58. Uitmuntend, uitnemend – die heel beste!

Ek word uitgedaag op tegniese gebied – die video volg later. 

Dis vir my altyd baie lekker om te dink iets kan die heel beste wees. Dit is nou eenmaal ‘n kenmerk van hierdie lewe, dat mens nie altyd die heel hoogste standaard kan afdwing nie. Mens is nooit die heel mooiste, die heel rykste, die heel gemaklikste, die heel slimste, die heel beste in jou werk of spesialiteitsveld nie. Hoeveel maal ervaar ‘n sportman dat in die kritieke oomblik waarvoor hy hom voorberei het vir oorwinning, dit vir hom ‘n slegte dag is. Hy trap mis, vang mis, trek ‘n splitsekonde te laat weg en sy opponent gryp die glorie.

Paulus vergelyk ons lewe op aarde met die van ‘n atleet. Ek vergaap my dikwels aan die toewyding in tyd en fokus waarmee ‘n atleet sy liggaam en siel voorberei vir sy wedloop. Dink net hoe sou ons lewe kon verloop as ons ons gees en siel met dieselfde mate van toewyding kan voorberei vir die geestelike en sosiale uitdagings in ons daaglikse omgang in die wêreld.

Jesus het die voorbeeld gestel. Hy sê sommer vroeg in Sy bediening: Matteus 11:29:

Take My yoke upon you and learn of Me, for I am gentle (meek) and humble (lowly) in heart, and you will find rest (relief and ease and refreshment and recreation and blessed quiet) for your souls.

Hierdie Amplified vertaling is ‘n mondvol. As Jesus Sy standaard stel is daar altyd loon op gehoorsaamheid. Die loon op ‘n nederige hart en ‘n onopgeblase lewenshouding is rus vir jou siel, verkwikking en as ek so mag sê, ‘n sielspa. Dink net aan die onmiddellike voordele van so ‘n houding van onselfsugtige diensbaarheid.

Jy sal nooit omgee of mense raaksien dat jy iets goed doen nie, hulle dankie, of ‘n ophef van jou dade, sal glad nie meer saak maak nie. Jy sal jou lewe vir die gehoor van Een leef en weet dat niks vir Hom verborge is nie. Hy sal altyd sien wat jy doen en dit sal genoeg wees. Geen arrogansie of trots, ander se grootpratery of prestasies, kan ooit vir jou ‘n bron van onvergenoegdheid of vernedering wees nie. As jy die wedloop met Jesus hardloop, is jou oorwinning gewaarborg, want jy sal Sy spesiale Plan vir jou lewe leef, nie iemand anders se opgeblase verwagtings nie.

Sy eie woorde is die antwoord vir enige situasie waarin jy dalk kan voel dat jy tekort skiet. Matteus 20:26 – 28:

…..but whoever wishes to be great among you must be your servant, and whoever desires to be first among you must be your slave—

Just as the Son of Man came not to be waited on but to serve, and to give His life as a ransom for many [the price paid to set them free].

Niemand kan van jou iets vat as jy reeds alles gegee het nie. Dis daardie uitgieting van self wat jou waarlik vrymaak. Daarby gesê is nederigheid die enigste “sosiale leer” in die Koninkryk van God. Lukas 14:11:

For everyone who exalts himself will be humbled (ranked below others who are honored or rewarded), and he who humbles himself (keeps a modest opinion of himself and behaves accordingly) will be exalted (elevated in rank).

Dis die resep. Dit is soveel beter om jou ganse sosiale ambisie voor die Kruis uit te giet en dit aan God se wyse volmaaktheid te onderwerp, sodat Hy op die regte tyd jou opheffing bepaal. Hy doen dit, hier op aarde, voor die mense wat jou wil afbreek. Die voorbeelde hiervan bemoedig elke kind van die Here.

Dink vir ‘n oomblik aan die storie van Esther. Mordegai het in sy gewone diens aan die paleis die koning se lewe gered, deurdat hy ‘n komplot oopgevlek het om die koning dood te maak. Dit lyk amper asof niemand gesien het nie, hy is nie beloon nie, nie eers mooi bedank nie, totdat God bonatuurlik intree, op die oomblik dat dit vir Mordeagi se vyand, Haman, die seerste vernedering is. God herinner die koning in ‘n droom van die komplot wat gefnuik is en hy besluit om die man te eer wat dit oopgevlek het. Hy vra Haman om die heel grootste ereprosessie, wat duidelik die guns van die koning sal weerspieël, te beplan. Haman is so vol van homself en sy eie ambisie, dat hy dink dis vir homself en gee sy verveelding vrye teuels.

Dis amper komies. Lees gerus Esther 6.

Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?

Daarom het Haman vir die koning gesê: Die man aan wie die koning eer wil bewys—laat hulle ‘n koninklike kleed bring waarmee die koning bekleed was, en ‘n perd waar die koning op gery het en op die kop waarvan ‘n koninklike kroon gesit is;

en laat hulle die kleed en die perd afgee aan een van die vorste van die koning, van die vername manne, dat hulle dit die man aantrek aan wie die koning eer wil bewys; en hulle moet hom laat ry op die perd oor die stadsplein en voor hom uitroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.

Kan jy jou voorstel hoe Haman gevoel het toe die koning hom beveel:

Neem nou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mórdegai, die Jood, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie.

Dit is presies soos wat Psalm 23 so mooi uitdruk as dit sê dat die Herder wat sorg dat jy niks nodig het nie, jou voor jou vyande soos ‘n eregas ontvang en met eer aan die tafel laat sit wat Hy vir jou voorberei het. Dit is die eer waarna ons streef – dit wat die Here vir ons voorberei, in hierdie lewe, voor ons vyande. Ons oog is op Hom, nie op menslike erkenning nie. Ek dink ons sal onsself soveel bekommernis en teleurstelling spaar, as ons waarlik Jesus vertrou met ons “prysuitdeling”. Dit is die enigste oplossing vir kantoorpolitiek en sosiale eer.

Hierdie ereplek bereik ons nie uit eie krag nie. Dit is ‘n voortdurende onderwerping aan die beginsels van die Skrif, sodat Jesus self in ons gestalte kry. Dit is Sy beeld en karakter binne ons gees wat groter en groter groei. Fillipense 2:8:

And being found in appearance as a man, he humbled himself by becoming obedient to death— even death on a cross!

Dit is ‘n proses wat slegs kan plaasvind as ons dit bewustelik kies.

Efesiërs 4:2

Be completely humble and gentle; be patient, bearing with one another in love.

1 Petrus 5:6

Humble yourselves, therefore, under God’s mighty hand, that he may lift you up in due time.

Jakobus 4:6

But he gives us more grace. That is why Scripture says: “God opposes the proud but shows favor to the humble.”

Die bewuswording van jou eie posisie in die lewe en die nederigheid wat noodwendig uit wyse insig in jou eie lewe en die grootsheid en genade van God se Plan groei, is ‘n heerlike plek van oorwinning. Dit is so duidelik in die lewe van Paulus. Dieper en dieper in sy bediening het sy belydenis elke keer bietjie verskil.

Hy skryf in sy eerste brief aan die Korintiërs in 56nC: [15:9]:

Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ‘n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.

In die boek aan die Efseiërs skryf hy in 61nC soos volg: [3:8]

Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig

Aan Timoteus skryf hy in 64nC: [1:15]:

Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word,dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

So ‘n pragtige proses van nederige besef. Hoe groter Paulus in sy bediening gegroei het, hoe dieper was sy bewuswording van sy eie posisie. Sy krag in die koninkryk het gegroei soos geen ander, hy het die evangelie aan die heidene verkondig met oortuiging en dryfkrag, sonder om ooit van die suiwer leer van Jesus as die Weg na God af te sien; selfs nie in die minste mate nie.

John Bevere skryf:

The power twins of the kingdom are the Fear of the Lord and Humility.

Andrew Murray skryf:

We must understand the utter impossibility of the Church or the believer in being what Christ would want them to be, as long as His humility is not recognized as His chief glory, His first command and our highest blessedness.

It is only where we, like the Son (Jesus) truly know and show that we can do nothing of ourselves, that God will do all.

Dit is ‘n uitnemende lewe – when God does all.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s