[Johannes 14]
Dit is gans onmoontlik om die skoonheid, krag en liefde van die woorde van Jesus in hoofstukke 14 tot 17 in Johannes te beskryf. Daar is net nie genoeg tyd in die lewe van enige mens om ten volle die impak van die woorde van Jesus se nalatenskap aan ons in hierdie gedeeltes te begryp nie.
Ons moet onthou dat hierdie Evangelie nie geskryf is as ‘n verslag van Jesus se lewe nie, eerder as ‘n interpretasie en illustrasie van Sy karakter en persoon. Soveel jare na Sy bediening op aarde, skryf Johannes ‘n opsomming van Sy lering oor ‘n tydperk van drie jaar, lewend gemaak deur die Heilige Gees oor die diepste wese van Sy woorde wat ons in oorwinning en transformasie lei, sonder om ooit ‘n slagoffer van omstandighede te wees.
Terwyl ons dit lees is dit ‘n kuier by Jesus self, saam met Hom aan die tafel by die aandete; aan Sy voete; naby Sy stem; op die strand met ‘n spontane visbraai; langs stille waters op groen weivelde; by die feesmaal waarvan Hy self die tafel dek, terwyl ons ontspan in die greep van Sy goedheid en genade oor alles wat ons is en doen.
Dit is die eerste in die lang gesprekke tussen Jesus en Sy dissipels wat Johannes skryf. Dit gaan oor die kern van Sy verhouding met Sy Vader en met hulle. Dit is die verstommende woorde van afskeid voor Hy sterf. Hy het geweet hulle wêreld gaan inmekaar tuimel.
Daar is net een ding om te doen wanneer tragedie en skok ons laat steier: vertrou God bo alles. Daar is ‘n tyd wanneer ons moet glo wat ons nie kan bewys nie en aanvaar wat ons nie verstaan nie.
As ons, in daardie donkerste uur, kan glo dat dinge gaan uitwerk en liefde alles beheer, word selfs die ondraaglike draaglik. Daar is ‘n glinstering van lig in die donkerste duisternis.
As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …!Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! (Psalms 27:13,14)
Maak jou oë toe – hierdie oomblik. Jou profetiese woord vir nou is:
Laat jou hart nie onsteld word nie.
Jesus sê: Glo in God, glo in My. Jesus is die bewys dat God ons alles sal gee.
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?(Romeine 8:32)
Wonings is blyplek, monai in Grieks.
Eenvoudig en pragtig beteken hierdie woorde dat daar plek vir almal is. Maak nie saak hoe oorbevolk en ingedruk hierdie ou aarde is nie, God het plek vir almal by Hom. Daar is geen moontlikheid van verwerping oor spasie nie.
Jesus is eerlik – ek sou dit vir julle so gesêhet. Dit is woorde om op staat te maak in alle omstandighede vir alle tye. Daar is geen valse voorwendsels nie. Jesus sêdit en al die antwoorde wat ons ooit nodig mag hê,is in Sy woorde. Hy is eerlik oor alles. Hy praat oor die eise van dissipelskap (Lukas 9:57-62). Hy het voorspel dat daar vervolging, haat en dood sou kom (Matteus 10:16-22). Hy was oop oor die kruis wat Hy en hulle moes dra. (Matteus 16:24).
Hy het hulle vertel van glorie en pyn en hulle uitgedaag om ‘n lewe van uitnemendheid te leef.
Jesus gaan om ‘n plek te berei. Hy maak die pad. Hy is die voorloper (Hebreërs 6:20).
Hy praat van Sy uiteindelike triomf. Hy kom weer. Die geskiedenis verloop soos Hy bepaal met ‘n groot klimaks.
Die hemel is waar Jesus is, saam met Sy Vader. Dit is ‘n misterie maar daar is geen vrees en geen onsteltenis waar Hy is.
Thomas vra die vraag. Hy verstaan nie die voorspelling dat Jesus weggaan nie. Vrae van mense bring altyd diep en wonderbare antwoorde van Jesus. Moenie bang wees om te vra nie. Hy weet in elke geval die vraag is in jou hart. Hy is die groot Leermeester. Hy sal Sy hart oopmaak. Vra en vir jou sal gegee word– is die belofte.
When I lay these questions before God I get no answer. But a rather special sort of ‘No answer.’ It is not the locked door. It is more like a silent, certainly not uncompassionate, gaze. As though He shook His head not in refusal but waiving the question. Like, ‘Peace, child; you don’t understand.” CS LEWIS
Niemand wat soek sal ooit minder ontvang as wat hy verwag het nie – eerder soveel meer as wat hy ooit kon dink.
Die antwoord op Thomas se vraag is een van die sewe EK IS – verklarings. Hy is alles. Hy verduidelik dit aan die hand van drie grootse konsep-woorde.
Hy is die WEG. Hy is die vervulling van al die profesië van ouds. Hy wandel saam met God (Deuteronomium 5:32,33). Hy draai nie weg van God af nie (Deuteronomium 31:29). God belowe sy stem om te lei en rig: Dis die pad; loop hierlangs. (Jesaja 30:21). Daar is ‘n heilige hoofweg (Jesaja 35:8).
Ons gebed is soos die Psalmis: Leer my u wil, Here, en lei my op ‘n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie.(27:11)
Hy is die WAARHEID. Dit ego in die Psalms.
Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.(86:11)
For Your lovingkindness is before my eyes,
And I have walked in Your truth.(26:3)
I have chosen the way of truth;
Your judgments I have laid before me.(119:30)
Bo alles is ‘n mens se karakter die uitstaande aanduiding van waarheid. Morele waarheid kan nie net in woorde oorgedra word nie. Jesus is die volmaakte Een. Hy is die waarheid self.
Waarheid is egtheid, geldigheid en juisheid. In die filosofiese denke van die wêreld se grootste denkers het elkeen met sy eie toeligting die eenvoud van definisie bemoeilik. Waarheid word gemeet aan ‘n getroue standaard en eerlikheid in karakter en woorde. Die standaard is so ver moontlik die feitelike, verifieerbare gebeure of realiteit.
Daar is na alles net een persoon in die ganse geskiedenis van die mensdom wat gesê het: Ek is die waarheid. [Bodemklippe 163]
Hy is die LEWE. Liefde het gewys wat ware lewe is. Oor eeue het hulle na die ware lewe gesoek. Nou het hulle dit gevind. Hy is die weg na God en God is die skepper van lewe.
For the commandment is a lamp,
And the law a light;
Reproofs of instruction are the way of life,(Proverbs 6:23)
You will show me the path of life;
In Your presence is fullness of joy;
At Your right hand are pleasures forevermore.(Psalms 16:11)
Johannes 14:7-11: Ons sien God in Jesus.
Hy sê dit in soveel woorde. As ons Hom geken het, het ons die Vader ook geken. As ons Hom gesien het, het ons die Vader ook gesien.
Ware wonder woorde. God is onsienlik. Geen mens het God nog ooit gesien nie. Die verskille en afstand tussen die mens en God is net te onoorkomelik. Hier sêJesus eenvoudig dat in Hom ons die Vader ook kan sien. Hy is God op aarde;God tussen die siekes en ellendiges; God tussen die gewone mense; God in ons huise; God in die gebrokenheid, siekte en dood; God in ons feeste en suksesse.
God is Jesus, tussen ons, by ons, met ons om ten volle met elke stryd van hierdie lewe te identifiseer. Hy ken die alledaagse.
Sit jou verbeelding aan die werk: Jesus as ‘n mens in jou elke dag roetine.
Hy ken stryd en boosheid. God ken ons pyn. Liefde het Hom pyn veroorsaak toe Hy aan daardie kruis gehang het. Hy het die littetekens van Sy liefde.
God aan ‘n kruis.Daar is niks in hierdie wêreld wat eers in ‘n geringe mate daarmee vergelyk nie. Dit is maklik om ‘n God van oordeel en straf op te dink. Niemand het ooit gedink aan die moontlikheid van God aan ‘n kruis nie, Was daar al ooit iets naby aan so ‘n offer in enige ander godsdiens in die geskiedenis van die mensdom?
Jesus word aan Sy dade en woorde getoets. Hy het aan Johannes se dissipels gesêhulle moet aan Johannes in die tronk die wonderwerke gaan vertel (Matteus 11:1-6). Hy maak slegte mense goed. Bekering en ‘n hartsverandering in ‘n mense is nog steeds vir my die grootste wonderwerk.
Hier sê Jesus die ondenkbare:
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. (OAB)
Groter werke is moeilik om te glo – kan dit ooit wees? Jesus was ‘n wonderwerker. Hy het wonderwerke in die alledaagse ingebou. Ons weet God is die bron van alle genesing – ook in en om mediese ingrype. Met die wetenskap en tegnologie word alles beter en beter.Elke vordering en ontdekking kom van God af en gebeur tot ons voordeel. In alles vind ons die bose wat afbreek, steel en vermoor en ons staan dit teë.
Ons maak die lewe beter met alles wat ons doen.
Ons wen die wêreld vir Jesus in ons alledaagse wanneer ons die wonderwerke wat Hy doen, leef. Die Christene het die kerk versprei – nie Jesus self nie. Hy doen Sy wonderwerke deur mense.
Gebed in Sy naam.
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Alle gebed word beantwoord. Daar bestaan nie so iets soos onbeantwoorde gebed nie. Die voorwaarde is: In Jesus se Naam – dit wil sêvolgens alles was Sy naam en karakter bepaal. In ooreenstemming met Sy naam is alles moontlik. Dit is hoekom ons Sy wil op aarde afbid.
In Jesus se naam is nie ‘n towerstokkie nie.
Dis die lewensbron van groter werke.