78. Gewas, gekleed, gekroon!

‘n Nuwe begin. So ‘n kosbare konsep. Nuut het sy eie bekoring. Alles wat afgeleef, vrot en vernietig is word oorwin met iets nuut. Daar is ‘n opgewondenheid, verwagting en spesiale sprankel aan kraaknuwe dinge.

Ons sien daagliks om ons verval en vernietiging. Die oorweldigende ruinering van die effek van oorlog en natuurrampe word op die aandnuus met hoër en hoër intensiteit aan ons voorgehou. Menselewens word in ‘n oomblik vir ewig verander. Die verwoesting moet noukeurig en pynlik herbou word, met die gepaardgaande hartseer en verlies.

Die Heilige Gees maak ‘n hele mens nuut in een wonderbare, bonatuurlike oomblik! Wedergeboorte. Die hemelse gevolg op ‘n aardse besluit.

2 Korintiërs 5:17:

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

God maak alles nuut. Hy skep die verwagting, maak die belofte en stel nooit ooit teleur nie. Daarom kan ons na ‘n sondebesef en ‘n Woordbad [Bodemklippe 77] nuwe klere aantrek, nuwe gedagtes dink en ‘n nuwe lewe ingaan.

Openbaring 21:5:

Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.

Dit is nie net ‘n belofte vir die heel einde van ons tyd nie. Die hele Woord is vol van die oproep tot en belofte van nuwe dinge. ‘n Opskerping van gedrag na ‘n sondebesef is die kern van die boodskap aan die gemeente van Sardis, as gevolg van innerlike doodsheid, ten spyte van ‘n beeld van lewe.

Openbaring 3:3:

 So remember and take to heart the lessons you have received and heard. Keep and obey them, and repent [change your sinful way of thinking, and demonstrate your repentance with new behavior that proves a conscious decision to turn away from sin].

God was dit altyd – vernuwing is in Sy karakter. Lewe in Hom is ‘n nuwe begin.

Esegiël 11:19:

And I will give them one heart [a new heart], and put a new spirit within them. I will take from them the heart of stone, and will give them a heart of flesh [that is responsive to My touch],

Ware vernuwing in ons aardse bestaan is net moontlik deur die Heilige Gees. Daar is baie metodes om die innerlike ruine van sonde en verwonding aan te spreek. Die sielkunde en psigiatrie help om waarheid te identifiseer en dit fisies en chemies te behandel, maar dis net die diep, vernuwingswerk van die Heilige Gees wat verwonding en pyn kan genees. Klaagliedere 3:22,23:

deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Dit is ‘n rede om te sing! Psalm 40:3

Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!

‘n Nuwe lewe, wat diep in die gees van die mens geskep word, is uiterlik sigbaar. Daar is vrug om te sien. Johannes die Doper sê dat ons die vrug van bekering moet dra. Matteus 3:8:

Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.

Die doop is ons simbool van ‘n nuwe lewe. ‘n Lewe in die opstanding van Jesus Christus. Romeine 6:4:

 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.

 Dit word pragtig in 1 Petrus 3:21 bevestig:

 Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie ‘n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.

 Wat ‘n voorreg om met bekering en doop ons nuwe lewe in Christus te vier. Dit is die fees van die nuwe verbond. Hebreërs 9:15:

 Daarom is Hy ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang.

 Maar dis nie al nie. Ons kry nuwe klere. Die hele mensdom het ‘n obsessie met klere. Dit het al begin met die sondeval. Van daardie donker dag toe naaktheid ontbloot is, bedek die mens met als wat mooi en soms lelik ook is. Let maar op na die persentasie klerewinkels in enige winkelsentrum. Nuwe klere is wonderlik. Mooi klere word wêreldwyd gevier in modevertonings van ontwerpers wat jaar na jaar nuwe begeerlikhede skep.

Jesus is baie bewus van hierdie beheptheid. Hy sê dan uitdruklik ons moenie daaroor bekommer nie. Matteus 6: 28, 29:

En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie.

Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.

Ek stem saam oor die lelies. Hulle is te pragtig en ek wil graag elke dag die versekering hê dat ek soos hulle lyk. Aardse bekommernis oor klere is oorgegee, maar daar is die onsienlike hemelse klere wat soveel meer werd is. Galasiërs 3: 27:

For all of you who were baptized into Christ have clothed yourselves with Christ [that is, you have taken on His characteristics and values].

Kom ons vra vir Gideon se kleed. Rigters 6:34:

So the Spirit of the Lord clothed Gideon [and empowered him]…

Heilige Gees klere – sonder twyfel die heel beste op aarde. Dit impliseer gereedheid, die regte bedekking vir die geleentheid. ‘n Onwrikbare aanslag teenoor boosheid, ‘n sagte gees vir pyn, ‘n sagte woord vir twyfel en vrees, ‘n ferm hand teen sonde en versoeking. Ons gees word die nuwe wynsakke. Nuwe, sag gebreide sakke behou die wyn en skink die wonder van Geesvrug op die regte tyd en plek, smaaklik en gepas. Matteus 9:17:

‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.”

Dan kan ons reageer volgens die nuwe wet. In Jesus se woorde. Johannes 13:34:

Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.

Jy kan selfs klere kry as jy swaarmoedig is en in sak en as sit (soos die Ou vertaling sê). Dis ‘n goeie beskrywing van depressie. Die ou Israeliete was baie demonstratief oor hulle innerlike. By die feeste het hulle gedans met versiering en vrolike, ritmiese musiek. In depressie het hulle hulle klere geskeur en as op hulle kop gegooi. Dit was redelik duidelik dat dit sleg gaan, sonder pretensie.

Jesaja 61 wat die wonderbare bediening van Jesus aankondig, vertel wat Hy vir ons gee as dit so sleg gaan – nuwe klere. Onthou Jesaja was die singende profeet en sy woorde is in digvorm geskryf. Vers 10:

 Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos ‘n bruidegom met ‘n priesterkroon op, soos ‘n bruid met haar juwele aan.

 Psalm 132:9:

Let Your priests be clothed with righteousness (right living), And let Your godly ones shout for joy.

As die Here jou aantrek is jy pragtig. Kan jy jou voorstel in die geesteswêreld hoe luuks en ryk is ‘n kleed van geregtigheid.

Esegiël 16:10:

Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy. Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ’n ketting om jou hals. En Ek het ’n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou hoof.

 I also clothed you with embroidered cloth and put sandals of porpoise skin on your feet; and I wrapped you with fine linen and covered you with silk.

Daniël se uitleg van die skrif aan die muur is koninklik deur die heerser beloon. Daniël 5:29:

Daniël is toe op bevel van Belsasar ‘n koninklike kleed aangetrek en ‘n goue halsketting omgehang, en hy is uitgeroep as regeerder, derde in rang in die koninkryk.

Kies jou klerekas – Bodemklipvriend en juig. Jy is skoon, mooi en ‘n pragtige versiering vir jou hele gemeenskap.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s