Ons leef geskiedenis op die oomblik. Ons het dit al gesê. So dikwels in die geskiedenis het omstandighede buite die individu se beheer groot impak op sy lewe gehad. Ons lees daarvan, ons ervaar dit bietjie in rolprente wat gemaak word oor oorlog en ander rampe wat lewens omvergooi en verwoes.
Op die oomblik is dit ‘n pandemie en onrus op die strate. In verskillende lande word mense verskillend geraak deur hierdie gebeure wat wêreldwyd woed.
Hoe reageer ons daarop? Ons is deel van hierdie beweging wat hulle die Christendom noem. Ons is anders. Ons is Koninkrykskinders. Ons weet hoe om te reageer bloot omdat ons God ken en ons God regeer. (Jesaja 52:7)
Die wêreld het nie antwoorde nie. ‘n Mens ervaar dit elke dag oor die nuus. Politici gryp na moontlike uitkomste in die opinies van wetenskaplikes en sogenaamde kenners op ‘n wye verskeidenheid gebiede. Die medici veg hand en tand om kop bo water te hou. Die mense is hartseer, woedend, gefrustreerd, vreesagtig, paniekerig, ondankbaar en ongeskik. Daar is soveel pyn en hartseer om te hanteer. Die dodetal mag vir sommige net ‘n blokkie op ‘n TV skerm of ‘n syfer op die internet wees, maar vir ander is dit ‘n skerp dolk deur hulle hart.
Wat is ons antwoord? Ons oog kan nie op dit wees wat om ons gebeur nie. Ons oog is op Jesus, soveel so dat die ou aarde en sy ellende vervaag in die beeld van die Man van wie CS Lewis sê:
“I know now, Lord, why you utter no answer. You are yourself the answer. Before your face questions die away?”
Dit is die Christendom op sy beste – wanneer die harte van mense in aanbidding en danksegging op God gerig is. Dit is lewe in die hemel binne aardse gebrokenheid. Ons aanbid ‘n God wat groter is as die wêreld se ergste!
Dit is wat ons nodig het om te weet – in alles, veral nou maar vir altyd.
Ek hoop teen hierdie tyd is almal van julle ontluikende Psalmskrywers. Dit is ‘n wonder-vrymaking om woorde op papier te sit, rond te skuif, te herorganiseer, te vervang met ander byvoeglike naamwoorde en sinonieme en alles wat ons beperkte taal kan opdis om ‘n onbeperkte God van die heelal te besing.
Wat skryf mens in so ‘n loflied?
Wanneer ons God besing – sing ons wat Hy moet hoor of wat ons moet hoor?
Die woorde is vir ons. Ons moet skryf wat ons moet hoor. God weet alles en het al alles gehoor. Hy het ons nie nodig nie. Ons moet weet wie Hy is sodat ons kan weet hoe nodig ons hom het.
Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hierdie woorde is ‘n refrein deur al die Psalms en prysgesange in Konings en Kronieke. God self het dit gesê. Hy het geweet wat die volk nodig het om te hoor na die fiasko met die goue kalf in Exodus 32. [Bodemklippe 224]
Toe Moses vra om God te SIEN, het God verbygekom en van homself gesê:
Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. (exodus 34:6)
Die Engels sê: I am …abounding in goodness and truth.
Moses het God gesien, maar nie sy beeld nie. Moses het karakter gesien. Toe die mense Moses vra hoe God LYK het hy met die Hebreeuse woord hessed geantwoord. Hessedbeteken liefde, barmhartigheid en geregtigheid.
As ons weet wie God is en sy karakter kan onderskei, dan sal ons by hom wil wees. Lofgesange berei jou hart voor om in sy teenwoordigheid in te gaan. Dit lei jou in waar jy sy stem hoor en veilig is.
Hoor wat by die inwyding van die Tempel van Salomo gebeur het.
Presies gelyk, soos een man, het die trompetblasers en die sangers die lof en dank aan die Here laat weerklink. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en die loflied ter ere van die Here het opgeklink:
“Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Op daardie oomblik het ‘n wolk die huis van die Here gevul.
Daarom kon die priesters nie vir diens aantree nie. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die tempel van God gevul het. (2 Kronieke 5:13,14)
God woon in die lofsange van sy kinders. Dit is werklike ervaring. ‘n Wolk is die ryke, oorvloedige glorie van God. Die gevolg is dat die priesters is op die vloer want God is aan die werk. In sy teenwoordigheid is die gewone godsdienstige rituele uitgeskakel – die volle fokus is op die Here. Onthou ook hierdie beginsel te midde van herlewing. Die fokus is op die Here en nie die manifestasie of ervaring van sy teenwoordigheid nie.
Toe Josafat moes veg teen die weermag van Moab het hy ‘n vasdag oor die volk uitgeroep. Hy het ‘n pragtige lang gebed gebid. (2 Kronieke 20)
Toe kom die profetiese woord:
Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf, [hier word die edel diens van lofsang oor geslagte heen vereer]
en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God.
Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop.
Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”
Uit die profetiese woord kom aanbidding. Natuurlik is daar vrede en verligting in so ‘n belofte. Geen geveg – net staan en kyk! Wie op aarde kan so oorlog maak? Ons, natuurlik! Ons God regeeer!
Toe kniel Josafat, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here gebuig en Hom eer betoon.
Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.
Die lied wat die Leviete gesing het, is die thehillah genoem. Die lied se tema was God op die troon vir ewig.
U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! (Psalms 22:4)
Terug na Josafat en die Moabiete:
Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.”
Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.
Oorlog met musiek – inderdaad. Die voorsangers het voorgeloop. Dis waar hulle hoort. Stel jou musiek op. Die wonderwerk is asemrowend!
Die lofliedere het die drie weermagte verwar. Sommige kommentators is van mening dat hemelse magte ingegryp het en ander meen dat die verwarring net so groot was dat die vyand mekaar uitgewis het. Wat ookal en hoe ookal – die resultaat was ‘n onbetwisbare oorwinning met ‘n massiewe buit. Maak ‘n prentjie vir jouself hoe God aan jou kant veg. Maak oop jou geestelike oë soos wat Elisa se bediende se oë oopgebid moes word.
Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy ‘n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, “wat gaan ons nou maak?” [Paniek aanval]
Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.”
Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur. (2 Konings 6:15-17)
Berge vol strydwaens van vuur! Die Here veg vir jou. Nie omdat jy ‘n foutlose lewe ly nie, maar omdat daar geen einde aan sy liefde is nie.
Psalm 34 is ‘n spontane loflied. Maak ‘n lied in jou hart vir God.
…en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. (Efesiërs 5:19).
Laat die pryslied oor jou lippe vloei. Laat jou hart vol wees van die lof van die Here. (Matteus 12:34)
‘n Pryslied verander jou van binne. Dit spoel die vrees weg en vul jou hart met geloof en durf.
Lees die hele Psalm 34 en sing uit jou hart. Dit is die genesing vir blindheid, moedeloosheid en paniek. Groei jou vlerke in lofgesange sodat jy opstyg soos ‘n arend uit hierdie morsige, wrede wêreld. Hy sal ons nooit faal nie.
Skryf Bodemklip vriende – en sing!
1’n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
2Ek sal die Here altyd weer prys,
sy lof sal altyd op my lippe wees.
3Ek sal die roem van die Here sing;
dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4Sing saam met my oor die grootheid van die Here
en laat ons saam sy Naam prys.
5Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,
Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,
hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7Ek is een van die ellendiges wat geroep het.
Die Here het gehoor,
uit al my benoudhede het Hy my gered.
8Die Engel van die Here slaan sy laer op
rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
9Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!
Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!
Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11Selfs leeus ly gebrek en kry honger,
maar wie die Here se hulp vra,
kom niks kort van al die goeie dinge nie.
12Kom, kinders, luister na my!
Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.
13As iemand die lewe liefhet
en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet,
14moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat
en sy lippe van leuens.
15Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
soek vrede en jaag dit na!
16Die Here sorg vir die regverdiges
en luister na hulle hulpgeroep.
17Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen
en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.
18As die regverdiges om hulp roep,
hoor die Here hulle
en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
19Die Here is naby die gebrokenes,
Hy help die moedeloses.
20Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref,
die Here red hom uit almal.
21Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige:
geen been word gebreek nie.
22Die kwaad wat die goddelose doen,
bewerk sy eie ondergang:
vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
23Die Here maak sy dienaars vry.
Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.