Slaan oor na inhoud

Bodemklippe

Docendo discimus

  • Tuiste
  • Kontak
  • Wie?
  • Die Koers van ‘n Lewe
  • ‘n Lied in die Nag
  • Bronne

Kategorie: Bybelstudie

253.  As die heiden uitroep

Oktober 17, 2021

Nog ‘n jaar spoed ten einde.  Ons het nog nie die virus-ontwrigting heeltemal afgeskud nie en sommige nagevolge gaan ‘n nog ‘n rukkie vertoef, veral die hartseer as iemand geliefdes verloor het.  Die mediese wêreld het ‘n noodtoestand van paniek en vrees oor langer tye beleef.  Hulle was op die voor-front van die stryd.  Daar is egter so baie … More 253.  As die heiden uitroep

Lewer kommentaar 253.  As die heiden uitroep

252. ‘n Krom en korrupte geslag

September 18, 2021

Die Bybel het die antwoord vir alles.  ‘n Baken in die duisternis, ‘n helder  lig in die verwarrende omstandighede en onsekerheid van wêreld politiek.  So is dit in elke geslag van die menslike bestaan.  Dit is ‘n boek wat uit die misterie van lank gelede gegroei het; uit ‘n tyd waar net die argeoloë geraadpleeg kan word. Dit is … More 252. ‘n Krom en korrupte geslag

Lewer kommentaar 252. ‘n Krom en korrupte geslag

251. Die Kerk daar by die rots

Augustus 21, 2021

Mens kan nou weer kerk toe gaan.  Indien daar nog beperkings op groot byeenkomste as gevolg van die virus is, is daar minstens lig in die tonnel dat dit binnekort opgehef sal word.  Dit voel normaal.  Ons is wreed uit normaliteit geruk en nou kan ons teruggaan na dit wat ons aan gewoond is.  In die begin van die … More 251. Die Kerk daar by die rots

Lewer kommentaar 251. Die Kerk daar by die rots

250. Kyk met jou ore

Augustus 3, 2021

Daar is soveel wat mens kan skryf oor wat jy sien.  Kyk op en kyk hoeveel woorde jy nodig het, om die detail van dit wat om jou aangaan te beskryf.  Kyk verder, buite, na die bome, plante, wolke, lug, berge en besef vir ‘n oomblik hoe heeltemal onmoontlik dit is om wat mens sien aan iemand … More 250. Kyk met jou ore

Lewer kommentaar 250. Kyk met jou ore

249. ‘n Lewe bo die wolke

Julie 20, 2021

Iewers in Januarie 2015 maak ek my tuis in ‘n venstersitplek op ‘n vlug tussen Calgary en Toronto.  Dis die middel van die oggend in die middel van die woeste wintermaande in Kanada.  Buite is dit spierwit en die sneeu kom af soos ‘n kombers.  Ek het my foon dopgehou om te hoor of die vlug gekanselleer word … More 249. ‘n Lewe bo die wolke

1 Kommentaar 249. ‘n Lewe bo die wolke

248. Veilig by die leeus

Junie 29, 2021

Sommige  Sondagskoolstories bly by mens, veral seker die van hulle waar  diere betrokke is soos Daniël in die leeukuil en Jona en die walvis.  Die onmoontlikheid van Daniël se storie en die fabel-aard van die walvis-storie dra by tot die verbeelding-insette wat by die storie betrokke is en maak ‘n groot indruk.  My seuntjies het met groot oë geluister … More 248. Veilig by die leeus

Lewer kommentaar 248. Veilig by die leeus

247.   Bring die klippe

Mei 25, 2021

Dit gaan oor onthou – die klipstapeling van herinnering.  Ons vergeet so gou wat God gedoen het.  Is ons werklik so anders as die karakters in die stories van geweld en geloof in Joshua en Rigters?  Die verwyt van die Rigters-skrywer is sommer al in die tweede hoofstuk: Al die mense van sy [Joshua] leeftyd het gesterf, en die volgende … More 247.   Bring die klippe

Lewer kommentaar 247.   Bring die klippe

246. Die Skaal van Skaarste

April 22, 2021

As kinders het ons dikwels met ‘n miernes gespeel.  Miere is fassinerend.  Hulle loop in lang rye en kan met ‘n verstommende doelgerigtheid na een of ander eindbestemming aanstryk.  Die rytjie is baie lank; meeste in enkel-gelid.  Ons het allerhande hindernisse in hulle pad gesit om te kyk wat hulle doen – ‘n klein hopie sand, of ‘n klippie … More 246. Die Skaal van Skaarste

Lewer kommentaar 246. Die Skaal van Skaarste

245. Oorweldig en omgestamp

April 1, 2021

[Paas 2021] ‘n Paar uur in ‘n tuin net buite ‘n ou stad het die wêreld verander.  Mans in aksie, woorde uitgespreek en ‘n meedoënlose ketting van gebeure wat die verloop van die geskiedenis en die berekening van tyd vir ewig sal bepaal. Tyd-reis saam met my na ‘n paar volmaan-ure in die tuin van Getsemane, … More 245. Oorweldig en omgestamp

Lewer kommentaar 245. Oorweldig en omgestamp

244. Oogskande – nuwe insig

Maart 27, 2021

Vensters van jou siel, insig in gedagtes, uitsig oor omstandighede, visie wat diep en ver kan strek, ‘n kyk wat kan red, verwyt en vergewe sowel as ‘n vuil kyk van woede is maar net ‘n paar dinge wat met oë vereenselwig word.  Oë is die orgaan wat sig moontlik maak; die liggaamsdeel wat alles om … More 244. Oogskande – nuwe insig

Lewer kommentaar 244. Oogskande – nuwe insig

Artikels navigasie

Ouer artikels
Nuuter artikels

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Follow Bodemklippe on WordPress.com

Onlangse Bydraes

  • 363. Verklaar met jou mond
  • 362.  Kom ons bid vir…
  • 361. Vas vir gesag
  • 360. Kragtige gebede, magtige gevolge
  • 359.  Niks is onmoontlik 

Argief

Blog at WordPress.com.
Bodemklippe
Blog at WordPress.com. Ontwerp: Gateway.
  • Subscribe Subscribed
    • Bodemklippe
    • Join 59 other subscribers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Bodemklippe
    • Subscribe Subscribed
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...