201. Kom ons praat politiek.

Een van die heel belangrikste uitdagings vandag is insig en openbaringskennis in ons lewe en omstandighede.  Ons kan eenvoudig nie bekostig om een-dimensioneel te leef nie.  Ons bestaan op aarde is ryk aan skoonheid, ryk aan ondervindings, uitdagings en potensiaal, maar ook vol tragedie, hartseer en siekte. Waar is God in al hierdie dinge?

As die verloop van my lewe my soms oorweldig en ek dink aan die wêreld en alles wat aangaan, dan ego die woorde van Romeine 8 in my hart en dit lig my op om die wêreld in die oë te kyk.  Die pragtige retoriese vrae van die OAB is my kragtige bemoediging.

WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. (Romeine 8:31)

Daarmee is die saak afgehandel.  In hierdie woorde is my reaksie teenoor alles wat die aanslag teen my dryf.  God is aan my kant.  Die onuitputlike bron van finansiële voorsiening, bonatuurlike vrede, onverklaarbare vreugde en onblusbare hoop is tot my beskikking deur Jesus en die kruis om voortdurend my lewensbron te wees.  Die gedeelte gaan voort om die moontlike aanval van boosheid wat my lewe versuur en verwoes te beskryf, sodat ek besef dat niks daarvan my sal skei van die liefde van Jesus nie.  Lees weer saam sodat ons goed kan onthou.

Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?(Romeine 8:35, OAB)

Daarop volg die heerlike oorwinningsverklaring wat ons almal saam kan uitroep.

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. (Romeine 8:37-39, OAB)

Lees die woorde met aandag.  Dit is woorde wat ons ganse lewe omvat en onder die gesag van die ewige en onvoorwaardelike liefde van die Here onderwerp.  Dit is ‘n lewe van oorwinning.  Dit is lewe in ‘n ander dimensie.  Dit is die lewe van uitnemendheid – a life of excellence – wat die Heilige Gees waarborg.

Ons aardse lewe is gekenmerk en gekleur deur die politieke bestel waaronder ons onsself bevind. ‘n Wedergebore kind van God leef in die onsigbare koninkryk van God wat Jesus hier op aarde kom bevestig het.  Hy sê dit aan Pilatus in soveel woorde:

“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.” (Johannes 18:36)

Ons het kennis geneem in Romeine 8 dat ons nie onder die owerhede en magte van hierdie wêreld nou of in die toekoms van die liefde van God geskei kan word nie.  Dit is wonderwoorde, maar die grootste vreugde vind ons in die kennis van die politieke bestel van die koninkryk van God.

Kom ons juig in die woorde van Hebreërs 12.  Dit is die regering van die koninkryk en onder wie se gesag ons leef.

Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is, by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel. (Hebreërs 12:22-24)

Net soos in Openbaring is die verwysing na die hemelse Jerusalem die kerk van Jesus op aarde. Dit is die wonder van die gebeure op Pinksterdag, die geboorte van die kerk van Jesus.  Dit is nie denominasies nie; dit is nie georganiseerde godsdiens nie. Dit is waarlik soos die Woord hier sê: die vergadering van die eersgeborenes, die feestelike samekoms van dié wie se name in die hemel (die onsienlike realm  hier by ons waar God is) opgeteken is.

In hierdie feestelike sfeer is God die Regter en Jesus die Middelaar.  Beter kan dit nie wees nie.  Die regering in hierdie hemelse dimensie funksioneer in liefde en genade en wonderwerke is aan die orde van die dag.

Die “politieke” gesprek word so beskryf:

Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie. Hulle wat Hom afgewys het toe Hy sy Goddelike woord op aarde laat hoor het, het nie ontkom nie. Hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie?  (Hebreërs 12:25)

Mooi ou Afrikaanse uitdrukking wat ons houding hier beskryf: ag slaan.  Dit beteken om aandag te gee.  God praat op soveel maniere.  Hy praat altyd.

Onthou die Latyn: Semper loquit.  Dit beteken: Hy praat altyd.

Therefore My people shall know My name;
Therefore they shall know in that day
That I am He who speaks:
‘Behold, it is I.’ ” 
(Isaiah 52:6, NKJV)

CS Lewis het gesê: Pain is God’s megaphone.  Dit is ‘n tragedie as ons hartseer en pyn ons so verwoes om in bitterheid en woede te vergaan.  Dit is die koninkryksbeginsel van ons onsigbare koninkryk om die skoonheid en herstel van God se aanraking te leef.  Ons leef die misterie van die koninkryk soos Jesus belowe het.

Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken…   (Lukas 8:10)

Die lewensles is om aandag te gee as God praat in omstandighede.  Dit is een van die pragtige beskrywings van Moses by die brandende bos.

En Moses sê vir homself: “Ek wil tog ‘n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?” (Exodus 3:3)

Dit is wat die houding van die wedergeborene moet wees in hierdie lewe.  Gaan nader, geen aandag aan die “stem” binne die alledaagse.  God praat met jou.  Die Engels van Exodus 3:3 druk dit pragtig uit:

 Then Moses said, “I will now turn aside and see this great sight, why the bush does not burn.”

Dit is ons politieke bestel.  Hierdie is die misterie waarvolgens ons leef.

Die Gees van die Here my God het oor my gekom;

die Here het my gesalf om ‘n blye boodskap te bring aan die mense in nood,

Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur,

om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is,

om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf,

maar almal wat treur, vertroos,

 

die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur,

eer gee in plaas van smart,

vreugde in plaas van droefheid,

blydskap in plaas van hartseer.

Hulle sal genoem word: Bome van Redding.

Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.

 

Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou,

plekke herbou wat lankal verlate lê,

hulle sal verwoeste stede weer opbou,

plekke wat geslagte lank verlate lê.  (Jesaja 61:1-4)

 

 

 

 

 

 

Hier is die aanhaling van CS Lewis volledig:

God whispers to us in our pleasures,

speaks to us in our conscience,

but shouts in our pains:

it is his megaphone to rouse a deaf world.

 


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s