Na aanleiding van ons gesprek oor dankbaarheid en ‘n spesiale insig in die genade van God oor ons lewe, kom ons juig saam oor dit wat gegee is en dit wat beloon word.
Ek staan daagliks verstom oor die verskeidenheid van hierdie wêreld. Die skeppingsdinamiek wat ons omgewing met soveel onderskeidende kenmerke en unieke, individuele eienskappe toerus, is ‘n heerlike wonder van ons Vader. As ons net vir ‘n oomblik aan die verskeidenheid binne ons familie en vriende dink, staan ons verbaas. Ek is verslae oor die verskeidenheid binne een gesin.
Hierdie individualisme is gevestig in die eerste mens. Adam was God se vriend, ‘n geselsgenoot, ‘n wonderlike, vrye wese wat kon kies of hy met God in kontak bly of sy eie gang gaan. Binne hierdie roekelose vryheid, is die krag van liefde en verhouding vir ewig vasgelê. Dink maar aan die dodelike dinamiek van die eerste gesin – Kain, Abel en Set en die drama van die gebeure wat vir ons opgeteken is – rebellie, moord en herstel.
Die talente en gawes van die mens het deur al die eeue sy omgewing bepaal. Die filosofie en wetenskap het met die volle spektrum van intelligente denke die wêreld ontdek, opgeteken en verander. Die behoefte van die mens na beter lewensomstandighede, luukshede en effektiewe wapens is deur die verskeidenheid van talente en gawes aangespreek en beantwoord. Dit weet ons uit die lang, lang storie van ons geskiedenis op aarde.
Dit bring ons by ons tydvak op aarde, wat in hierdie spesifieke ontwikkelingsstadium verkeer. Net soos al die groot historiese figure en die mense om hulle, het ons ons eie spesiale stel gawes gekry om ons geskiedenis mee te skryf. Sommige skryf oorlog en uitroei binne die haat, rassisme en selfsug van volke en individue, sommige skryf vordering en uitkoms binne ‘n drang na verbetering en ontwikkeling, wat die uitroep na verligting van lyding en pyn beantwoord.
En hier is ek – binne my eie stel uniekheid. Wat is ek?
In Matteus 25 vertel Jesus ‘n storie van ‘n man wat op reis gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle uitgedeel. Net soos in al Jesus se stories is daar ‘n les vir die aanhoorders, sowel as ‘n reeks lesse vir die eeue wat op Sy tydvak op aarde volg. Dit is merkwaardig dat ‘n man sy besittings aan slawe uitdeel. Bates het meestal aan kinders vererf. ‘n Mens sou dink dat Hy slegs Sy eie kinders se wysheid en oordeel sou vertrou, maar Hy deel aan almal uit. Slawe was mense met die heel minste eiewaarde. Slawe het wel ‘n belangrike rol in die samelewing vervul. Griekse slawe was verantwoordelik vir die verspreiding van die Griekse taal en filosofie en het die Romeinse ryk op ‘n diep vlak beinvloed. Daar was ook geleerde slawe wie die kinders moes onderrig en slawe met opleiding om sekere spesialiteitswerk te doen. Die man in die storie vertrou sy slawe met sy besittings toe en verwag inisiatief en kreatiwiteit.
Talente was nie aanvanklik geldstukke nie, eerder waarde in gewig. Talente was gewoonlik goud, silwer of brons. Later is ‘n waarde aan ‘n goud- of silwerstuk geheg, wat verskeie vertalers in moderne geldwaarde omskakel. Die NIV* praat van: five bags of gold, to another two bags, and to another one bag, each according to his ability.
Die nuwe Afrikaanse vertaling praat van vyf, twee en een goue muntstuk, wat nie altyd die oorvloedige element in die uitdeelproses so goed weergee nie. Die Argeologiese Bybel reken die waarde van een talent op 34kg. Dit was in goud, silwer of brons ‘n waardevolle hoeveelheid. In die antieke tyd het talente geldwaarde gehad, maar na aanleiding van hierdie gelykenis, het die gebruik van die woord ontwikkel om geestestalente en gawes te beteken.
Die beginsel in die uitdeel van die talente is net so direk van toepassing vandag. Die eienaar het uitgedeel. Hy was die bron van die welvaart. Hy het nie aan almal dieselfde gegee nie. Hy het spesifiek onderskeid in die waarde gemaak. Dit klink onregverdig, maar in die lig van ons Vader, is dit eintlik heeltemal regverdig. Hy maak nooit ‘n fout nie. As Hy uitdeel is dit die perefekte hoeveelheid om jou lewe ‘n skitterende sukses te maak. Hy weet presies wat jy kan doen. Hy gee aan jou AL die talente om jou volle potensiaal te bereik. Dis net vrees wat jou terughou.
Frustrasie en mislukking vreet geloof en hoop. Mens dink so gou dat ‘n situasie onmoontlik is. Terugslae en probleme, met die selfveroordeling van ontoereikenheid, steel sukses. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie – God maak nie ‘n fout nie. Jy het wat jy nodig het. Hy is ‘n goeie God en Hy wil hê jy moet ‘n sukses wees. Geen gemors wat jy sover in jou lewe aangevang het nie, is vir Hom onmoontlik om reg te maak nie. Sy herstel na mislukking en tragedie is altyd beter as wat dit voorheen was.
Die geloof in God se beloning is fundamenteel in ons benadering tot alle aspekte van ons lewe. Hy belowe Sy goedheid as deel van Sy karakter. Laat my toe om net ‘n paar van die pilaarskrifte waarop ek so kragtiglik steun [weer!] te herhaal. Dit is die beloftes van God se hulp – sonder verwyt oor sonde en ongehoorsaamheid – met een voorwaarde: totale oorgawe en onderwerping aan Sy Woord.
Exodus 34:6 NIV
And he passed in front of Moses, proclaiming, “The Lord, the Lord, the compassionate and gracious God, slow to anger, abounding in love and faithfulness, maintaining love to thousands, and forgiving wickedness, rebellion and sin.
Detoronomium 33:26-29 Ampl
There is none like God, O Jeshurun [Israel], Who rides through the heavens to your help and in His majestic glory through the skies.
The eternal God is your refuge and dwelling place, and underneath are the everlasting arms; He drove the enemy before you and thrust them out, saying, Destroy!
And Israel dwells in safety, the fountain of Jacob alone in a land of grain and new wine; yes, His heavens drop dew.
Happy are you, O Israel, and blessing is yours! Who is like you, a people saved by the Lord, the Shield of your help, the Sword that exalts you! Your enemies shall come fawning and cringing, and submit feigned obedience to you, and you shall march on their high places.
Nehemia 13:2
….yet our God turned the curse into a blessing.
Die Psalms is propvol bemoediging en lofliedere wat geloof bou.
Niemand kan sonder Efesiërs 3 in The Message vertaling en Hebreërs 13:5 in die Amplified vertaling leef nie.
God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.
Ek gee nie die hele verwysing nie. Lees die hele hoofstuk vir die volle impak van hierdie belofte.
Hebreërs 13 se belofte is geskryf na aanleiding van geldkommer. Gee oor en glo:
…..for He [God] Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down, relax My hold on you! Assuredly not!
So we take comfort and are encouraged and confidently and boldly say, The Lord is my Helper; I will not be seized with alarm, I will not fear or dread or be terrified. What can man do to me?
Die storie eindig nie met uitdeel nie. Jesus gee die indruk dat die eienaar weggaan en die slawe op hulle eie gelaat word. Miskien voel jou toekoms net so onseker soos daardie slawe wat moes woeker met wat hulle ontvang het. Die toekoms is altyd onseker. Sukses verg meestal dapper, vreeslose, soms gewaagde, sterk optrede. Dit impliseer nie gewetenlose en roekelose optrede nie. Dit beteken optrede met geloof en hoop wat nie terugdeins nie. Geloof wat die verwagting van beloning brandend hou.
Hoe kry jy geloof wat jou eie hoop op beloning nie teleurstel nie?
Romeine 10:17
Consequently, faith comes from hearing the message, and the message is heard through the word about Christ.
Geloof kom deur die Woord van God te “hoor” en ek bedoel waarlik te hoor. Die geproke Woord [rhema-woord], die stem van God, wat met ons “praat” deur die geskrewe Woord (Bybel) brand die geloof in ons gemoed, sodat twyfel uitvlug. Jesaja 52:6
Therefore My people shall know what My name is and what it means; therefore they shall know in that day that I am He who speaks; behold, I Am!
Ons God onderskei Homself as ‘n god wat praat. Daarom kan Hy Sy teenwoordigheid en wysheid belowe om al die blanko ruimte van ons toekoms in te vul. Hy weet wat jou kapasiteit is. Met Sy beloftes en wysheid, leef jy Sy plan. Jou unieke gawes is jou stempel, ware verskeidenheid en kreatiwiteit. Natuurlik is daar onsekerheid en risiko. Dit is juis die omgewing waar jou unieke gawe geld. Daar vind jy verstommende, onverwagte moontlikhede. Dit is volwassenheid. Dit is vryheid. Dis nie maklik nie.
Dit is die optimistiese geloofshoop-pakket teenoor die vreesbevange, mislukkingsverwagting. Dit is die talent wat vrot en vuil opgegrawe word teenoor die blink lewe van sukses en goddellike goedkeuring.
Die skrikwekkende kant van hierdie lewenskeuse is dat die bietjie wat jy het, die een ou talentjie, ook verlore is. Vrees steel alles.
Maar – net een stap verder word beloon. Die storie is oor die aksie wat geneem word, die stap verder, die vrymoedigheidheid – noem dit maar positiewe astrantheid. Die risiko om nie te glo nie is groter as die gevolge van ‘n blinde verwagting dat God sal voorsien.
Die man wat weggaan is nie ‘n aanduiding dat God jou alleen laat nie. Dis eerder ‘n goddellike verwagting van die kantlyn af, vir die aksie wat jy gaan neem, ‘n uitdaging tot geloof sonder vrees.
Die storie waarborg beloning. Enige geloofsaksie word beloon. Jy het die ewige arms van die wonderwerkende Skeppergod onder jou.
VRA – HOOR – WERK!
* NIV = New International Version.