225. Verwag hemelse oorvloed

 

Ek lees Lukas en geniet die atmosfeer van sy verslag oor Jesus.  Dis analities en nugter, maar nou en dan breek sy rou opgewondenheid oor hierdie man oor wie hy skryf deur en die onkeerbare, oorweldigende wonder van Jesus se dade skyn in elke woord.

Lukas 6 is die moeite werd om stadig, met aandag deur te lees.  Ek wil graag skryf oor een van die kragtigste beginsels in die Koninkryk van God en wat ‘n onmiddellike impak in ons lewe het.  Dit is die beginsel van geloofsaad – in Engels: seed-faith. Het jy al daarvan gehoor?  God het die ritme van die aarde gevestig net na die vloed van Noag se dae.

So lank as die aarde bly bestaan,

sal saaityd en oestyd nie ophou nie,

ook nie koue en hitte,

somer en winter,

dag en nag nie.  (Genesis 8:22)

Met die aankondiging van die seisoene, daglig en nag, ‘n tyd vir plant en oes, weerpatrone en die seisoene somer en winter, vestig God ‘n beginsel van sekerheid.  Die onveranderlikheid van ‘n dagbreek na ‘n nag bevestig die pols van lewe op aarde.

Die somer kom na die winter.  Ons weet wanneer die Herfs word.  Ons het die seisoene name gegee want ons weet wat gebeur en wanneer die gebeur.  Ons het die waarborg van ondervinding dat dit die onveranderlike, ritmiese hartklop van die aarde oor al die eeue is.

God verbind die dromslag van die heelal met die sekerheid van sy Woord en die waarborg van sy beloftes.

Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet.

So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.  (Jesaja 55:10,11)

Die beginsel van saaityd en oestyd staan vas.   Baie dinge wat Jesus gesê het, kan aan die hand van die landboujaar verklaar word. Die mense was intens bewus van die jaar se verdeling en lewensaktiwiteite het daarvolgens plaasgevind, ook die Feeste van Aanbidding was rondom die oes ingestel – dink maar aan Pinkster en die Loofhuttefees.

Die beginsel van geloofsaad was een van die sleutelbeginsels in my ma se getuienis. Toe sy in die desperaatheid van finansiële verwoesting in die vroeë sewentigerjare, weer die Bybel wou lees, was dit vir haar ‘n geslote boek.  Sy vertel hoe sy probeer lees het en net niks verstaan het nie.  In haar boekrak het sy ‘n klein, dun tydskriffie raagevat wat maandeliks deur Oral Roberts uitgegee is.  Die titel daarvan is Seed-Faith.  Sy het die beginsel van saai uit jou nood aangegeryp.  Daar het die Heilige Gees haar simpatiek en saggies terug in die Bybel ingelei, sodat dit die kern van haar dag se aktiwiteite geword het.  Sy het later soveel mense geïnspireer om die Bybel te lees met die verwagting om God se stem te hoor.

Ons is in ‘n baie spesifieke seisoen nou.  Grendelstaat, slotgebod, bly tuis – wat ookal jy dit wil noem.  Dit is ‘n seisoen van media-regering – goed en sleg.  Ons hoor die nuus van oraloor, maar ook die Woord van God van oraloor.  Ons het wysheid en onderskeiding nodig.  Ons het die Heilige Gees nodig.

Kom ons oorweeg twee sleutelwoorde in hierdie verband: saai en oes.  In die geestes-realm is dit: verwagting en oorvloed.  Die gedeelte in Lukas 6 begin met ‘n sterk sin van wederkerigheid.

“Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

 Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”  (Lukas 6:37,38)

Gee en vir jou sal gegee word is ‘n beginsel wat die kanaal van wonderwerke oopstoot.  Dit is ‘n beginsel vir finansies en verhoudings. Saai is moeilik wanneer daar ‘n sterk sin van gebrek en vrees is.  Dit is juis dan wanneer weggee en onvoorwaardelike liefde moeilik is.  Dit is die tree oor die afgrond om die oorweldigende oorvloed van God se Woord in die mense om jou te saai, MET die verwagting om terug te ontvang.  Jy moet die Woord ken, dit glo en die toepas.

Die kanaal van wonderwerke impliseer dat jy gee wat jy self nodig het.  Gee uit jou behoefte.  As jy liefde en waardering nodig het, gee dit.  As jy geld nodig het, gee geld.

Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het.

Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid.

Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra.

Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea.

Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil.  (2 Korinthiërs 8:1-5)

Dit lyk teenproduktief om uit jou nood te saai, maar dit is ‘n Koninkrykswet wat die pad van wonderwerke ontsluit en die goddelike wederkerigheid soos ‘n bonatuurlike ratwerk in werking stel om in jou guns te werk.

Dit is die teen-intuïtiewe Godswonder van antwoord op gebed vir die nood wat jy ervaar.  As jy saai is daar ‘n tyd sat jy niks sien nie. Die grond werk om jou saad te ontkiem. Dan verskyn ‘n klein groen spruitjie, wat jy versigtig versorg.  Die hoeveelheid saad as wat jy saai, sal jou opbrengs bepaal.  Niks kom uit niks.  Daar is geen inkomste op zero belegging.

MAAR…die saad wat jy saai, gee ‘n disproporsionele opbrengs op wat jy ingesit het.  ‘n Klein saadjie gee ‘n groot boom met koelte en vrug. Dit is die beginsel wat jy daagliks om jou in die natuur aanskou.  Dit is die dromslag van die heelal uit jou Skepper-God se vaderhand.

Daar is ‘n voorwaarde tot voorsiening.  Dit is gehoorsaamheid.  Wanneer ons tyd, talente, geld en toewyding saai, is die waarborg van voorsiening in die Kruis van Jesus bevestig.  Gehoorsaamheid bring ons in ooreenkoms met oorvloed. Dit is ‘n goddelike kontrak met wilsooreenstemming met die Woord van God.  Dit is so seker as die seisoene om ons, die dagbreek, die sonsondergang.  Dit is die woorde van lewe uit die mond van El Shaddai – die God van oorvloed.

Verwag die oes. Ons belegging in die Koninkryk is nie om skuld te betaal nie.  Al ons skulde en sonde is afgereken in die Kruis van Jesus.  Ons belegging is om opbrengs voort te bring en ons versorging is geloof.

Die arbeid om die oes in te sit is WERK.  Moenie wegskram van harde werk vir die oes nie.  Weet altyd dat jou bron vir krag en lewe is Jesus self, nie die mense in wie se lewens jy “belê” nie.

Hoe sal die oes wees?

: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee.

Pragtige woorde. Meer as wat jy verwag – dit is wat oorvloed beteken.  Hou in gedagte dat dit dalk anders kan wees as wat jy verwag.  Vra die Heilige Gees vir insig om die werk van God in jou lewe te kan herken.  Onderwerp aan God se tydsberekening.  Dit sal op die regte tyd kom.

Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. (Psalms 145:15)

Moenie tevrede wees met min nie.  God is in beheer.  Kruip dieper onder sy vleuels in.  Gaan na binnekamer en soek sy aangesig.  Bely jou sonde – altyd.  Maak oop die kanale.  Daar mag dinge wees waaraan die Heilige Gees jou herinner waarvan jy moet afstand doen. Verwyder daardie struikelblokke. Leef voluit, vol van God se volheid. Hou jou oog op hom vir jou loon.

En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.

Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,(2 Kotinthiërs 9:8,10,11)

Juig in hierdie woorde! Skryf dit op die tafels van jou hart.

Ek bid vir jou Efesiërs 3 uit The Message:

My response is to get down on my knees before the Father, this magnificent Father who parcels out all heaven and earth. I ask him to strengthen you by his Spirit—not a brute strength but a glorious inner strength—that Christ will live in you as you open the door and invite him in.

 And I ask him that with both feet planted firmly on love, you’ll be able to take in with all followers of Jesus the extravagant dimensions of Christ’s love.

 Reach out and experience the breadth! Test its length! Plumb the depths! Rise to the heights! Live full lives, full in the fullness of God.

 God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.

 Plant ‘n saadbakkie in jou kombuisvenster en versorg jou plantjies.  Versterk jou geloof terwyl jy sien hoe die natuur God se Woord onderskryf.

Hoor hoe mooi stel The Message 2 Korinthiërs 9 se woorde:

A stingy planter gets a stingy crop; a lavish planter gets a lavish crop. I want each of you to take plenty of time to think it over, and make up your own mind what you will give. That will protect you against sob stories and arm-twisting. God loves it when the giver delights in the giving.

 God can pour on the blessings in astonishing ways so that you’re ready for anything and everything, more than just ready to do what needs to be done.

 As one psalmist puts it,

He throws caution to the winds,
giving to the needy in reckless abandon.
His right-living, right-giving ways
never run out, never wear out.

 This most generous Godwho gives seed to the farmer that becomes bread for your meals is more than extravagant with you. He gives you something you can then give away, which grows into full-formed lives, robust in God, wealthy in every way,so that you can be generous in every way, producing with us great praise to God. (2 Corinthians 9:6-11, The Message)

Berei jou hart en lewe voor vir die volgende stap in die vooruitgang van die Koninkryk van God.

 

 

 

 


One thought on “225. Verwag hemelse oorvloed

  1. Dankie my liefste Ans!! Ek raak weer opgewonde!!

    So lief vir jou en dankie vir hierdie wonderlike genesende woorde en skrif.

    Mxx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s