141. ‘n Groot fees in ‘n klein hoekie van die wêreld.

[Johannes 2] Wie weet nie van die bruilof in Kana nie? Soveel mense wat hulle nie eintlik aan Bybelstories steur nie, weet van die water wat in wyn verander het. Almal onthou ook dat dit by ‘n troue plaagevind het. Die gewoontes rondom huwelike het oor eeue baie verander en is anders in verskillende kulture, … More 141. ‘n Groot fees in ‘n klein hoekie van die wêreld.

140. Mens ontmoet God – een gewone dag langs die meer…

[Johannes 1] Is daar iemand in jou lewe wie jy so bewonder dat jy die presiese dag en omstandighede van ontmoeting soos gister kan onthou? Mense vra dikwels hoe ‘n man en vrou ontmoet het. Die storie word dan met lag en luister en tussenwerpsels vertel. Die gehoor is gefasineerd en tevrede met die storie … More 140. Mens ontmoet God – een gewone dag langs die meer…

139. Wat van jou?

[Johannes 1] Het jy al ooit jouself in die geskiedenis in verbeel? Waar sou jy geleef het in die dorpies van die Middeleeue, ‘n edelman in ‘n kasteel, ‘n ridder wat vir die hertog veg of dalk die hertog self? Dis redelik moeilik om as vrou te ambisieus oor die geskiedenis te dink, hoewel die … More 139. Wat van jou?

138. Die toneel is voorberei – die roep gaan uit.

[Johannes 1] Dis eers diep in hoofstuk een wat die storie begin. Johannes maak seker dat ons die tydloosheid en ewigheidswaarde van hierdie verhaal begryp – waarlik die wonderlikste storie ooit. God het Sy geskape wesens so lief dat Hy een van hulle word om Homself as offer te bring om hulle te red. Johannes … More 138. Die toneel is voorberei – die roep gaan uit.