238. Kersfees Nagmaal

[Kersfees 2020]

Wat sal jy kies vir ‘n Kersgeskenk hierdie jaar?  Voel jy dalk Kersfees is gesteel of gekanselleer net omdat jy dalk nie op jou gewone manier kan vier nie?  Die virus-storie is glad nie meer snaaks nie en dit hou net aan, tot diep in “my” Desember.  Ek hou van Desember – altyd.  Vroeg in die maand is my verjaardag wat altyd ‘n tyd van bestek opname oor die jaar is, maar ook die feestelikhede afskop.  Net hierdie week is nuwe grendel-maatreëls afgekondig wat alle byeenkomste verbied.  Die hospitale word voller en meer mense gaan dood – dit is eenvoudig net nie verby nie.

Een van my gunsteling Skrifte om my deur moeilike tye te help is Hebreërs 10:36 en 39.  Dit is woorde wat my gees oplig en my weer braaf maak met vertroue in God se Woord.

Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.

Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.

For you have need of endurance, so that after you have done the will of God, you may receive the promise:

 But we are not of those who draw back to perdition, but of those who believe to the saving of the soul.

Volharding en geduld word dikwels as sinonieme in die Bybel gebruik.  Dit beteken uithou en aanhou met ‘n gesonde weerstand teen nederlaag en negatiwiteit.  Die Grieks is ‘n kombinasie-woord: hupomone.  Die eerste deel: hupo = onder en mone = te bly.  Dit verwys na ‘n “hardkoppige” volharding om in die hitte van die stryd nie moed te verloor of in moegheid neer te sak nie, maar sterk te staan en te doen wat die situasie vereis sodat volkome oorwinning en die volheid van God se belofte die beloning kan wees.  Wees bedag op fisiese moegheid in geestelike stryd.  Bid vir krag, want God sal ons versterk om te oorwin.  Slegte nuus maak mens moeg.

Die Engelse definisie in die bekende Bybelkonkordansie Strong’s is ‘n inspirasie.   

It [endurance] describes the capacity to bear up under difficult circumstances not with a passive complacency but with a hopeful fortitude that actively resist weariness and defeat[Spirit-Filled Life Bible]

Wanneer moegheid en depressie die oorhand begin kry, is dit net die Woord van God wat ons nuwe lewe kan inblaas.  Hoor die woorde van die Een wat gesê het: Ek is die Opstanding en die Lewe… Kies die lewe.  Ons kan nie terugdeins nie – dit is nederlaag.

Die belofte wat in werking tree by volharding, is die onderwerp van voortdurende studie.  Niks kan ons skei van die liefde van God nie (Romeine 8)

Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.  Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.   (Johannes 10:28,29)

Neem kennis van hierdie Skrif, ken hierdie Skrif, memoriseer hierdie Skrif – dit moet van jou tong afgly in enige omstandighede.

Die kerk is lewend en aktief om oplossings te bied slegs as herlewing in die kerk die pas aangee.  Dit ons eerste gebed vir 2021.  Herlewing is die herstel van ‘n vurige en lewende verhouding met God na ‘n periode van morele verval.  Sulke massa-bekerings van ongelowiges het ‘n diep invloed in die gemeenskap.

Wanneer die Gees van God bona fide herlewing in die Kerk bring (daarmee bedoel ek die Kerk van Jesus Christus oor alle denominasies heen) is dit ‘n verstommende ondervinding vir almal wat betrokke is.  Sulke kragtige werking van die Heilige Gees skud voorheen nominale Christene wakker  sodat hulle weer onder die oortuiging van sonde kom en om saligheid uitroep.  Aktiewe Christene ervaar ‘n diep roering in hulle binneste sodat al die gawes van die Heilige Gees weer lewend en kragtig in hulle werk op alle gebiede van hulle geestelike lewe – aanbidding, gebed, studie van die Woord, heilige lewe, evangelisasie en diensbaarheid.

Sulke tye van herlewing was soms so oorweldigend dat dit nie altyd ordelik plaasgevind het nie.  Herlewing kan soms die Groot Ontwrigting of Verstoring genoem word.  Egte herlewing is ‘n werk van die Heilige Gees en sal altyd geestelike resultate in lyn met die Woord van God meebring.  Onthou die toets is die geskrewe Woord in jou hand.

Die Skrif waarvolgens ons bid vir 2021 is Jesaja 45:8.

Laat die reën uitsak, hemel,

laat redding reën, wolke,

breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem,

laat trou uitspruit.

Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge.

Kom ons lees dit in ‘n ander woorde ook.

“Rain down, you heavens, from above,
And let the skies pour down righteousness;
Let the earth open, let them bring forth salvation,
And let righteousness spring up together.
I, the Lord, have created it. 
(NKJV)

“Shower, O heavens, from above, and let the clouds rain down righteousness; let the earth open, that salvation and righteousness may bear fruit; let the earth cause them both to sprout; I the LORD have created it. (ESV)

I will send victory from the sky like rain; the earth will open to receive it and will blossom with freedom and justice. I, the LORD, will make this happen.” 

(Good News Version)

“Open up, heavens, and rain.
    Clouds, pour out buckets of my goodness!
Loosen up, earth, and bloom salvation;
    sprout right living.
    I, God, generate all this.
  (The Message)

Herlewing is soos ‘n herkalibrasie van ‘n groot skip – die Kerk.  Herlewing bring nuwe inspirasie en verdieping in dit wat ons waarlik toerus om die eise van die gebrokenheid van hierdie wêreld en die vernietiging van boosheid te weerstaan en met deernis en liefde die mensdom tot God te lei.

Dit is in hierdie atmosfeer van vernuwing en energie dat ons die vier woorde van die Advent beskou wat Kersfees se vieringe kenmerk.

Hoop, liefde, vreugde en vrede

HOOP

Ek kan nie anders as weer op my gunsteling verduideliking van hoop terug te val nie.  Ek het Eugene Peterson al so dikwels aangehaal, maar hy inspireer met sy bewonderingswaardige manier met taal.

The way we conceive the future sculpts the present. It gives contour and tone to nearly every action and thought through the day. If our sense of future is weak we live listlessly.

Hope is a response to the future, which has its foundations in the promises of God. It looks at the future as time for the completion of God’s promise. It refuses to extrapolate either desire or anxiety into the future, but instead believes that God’s promise gives the proper content to it.

But hope is not a doctrine about the future: it is a grace cultivated in the present; it is a stance in the present, which deals with the future. As such it is misunderstood if it is valued only for the comfort it brings; as if it should say, everything is going to be all right in the future because God is in control of it, therefore relax and be comforted.

Hope operates differently. Christian hope alerts us to the possibilities of the future as a field of action, and as a consequence fills the present with energy.

 Eugene Peterson: Living the Message.

LIEFDE

Liefde soos wat God liefhet is ‘n woord waaraan die Christendom inhoud gegee het.  Die woord Agapé kom nie eintlik in die Griekse manuskripte voor wat voor Jesus geskryf is nie.  Dit is ‘n liefde wat altyd die hoogste goed vir iemand anders bedoel sonder om enigiets ooit terug te verwag en sonder om die waarde van die ander persoon te oordeel.

Strong’s stel dit so: Agapé denotes an undefeatable benevolence and unconquerable goodwill that always seeks the highest good of the other person, no matter what he does.

Dit is liefde uit keuse en nie sommer toevallig nie.  Dit beskryf die onvoorwaardelike liefde van God vir die mens.  Dit is nie gegrond op  chemie of gevoelens of oppervlakkige vriendelikheid nie.

“To love at all is to be vulnerable. Love anything and your heart will be wrung and possibly broken. If you want to make sure of keeping it intact you must give it to no one, not even an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements. Lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket, safe, dark, motionless, airless, it will change. It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. To love is to be vulnerable.”

FOUR LOVES:  CS Lewis

VREUGDE

Vreugde beskryf die jubelende, blye uitroep wanneer boosheid uitgeskakel en oorwin word.  Kan jy jou ‘n dansende en singende God voorstel?  Dink maar bietjie.  God is nie ‘n bebaarde ou man wat reg sit om te oordeel nie.  Hy is ‘n vreugdevolle wese wat opspring en tiekie draai van opgewondenheid oor jou.  Dit is in werklikheid wat die Hebreeus uitdruk in die volgende vers.

The LORD your God in your midst, The Mighty One, will save; He will rejoice over you with gladness, He will quiet you with His love, He will rejoice over you with singing. (Zephaniah 3:17)

Dit is wat die een kommentaar skryf oor hierdie vers:

What a wonderful rush of exuberant gladness there is in these words! The swift, short clauses, the triple invocation in the former verse, the triple promise in the latter, the heaped together synonyms, all help the impression. The very words seem to dance with joy.

We are often told, too, that the Jehovah of the Old Testament is a stern and repellent God, and the religion of the Old Testament is gloomy and servile. But such a misconception is hard to maintain in the face of such words as these.    

[MacLaren’s Expositions]

Blydskap is nie net ‘n stil, innerlike besef van voorspoed en positiewe emosie nie, maar dit is dit ook.   (Habakuk 3:18)

Dit kan uitgedruk word met ‘n groot geraas, sang en instrumente, heeltemal onafhanklik van omstandighede.  Met blydskap kan ons opkyk in die gesig van ons Koning, wanneer niks anders saak maak as net die vreugde van die teenwoordigheid van die Here.

Laat jou verbeelding vrye teuels en maak ‘n prentjie van ‘n singende, dansende God.

Vreugde impliseer feeste.  Die feeste van die Ou Testament waarmee die Israeliete die Here se werk gevier het, was vreugdevolle byeenkomste met musiek, sang en dans.

“Jy moet sewe weke bereken van die dag af dat jy jou graan begin oes. Vier die fees van die weke tot eer van die Here jou God. In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy ‘n vrywillige offer vir Hom bring.

In die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees by jou. (Deuteronomium 16:9-11)

Maak Kersfees ‘n fees van Blydskap.

VREDE

SHALOM (Nahum 1:15) en EIRENE (Luke 1:79) is onderskeidelik die Hebreeus en Grieks vir vrede.

Beide woorde spreek van totale welvaart, volkomenheid, gesondheid, die innerlike gevoel van genesing en voorspoed, rus, harmonie en die afwesigheid van angstigheid en bakleiery.

Wanneer ons vir vrede bid, verwyder ons die beperkinge in ons lewe, met ander woorde al die struikelblokke en hindernisse.  Ons word vol van God self so dat geen sonde plek het om ons lewe en verhoudinge te vernietig nie.

Die engele wat aan die herders in die veld die tyding van die geboorte van Jesus gebring het, het gesing dat die Messias die ware bron van vrede sou wees.  Hulle het dit uitbasuin: “Eer aan God in die hoogste hemel,

en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”

Vrede werk binne in ons.  Dit sluit goeie verhoudinge tussen God en die mens, families en nasies in.

Die Bron is Jesus.  Jesus gee VREDE.  Dit is deel van die pakket van saligheid wat jy van hom ontvang.

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Johannes 14:27)

Vrede dryf vrees en woede uit.

Dit is wat Kersfees is.  As ons hierdie Advent-beginsels in ons lewe innooi en daarvolgens leef het boosheid geen kans of plek nie.

Spring op en dans.  Sit weer en bid.  Dink aan hierdie woorde wanneer jy die brood eet en die wyn drink.

Mag die Here jou in die besonder seën met onverwagte vrede, vreugde, hoop en liefde.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s