46. Daar is net ÉÉN

 

Binne die digitale, skerm-oorheersing van ons wêreld vandag, voel ek soms inligtingsoorlading. Eenvoudig alles is beskikbaar by die punt van jou vinger. Meestal geniet ek die beskikbaarheid van inligting, kitskennis en vinnige feite, maar soms verstom ek my watter dwaasheid, misleiding en verleiding opgedis word. Veral op die gebied van die spirituele word die waarheid so verdoesel en verwater in ‘n buffet van kragtelose konsepte, filosofieë, engele en oefeninge.

Gebede van positiewe versterking word voorgehou as die resep tot innerlike vergenoegdheid en oorwinning oor vrees en angs, slapeloosheid en verslawing. As mens net wéér lees van ‘n talentvolle ster wat dood is aan ‘n oordosis, is die implikasie van die werklikheid en hardheid van hierdie lewe so duidelik. Ander nuus is ewe ontstellend – natuurrampe, hongersnood, oorlog – Openbaring [6:8] se vaalperd. Kyk net hoe gemaklik pas ons wêreld in hierdie beskrywing in.

So I looked, and behold, an ashy pale horse, black and blue as if made so by bruising, and its rider’s name was Death, and Hades (the realm of the dead) followed him closely. And they were given authority and power over a fourth part of the earth to kill with the sword and with famine and with plague (pestilence, disease) and with wild beasts of the earth.

‘n Gekneusde wêreld vol geweld (wild beasts), siekte en ellende is altyd ‘n vinnige verskoning vir die ongelowige om ‘n God van Liefde te diskrediteer en ons konsep van ‘n liefdevolle Vader wat omgee, belaglik te maak, want – sê hulle – kyk net om jou, is dit die handewerk van Liefde? Ha!

Dit is juis by hierdie argument waar die kruks en kern van die Christendom altyd die konfrontasie stuit. Jesus staan sentraal in die Liefdesargument – as ek dit so kan noem. Geen ander god het die wreedheid en geweld van hierdie wêreld op so ‘n onverwagse en onstuitbare manier aangespreek nie. Hy stuur Sy Seun om deur die vloek van die aarde verskeurd op ‘n kruis te hang en die dood – die skrikwekkende gevolg van die vaalperd se mars – te oorwin en uitkoms te bied.

Vir ons Christene is dit maklik om te aanvaar. Wat is die probleem – kan ons die wêreld vra? Dit is dan wanneer jy allerhande skerp, veroordelende uitlatings kry oor jou sogenaamde engheid omdat jy NET Jesus voorhou.

Dit voel soms vir my die gelowige lewe is ‘n asemrowende, ruim, ligvervulde paleis. Die ongelowige kyk daarna en wil graag deel word van die duidelike vreugde en vrede waarin ons woon. Hy kyk by die vensters in en bewonder die tafels vol kos en drank, gedek soos ‘n feesmaal. In ‘n ander kamer sit mense voor die vuur en gesels vol entoesiasme. Hulle deel hulle probleme en stryd en vind oplossings in die warmte en wysheid van die Geesvuur waar hulle toevlug soek. Die deur van die paleis staan wyd oop en heelwat mense nooi die ongelowiges in. Die deur is in die vorm van ‘n kruis en elkeen moet buk en sy knie buig om in te kom. Net daar is die groot struikelblok. Hoekom moet ons nou deur daardie deur? Is daar nie ‘n agterdeur waar ons kan inglip vir die voordele sonder die kniebuig nie? Ander wat buite staan dink hulle kan by die skoorsteen inloer om die warmte van die vuur te ervaar. Wat ‘n fout! Rook in die oë en stink lug is al wat jy kry as jy by die skoorsteen van die kerk van Jesus wil inkyk.

Die deur is die probleem. Daar is net EEN! Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Daar is nie ‘n agterdeur nie. Daar is nie ‘n ander gebed as in Sy Naam nie. Daar is nie krag op ander plekke nie. Die oorwinning is aan Hom gegee. Dit is die waarheid en as jy dit nie aanvaar nie, ervaar jy die slegste – verwagting sonder vervulling!

Stap saam met my deur Efesiërs 1. Kyk en juig oor jou Jesus. Sien Hom weer raak, sodat jou blindheid genees word en jou verstand verlig word. Doen aan by die Koopman van Openbaring [3:18] en kry jou nuwe wit klere, goud wat jou versier (stryd in jou lewe is goud wat deur vuur gelouter is en jou mooi maak) en salf vir jou oë, sodat jy kan kyk soos die geliefde in Hooglied met die oë van ‘n duif wat net fokus op een ding en dis jou Beminde. Wie is Hy?

Die koninklike gesag en posisie van Jesus word hier op verskeie maniere beklemtoon en daarmee saam die heerlike en verlossende gevolge vir ons.

 

  • Eerstens [1:3] word God die Vader, Jesus en die Heilige Gees genoem in wie die volheid van seëninge (alles wat jy nodig het of ooit nodig mag hê) wat daar in die hemel vir ons is, bewerkstellig word. Waar is die hemel? Daar waar God is. Hoe kry ons hierdie seën? Deur die inwoning van die Gees, is ons innerlike wese in werklikheid hemel. Jesus se verlossingswerk maak alles moontlik [1:7]. Hy is sentraal in die plan.

 

  • Tweedens – alles is slegs moontlik deur God se genade. Ons is reeds voor die wêreld geskep is, deur Christus uitverkies vir redding. Dit beteken nie ‘n fatalistiese insluiting van sommige en uitsluiting van andere nie. Dit is die verduideliking van ‘n voorafbepaalde plan en gewaarborgde eindsbestemming waarvolgens almal tot redding moet kom. [2 Petrus 3:9]

The Lord does not delay and is not tardy or slow about what He promises, according to some people’s conception of slowness, but He is long-suffering (extraordinarily patient) toward you, not desiring that any should perish, but that all should turn to repentance.

 

  • Derdens – slegs deur Jesus word hierdie genade om God se kind te word, vrylik en onverdiend aan ons geskenk. [1:6] God se bedoeling was om alles in die hemel en alles op die aarde onder een hoof te verenig, naamlik Jesus.[1:10]

 He planned for the maturity of the times and the climax of the ages to unify all things and head them up and consummate them in Christ, things in heaven and things on the earth.

As dit God se bedoeling is, hoe kan ons Jesus negeer? Hy is die klimaks van die plan van alle eeue.

 

  • Vierdens – deur Jesus is ons as die eiendom van God beseël deur die Heilige Gees. Die Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het. Die seël van die Heilige Gees impliseer al die seëninge wat ons nodig het, maar ook – baie belangrik – spreek dit van outoriteit. Gesag in die geestelike realm wat aan ons deur Jesus gegee word. Sy oorwinning oor dood en hel word ons oorwinning oor die dood en hel van die vaalperd op aarde.

Hierdie konsepte is so groots en die implikasie daarvan so geweldig dat ons verstand dit nie kan begryp nie. Hoe sal ons ooit kan inneem hoe wonderlike en omvattend hierdie konsepte is?

Kom ons bid vir onsself saam met Paulus.

 

 

  • Ek bid dat God die Vader aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik ken.[1:17]

…that He may grant you a spirit of wisdom and revelation of insight into mysteries and secrets in the deep and intimate knowledge of Him.

 

  • Ek bid dat Hy julle geestesoë so sal verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou.  [1:18]

By having the eyes of your heart flooded with light, so that you can know and understand the hope to which He has called you, and how rich is His glorious inheritance in the saints (His set-apart ones).

 

  • Ek bid dat julle sal besef hoe geweldig groot Sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.  [1:19,20]

And so that you can know and understand what is the immeasurable and unlimited and surpassing greatness of His power in and for us who believe, as demonstrated in the working of His mighty strength,which He exerted in Christ when He raised Him from the dead.

Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in ons. [Fillipense 3:10 en 11 en Kolossense 2:12]

Thus you were circumcised when you were buried with Him in your baptism, in which you were also raised with Him to a new life through your faith in the working of God as displayed when He raised Him up from the dead.

Hoe kan ons hierdie Jesus ignoreer? Hoe kan jy bid sonder om in Sy Naam te bid. Hoekom bid ons kragtelose gebede? Weet ons dat Sy Naam al die verskil maak, omdat : [Efesiërs 1: 20,21,22]

God has…

… seated Him at His [own] right hand in the heavenly places, far above all rule and authority and power and dominion and every name that is named, above every title that can be conferred, (het jy gedink lord of lady of Dr of Mev is belangrik – julle is ‘n prinse in die koninkryk) not only in this age and in this world, but also in the age and the world which are to come.

And He has put all things under His feet and has appointed Him the universal and supreme Head of the church.

Ek hoop dat in hierdie oomblik Jesus groter as groot in jou voorgrond is.

 

Tot volgende keer.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s