20. Feesdae – … en jy moet bly wees

Ek is seker almal het al begin dink aan die Paasnaweek hierdie jaar, miskien vir geen ander rede as bloot die die vakansie aspek daarvan. Dis darem ‘n breek, asemhaaltyd in die jaar wat nou al sover trek.

Kom ons verander sommer nou ons manier van praat. Kom ons praat van die Paasfees in plaas van die Paasnaweek of vakansie. Kom ons vestig die gedagte van die fees net om die regte ingesteldheid vir hierdie heerlike beginsel te kry.

Daar is ongeveer vier verskillende woorde vir fees in Hebreeus. Ek sê ongeveer omdat in Judas die woord agape wat ons  weet onvoorwaardelike liefde beteken, ook met betrekking tot feeste gebruik word.

Die een Hebreeuse woord vir Fees in die Ou Testament -Heorte- is dikwels in die Nuwe Testament, veral met betrekking tot die Paasfees gebruik – net in die evangelie van Johannes 17 keer. Ook in Handelinge sê Paulus hy gaan Jerusalem toe vir die Fees, bedoelende die Paasfees. In Kolossense 2:16 word die woord in die meer algemene manier gebruik wat ‘n heilige dag of feesdag kon beteken. Daar word gepraat van die Sabbat ook as ‘n feesdag.

Die Sabbat was die eerste feesdag van God. Genesis 2:1 – God het Sy werk beëindig en gerus. Dink net vir ‘n oomblik wat het hy die sesde dag gedoen – natuurlik – die mens geskape. Dus – Adam se eerste dag was ‘n rusdag, die feesdag, die Sabbat. Ons het verlede keer oor vasdae na Jesaja 58 verwys. Die laaste gedeelte praat oor die Sabbat, met ‘n voorskrif en ‘n belofte: Vers 13:

If you turn away your foot (travelling unduly – dus te veel aktiwiteite) from the Sabbath, from doing your pleasure on My holy day, and call the Sabbath a delight, the holy day of the Lord honourable, and shall honour Him not doing your own pleasure, not speaking your own words,

Vers 14:

Then you shall delight youself in the Lord; and I will cause you to ride on the high hills of the earth, and feed you with the heritage of Jacob your father. The mouth of the Lord has spoken.

Wat is die heritage of Jacob: Afrikaans: laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob. Dit word verduidelik in Deuteronomium 32:13:

He made him ride in the heights of the earth (God verhef jou pad bo dit wat kon gewees het), that He might eat the produce of the fields (vrug op jou arbeid) He made him draw honey from the rock (luukshede en lekkernye) and oil from the flinty rock (alles wat jy nodig het).

Verder in Deuteronomium 33:29 : Happy are you O Israel! Who is like you, a people saved by the Lord. The shield of your help, and the sword of you majesty. Your enemies shall submit to you and you shall tread down their high places.

Bring hierdie belofte nader aan wat jy nou gaan vier: 1 Petrus 1:18

You must know (recognize) that you were redeemed (ransomed) from the useless, fruitless way of living, inherited by tradition from your forefathers not with corruptible things such as silver or gold, but purchased by the precious blood of Christ.

Hierdie buitengewone gebeure rondom die kruis moet gevier word.

Dink weer na oor jou Sabbat. Luister na die HeiligeGees. Kan jy dalk iets feestelik en anders, miskien heel uniek in jou Sondag inwerk wat van hierdie dag iets meer besonders kan maak?

Die sewe jaarlikse feeste van Israel is ‘n studie op sy eie. In kort: Die geestelik jaar was verdeel in sewe maande; drie feeste is in die eerste maand gevier naamlik die Ongesuurde brode, Paas en die Oesfees se begin. In die derde maand is die Oesfees  (Pinkster) gevier 50 dae na die begin van die Paasfees en die laaste drie feeste in die sewende maand – die fees van die Ramshoring wat ooreenstem met die huidige Joodse Nuwejaar Rosh Hashana, die Groot Versoendag (Yom Kippur – ‘n vasdag) en die Fees van die Tabernakels of die Loofhuttefees  soos dit ook bekendstaan.

Die fees van die ongesuurde brode was ‘n verwydering van alle suurdeeg uit die huise – ‘n fokus op suiwering, reinheid en die voorbereiding vir Paas. Ook vandag voor Paas is daar ‘n bewuswording van dit waarvoor die kruis moes plaasvind – die sonde en verdoemenis van die mens. Ons eie redding en versoening met God kon slegs deur die kruis plaasvind. Dis ons geleentheid om ons onderwerping aan die versoening van Christus te hernu, weer te juig oor sondevergifnis en die liefdesdaad van Jesus. Dit is waarom mense Lent vier – soos vas mens se gees sensiteer vir die oortuiging van die Heilige Gees, so sal ons bewusraking van die Kruis, ons sensiteer vir ons eie sonde. Onthou – die HeiligeGees oortuig van sonde geregtigheid en oordeel. Johannes 16:8 -11.Ons oordeel nie ander mense nie. As jy bewus word van sonde in jou lewe, kan dit net die werk van die HeiligeGees wees wat jou in volmaakte liefde tot belydenis oortuig – ‘n wonder opsigself. Gee oor, bely en word bevry.

Die Paasfees weet ons almal het sy oorsprong in die nag wat die Israeliete Egipteland verlaat het en die bloed van die offerlammetjie aan die deurposte die doodsengel by die Hebreers laat verbygaan het. Dit is die heenwys na die bloed van Christus wat ons red van die geestelike dood – die tweede dood waarvan Openbaring praat [20:6 en 21:8].

Die begin van die oesfees het direk op die Paasfees gevolg. Die eerste gerwe is voor die Priester gebring. Dit wys heen na die Opstanding van Jesus. Hy was die Eerste Gerf van die Oes van die Kerk wat op Sy koms gevolg het. Hy het voor die Vader gaan “waai” . Hy het vir Maria gesê: Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na My Vader toe opgevaar nie. Na sy verskyning voor Sy Vader het Hy aan die dissipels gesê: Raak aan my en voel die wonde in My hande.

Vyftig dae na die Paasfees was die Oesfees – ook genoem Pinkster of die Fees van die Weke– wat heenwys op die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag – beskryf in Handelinge 2. Hierdie HeiligeGees erfenis was ‘n toerusting van krag vir die kerk en die getuienis wat hulle moes wees.  Handelinge 1:8: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld.

Voor ons die laaste drie feeste van die sewende maand noem, kom ons kyk bietjie na die voorskrifte. Daar was noukeurige riglyne vir die vier van die feeste, maar ‘n baie interessante reël word genoem in Deuteronomium 16:11

In die plek wat die Here jou God sal kies om Sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die Teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon (dus jou geestelike leiers), die vreemdelinge, weeskinders en weduwees.

Dis die Bybelse taal – los vertaal in baie los Afrikaans: jy moet ‘n jolly party hou met die predikant daarby en al die lonelies en onlies (sommer my eie frase vir die mense wat nood het) wat jy ken. Die Ou Vertaling sê in Jesaja 54:2 –Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Nuwe vertaling: Moenie suinig daarmee werk nie.

So word daar met elke fees voorgeskryf dat daar vreugde in jou huis, in jou gasvryheid moet wees. Jy weet miskien goed hoe om partytjie te hou – hou dit met ‘n bewustheid van die seën van die Here oor jou lewe. Hou dit as ‘n dankoffer vir dit wat Hy vir jou gedoen het. Die Hebreeuse werkwoord om fees te vier is ‘n samestelling van twee woorde wat beteken om SAAM in VREUGDE (good cheer) met OORVLOED te verkeer. Dit klink soos heerlike te ete en te drinke met ‘n bewustheid van die Teenwoordigheid van die Here en ‘n dank aan Hom as die bron van alles waaruit jy hierdie Fees kan vier.

Die laaste feeste van die Joodse kalender is almal in die sewende maand wat ooreenstem met ons September – Oktober tyd gehou. Dit was Fees van die Ramshoring (Nuwejaar – Rosh Hashana) wat gehou is as ‘n Sabbatdag, die Versoendag (Yom Kippur) wat gehou is as ‘n vasdag en die Loofhuttefees (Fees van die Tabernakels), wat sewe dae lank gevier is in hutte wat met takke gemaak is in die buitelug, sodat die volk hulle woestynervaring kan onthou en al die wonderwerke vier wat daar plaasgevind het. Die feeste het gedien as bakens van herinnering aan hulle eie getuienis. Onthou die lering oor Bodemklippe – bakens van jou getuienis.

Ons maak gereed om Paas te vier. Dit is op die Christenkalender sekerlik die belangrikste tyd van die jaar – ‘n tyd om jou wedergeboorte en redding van hierdie wêreld in ‘n fees tot eer van Jesus te omskep.

Niemand vra om gebore te word nie, maar elke mens moet vra om weer gebore te word.

Dit is nie oorerflik nie – dis ‘n besluit van elke mens as individu. Jesus het gekom om die genadejaar van God aan te kondig (Jesaja 61). Dink weer hierdie Kruistyd aan die moordenaar aan die kruis – heeltemal sonder kerk, doop, vergifnis, sondaarsgebed, formaliteite en rituele  – het hy bewus geword van die geweldige gebeure langs hom, en in sy gebrokenheid uitgeroep. Spontaan, sonder voorbehoud, sonder trots. Sy uitroep is in die Paradys saam met Jesus gevier. Dis ons. Ons is so vrygemaak. Dit is genoeg rede vir ‘n vreugdevolle FEES.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s