131. Eenheid en krag – die hel sidder.

Ons is geroep en toegerus, glad nie wees agtergelaat nie. Ons het elke moontlike ding wat ons nodig het om in oorwinning te leef. Dit is die belofte …julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, met die woorde van engele wat die kerk verenig en onstuitbaar maak.

Die teks in 1 Korintiërs 14:13-17 karaktiseer die spreke in tale as ‘n uiting van geloof waarvolgens begrip na die agtergrond verskuif en dus onverstaanbaar is sonder interpretasie.

Die betekenis van die woord glossolalia is die openhartige en hoorbare verbalisering om die heerlikheid van Jesus uit te spreek.

Heilige Gees gebed is ‘n kragtige manifestasie van geloof om uit te reik en die volheid van die belofte van die Vader in Sy koninkryk te ervaar.

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Romeine 8:26)

Dit word soms vertaal met ongewone tale en klanke (Handelinge 10:45-46, 19:6 en verskeie plekke in 1 Korintiërs 12 en 14).

Wanneer ons saamkom is die spontane gebed in die Heilige Gees deel van ons bemoediging aan mekaar.

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. (Kolossense 3:16)

…en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. (Efesiërs 5:19)

Geestelike liedere was spontane samesang van gelowiges. Dit is pragtig verduidelik deur ‘n professor in musiek (ek dink sy van was Griffiths) van die Universiteit van die Oranje Vrystaat, amper 40 jaar gelede toe ek in my tweede jaar op die Universiteit van Johannesburg was. Hy het ‘n lesing oor musiek in die Bybel in die Biblioteek aangebied. Hy het so mooi verduidelik hoe mense spontaan saamgesing het, en hoe die moderne kerke dit nie wou toelaat nie, aangesien dit te onordelik voorkom. Die Heilige Gees lei ons tot ‘n geloofsoorgawe om ons hart se melodie aan Hom te onderwerp. (1 Korintiërs 14:15,26) en Handelinge 2:4; 10:46; 19:6)

Maar, sê Paulus:

Ek dank God dat ek meer ongewone tale of klanke gebruik as julle almal.

 Maar in die byeenkoms van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in ongewone tale of klanke. (1 Korintiërs 14:18,19)

Lering is altyd prioriteit. Die Woord van God in verstaanbare taal geniet voorrang.

Henry Matthew Concise Commentary:

The Holy Spirit is the spring of all desires toward God, which are often more than words can utter. The Spirit who searches the hearts, can perceive the mind and will of the spirit, the renewed mind, and advocates his cause. The Spirit makes intercession to God, and the enemy prevails not.

Ons kan nooit die krag van Helige Gees gebed minag nie.

Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mensen af.  (2 Timoteus 3:5)

Teen die tyd wat Paulus vir die gemeente in Korintiërs geskryf het, het hulle die gawe van tale misbruik en gedegradeer. Dit was ‘n produk van trots en eiewaan vir vleeslike aanbidding.

Geestelike gawes is nie vir die verheffing van die persoon nie. Dit kan net aanleiding gee tot geestelike hoogmoed. Dit is nooit ‘n vertoning van die Heilige Gees nie. Dit kan net geskied om die koninkryk te bou en Jesus te verheerlik. Baie van die gawes funksioneer in die geheim, sonder applous. Die gawes is die kragtiglike manifestering van koninkrykskrag in nederigheid en vol ooreenstemming met die Woord van God.

Hier aan die einde van ons gesprek oor gebed – vir nou – net ‘n paar laaste opmerkings.

Gebed is nie ‘n trans of ‘n misterie nie. Dit is ‘n rasionele besluit om die teenwoordigheid van God te ervaar.

God is jou vader en Jesus het ons geleer om Hom pappa te noem. Dit dui op ‘n warm, vry en vreeslose verhouding.

Die sleutel tot die teenwoordigheid van God is Jesus. Hy het die groot Plan vir ons saligheid reeds in die Tuin van Eden aangekondig en dit staan deur al die eeue. Sy Woord keer nooit leeg terug nie. Dit bereik altyd die doel wat Hy beplan.

Hy het vir ons die weg oopgemaak deur die Kruis. Dit is deur die onskuldige bloed van Sy seun dat ons vrymoedig, in geloof die Troon van God nader. (Hebreërs 10:19)

Jesus sê:

“Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee. (Lukas 12:32)

Dit is God se vreugde om te gee. Hy is nooit suinig in Sy voorsiening nie – eerder oorvloedig.

Hoor net hoe mooi verduidelik The Message dit:

What I’m trying to do here is get you to relax, not be so preoccupied with getting so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works.

Steep yourself in God-reality, God-initiative, God-provisions. You’ll find all your everyday human concerns will be met. Don’t be afraid of missing out. You’re my dearest friends! The Father wants to give you the very kingdom itself.

Kom ons sluit af met die gebed van die heelal in Openbaring 22:

Die Gees en die bruid sê: “Kom!”

En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!”

En elkeen wat dors het, moet kom;

elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

 

 

 

 


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s