17. Goud in in die hand – TYD.

Daar is ‘n aantal van God se eienskappe wat ek so oor die jare leer ken en waardeer het. Dikwels is dit die onuitwisbaarheid, die ewigheidswaarde daarvan, of nog beter beskryf met Totius-Afrikaans – ondeurgrondelikheid van die karakter van God wat my deur krisisse dra. Dis die pilare onder jou wanneer dit voel asof jou gebed teen die plafon weerkaats.

Een daarvan is tyd – ons konsep van tyd en God se tyd. Miskien is julle almal slimmer as ek , maar die konsep  – buite tyd – is vir my moeilik om te begryp met insig. God staan buite tyd. Een van die eienskappe wat Hom beskryf is alwetend. Dit is om die hele geskiedenis en die hele toekoms in een oomblik te ken – groot né?

Dit gee aanleiding tot die gedagte wat my eendag net tussen die oë getref het – niks is vir God ‘n verrassing nie.

Hy weet alles, Hy weet vooruit. In die middel van die krisis, die verkeerd loop, die sogenaamde afdraaipad, daar dra God se alwetenheid my deur. Hy het geweet hierdie ding gaan oor my pad kom, of ek gaan swaarkry met iets, of hartseer wees, of sondig, aanstoot neem, skinder –allesen terwyl Hy weet, het Hy my lief en staan gereed om te vergewe en te help.

Ek het hierdie konsep in my kop gehad dat alles wat gebeur wat nie by my beplanning inpas nie, of wat ek in my denke as verkeerd klassifiseer, die afdraaipad is. Met verloop van tyd het ek tot die oortuiging gekom dat elke tree van my lewe, wat onder beheer van my Vader is, my bepaalde pad is en so bedoel is. Dit het my so dikwels getroos en versterk.

Kom ons begin weer by Judas 24 : Now to Him who is able to keep you from stumbling and to present you faultless before the Presence of His glory with exceeding joy.

As God sê Hy bring jou in Sy glorie, dan is dit nie jy nie, maar HY.

Romeine 11: 36 Want IN Hom en DEUR Hom en TOT Hom is ALLE dinge.

Romeine 8:28 ALLE dinge werk mee ten goede vir die wat die Here liefhet – work together for GOOD, to those who are called according to His purpose.

Die Grieks vir purpose is prothesis. Pro – voorheen en thesis – ‘n plek. Die woord bevestig ‘n bewuste plan, vooruitbeplanning, ‘n doelstelling, ‘n ontwerp. Die saligheid van die mens is met die sondeval al aangekondig in Genesis 3:15.

Hoe weet ons, ons is ingesluit by hierdie hoë roeping – 1 Tim 2: 3+4 :

For this is good and acceptable in the sight of God our Saviour, who desires all men to be saved and to come to the knowledge of the truth.

Soos ons al so dikwels beklemtoon het, dis jou besluit wat wedergeboorte bewerkstellig en jou onder hierdie hoë roeping van God inbring. 1 Tim gaan verder: For there is one God, and one mediator between God and men, the Man Christ Jesus, who gave Himself as ransom for ALL  ……..

As God se Woord sê vir almal, dan bedoel Hy dis oop vir almal. Dit is SY WIL. Hy weet egter vooruit wie gaan Hom verwerp. Dis weer eens nie ‘n verrassing nie.

Daar is twee griekse woorde wat gebruik word om TYD uit te druk: chronos en kairos.

Chronos – klink bekend – kronologie – volg opmekaar – dit spreek duidelik van ons kalendertyd, ure, minute, dae, maande en jare, eeue en millennia wat opmekaar volg – dis wat ons tel.

Kairos is die bevrydende konsep van God se tyd en word in Strongs Konkordansie soos volg beskryf:  opportune time, set time, appointed time, due time, definitive time, seasonable time, proper time for action. Kairos beskryf kwalitatiewe tyd en chronos meer kwantitatiewe tyd.

In Kolosense 4:5 staan daar: Walk in wisdom toward those who are outside, redeeming the TIME – kairos.  Die Amplified sê: making the most of the time, and seizing the opportunity.

Dink net as mens kan rus in hierdie konsep van TYD. Wag vir die regte tyd. Dit vra natuurlik oop ore vir die stem van die Helige Gees om te hoor wanneer die regte tyd is. Dit help ook om te wag en te weet dat daar ‘n regte tyd is, ‘n oomblik wat vol geleentheid word, sodat dit die “defining moment” kan word.

In Kolossense word hierdie konsep van tyd in dieselfde asem as ‘n lewe in wysheid genoem. Om die volheid van God se tyd te begryp, is wysheid nodig. Jakobus 1 : As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

Hoe moet ons dan dink oor tyd?

In die eerste plek: Kom ons dink: VERLEDE, HEDE TOEKOMS.

Die hele wêreld se literatuur bevel vandag aan  be in the moment, stop and smell the flowers, as gewoontes vir gesonder denkprosesse en gemoedstabilisering. Dis natuurlik die waarheid, want hierdie oomblik is al wat ons tot ons beskikking het om ‘n verskil te maak.

Die besluite van hierdie oomblik bepaal minstens hede en toekoms, maar dikwels ook kragtiglik die verlede.

Staan net vir ‘n oomblik saam met my stil by ‘n boekie van CS Lewis: The Screwtape Letters een van sy omstrede werke. In die boek word die hele Christelike bestel omgekeer en hy skryf vanuit die duiwel se perspektief. Die ouer duiwel moet ‘n jong duiwel raad gee, hoe om ‘n jong Christen se verlei. Een van die belangrike aanbevelings was om die jong man se VANDAG te steel, want, het die ouer duiwel geredeneer – VANDAG is die sleutel tot sy hele verlede en toekoms. Die aanbeveling was om hom in ‘n verlange na die verlede wat goed was te hou, of in die bitterheid van verwonding in sy verlede, of as hy dit nie regkry nie, moes hy die jongman se gedagtes met die toekoms besighou. Hy kon hom laat uitsien na ‘n goeie gebeurtenis wat voorlê, soos ‘n ekamen wat afgehandel is, ‘n huwelik, die einde van ‘n oorlog of andersins hom in vrees vir die toekoms vasvang.

Vir al hierdie kragtige bose aanvalle is die besluite van die oomblik belangrik. As ons glo dat ons hele lewe aan die Here oorgegee is en onder Sy beheer is, dan is ons verlede onder Sy bloed en kan ons daarmee deel met vergifnis en gebed.

Die toekoms is in God se hande en Hy belowe dat Hy vir ons planne het van voorspoed en nie van teëspoed nie, om vir ons ‘n hoop en ‘n toekoms te gee. – Jeremia 29:11. Hierdie konsepte kan net in hierdie oomblik in jou hart ingebrand word, sodat jou hele konsep oor jou TYE wat onder die beheer van die ALWETENDE God staan, verander.

Hierdie rus in God se TYD, die VOLHEID van tyd, die regte tyd, ‘n seisoen, is die antwoord vir vrees en spanning. Hoe seker is jy dat die dag more sal breek. Het jy al een dag in jou lewe ervaar sonder ‘n dagbreek en die nag wat daarop volg. Net so seker staan God se Woord oor jou vandag. Hy sal doen wat Hy gesë het Hy sal doen. Sy plan oor jou lewe staan vas en dis ‘n plan van voorspoed en nie teëspoed nie.  Glo jy dit?

As long as the earth endures, seedtime and harvest, cold and heat, summer and winter, day and night will never cease. Genesis 8:22.

In die tweede plek is daar die konsep van tye en seisoene in jou lewe waarin jou omstandighede dalk so verander dat dit hartseer bring en moeilike besluite. Kan jy die uitdaging aanvaar om die Heilige Gees so ten volle te vertrou dat jy onderwerp aan God se plan in jou lewe en te weet dat jy weet dat Hy jou nooit sal begewe en nooit verlaat nie. Die verloop van jou omstandighede is nie ‘n verrassing vir Hom nie, en Hy sal jou nooit bo jou kragte beproef nie.

Lees gerus 2 Korintiërs 4: 7 – 18 vir volharding deur moeilike tye.

1 Petrus 1: 6, 7:  In all this you greatly rejoice, though now for a little while you may have had to suffer grief in all kinds of trials. These have come so that the proven genuineness of your faith—of greater worth than gold, which perishes even though refined by fire—may result in praise, glory and honor when Jesus Christ is revealed.

Ek wil graag hê ons moet in die volgende stukkie kyk na die konsep VANDAG in die Woord en die kragtige oomblik nou tot jou beskikking.

 


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s