlore seun wat uitkyk vir jou tuiskoms en jou tegemoet storm met uitgestrekte arms…

 

 

 

 

 

 

115. Stad van lig en lewe.

Bodemklipvriende, ons het reeds gepraat oor ons hemelse gasheer. Dink maar aan die mees gesogte uitnodiging wat jy sou wou ontvang na die fees wat alles in jou lewe tweede beste maak by verre. Die heel beste wat jou geïnspireerde verbeelding kan opdink en ver, ver meer, wag vir jou in die hemelse Jerusalem.

Vir soveel jare sing die kerk met verlange na ‘n hemelse stad van lig en lewe. Ek het geen twyfel dat elke woord van elke lied vir ons sal waar word, met God se vermenigvuldiging in glorie en aanskoulikheid. Ons moet wel besef, dat ons die nuwe Jerusalem op aarde is. Ons is die kerk van Jesus en deur die Kruis ervaar ons nou reeds die lewe in die hemelse stad, die perfekte kubus, die Allerheiligste – die plek waar God woon by sy kosbare besitting – ons. Hoor wat is alles daar vir jou in die laaste hoofstuk van Openbaring.

Ons beweeg van buite na binne. Die rivier met die water van lewe is ‘n bekende beeld in die Ou Testament. Ons lees van die rivier in die Tuin van Eden (Genesis 2:10,18-16). Esegiël se tempel het ‘n rivier gehad (Esegiël 47:1-7). In Psalm 46:4 sing die psalmis:

…oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste

Die profete het die fontein in die huis van God verkondig as ‘n seën by die koms van die Messias.

 Daardie dag sal daar volop wyn wees op die berge, oorvloed melk op die heuwels. In al die slote van Juda sal daar water loop, ‘n fontein sal uit die huis van die Here borrel en die Sittimdal natlei. (Joel 3:18)

In Sagaria (14:8) word die lewende water van Jerusalem genoem. Die simboliek van water is lewegewend. Dit is presies wat God met Sy kerk beplan. Die kerk, die nuwe Jerusalem, is die lewe en die hoop van die wêreld wat die goeie nuus van saligheid aan die nasies bring.

Vir ons weerklink die ware belofte deur al die eeue. Ons kan rus in die lewegewende fontein van God. In die woestyn het Moses die rots geslaan en die water het gevloei. Die rots is ‘n tipe van Jesus wat geslaan is met die kruisiging en die hemelse fontein van lewe ontsluit het. In ongehoorsaamheid het Moses die rots die tweede keer geslaan, toe hy met die rots moes praat. Net ‘n fluistergebed is nodig om die water te laat vloei. Die Kruis was eens en vir altyd. Sy kruisdood geld vir tyd en ewigheid.

 Hy wat rots in waterkuile verander, harde klip in fonteine. (Psalm 114:8)

Wysheid word dikwels in verband met water gebruik. (Spreuke 10:11, 13:14,14:27,16:22) God is die bron van alle wysheid en die fontein van die lewe. (Psalm 35:9).

In die woorde van Jesus self is die lewe van oorvloed wat van God af kom, beskikbaar vir die wat in Hom glo.

 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”(Johannes 7:38-39)

Die Boom van die Lewe wat in die Tuin van Eden staan, word in Genesis 2:8,9 en 3:6 genoem. Die rivier en die boom in die pragtige beskrywing van Esegiël se tempel is die natuur in God se hand wat alles voorsien wat ons nodig het. Die Boom van die Lewe is Jesus as Bron van alle lewe.

Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.” (Esegiël 47:12)

Vir ons, die kerk, is die vrug van die Heilige Gees soos in Galasiërs 5:22 bespreek, die voeding van die Boom van die Lewe. In Jesus kan ons voorsien in die wêreld se behoefte aan die dieper waarhede wat genesing vir die nasies bring.

Geen vervloeking en boosheid kan die atmosfeer en die omgewing besoedel nie. (22:3-5). In Sy teenwoordigheid sien ons Hom van aangesig tot aangesig. Dit is die hemelse seën vir die rein van hart in die saligsprekinge uitgespreek. (Matteus 5:8)

Niemand kan God sien en lewe soos aan Moses gesê Exodus 33:20,23. Net in Christus is dit moontlik. Om God se aangesig te sien is om:

  • te aanbid in gees en waarheid – ‘n lewe van gehoorsaamheid.
  • ‘n lewe met die “merk” van God wat aan Hom uitsluitlik behoort.

Daar is geen duisternis en geen son en maan meer nodig nie. God self is die lig in die stad. Hy sal saam met Sy dienaars regeer.

Die laaste woorde (22:6-9) van enige dokument is belangrik. Die hoofstuk se einde het drie sprekers en belangrike punte word weer en weer aangehaal.

Die engele as interpreteerders van die goddellike wat Johannes aanskou het. Hulle bevestig die waarheid daarvan. Die Heilige Gees inspirasie waarmee Johannes skryf is dieselfde as waarmee die profete van ouds geskryf het.

Jesus self kondig Sy wederkoms aan en spreek ‘n seën uit oor almal wat hoor en gehoorsaam is.

Johannes bevestig sy outeurskap en waarsku teen engel-aanbidding soos in 19:10. Hierdie herhaling beklemtoon die belang van die waarskuwing. Aanbidding is aan God alleen.

Dit was die gewoonte om belangrike dokumente te seël met die opdrag om niks by te voeg of weg te neem nie. So moet hierdie visioen geseël word om te dien as aanmoediging vir die kerk.

Wat oor die aande en oggende aan jou geopenbaar is, sal werklik gebeur. Maar jy moet die visioen geheim hou, want dit sien op die verre toekoms.” (Daniel 8:26)

Toe sê hy: “Jy moet nou gaan, Daniël, want die woorde is verseël en word geheim gehou tot die eindtyd toe. Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word, maar die goddeloses sal goddeloos bly. Nie een van die goddeloses sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan (Daniel 12: 8,9. Sien ook Esegiël 3:27)

Eeue terug het God geweet van die mense wat Hom sal verwerp. Daar is nie sprake van liefde as daar nie vrye keuse is nie.

Jesus bevestig wie Hy is en dat Hy kom om die gelowiges te beloon. Sy titels, die Eerste en die Laaste beklemtoon die gesag en voltooiing van die visioen. Mag is in Sy hande en sal daar bly.

Weer eens word die toegangsvereistes uitgespel. Dit is die aanvaarding van Jesus se kruisdood as redding uit sonde en dood. Openbaring 21:8 noem diegene wat verhinder word om Sy teenwoordigheid te ervaar. Dit is die sonde wat jou ‘n kragtelose mens maak, sonder oorwinning, insig en wonderwerke.

Kyk maar weer na die lysie. Dit is goed om waaksaam te wees teen vrees en misleiding.

Honde was altyd ‘n simbool van onreinheid en gemeenheid. Die Jode het die heidene honde genoem. Rondloperhonde is gewoonlik aggressief en sal wreed veg vir enige afval. Die manlike prostitute in die afgodstempels is honde genoem. In hierdie verband dui die honde op immorele, sedelose mense.

Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie. (Psalms 101:7)

Die visioen kom van Jesus (22:16) en sy titels word bevestig.

Jesaja 11:1 en Numeri 24:17 noem die ster in die verwagting van die Messias. Die môrester kondig die begin van ‘n nuwe dag aan en die einde van die duisternis. Jesus is die Lig van die wêreld. (Johannes 8:12)

Die groot uitnodiging (22:17) wat deur al die eeue oor die hele aarde weerklink, word in die laaste woorde herhaal. Gewoonlik word die laaste woorde van enigiemand as baie belangrik beskou. Die laaste woorde van Johannes se visioen is kernbelangrik om die wese van die boodskap te bevestig.

Die Gees en die Bruid sê Kom. Aan almal wat hoor en almal wat dors het kom die grootse uitnodiging van alle tye. Net soos die briewe aan die gemeentes, kom die opdrag om te hoor en te gehoorsaam. (Jesaja 55:1 and Johannes 6:35)

Dan kom die groot waarskuwing (22:18-19). Dit is ‘n ernstige waarskuwing om die intergriteit van die waarheid te respekteer.

Maar al sou een van ons of selfs ‘n engel uit die hemel aan julle ‘n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! (Galasiërs 1:8)

Ons sien die goue draad van die ware evangelie deur die hele Skrif. Die einde is algemeen in antieke geskrifte. Net so is daar ‘n waarksuwing in oor die woorde van God in die Ou Testament.

 Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie, maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie wat ek julle gegee het. (Deuteronomium 4:2)

…en Spreuke 30:5,6:

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil. Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.

 Die rol van die skriba in antieke tye was ‘n triomf in perfeksionisme.

In die heel laaste verse is die refrein wat Christus deur Sy kerk laat klink, weer en weer (22:20-21).

Ons hoor die glorie en barmhartigheid, bemoediging en verwagting wat die kerk definieer. Binne al die vreeslike vervolging, kan ons die teenwoordigheid van ons Jesus ervaar.

Die heel laaste woord in die ganse Bybel: GENADE. Die belofte dat Sy genade altyd by ons is. Juig Bodemklipvriend!

 

47. Vrygewig met oorvloed – buitengewoon!

Soos met meeste dinge in die materiële wêreld, is perke ‘n goeie ding. In ons familie is my oupa se tafelgebed ‘n voosgebruikte aanhaling – Ag Here, behoede ons van overdaad! Hoe dikwels word ons in die lewe vermaan tot balans met betrekking tot werk, geld uitgee, dieet en plesier. Dit is ook reg so. Ons moet begroot vir uitgawe en belegging, ons lewenspatrone deurdink, kinders opvoed met balans, ons eie belange opweeg teenoor ander mense om ons. As werk of plesier, geld of kos of avontuur oorheers, is dit overdaad en ongesond.

In die geesteswêreld is dit anders. Daar is baie dinge sonder perke beskikbaar en selfs ‘n vereiste. Onbeperkte liefde, onbeperkte genade, onbeperkte vergifnis. Nuwe Testamentiese Grieks het ‘n hele paar woorde vir oorvloed. Een van hulle – perisseia – word vier maal gebruik en word vertaal met: an exceeding measure, something above the ordinary.

Ek kan hierdie woorde nie genoeg indrink nie. Dit is die mees belangrike kenmerk van ‘n lewe – buitengewoon. Dit is alleen moontlik met die oorvloed wat in God se wêreld beskikbaar is. Hy is El Shaddai – the God of plenty. 

Ek het onlangs ‘n pragtige preek by ‘n troue gehoor. Die tema van die preek was: Blessed is he who distinguishes between the holy and the ordinary. Hou dit in gedagte soos ons verder gesels.

Daar is soveel talent om ons. Die wêreld van besigheid, kuns, musiek, akademie, vermaak – alle fassette van die lewe – is vol buitengewone lewens. Dis nie moeilik om uitsonderlike, unieke, verstommende lewens op te noem nie. Daar is onuitspreeklike boosheid, wreedheid en vernietiging ook. Net soveel as wat skoonheid en talent jou siel oplig, voel mens soms platgeslaan deur die kwaad en ongeregtigheid in die wêreld. Binne-in hierdie paradoks, leef ons kinders van God uit Sy bron van onbeperkte genade. Daarom is dit so belangrik om te besluit hoe jy leef en nie te reageer op die wêreld om jou nie.

Een van die plekke waar perisseia gebruik word is Romeine 5:17:

For if because of one man’s trespass, death reigned through that one, much more surely will those who receive God’s overflowing grace (unmerited favor) and the free gift of righteousness [putting them into right standing with Himself] reign as kings in life through the one Man Jesus Christ, the Messiah, the Anointed One.

Die belofte is oorweldigend. Ons regeer as konings deur die oorvloed van genade in Jesus. Dis vry, dis meer as genoeg en dis ons geskenk deur Jesus. Die kenmerk van ‘n koning is om te regeer, nie te reageer nie.

Dit word bevestig deur die gebruik van perisseia in 2 Korintiërs 8:2:

For in the midst of an ordeal of severe tribulation, their abundance of joy and their depth of poverty have overflowed in wealth of lavish generosity on their part.

Dink net ‘n oomblik na oor die woorde wat hier in verband met mekaar gebruik word. Ernstige verdrukking, oorvloedige vreugde, diep armoede, uitbundige vrygewigheid. In ‘n sekere sin is dit woorde wat nie pas nie – dit sal in die gewone gang van sake nie eers in dieselfde asem genoem word nie. In God se wêreld maak dit volle sin. In werklikheid – dit is die onderliggende beginsel van alles wat Hy is.  

Dit is dikwels die moeilikheid wat lei tot uitkoms. Daarvoor gee die Here ons insig en wysheid om die saak te hanteer. Soos die woorde van Josef aan sy broers in Genesis 50:20:

You intended to harm me, but God intended it for good to accomplish what is now being done, the saving of many lives.

Die storie van Josef vertel van ernstige gesinskonflik, wat lei tot moordplanne en leuens. Konflik in verhoudinge is sekerlik die nommer een rede vir ongeluk en stryd. Ons is werklik net so gelukkig as wat ons verhoudinge met die mense rondom ons is. Ons lewenskwaliteit word in die eerste plek daardeur bepaal en nie deur materiële voorspoed of die plek waar ons bly nie. Daarom kan ons nie bekostig om sonder die insig en krag van die Heilige Gees in verhouding te staan nie. Ons het die volle rykdom van al die geestelike seëninge in Jesus nodig daarvoor.

Sou jy ooit kon dink dat jou konflik, jou versteurde verhouding is ‘n heilige oomblik wat deur die Here gebruik word. Onthou die woorde van die lied van Rick Moser – In Sy Naam word elke struikelblok ‘n vastrapplek vir oorwinning, word my onvermoë ‘n deur vir Sy voorsiening. Onderskei die oomblik – heilig of gewoon?

Dit is die buitengewoonheid van ons God. Verbly jou daarin. Daar is meer as genoeg – genade, liefde en vergifnis. Dis ‘n lewe van oorvloed, volheid van verlossing. Dis nie ‘n god wat pik op kleinlikhede, mislukkings en foute nie. Hy is groter, meer en mooier as wat jy in jou wildste drome en diepste verbeelding kan opmaak. [Efesiërs 3 – The Message]

Ons is die produk van hierdie verlossing. Wat is ons kenmerk? Wat maak ons buitengewoon? Presies dieselfde kenmerke – oorvloed van genade, liefde en vergifnis. Dit is die buitengewone kenmerk van ‘n volwasse Christen ‘n lewe uit God met Sy kentekens – nooit ‘n reaksie op ons omgewing nie. Dit is die oorvloed van ons harte wat by ons mond uitkom.

Woorde wat gesond maak, woorde wat troos, moed inpraat, vrede maak, woorde wat ophef en komplimenteer, blydskap bring en eensaamheid verdryf.

Die eerste toets is natuurlik altyd in die verhoudinge met die mense om ons. Ons woorde bepaal meestal die vlak en aard van verhoudinge. Ons almal weet hoe ‘n vriendelike woord die grimmigheid verdryf soos die 1933-vertaling beskryf. Grimmigheid is so ‘n mooi ou woord. Dit beskryf al die woede en dikbek stilstuipes van ‘n woordewisseling wat lelik draai. Hoe is dit moontlik dat woorde wat nie perke ken nie, so in ‘n maalkolk van kritiek en verwerping ‘n verhouding verskeur.

Woorde het krag. Ons het alreeds genoem dat dood en lewe in die mag van die tong is. Jakobus 3 se beskrywing van die tong en beheersing daarvan, is die sleutel tot oorwinning oor woorde wat moor en verskeur. Die hoofstuk begin deur te erken dat ons almal meestal struikel. As enigiemand sy tong kan beheer, kan hy sy hele liggaam beheer. Die tong is klein, maar – gaan Jakobus voort en dis asof hy momentum kry in sy beskrywing van die mag van die tong – dis ‘n vuur, ‘n wêreld van ongeregtigheid wat uit die hel aangesteek word.

Vers 8: ….maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

Vers 10: Out of the same mouth come forth blessing and cursing. These things, my brethren, ought not to be so.

Geen verhouding word deur heftige, ongeduldige en kritiese woorde herstel nie. Verhoudings herstel net in onvoorwaardelike vergifnis, onbeperkte liefde en onverdiende genade. Dit is wat God gedoen het. Sy genade, vergifnis en liefde het Jesus aan die kruis vasgenael. Wie is ons om minder te doen om verhoudinge te herstel?

Die moeilikste opdrag is in Fillipense 2:3:

Do nothing from factional motives, through contentiousness, strife, selfishness, or for unworthy ends or prompted by conceit and empty arrogance. Instead, in the true spirit of humility let each regard the others as better than and superior to himself [thinking more highly of one another than you do of yourselves].

Sjoe! In plein Afrikaans: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Die belangrikste beginsel in die begrip van die volle implikasie van hierdie opdrag is dat God nooit van ons iets verwag wat Hy nie self gedoen het nie. Dit beteken: Hy het ons hoër geag as Homself.

God het Homself aan die kruis gehang vir ons verlossing van selfsug en eie eer.

Dit moet ‘n mens tot stilstand ruk en besluit om jou eie waan en selfsug voor die Kruis neer te gooi met ‘n uitroep na genade.

Ons gesels verder volgende keer. Hier is pragtige skrifte uit Spreuke vir meditasie en lering.

 

 

Spreuke16:24:

 

Pleasant words are as a honeycomb, sweet to the mind and healing to the body.

 

Spreuke 18:4

The words of a discreet and wise man’s mouth are like deep waters, plenteous and difficult to fathom, and the fountain of skillful and godly Wisdom is like a gushing stream, sparkling, fresh, pure, and life-giving.

 

Spreuke 12:25

Anxiety in a man’s heart weighs it down, but an encouraging word makes it glad.

 

Spreuke 25:11

A word fitly spoken and in due season is like apples of gold in settings of silver.

 

44. Sluitsteen-woorde is die uitdaging.

Ek wil graag die stelling maak: As ‘n mens ‘n getroue, Gees-inspireerde begrip van God se genade oor jou lewe het, sal jy ‘n vreugdevolle, vreeslose en wyse lewe leef. Genade is die gesig van God self.

Groot woorde. Dis hoe ek wil leef, daaroor het ek geen twyfel nie. Die struikelblokke en hindernisse waarmee ons worstel, weerhou ons om in die volheid van die rykdom en glorie van Jesus ons bestaan te voer. Skuld en vrees, onwaardigheid en sonde (hoogmoed, leuens, bygeloof, ensovoorts) lei na ‘n gevaarlike denkpatroon, wat God se genade aan ons optrede koppel. Daar is geen manier waarop ons lewe God se genade oor ons bepaal nie. Jou besluite kan wel veroorsaak dat jy so ver van Hom leef, dat jy in geen posisie is om Sy genade te ontvang nie, onderdruk deur bekommernis en vrees of so besig met eie belang, dat jy onder die bedekking van genade uitbeweeg.

God se genade en guns vloei uit Sy wese – wie Hy is. Hy is liefde, dus kan Hy nie anders reageer en optree as uit liefde nie. Dit is ‘n begrip wat in ons menslike denke moeilik verstaanbaar is. ‘n Mens se optrede word so dikwels bepaal deur afguns, eie belang, selfsug en vyandskap, dat hy nie verstaan hoe iemand sonder afwyking, altyd, uit liefde optree nie.

Lukas 2:40 in die Amplified sê van Jesus: And the Child grew and became strong in spirit, filled with wisdom; and the grace (favor and spiritual blessing) of God was upon Him.

Genade van God is die kroon, meer nog as wysheid en ander eienskappe. Die Griekse woord is Charis. Volgens Vine’s (woordeboek) is grace heeltemal vry, universeel en spontaan. Dit beskryf die karakter van God in terme van genade wat red en wat die vreugde van die ontvanger daarvan beplan.

Om werklik die omvangryke betekenisnuanse te verduidelik word genade gekontrasteer met drie belangrike geestelike hindernisse:

volgens Romeine 4:4 :

  • Skuld volgens Romeine 4:4 : Now to a laborer, his wages are not counted as a favor or a gift, but as an obligation (something owed to him),

en daarmee saam 4:16: Therefore, inheriting the promise is the outcome of faith and depends entirely on faith, in order that it might be given as an act of grace (unmerited favor), to make it stable and valid and guaranteed to all his descendants……

Ons is dus nie soos ‘n arbeider wat sy loon ontvang nie. Die loon van die sonde is die dood. Sonder Jesus se bloed wat vry maak van sonde, kry jy wat jy verdien vir jou sonde. Maar, groot maar – dit werk anders in die Koninkryk. Genade is nie dit wat God jou skuld omdat jy dit verdien nie. Genade kom sonder verdienste. Slegs God kan iets in hierdie lewe so ten volle waarborg dat dit ‘n waarheid is, wat niks en niemand ooit kan verander nie. Jou redding is gewaarborg uit genade, daarom kan jou sonde, skuld en onwaardigheid nie jou redding omkeer nie.

Hoeveel maal in jou lewe het jy dit al gehoor? Dis beslis nie ‘n nuwe boodskap nie. In al die kerke waaraan ek blootgestel is in my lewe, ten spyte van kleiner dogma verskille, is genade sonder verdienste gepreek. Ek erken dat kerke dit nie altyd toegepas het nie, en in die welbekende lokvalle van verdienste en wettisisme geval het, maar ek moet toegee dat dit as kernwaarheid altyd gepreek is.

Waarom is daar dan enige twyfel aan God se gesindheid en Sy antwoord op gebed tot ons voordeel? As ons hierdie leerstelling van Paulus vir die Romeine onder die knie het, behoort ons nooit ooit weer aan ons gebed en die omstandighede waarin ons leef onder God se beheer, te twyfel nie. Ons moet vreesloos en vrymoedig leef.

Die volgende hindernis is:

 

  • Werke volgens Romeine 11:6 : But if it is by grace (His unmerited favor and graciousness), it is no longer conditioned on works or anything men have done. Otherwise, grace would no longer be grace, it would be meaningless.

Indien ons deur werke genade bewerkstellig, dan is genade betekenisloos. Dit beteken dat deur God se bril van genade, goeie en slegte werke, geen gevolg dra nie. Dit is nie ‘n lisensie vir roekelose en wettelose gedrag nie, veel eerder ‘n oproep om in gehoorsaamheid en dankbaarheid te onderwerp aan die plan van God vir jou lewe. Dit is op Sondagskoolvlak aan my verduidelik soos volg: jou lewe sonder God is soos die nulle voor die een – waardeloos. Met die genadewerk van die Kruis, is jou werke soos die nulle na die een – veelvoudigheid.

1 Korintiërs 9:10 [NKJV]

Now may He who supplies seed to the sower, and bread for food, supply and multiply the seed you have sown and increase the fruits of your righteousness.

Net God self kan die vrug op geregtigheid vermeerder. Jou eie pogings en werke is nie in staat om jou geestelike status te verhoog nie.

Hebreërs 6:14:

….saying, “Surely blessing I will bless you, and multiplying I will multiply you”.

Enige iets wat jy met die seën van die Here doen, word deur Hom onderhou en vermeerder. Dit is slegs deur genade wat jy in staat is vir Hom te werk.

Die volgende hindernis is:

 

  • die Wet volgens Johannes 1:17 : For while the Law was given through Moses, grace (unearned, undeserved favor and spiritual blessing) and truth came through Jesus Christ.

 But if you are guided (led) by the Holy Spirit, you are not subject to the Law. Galasiërs 5:18

Knowing and understanding this: that the Law is not enacted for the righteous (the upright and just, who are in right standing with God), but for the lawless and unruly…1 Timoteus 1:9.

Ons kan maklik met die gemak van geskiedenis en die insig wat dit bring, die Jode van Jesus se tyd op aarde veroordeel en hulle vasklou aan die Wet van Moses (soos hulle daarna verwys) minag, maar ons is maar net te geneig om in godsdienstige gemaksug aan ‘n wet vas te hou. Gee vir my die reëls, sê my siel, dan weet ek wat om te doen.

Maar God sê, My gedagtes is nie jou gedagtes nie, My gedagtes is hoër as jou gedagtes. (Jesaja 55).

As jy vasklou aan die geykte – jy-mag-nie-dit-of-dat-nie en jy-moet-dit-of-dat – dan is die soet en geliefde stem van jou Vader niks werd nie. Sy stem, Sy teenwoordigheid, Sy openbaringskennis is al wat jou op ‘n diep vlak leer van Sy genade.

Hierdie waarheid is die kern van ons geloof. Ons verdien nie God se genade deur te werk om onsself van sonde te reinig omdat die Wet so bepaal nie. Dis uiters belangrik om jouself met hierdie waarheid te bewapen teen die aanslag van die vyand in terme van skuld en onwaardigheid. Die satan sal jou altyd herinner aan jou sonde, geestelike mislukkings, biddeloosheid en kwansuise onbeantwoorde gebede (wat soos ons alreeds dikwels gesê het, heeltemal onmoontlik is). Romeine 6:14, 18:

For sin shall not any longer exert dominion over you, since now you are not under Law as slaves, but under grace as subjects of God’s favor and mercy.

And having been set free from sin, you have become the servants of righteousness (of conformity to the divine will in thought, purpose, and action).

2 Korintiërs 8:7

But as you abound in everything—in faith, in speech, in knowledge, in all diligence, and in your love for us—see that you abound in this grace also.

Die opdrag word uitgespel. Hoewel ons ywerig aandag gee aan geloof, ons woorde, ons kennis en selfs ons liefde aan mekaar – moet ons oorvloedig in genade toeneem.

Ons het nogal heelwat Skrif behandel in hierdie stukkie. Dis grootse begrippe en uiters belangrik. Vir my was hierdie studie ‘n groot stuk vernuwing in my begrip van genade.

Ek wil elkeen aanmoedig om elke Skrif biddend te lees en die volle omvang daarvan te absorbeer, sodat dit kragtig en lewend in jou woon. Ek bid vir julle 2 Timoteus 2:7:

Think over these things I am saying, understand them and grasp their application, for the Lord will grant you full insight and understanding in everything.

Volgende keer meer oor jou posisionering vir die volle impak van genade.

43. Skryf op die sluitsteen

Die invloed van omstandighede op ‘n mens is al eeue lank die onderwerp van die filosofie en die psigologie. Daarmee saam die debat oor nature vs nurture. As mens dit sou opsom – in hoe ‘n mate jou aangebore geaardheid jou persoon bepaal teenoor die omstandighede waarin jy grootword.

As mens bietjie ouer is, kan jy in ‘n mate self bepaal wat invloed op jou lewe uitoefen. Jou keuses en besluite word met volwassenheid in ‘n groter mate jou eie verantwoordelikheid. In ‘n al hoe groter mate kan jy jou eie lewe definieer, ongeag in watter omstandighede jy jouself bevind. Jy kies hoe jy reageer op jou omstandighede en kan ook dikwels groter beheer oor jou omstandighede uitoefen.

Daar is egter ‘n onderskeid tussen dit wat jou lewe beskryf en dit wat jou lewe definieer. Dit wat jou lewe beskryf, definieer nie noodwendig jou lewe nie.

Dit bring ons by die kernpunt van ons bestaan. Hoe word ek gedefinieer? Dink ‘n oomblik oor jouself, of iemand anders wat naby aan jou is. Wat is vir jou die uitstaande kenmerke van die mense naby aan jou? Wat wil jy hê moet jou uitstaande kenmerke wees? Daarmee bedoel ek nie na jou dood nie; ons praat nie van ‘n grafskrif nie!

Die manier wat ons kies om te leef, definieer ons lewe, terwyl die omstandighede waarin ons onsself bevind, bloot ons lewe beskryf.

Dikwels word ons lewe deur omstandighede dikteer en ons word in terme van die uiterlike beskryf en bekendgestel. Dis nie verkeerd nie. Ons word gesien in terme van ons werk – sê nou maar die onderwyseres, die uitvoerende amptenaar, ‘n loopbaan, of in terme van jou man se werk of maatskappy, sodat iemand die konneksie kan maak. Sommige mense wil graag bekend staan vir prestasie, hulle eie of o tog! hulle kinders s’n.

Ek sou graag my eie lewe wou definieer met Gees-insig en geen omstandighede ooit toelaat om te bepaal wie ek is nie. Dis die ideaal. Intussen word ek kwaad oor die politiek, ongeduldig oor ontoereikenheid en luiheid van mense, woedend oor wreedheid, frustreerd oor onregverdigheid en volgepomp met skuld oor my eie ongedissplineerdheid. As ek hoeganaamd toelaat dat die nuus en wêreldgebeure oor my gemoedsdrumpel kruip, verloor ek summier my vreugde en word soos Dalene Matthee so mooi beskryf in Moerbeibos: opgestop van onplesierigheid!

Daarom is die woorde van Paulus aan die Galasiërs so mooi:

Staan dan vas ……in hierdie vryheid en moet jule nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie. [5:1]

Ons wat Jesus gekies het, groei soos Hy. Lukas 2:52:

En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.

Johannes die Doper het opgegroei en sterk geword deur die Gees [Lukas 1:80]

Efesiërs 4 is vir my die ideale beskrywing van hoe ek NIE wil wees nie. [17 – 19] Afgestomp, hardnekkig in onkunde, met gedagtes wat tot niks lei nie, verduisterde verstand – skrikwekkende gevolge van ‘n lewe sonder Jesus. Maar in vers 13 – 15 is die perfekte definisie van hoe ek graag WIL wees:

Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Dan sal ons nie meer kinders wees nie, ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer ….Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe.

Die Amplified beskryf hierdie volwassenheid pragtig. Ek haal net gedeeltes aan:

His intention was the perfecting and the full equipping of the saints (His consecrated people), that they should do the work of ministering toward building up Christ’s body, the church,

That it might develop until we all attain oneness in the faith and in the comprehension of the full and accurate knowledge of the Son of God, that we might arrive at really mature manhood, the completeness of personality which is nothing less than the standard height of Christ’s own perfection, the measure of the stature of the fullness of the Christ and the completeness found in Him.

So then, we may no longer be children, tossed like ships to and fro between chance gusts of teaching and wavering with every changing wind of doctrine…..

As die Here ons ten volle toerus om die kerk, Sy liggaam, op te bou, dan het ons alles wat ons nodig het binne ons spesifieke omstandighede. Omstandighede word in werklikheid die rou materiaal vir die Heilige Gees om ons toe te rus om die kerk te bou. Dit bring ons by ‘n volwassenheid wat ons binne ons omstandighede definieer.

Dit gebeur net op een manier en dit is deur genade. Genade is nie passief nie – dis ‘n aktiewe inspirasie wat aanspoor en opbou. Dit verhoed nie pyn en verwarring nie. Volgens die Bybel is pyn en verwarring gewoonlik deel daarvan. In God se Hand word dit die definisie van jou bestaan. Nie deur jou eie pogings nie, maar deur die oorgawe van alle omstandighede, binne en buite jou beheer, aan jou Vader.

Terug by Bodemklippe. As jy ooit vir jou ‘n simbool wil oprig om die kroon van volwassenheid in Christus te vier, kan jy GENADE op die sluitsteen skryf. Die sluitsteen [Engels=capstone] is die heel boonste, steen van ‘n piramide of boog. In ‘n boog is dit gewoonlik die steen wat die boog sluit – heel bo in die middel.

Hierdie is ‘n internet-prentjie wat dit soort van verduidelik.

A capstone

Who are you, O great mountain? Before Zerubbabel you shall become a plain! And he shall bring forth the capstone with shouts of “Grace, grace to it!” Sagaria 4:7

Dit is vir my ‘n projek: om vir my ‘n boog te bou waaronder ek kan deurloop met die woord GENADE daarop. Alles wat ek is en bereik is deur genade.

Genade is die grootste begrip wat enige mens in sy lewensverloop moet verstaan. Die mens se fasinasie daarmee en mislukking om dit te begryp en te leef, is oor eeue en eeue se geskiedenis, ook binne in die kerk, skrikwekkend duidelik. Volgens statistiek is die lied: Amazing Grace, die lied wat oor alle eeue die meeste gesing is en nog steeds gesing word.

Hierdie skrif in Sagaria 4 oor die sluitsteen is ‘n ganse geskiedenis opsigself. Serubbabel was die goewerneur van Juda in die tyd van Sagaria en was besig met die herstel van die tempel in ‘n baie onstabiele en onseker tyd van Israel se geskiedenis. Die vakmanne was maar moedeloos. Daar was teenstand en vyande wat die projek bedreig het. Sagaria sien twee olyfbome in ‘n visioen en vra die Here wat dit is. In die interpretasie sê die Here: [4:6]

Nie deur krag, of deur geweld, maar deur my Gees sê die Here van die leërskare.

Die woord vir krag is chayil [Hebreeus] en word gebruik in terme van militêre mag. God stel dit duidelik dat Hy die oorwinning sal gee. Dit sal nie met die geweld van ‘n weermag gebeur nie. Dan kom vers 7 met die oorwinnigskreet: Wie is jy, groot berg, voor Serubbabel sal jy ‘n gelykte word.

Dis wat ek wil uitskreeu oor my omstandighede wat soos berge vertoon. Wie dink jy is jy? Voor my Almagtige God se Gees!

Moet nooit dink dat jou gebed ‘n klein dingetjie is nie en nie effektief nie. Vers 10 waarsku dat ons nooit die dag van klein dinge sal verag nie. Elke gebed, elke goeie daad, elke aksie uit genade weer die boosheid af. Ons is die buffer teen die genadelose, wreedheid van die satan.

Gee weer die tree terug oor jou lewe en skryf op die sluitsteen – GENADE – nie my eie pogings nie, nie deur krag of deur geweld nie. MAAR deur my Gees sê die Here wat die leërskare van die hemele beveel.

Volgende keer meer oor hierdie konsep van genade.

 

 

 

 

 

 

 

The Message

He handed out gifts of apostle, prophet, evangelist, and pastor-teacher to train Christ’s followers in skilled servant work, working within Christ’s body, the church, until we’re all moving rhythmically and easily with each other, efficient and graceful in response to God’s Son, fully mature adults, fully developed within and without, fully alive like Christ.

No prolonged infancies among us, please. We’ll not tolerate babes in the woods, small children who are an easy mark for impostors. God wants us to grow up, to know the whole truth and tell it in love—like Christ in everything. We take our lead from Christ, who is the source of everything we do. He keeps us in step with each other. His very breath and blood flow through us, nourishing us so that we will grow up healthy in God, robust in love.