19. Vasdae – skuif jou grense!

Te veel mense is tevrede met te min.  Dit is werklik nie aangenaam om ‘n kragtelose, naam-Christen te wees nie.  Jy leef ‘n lewe van swakheid en skuld en voel gedurig asof iets kortkom want jy ervaar nie die daadwerklike krag van God in jou lewe nie. Jy kan nie getuig van antwoord op gebed en daarom nie die fees vier wat die ingrepe van die liefde van jou Vader in jou lewe maak nie. Frustrasie, ongeloof, twyfel en dalk selfs woede maak jou geestelike lewe kragteloos en vreugdeloos.

Daar is drie dinge wat ‘n Christen sterk en effektief maak. Dit kan mens sien as drie repe van ‘n tou. Gee, gebed en vas.

Lees saam met my Matteus 6: 2

waar Jesus sê: When you give to the poor….

Vers 6: But you, when you pray……

Vers 16: When you fast….

Vas was deel van die voorskrifte aan die Israeliete in hulle woestynleerskool saam met God. Hulle moes almal soos vandag nog op die Groot Versoendag – die Yom Kippur – rondom die Joodse Nuwejaar in September vas. Dit was om hulle fokus vir die Nuwejaar te hersien, ‘n dag van afsondering en toewyding aan die Here, gedagtig aan hulle sonde en die versoeningsofferande wat deel van die ritueel was.

Die onderwerping van jou liggaamlike behoeftes, dit wat jy nodig het om aan die lewe te bly, aan afsondering en gebed, is die hoofgedagte. Dit verskerp jou fokus op die Woord en maak tyd vir nuwe insigte en openbarings. Dit is nie ‘n manier om God se arm te draai vir beantwoording van spesifieke behoeftes nie, maar eerder ‘n kalm, berekende besluit om jou hele wese, gees, siel en liggaam, vir geestelike bediening deur die Heilige Gees oop te stel.

Die praktyk van vas het miskien in die slag gebly as gevolg van ‘n wegbeweeg van die strenger wettisisme in katolisisme en verkeerde praktyke in die ou kerkgeskiedenis. Ek wil beklemtoon dat vas ‘n baie individuele saak tussen jou en die Here is. Dit is vir my glad nie moontlik om op my eie te besluit ek vas nie. Ek vra altyd die Here om my in ‘n vas in te lei.  Party mense voel om as deel van ‘n roetine te vas, ander vas vir langer tye per jaar. Die Bybelse vas is gewoonlik van kos. Soms word mense aangemoedig om ander dinge te vas, soos televisie en die telefoon, om meer tyd vir afsondering te maak. As ons praat van Bybelse vas, gaan dit oor eet en drink. Vas is die weerhouding van kos met ‘n uitsluitlike geestelik doel.

Dink ‘n bietjie hoeveel dinge het verkeerd gegaan om die kospotte, as ek dit so kan stel. Die ganse mensdom is tot ‘n val gebring oor eet daar in die Tuin van Eden. Esau het sy geboortereg verkoop oor sop, die Israeliete het gekerm vir vleis in die woestyn en die gevolg van hulle ooreet is duisende dood (Num11) en daardie geslag het nie die beloofde land ingegaan nie.

  • Kom ons kyk liewer na al die wonderwerke wat gebeur het by vas. Moses ontvang die tien gebooie na 40 dae op die berg saam met die Here (Ex 34: 27-28).
  • Esther roep ‘n totale vas van kos en water vir 3 dae in die krisis van die Hamman-massamoordplanne. (Esther 4-7)
  • Hannah vas terwyl sy by die Here om ‘n kind pleit. (1 Sam 1:7)
  • So kan mens aangaan: Ezra, Nehemia, David (Ps 35:13 en Ps109:24,
  • Die hele stad Nineve in die boek Jona het hulle diere ook laat vas vir drie dae en hulle tot God bekeer. Nineve was die stad wat Nimrod gebou het en word in Gen 10:11 alreeds genoem. Jona 1:1 praat van die boosheid van Nineve (wickedness) en die Hebreeuse woord kan ook beteken: moeilikheid, ellende en verwonding. Lees maar die die oorweldigende boosheid van die stad in die boek Nahum en Jona se huiwering om die Woord daar te bring omdat hy hulle goddeloosheid so verafsku het. Die bekering van die stad en die koning was ‘n magtige wonderwerk en oorwinning oor boosheid.
  • Die profetes Anna (Luk 2:37) het God gedien met vas en gebed, nag en dag, dus as lewenswyse en haar oë was so oop dat sy die Messias gesien het, toe die meeste mense onbewus was van sy geboorte.
  • Paulus het minstens twee maal gevas: vir 3 dae en vir 14 dae.
  • Jesus het 40 dae in die wildernes gevas.

Hierdie geopende oë, geestelike heldersiendheid, verligte oë van die verstand soos Korintiërs sê is een van die heerlike belonings van vas. Petrus was honger toe hy nuwe insig oor die Joodse eetgewoontes in ‘n droom gekry het, wat hom die oortuiging gegee het om in ‘n heidense huis van die Romein Cornelius, in te gaan. Hy sou dit beslis nie andersins gedoen het nie. Die Here openbaar dinge aan jou, Hy verryk jou met diepe kennis en insig en begrip vir jou omstandighede. Die rigtinggewende gevolg van vas is kosbaar en noodsaaklik vir groot besluite.

Terug by wat Jesus sê in Matteus 6. Hy het gepraat asof bid, vas en gee deel van die algemene gelowige lewe is. Die normale gang van die gelowige het dus hierdie drie dinge ingesluit. As jy hierdie drie repe  invleg in jou lewe is jou Christentou sterk – ‘n oorbleklemtoning van net een, kan die hele ding dalk laat uitrafel. Vas en gee kan NOOIT sonder gebed wees nie, as jy bid sal die oortuiging vir vas en gee kom – veral as jy dit spesifiek onderwerp aan Heilige Gees oortuiging en so ook met gee. Alle gawes moet gepaard gaan met gebed vir leiding en wysheid – lees gerus 2 Korintiërs 9:6 -15 as die voorskrif oor gee.

By al drie hierdie geestelike dissiplines word diskresie en geheimhouding beklemtoon saam met openbare loon.

Vers 4, vers 6 en vers 18.   Is hierdie nie ‘n wonderlike beginsel wat die vlak van jou verwagting van die Here verhef tot nuwe hoogtes nie. Dit is die waarborg van ‘n Goddellike ingrepe in jou lewe.

Onthou: God sê dit, ek glo dit, dit is afgehandel.

Hoewel vas deel van jou normale Christelike wandel is, is die gevaar van sinnelose en ondeurdagte gewoontes duidelik. Jy kan dalk besluit om elke Donderdag te vas. Op die dag konsentreer jy om sonder kos te bly en dit word makliker met gewoonte, daarom kan jou afhanklikheid van die Here en die afsondering van gebed en studietyd maklik afgeskeep word.

Kom ons kyk na Jesaja 58 – ‘n pragtige hoofstuk oor die ware doel van vas en sommer die voorskrifte oor die Sabbat, waarna ons sal kyk in ons gesels oor FEESDAE.

Vers 3 – 5 is die kritiek op die vasdae  –  die stryd en ongeregtigheid.

Behold on the day of your fast, when you should be grieving for your sins, you find profit in your business, and instead of stopping all work, as the law implies you and your workmen should do, you extort from your hired servants a full amount of labor. The facts are that you fast only for strife and debate and to smite with the fist of wickedness. Fasting as you do today will not cause your voice to be heard on high.

Vers 6: die vas wat die Here verkies.

Rather is not this the fast that I have chosen: to loose the bonds of wickedness, to undo the bands of the yoke, to let the oppressed go free, and that you break every enslaving yoke? Is it not to divide your bread with the hungry and bring the homeless poor into your house—when you see the naked, that you cover him, and that you hide not yourself from the needs of your own flesh and blood?

Hoor die beloning in Vers 8 . Let daarop dat die grootste deel van die hoofstuk gewy word aan die beloning van die ware vas.

Then shall your light break forth like the morning, and your healing (your restoration and the power of a new life) shall spring forth speedily; your righteousness (your rightness, your justice, and your right relationship with God) shall go before you [conducting you to peace and prosperity], and the glory of the Lord shall be your rear guard.

Then you shall call, and the Lord will answer; you shall cry, and He will say, Here I am. If you take away from your midst yokes of oppression, wherever you find them, the finger pointed in scorn toward the oppressed or the godly, and every form of false, harsh, unjust, and wicked speaking, …….[lees gerus verder]

Hierdie is geestelike korreksie oor die woorde wat jy praat, dit wat jy kritiseer en jou vinger na uitsteek in skinder of oordeel. Dit is deur vas wat die Heilige Gees in jou binneste kan inspreek en jou hart sag maak vir Sy stem wat gesond maak en herstel. Dit is die Heilige Gees wat jou lig laat deurbreek en die heerlikheid van die Here in jou binneste laat skyn. Dit is kragtige Christenskap.

Dan sal jy Hom aanroep en Hy sal jou groot en magtige dinge meedeel wat jy nie geweet het nie. (Jeremia 33:3)

Vinnig iets oor soorte vas. Daar is absolute vas (kos en water) nooit langer as 3 dae nie, normale vas met water en geen kos en gedeeltelike vas, waarvan Daniël in Daniël 1 en 10 die beste voorbeeld is. Tydperke van vas wissel van 24 uur, 3 dae, 7 dae, 10 dae, 14 dae, 21 dae en 40 dae. Indien jy besluit om te vas en jy het nog nooit nie – bid eers. Begin klein, sny een ete uit. Vas een dag. Vas gedeeltelik vir ‘n paar dae. Drink dun sop vir drie dae. Vra die Here om jou daarin te lei en doen dit in Sy Teenwoordigheid. Ek weet ek praat meeste met vrouens wat dalk verantwoordelik is vir ‘n hele familie se maaltye. Dit help as mens so bietjie vooruit dink en voorberei, sodat jy nie baie tyd in die kombuis spandeer nie.

Geniet jou skerper geestelike sintuie en juig in die seën.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s