Ons het oor die afgelope weke oor aanstoot en woede en die koninkrykswette van vergifnis en liefde gesels. Dit is met opset dat liefde, vergifnis en ek wil byvoeg, verdraagsaamheid koninkryksWET te genoem, aangesien die nakoming daarvan lewensstruktuur bring en kragtige gevolge vrystel, net soos die regstelsel van ‘n land chaos verdryf en potensiaal ontsluit. Die gevolge is ‘n uitmuntende lewenstyl, een wat by verre nooit in sekulêre terme vergelykbaar is nie. Dit is, na alles, waarna ons streef. ‘n Robuuste oorgawe in vertroue dat die Here jou pad rig en Sy plan vasstaan. [Spreuke 16:1; 19:21]
Dit is siels-styl, soveel meer as die prag van kreatiewe mode- en huisontwerp. Dit is die ferm fiksheid van ‘n siel, beoefen in geduld, sagmoedigheid, liefde sonder oordeel en…. nou ja, nederigheid.
Ek dink ‘n mens sou kon waag om te verklaar dat nederigheid in vandag se gemeenskap omtrent altyd teen-intuitief is. Die post-moderne samelewing se kenmerk is ek, vir my en myself gekroon, geklee en gemaklik, selfvoldaan op die verhewe, goue troon van SELF. As enige instansie of persoon sou waag om my te na te kom, die loon op my eie opgeblase verdienste sou aanraak en my dalk ontneem van dit wat die lewe en die wêreld my skuld, is woede en wraak ‘n vereiste van die regverdigheidspersepsie van ‘n kapitalistiese, individu-gerigte bestel. Wie is nou so verhewe en arrogant om in my ambisie na luuksheid en gemak te krap? Is my lewensdoel dan nie die grootheid en waardigheid wat net ‘n self-gefokusde bestaan kan verseker nie?
Professor John Dickson, ‘n Australiaanse navorser in Antieke Geskiedenis en predikant het ‘n boek geskryf met die titel Humilitas, die Latyn vir nederigheid. Reeds in die voorwoord konfronteer hy die inherente paradoks van nederigheid, aangesien arrogante sowel as nederige mense, hulleself nie as nederig sal klassifiseer nie, om uiteenlopende redes natuurlik. Een van sy kollegas het met hom gespot oor die titel van hierdie werk en gesê:
“Well John, at least you have the objective distance from this subject.”
Dickson beskou dit as een van die belangrike boustene van nederigheid om jou te assosieer met mense wat reguit praat!
In hierdie studie oor die afgelope dae het ek weer Andrew Murray se pap geleesde en volgemerkte boekie, Humility, van die rak afgehaal. Binne die eerste paar bladsye was ek omgestamp en op my gesig voor die Here. Hy verduidelik so mooi, as ‘n mens net kan begryp waarvandaan Jesus as die Prins van die Hemele, moes afdaal om vir ons in die swart stof van sonde te kom leer en ly aan die Kruis, dan kan ons net in skaamte oor ons eie trots en arrogansie voor Hom buig.
Nederigheid is in die Griekse filosofie en ander sekulêre literatuur as ‘n swak en ongewilde toestand gereken. Nederigheid is in die Bybel telkens as ‘n positiewe en aantreklike lewenshouding uitgebeeld, ongetwyfeld ‘n houding wat vir God aanvaarbaar is. Hier is ‘n paar voorbeelde uit die Psalms:
You save the humble but bring low those whose eyes are haughty. Psalm 18:27He guides the humble in what is right and teaches them his way. Psalm 25:9
The Lord sustains the humble but casts the wicked to the ground. Psalm 147:6 For the Lord takes delight in his people; he crowns the humble with victory. Psalm 149:4
|
Voeg daarby die antieke digter en singende profeet, Jesaja, wat die guns van God uitspel oor die nederige wat Sy woord met ‘n ontvanklike gees inneem.
Has not my hand made all these things, and so they came into being?” declares the Lord. “These are the ones I look on with favour: those who are humble and contrite in spirit, and who tremble at my word. Isaiah 66:2
Jesus het Homself so beskryf in Sy kosbare uitnodiging aan ‘n moeë wêreld:
Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls.
Matteus 11:29
Die grondbetekenis van nederigheid dui op ‘n totale en onfeilbare begrip van ‘n mens se afhanklikeid van God. Nederigheid definieer en balanseer die mens in drie hoedanighede:
- as individu – ‘n afbeelding van die Skepper,
- as sondaar onder die genade,
- as heilige kind van God, gered en bewus van Sy seën en onvoorwaardelike aanvaarding.
Daarom kan dit gesien word as die hoeksteen van alle Christelike waardes.
So het Jesus sy prediking gekenmerk in die eeerste woorde van die bergpredikasie in Matteus 5:3, toe Hy sê: Salig is die armes van gees (ou vertaling) wat so mooi verduidelik word in die nuwe vertaling met: Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Die koninkryk wat Hy belowe verwys weer na die bestel wat Hy op aarde kom vestig het, die onsigbare koninkryk, waarin ons die ewige lewe reeds nou ervaar en saam met Hom leef. Dit is die enigste plek waar ‘n lewe van nederigheid sin maak, waar ‘n mens begryp wat die omvang van die loon van die dienskneg en die futiliteit van trots en arrogansie is. Dit is die sleutel tot die hoër lewe – laer en laer as slavin van die Nasarener.
In triomf sing Jesaja God se beloftes oor die nederiges: Jesaja 57:15:
For thus says the high and lofty One—He Who inhabits eternity, Whose name is Holy: I dwell in the high and holy place, but with him also who is of a thoroughly penitent and humble spirit, to revive the spirit of the humble and to revive the heart of the thoroughly penitent [bruised with sorrow for sin].
Die pragtige woorde aan die begin van die vers gee aan ons ‘n konsep van God se verhewe woonplek en Sy liefdesoog op die nederige van hart. Hy sal ophef en verhef tot daardie wonder-woonplek by Hom. Dit is nie ons self of ons goedkeuring in mensoë wat die loon bring nie. Net Hy kan ons beloon vir die diensbaarheid wat ons voor Hom en ons medemens uitleef. Die belangrikste lewegewende bron op hierdie aarde – water – soek altyd die laagste plek om te vloei.
Nederigheid is die teen-intuitiewe lewensdoel in ons moderne wêreld, net soos dit in die dae van Jesus was. Praat van ‘n uitheemse leerstelling! Die lewe was hard en veeleisend onder die ystervuis van die Romeine. Vrees was deel van die bestaan en kindwees was kort en onder druk. Jong meisies het gou getrou en die pligte van huis en huwelik opgeneem. Jong seuns moes werk en voorsien in hulle vroeë tienerjare.
In hierdie omstandighede leer Jesus in Matteus 18:1-4 dat ‘n kind die grootste in die koninkryk van God is. Ek is seker die dissipels wou ‘n bietjie meer weet van die hierargie in die hemel. Vir hulle was God so ‘n ver, verhewe wese, onaanraakbaar en verwyderd, hulle wou hoor hoe naby hulle sou kon kom aan Hom daar in die hemele. Die antwoord het hulle nie verwag nie.
At that time the disciples came up and asked Jesus, Who then is really the greatest in the kingdom of heaven?
And He called a little child to Himself and put him in the midst of them,
And said, Truly I say to you, unless you repent (change, turn about) and become like little children [trusting, lowly, loving, forgiving], you can never enter the kingdom of heaven at all.
Whoever will humble himself therefore and become like this little child is greatest in the kingdom of heaven.
Die eienskappe van ‘n kind is verfrissend anders as die strewe van ‘n sekulêre lewe – persoonlike ambisie, geld, mag en erkenning. Dit is in werklikheid die teenoorgestelde van die koninkryk van God. ‘n Kind skram weg van prominensie en wil graag leer sonder ‘n gedagte aan die posisie van leermeester. ‘n Kind is heeltemal afhanklik van voorsiening en is blootgestel en verwondbaar. Die vertroue van ‘n kind op sy ouers is die ingesteldheid wat Jesus in ons wil sien.
Met die gesindheid van afhanklike kindskap, gee Hy alles wat ons nodig het met bederf daarby. Psalm 127:1,2:
As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
Al die bykomstighede van hierdie lewe kry Sy geliefdes in hulle slaap, want sê Hy in Matteus 6:33:
Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.
Die kern van ons lewensdoel is om Sy geliefde te wees, die koninkryk te soek. Daarvoor leef ons die gesindheid van ‘n slaaf – diensbaar en uitverkoop, totaal afhanklik met geen alternatief. Dit is ‘n diep besef dat ons ‘n leë kruik is, en die gesindheid van God self ons moet opvul. Hy alleen sal ons oplei in elke goeie werk want Hy werk in ons om te wil. Fillipense 2:13:
…for it is God who works in you to will and to act in order to fulfill his good purpose.
Nederigheid is nie ‘n besluit en ‘n nuwe voorneme nie. Nederigheid is oorgawe aan die opvulling van die Heilige Gees sodat dit ons gees en siel kan deurdrenk. Dit is die kragtige antwoord vir arrogansie en rebellie. ‘n Nederige houding, sonder vooropgestelde eie belang, is die waarborg vir ‘n verhewe lewe van oorwinning.
1 Tessalonisense 2:13
And we also thank God continually because, when you received the word of God, which you heard from us, you accepted it not as a human word, but as it actually is, the word of God, which is indeed at work in you who believe.
Baie belangrik: Nederigheid is nie die aflegging van oortuiging nie. Dit is uiters belangrik om nooit ons oortuiging van die waarheid te kompromoteer nie. Dit is heeltemal moontlik om met ‘n houding van nederigheid, vas te staan by jou oortuiging met die grootste respek vir iemand wat lynreg van jou verskil. Dit is die sleutel tot beter verhoudings.
Volgende keer: Nederigheid in die lering van Jesus en die effek daarvan in verhoudings.