40. ‘n Geskenk vir jou – direk uit God se Hand.

Pinkster is ‘n heerlike Christenfees om te vier en krag uit te put. Daar is onder verskeie Christene ‘n begeerte om weer te assosieer met die Joodse feeste en ek dink dis doodreg want ons wortels is in die Ou Testament. Dit is egter belangrik om die volheid van Jesus se koms, wat die feeste soveel meer betekenis gegee het, te erken en te vier. ‘n Fees soos Pinkster (wat eintlik met die begin van die oestyd assosieer word) is propvol betekenis, veral na die gebeure van Pinksterdag in Handelinge 2.

In Kolosense 2:16 en 17 word hierdie feesvieringe van die Jode genoem.

Let no one judge you in food or in drink or regarding a festival or new moon or Sabbaths, which are a shadow of things to come, but the substance is of Christ.

Die inhoud van ons feeste is Christus en ons kan nooit die feeste vier sonder die “substansie” van die volle betekenis van Jesus se koms nie. Die kruisiging staan sentraal – altyd. En net in die mate waartoe Hy die middelpunt bly, kan ons saam met die Jode feesvier. Die Ou Testamentiese feeste was net ‘n skaduwee van hulle vervulling in Jesus en verder nog is ons feeste net ‘n skaduwee van wat ons in die Teenwoordigheid van God ervaar. Onthou dis vir die teenwoordige tyd. Die fees in jou hart, met ‘n bewuswording van God se teenwoordigheid en die openbaringskennis wat daaruit vloei, is die doel van feesvier.

Net vir agtergrond kyk ons na die Joodse Fees wat met Pinkster geassosieer word – ook genoem die Fees van die Weke. Die volk moes 7 weke tel van die uittog uit Egipte (die Paasfees) tot by hierdie fees wat die eerste bloeisels van die Oes vier. Dit was een van die drie (uit 7) feeste wat verpligtend was vir alle Joodse mans, saam met die Paasfees en die Fees van die Tabernakels (Loofhuttefees) . Laasgenoemde was die dankfees aan die einde van die oes.

Pinkster is op die 50e dag na die Paasfees gevier, ‘n tyd van vreugdevolle, partytjie-atmosfeer en die waai van die eerste gerwe van die oes.

Die Fees van die Weke word dikwels met die gawe van die wet in Exodus 19 geassosieer. Dit word soms in Joodse kringe die Fees van die Openbaring genoem. Die wet het die hart van God geopenbaar. Die wet is nie gegee om die mens se tekortkominge vas te vat nie. Dit was die maatstaf van ‘n verhewe lewe, ‘n gelukkige lewe want vir enigiemand wat die wet kon onderhou, was daar nie moeilikheid, vrees of bekommernis nie. Ons onvermoë om die wet te onderhou, het ons afhanklikheid van die inwerking van God se Gees onderstreep. Ons het al gesê: God is die God van jou verhouding met Hom. Hy bepaal, lei, red en onderhou. Daarom het Hy die Heilige Gees kom voorstel.

Om die volle prentjie van die Heilige Gees te kry, is dit nodig om Jesus se woorde en lering daaroor te ken. Gaan saam met my terug na Matteus 3 en die prentjie by die Jordaan toe Jesus gedoop is. (Moet asb nie dat kerkleerstellinge oor die doop nou jou prentjie verdof nie – hierdie is belangrik – ons kyk na die Skrif net soos dit geskryf staan).

God as ‘n drie-eenheid openbaar Homself by die geleentheid. Praat van ‘n defining moment dan is hierdie een van die uitstaandes in die geskiedenis van die mensdom. Kan julle sien hoekom die duiwel hierdie kragtige openbaring van God wil kleur met ‘n omstredenheid in kerkleerstelling?

Die doop van Johannes was ‘n bekeringsdoop en kan dus beskryf word as ‘n “sondaarsdoop”. Waarom moes Jesus dan gedoop word, as Hy soos ons weet, sonder sonde is. Vir die Jode was die doop heeltemal onnodig. Dit was net vir “nuwe” Jode (proseliete) wat uit die heidendom hulle tot die Joodse geloof bekeer het. In die tyd van Johannes se bediening het al hoe meer tradisionele Jode hulle aan die doop onderwerp in ‘n nuwe soeke na God en ‘n bewuswording van hulle sonde. Hierdie nasionale soekersbeweging het groter en groter geword en Jesus het Homself vereenselwig met die mense vir wie Hy gekom het.

Johannes het klem gelê op die Messias wat kom-boodskap en dit was die teken van Jesus om Homself te openbaar. HIerdie gebeure van Matteus 3 was die loodsing van Sy bediening op aarde. Toe Hy uit die doopwater opkom het die hemele oopgemaak en die Gees van God het op Hom neergedaal. Die Heilige Gees is nie ‘n duif nie, dit was net vir daardie visioen in die vorm van ‘n duif om dit iets konkreet te maak, sodat God in Sy drie-eenheid openbaar word. Dit is die wonderlike verwagting van God in Sy volle openbaring – Jesus, Heilige Gees en die goedkeurende stem van die Vader.

Die Heilige Gees wat op Jesus afdaal, het Hom toegerus vir die werk wat kom. Direk daarna is Hy wildernis toe en het Hy sy konfrontasie met die duiwel gehad. Boosheid en leuens kan nie sonder die inwerking van die Heilge Gees oorwin word nie. Die aanhalings van die Skrif deur die duiwel was so uit konteks dat dit slegs as leuens beskou kan word. Dis die Heilige Gees wat die Woord in jou lewendig en kragtig hou, sodat jy die leuens kan onderskei.

Dit sê Jesus direk in Johannes 6:63: NKJV (New King James Version)

It is the Spirit who gives life, the flesh profits nothing. The words I speak to you are spirit and they are life.

Super-belangrike woorde! Lees gerus verder – ‘n moeilike byeenkoms. Baie dissipels verlaat Jesus omdat hy aanstoot gee met sy woorde oor Sy vlees wat geëet moet word en Sy bloed wat gedrink moet word. Die twaalf bly oor en in Sy moedelose laagtepunt vra Jesus of hulle nie ook maar wil weggaan nie. Hier kom die goue woorde van Petrus wat in my hart weerklink: (Nuwe Afrikaanse vertaling)

Here na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en en ons weet dat U die heilige van God is. [Johannes 6:68]

[Herinner: definisie van heilig = afgesonder vir spesifieke doel en definisie vir ewig = nie net tydsgewig nie, ook goddellik, substansie, betroubaar, kan daarop staatmaak = die lewe wat God gee]

Hoekom kon Petrus sulke woorde van krag en waarheid spreek in ‘n atmosfeer van soveel kritiek en rebellie. Dit was die werking van die Heilige Gees.

Op ‘n ander geleentheid spreek Petrus sy oortuiging van geloof in Jesus as die Seun van God uit en Jesus sê direk:

Vlees en bloed het dit nie aan jou openbaar nie, maar My Vader wat in die hemele is. [Matteus 16:17]

Dis nie woorde uit onsself nie. Die Heilige Gees gee ons woorde om te spreek. Dit weet ons uit Jesus se eie lering in Johannes 16: 5 – 15.

Toe die dissipels bekommerd was oor wat hulle moet sê voor die gereg wanneer hulle as Christene vervolg word, was hulle verseker van die wysheid van die Heilige Gees.

Soms as die lewe druk, dan voel ek ek wil Jesus self hoor praat. Hoofstukke 14 – 17 in Johannes is wonderlik daarvoor. Dit voel asof Hy jou vasdruk en troos. Net soos daar by Sy dissipels, ken Hy die hartseer en spanning van die lewe.

Bewus van die hartseer wat Sy woorde van afskeid in Sy dissipels se harte veroorsaak, troos Hy hulle met die Heilige Gees. Hy gebruik woorde soos, waarheid, voordeel, helper, oortuiging.

Hierdie is die ewige lewe, die Goddellike lewe. Om waarheid te ken is om vry te wees van die leuen van die wêreld. Klein praktiese voorbeeld – dis baie moeite om te lieg, jy moet konsentreer om jou leuen in stand te hou, jy word ‘n gemartelde gevangene van jou eie storie. Die Heilige Gees oortuig jou van waarheid en die gevolglike vryheid is verligting en vreugde. So is dit ‘n vreugde om jou lewe met waarheid te deurdrenk. My man het altyd vir my seuntjies gesê na aanleiding van die gordel van waarheid in Efesiërs 6 se wapenrusting: Praat die waarheid anders val jou broek af! Jy sal in die skande kom met leuens.

Die waarheid is dat dit voordelig is dat ons Jesus nie kan sien nie, want nou het ons die Heilige Gees. Hy werk in ons, nader as ‘n fisiese mens, om ons te help en te oortuig van die liefde van ons Vader. Jesus sê verder in Johannes 14 : 26 dat die helper, die Heilige Gees ons sal herinner aan Sy woorde en ons leer.

Die Heilige Gees sal jou van sonde oortuig – in die volmaakte liefde van die Vader wat Sy seun gegee het, as offer vir jou sonde. Moenie toegee aan die duiwel se aanklagte van sonde wat skuld skep en jou lamlê nie.

Die Heilige Gees was Jesus se “persent” aan Sy dissipels (ons ingesluit) om hulle nooit alleen te laat nie. Sy woorde in Johannes 14:26:

But the Helper, the Holy Spitit, whom the Father will send in My name, He will teach you all things and bring to you remembrance all things that I said to you.

Die apostels is deurgaans gevul met die Heillige Gees in hulle bediening soos in Handelinge 13:52 vermeld word:

And the disciples were continually filled, throughout their souls, with joy and the Holy Spirit.

Die Heilige Gees is die belofte van die Vader. Exodus 34:14 (NLT – New Living Translation)

For He is a God who is passionate about his relationship with you.

 

Is dit nie pragtige antieke woorde van krag en vreugde nie?

21. Die God van die Fees – the Lord of the Dance.

Ons is nog nie klaar met feesvier nie! Ons weet nou dat die antieke Hebreeuse kalender in feeste ingedeel is om die goedheid en voorsiening van die Here te vier en nie te vergeet nie. In der waarheid – partytjies van vreugde om na uit te sien.

Stel jou voor die Vader wat dans. Lustig opspring en tiekie draai. Dis wat die Hebreeuse woorde beteken in Sefanja 3:17:

He will rejoice over you with joy; He will exult over you with singing.

Die Afrikaanse vertaling sê Hy jubel en juig oor jou.

Ons weet Jesus het hierdie feeste gevier – hier en daar in die Evangelies, word hierdie feit genoem. Matteus 26:18 toe Hy die dissipels stuur om die huis voor te berei vir die laaste Paasfees voor die kruisiging. In Lukas 2:41 gaan Hy saam met sy ouers na Jerusalem om die Paasfees te vier, soos dit die gewoonte was.

Jesus het ook dikwels van ander partytjies gepraat. Hy is dikwels na partytjies uitgenooi en mens kan jou net voorstel dat die skinderstories geloop het. Die kerkleiers het juis ‘n probleem gehad met die mense met wie Hy gemeng het, en het Hom openlik beskuldig dat Hy belastinggaarders en sondaars sy vriende noem. Heiligheid beteken tog juis afsondering vir ‘n spesifieke doel en daarom het die Jode van die tyd hulleself fisies en letterlik van enigiets wat hulle as onheilig beskou het, afgesonder.

Om hierdie praatjies hok te slaan, het die Jesus 3 stories in Lukas 15 vertel wat almal op ‘n partytjie – ‘n jolige fees met baie uitgenooides eindig. Dit sluit nie eers die storie (gelykenis) van die groot huweliksbanket in nie. Dit is in Matteus 22, waar Jesus Sy Koninkryk vergelyk met ‘n groot bruilofsfees met nuwe uitnodigings, waar die uitnodigings uitgestuur is op grond van die GENADE van God en die VERSOENING van Jesus aan die kruis.

Lukas 15  – Jesus vertel van die groot vreugdefees as die Herder sy verlore skaap opspoor. Hy nooi vriende en bure en sê: Kom juig saam. Die vrou wat haar muntstuk verloor, vier fees saam met vriende en bure as sy dit terugvind. In albei hierdie gevalle noem Jesus die vreugde in die hemel oor die sondaars se bekering. Insluitende feeste, nie uitsluiting soos die kerk van destyds en die kerk van nou? Hoe tuis voel die ware soekers, sondaars en verwerptes in ons kerke? Is ons al te heilig vir hulle of kan hulle maar die vrae vra en die twyfel uitspreek in ‘n veilige hawe van liefde en aanvaarding?

Dan kom Jesus met die storie van die verlore seun – so bekend – oppas vir oorbekendheid en so ‘n gemakzone in die storie dat jy niks nuut kan sien nie. In hierdie storie is welvaart geen probleem nie. Die seun kon sy deel kry en weggaan en die vader en oudste broer het aangegaan met die boerdery. Die seun se deel is uitgemors, sodat niks oorbly en hy keer in armoede en vernedering terug. Nogtans is daar ‘n vetgemaakte kalf (simbool van welvaart en gasvryheid), bediendes en genoeg om ‘n groot fees op kort kennisgewing te hou.

Die seun het daar by die varke geland en ‘n plan uitgedink om ‘n laer status in die veilige hawe wat hy geken het, te gaan uitonderhandel. Let daarop dat hy ‘n hele belydenis uitdink en toe hy dit aan sy pa oordra, net halfpad kom daarmee. Sy hele plan om sy terugkoms te verdien word kortgeknip met die opdragte aan die bediendes wat die totale herstel van die seun se plek in die huis aankondig.

Terwyl jy nog onder die indruk van jou sonde is, verseker die bloed van Jesus jou totale herstel uit die put van jou vernedering. Die fees word beskryf as ‘n jolige danspartytjie met musiek:  vers 23 – 25 van Lukas 15. Die oudste broer se jaloesie, bitterheid en verbeelding (hy is die een wat opmerk dat sy broer seker sy geld op hoerery spandeer het, terwyl hy die wonderlike voorbeeld is wat nog glad nie saam met sy vriende fees gevier het nie) hou hom buite. Die pa, (hy het nooit gewonder waarheen die geld is nie, want hy het genoeg bronne) kom uit om die oudste broer se besware aan te hoor. Hy wil hom deel maak van die vreugde en herinterpreteer sy woorde in die lig van sy vaderhart. Die oudste broer moet inkom en saam feesvier oor dit wat hy nog altyd gehad het, en oor die broer wat dood was en nou weer lewe. Die pa wil sê: Ag los jou kleinlikheid. As jy wil vriende nooi en partytjie hou is dit nie ek wat jou keer nie. Kom juig saam, geniet jouself, deel in die oorvloed.  Jou uitsluiting is JOU keuse – nie hoe ek dit bedoel het nie.

Wie is hierdie God wat jou aanmoedig tot blymoedige feesviering? Kom ons hoor uit Sy eie mond wie Hy is. As jy dit hoor, sal jy genoeg rede hê vir feesvier. In Exodus 33 pleit Moses vir die volk na die Goue Kalf episode. Laat my toe om net in kort die regte perspektief hier te gee.

Die bou van die goue kalf was nie ‘n poging om afgode te aanbid nie. Die volk het probeer om God te eer met die kalf. Dit is trouens met hulle beste goud en silwer gedoen. In Exodus 32:4 word dit duidelik uiteengesit: die volk sê: Hier is jou God wat jou uit Egipteland uitgelei het. Aaron kondig onmiddellik ‘n fees aan en onderskei nie die vleeslike poging tot aanbidding nie. Die partytjie word ‘n aanstoot voor die Here omdat dit die grote God in die bekende vorm van ‘n Egiptiese beesgod in forseer. Dis nie ‘n fout wat net deur die onkundige volk van ouds gemaak is nie. Ons loop dieselfde gevaar. Ons druk God in ons eie vorm van gemak in, sodat ons nie uit ons gemakzone geruk kan word en Hom op SY manier aanbid nie.  Net ‘n nederige onderwerping aan Sy Woord, kan mens bewaar van jou eie Fariseerskap. ‘n Oop gemoed, ‘n sagte, leerbare gees (Engels: teachable spirit), gehoorsaamheid aan Sy opdragte, geopende oë, gesalfde ore – alles produkte van die Heilige Gees se oortuigingswerk en ‘n aflegging van vooroordeel en vooropgestelde idees.

God bly groter as wat jy Hom in jou wildste drome en verbeelding kan voorstel.

Exodus 34:6. Ek weet julle het hierdie al gehoor. Moses is op die berg Sinai en vra om God te sien. God laat hom Sy rugkant aanskou want geen mens kan God sien en leef nie. Uit hierdie hoogs uitsonderlike en bo-natuurlike ervaring kom Moses met ‘n blink gesig by die volk en hulle vra hom hoe LYK God. Hy noem een woord – HESED   [uitgespreek = gessed].

And the Lord passed before him and said: The Lord, the Lord God, merciful and gracious, long-suffering, and abounding in goodness and truth, keeping mercy for thousands, forgiving iniquity and transgression and sin, by no means clearing the guilty, visiting the iniquity of the fathers upon the children and the children’s children to the third and the fourth generation.

Afrikaans: Ek die Here, die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou, Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte….en verder.

Al hierdie eienskappe van die Here kon met die een woord opgesom word. Die karakter van God was wat Moses gesien het. Het jy al gedink wat sien God as Hy na jou kyk? Tipies menslik kyk ons na die uiterlike, klere dalk eerste, dan gesigsuitdrukking en houding, dan eers ingesteldheid en geaardheid. Die Engelse vertaling gebruik die woord LOVING-KINDNESS om hesed te vertaal. Hierdie woord word 240 keer in die Ou Testament gebruik, veral in die Psalms, volgens my Bybelwoordeboek (Vines) een van die belangrikste woorde in Ou Testament teologie. Die Septuagint (die Griekse vertaling van die Ou Testament) gebruik mercy (eleos). In meer moderne vertalings word genade, guns, standhoudende liefde en net liefde ook gebruik. Duidelik ‘n begrip met ‘n wye betekenisnuanse. Ons soek die beskrywing vir ‘n Almagtige God – die moderne tale versamel woorde om die rykdom van HESED te interpreter.

Die gebruik van HESED in Exodus 34 kan die ganse verbondsgeskiedenis van Israel met die Here opsom. Dit is Sy mees sentrale karaktertrek. Daar word in die ou Hebreeus ook ‘n ewigheidselement daaraan gevoeg – geslagte en geslagte.  Dis hierdie God, wat Homself in terme van Sy liefde, genade en guns (onverdiende goedgesindheid en ‘n gewilligheid om in volmaakte liefde vir jou te sorg ten spyte van jouself), verklaar, waaroor jy fees vier. Genoeg rede? Ek dink so.

Dink hierdie Paasfees weer goed na oor die paar versies wat die moordenaar aan die kruis langs Jesus se hele storie vertel. (Lukas 23:39-43) Hy ‘n slegte lewe gehad, ‘n aaklige dood, maar dit was nie sy einde nie. Ten spyte van alles, het hy die regte keuse gemaak en die fees bygewoon. En wat ‘n fees was dit nie – Kom ons lees in Openbaring 5 wat hierdie arme sondaar gesien het – die triomfantelike aankoms van die Lam – Jesus- in die hemel na sy opstanding. Dit is in alle tye die beste, grootste, wonderlikste fees om hoegenaamd by te wees.

Then one of the elders [of the heavenly Sanhedrin] said to me, Stop weeping! See, the Lion of the tribe of Judah, the Root of David, has won (has overcome and conquered)! He can open the scroll and break its seven seals! 

And I heard every created thing in heaven and on earth and under the earth in Hades, the place of departed spirits and on the sea and all that is in it, crying out together, To Him Who is seated on the throne and to the Lamb be ascribed the blessing and the honor and the majesty, glory, splendor and the power, might and dominion forever and ever through the eternities of the eternities!

Dis die kern van ons Paasfees. Hierdie triomfantelike intog in die hemel na die opstanding word elke Paas gevier.

 

20. Feesdae – … en jy moet bly wees

Ek is seker almal het al begin dink aan die Paasnaweek hierdie jaar, miskien vir geen ander rede as bloot die die vakansie aspek daarvan. Dis darem ‘n breek, asemhaaltyd in die jaar wat nou al sover trek.

Kom ons verander sommer nou ons manier van praat. Kom ons praat van die Paasfees in plaas van die Paasnaweek of vakansie. Kom ons vestig die gedagte van die fees net om die regte ingesteldheid vir hierdie heerlike beginsel te kry.

Daar is ongeveer vier verskillende woorde vir fees in Hebreeus. Ek sê ongeveer omdat in Judas die woord agape wat ons  weet onvoorwaardelike liefde beteken, ook met betrekking tot feeste gebruik word.

Die een Hebreeuse woord vir Fees in die Ou Testament -Heorte- is dikwels in die Nuwe Testament, veral met betrekking tot die Paasfees gebruik – net in die evangelie van Johannes 17 keer. Ook in Handelinge sê Paulus hy gaan Jerusalem toe vir die Fees, bedoelende die Paasfees. In Kolossense 2:16 word die woord in die meer algemene manier gebruik wat ‘n heilige dag of feesdag kon beteken. Daar word gepraat van die Sabbat ook as ‘n feesdag.

Die Sabbat was die eerste feesdag van God. Genesis 2:1 – God het Sy werk beëindig en gerus. Dink net vir ‘n oomblik wat het hy die sesde dag gedoen – natuurlik – die mens geskape. Dus – Adam se eerste dag was ‘n rusdag, die feesdag, die Sabbat. Ons het verlede keer oor vasdae na Jesaja 58 verwys. Die laaste gedeelte praat oor die Sabbat, met ‘n voorskrif en ‘n belofte: Vers 13:

If you turn away your foot (travelling unduly – dus te veel aktiwiteite) from the Sabbath, from doing your pleasure on My holy day, and call the Sabbath a delight, the holy day of the Lord honourable, and shall honour Him not doing your own pleasure, not speaking your own words,

Vers 14:

Then you shall delight youself in the Lord; and I will cause you to ride on the high hills of the earth, and feed you with the heritage of Jacob your father. The mouth of the Lord has spoken.

Wat is die heritage of Jacob: Afrikaans: laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob. Dit word verduidelik in Deuteronomium 32:13:

He made him ride in the heights of the earth (God verhef jou pad bo dit wat kon gewees het), that He might eat the produce of the fields (vrug op jou arbeid) He made him draw honey from the rock (luukshede en lekkernye) and oil from the flinty rock (alles wat jy nodig het).

Verder in Deuteronomium 33:29 : Happy are you O Israel! Who is like you, a people saved by the Lord. The shield of your help, and the sword of you majesty. Your enemies shall submit to you and you shall tread down their high places.

Bring hierdie belofte nader aan wat jy nou gaan vier: 1 Petrus 1:18

You must know (recognize) that you were redeemed (ransomed) from the useless, fruitless way of living, inherited by tradition from your forefathers not with corruptible things such as silver or gold, but purchased by the precious blood of Christ.

Hierdie buitengewone gebeure rondom die kruis moet gevier word.

Dink weer na oor jou Sabbat. Luister na die HeiligeGees. Kan jy dalk iets feestelik en anders, miskien heel uniek in jou Sondag inwerk wat van hierdie dag iets meer besonders kan maak?

Die sewe jaarlikse feeste van Israel is ‘n studie op sy eie. In kort: Die geestelik jaar was verdeel in sewe maande; drie feeste is in die eerste maand gevier naamlik die Ongesuurde brode, Paas en die Oesfees se begin. In die derde maand is die Oesfees  (Pinkster) gevier 50 dae na die begin van die Paasfees en die laaste drie feeste in die sewende maand – die fees van die Ramshoring wat ooreenstem met die huidige Joodse Nuwejaar Rosh Hashana, die Groot Versoendag (Yom Kippur – ‘n vasdag) en die Fees van die Tabernakels of die Loofhuttefees  soos dit ook bekendstaan.

Die fees van die ongesuurde brode was ‘n verwydering van alle suurdeeg uit die huise – ‘n fokus op suiwering, reinheid en die voorbereiding vir Paas. Ook vandag voor Paas is daar ‘n bewuswording van dit waarvoor die kruis moes plaasvind – die sonde en verdoemenis van die mens. Ons eie redding en versoening met God kon slegs deur die kruis plaasvind. Dis ons geleentheid om ons onderwerping aan die versoening van Christus te hernu, weer te juig oor sondevergifnis en die liefdesdaad van Jesus. Dit is waarom mense Lent vier – soos vas mens se gees sensiteer vir die oortuiging van die Heilige Gees, so sal ons bewusraking van die Kruis, ons sensiteer vir ons eie sonde. Onthou – die HeiligeGees oortuig van sonde geregtigheid en oordeel. Johannes 16:8 -11.Ons oordeel nie ander mense nie. As jy bewus word van sonde in jou lewe, kan dit net die werk van die HeiligeGees wees wat jou in volmaakte liefde tot belydenis oortuig – ‘n wonder opsigself. Gee oor, bely en word bevry.

Die Paasfees weet ons almal het sy oorsprong in die nag wat die Israeliete Egipteland verlaat het en die bloed van die offerlammetjie aan die deurposte die doodsengel by die Hebreers laat verbygaan het. Dit is die heenwys na die bloed van Christus wat ons red van die geestelike dood – die tweede dood waarvan Openbaring praat [20:6 en 21:8].

Die begin van die oesfees het direk op die Paasfees gevolg. Die eerste gerwe is voor die Priester gebring. Dit wys heen na die Opstanding van Jesus. Hy was die Eerste Gerf van die Oes van die Kerk wat op Sy koms gevolg het. Hy het voor die Vader gaan “waai” . Hy het vir Maria gesê: Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na My Vader toe opgevaar nie. Na sy verskyning voor Sy Vader het Hy aan die dissipels gesê: Raak aan my en voel die wonde in My hande.

Vyftig dae na die Paasfees was die Oesfees – ook genoem Pinkster of die Fees van die Weke– wat heenwys op die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag – beskryf in Handelinge 2. Hierdie HeiligeGees erfenis was ‘n toerusting van krag vir die kerk en die getuienis wat hulle moes wees.  Handelinge 1:8: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld.

Voor ons die laaste drie feeste van die sewende maand noem, kom ons kyk bietjie na die voorskrifte. Daar was noukeurige riglyne vir die vier van die feeste, maar ‘n baie interessante reël word genoem in Deuteronomium 16:11

In die plek wat die Here jou God sal kies om Sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die Teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon (dus jou geestelike leiers), die vreemdelinge, weeskinders en weduwees.

Dis die Bybelse taal – los vertaal in baie los Afrikaans: jy moet ‘n jolly party hou met die predikant daarby en al die lonelies en onlies (sommer my eie frase vir die mense wat nood het) wat jy ken. Die Ou Vertaling sê in Jesaja 54:2 –Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Nuwe vertaling: Moenie suinig daarmee werk nie.

So word daar met elke fees voorgeskryf dat daar vreugde in jou huis, in jou gasvryheid moet wees. Jy weet miskien goed hoe om partytjie te hou – hou dit met ‘n bewustheid van die seën van die Here oor jou lewe. Hou dit as ‘n dankoffer vir dit wat Hy vir jou gedoen het. Die Hebreeuse werkwoord om fees te vier is ‘n samestelling van twee woorde wat beteken om SAAM in VREUGDE (good cheer) met OORVLOED te verkeer. Dit klink soos heerlike te ete en te drinke met ‘n bewustheid van die Teenwoordigheid van die Here en ‘n dank aan Hom as die bron van alles waaruit jy hierdie Fees kan vier.

Die laaste feeste van die Joodse kalender is almal in die sewende maand wat ooreenstem met ons September – Oktober tyd gehou. Dit was Fees van die Ramshoring (Nuwejaar – Rosh Hashana) wat gehou is as ‘n Sabbatdag, die Versoendag (Yom Kippur) wat gehou is as ‘n vasdag en die Loofhuttefees (Fees van die Tabernakels), wat sewe dae lank gevier is in hutte wat met takke gemaak is in die buitelug, sodat die volk hulle woestynervaring kan onthou en al die wonderwerke vier wat daar plaasgevind het. Die feeste het gedien as bakens van herinnering aan hulle eie getuienis. Onthou die lering oor Bodemklippe – bakens van jou getuienis.

Ons maak gereed om Paas te vier. Dit is op die Christenkalender sekerlik die belangrikste tyd van die jaar – ‘n tyd om jou wedergeboorte en redding van hierdie wêreld in ‘n fees tot eer van Jesus te omskep.

Niemand vra om gebore te word nie, maar elke mens moet vra om weer gebore te word.

Dit is nie oorerflik nie – dis ‘n besluit van elke mens as individu. Jesus het gekom om die genadejaar van God aan te kondig (Jesaja 61). Dink weer hierdie Kruistyd aan die moordenaar aan die kruis – heeltemal sonder kerk, doop, vergifnis, sondaarsgebed, formaliteite en rituele  – het hy bewus geword van die geweldige gebeure langs hom, en in sy gebrokenheid uitgeroep. Spontaan, sonder voorbehoud, sonder trots. Sy uitroep is in die Paradys saam met Jesus gevier. Dis ons. Ons is so vrygemaak. Dit is genoeg rede vir ‘n vreugdevolle FEES.