15. My Pa kan alles doen!

I know that you can do all things; no purpose of yours can be thwarted. Job 42:2

In hierdie volmaakte gebed van Jesus vra ons vir dinge om te gebeur. Ons vra dat Sy wil moet geskied – soos in die hemel so ook op die aarde.

Die plek waar die wil van God geskied is hemel – kan nie anders nie. Dit is die plek van volmaakte oorwinning. Die wil van God is altyd die beste en altyd die oplossing. Dit is die plek waar die vloek in ‘n seën verander word – Nehemia 13:2, waar ALLE dinge ten geode meewerk – Romeine 8: 28 – waar geen vrees ooit kan heers nie – Hebreërs 13:5+6 – waar volmaakte vrede die gemoed van die mens beheer – Jesaja 26:3.  Dit is die wil van God dat ons kommervry, met vrede en vreugde leef – die Bybel is vol daarvan – lees weer Fillipense 4: 4 – 7 . Drink dit in, memoriseer dit, leef dit.

As jy nie bly voel nie – is dit nou die tyd om jou in die Here te verbly. Hy verbly Hom oor jou : Sefanja 3:17

The Lord your God is in the midst of you, a Mighty One, a Savior [Who saves]! He will rejoice over you with joy; He will rest [in silent satisfaction] and in His love He will be silent and make no mention [of past sins, or even recall them]; He will exult over you with singing.

Die woord wat Sy vreugde beskryf is ‘n woord wat ‘n tiekiedraai van vreugde impliseer. Uitbundige blydskap!

Dit is die toestand wat jy in verkeer waar die wil van God geskied. Dit is die beste plek om te wees.

[Die tweede deel van die sin is ‘n bevestiging van die eerste deel. 1.Laat U wil geskied 2.soos ind ie hemel so ook op die aarde.Dit gebeur dikwels in Hebreeuse literatuur. ‘n Tweede sin bevestig en verduidelik die voorafgaande sin].

Ons vra ook vir ons daaglikse brood.  Hierdie is ‘n daaglikse basiese behoefte. Ons fisiese en geestelike brood kom van God af. Met hierdie woorde erken ons God as ons bron van lewe op alle vlakke – dit wat ons nodig het om aan die lewe te bly elke dag en dis wat ons nodig het om geestelik gevoed te word, elke dag. Jesus sê in Johannes 6:35: Ek is die Brood van die Lewe” en aan die Samaritaanse vrou, dat Sy water die water van die Ewige Lewe is en enigiemand wat daarvan drink nooit weer dors sal kry nie. Brood en water is die basiese behoefte in die fisiese en in die geestelike lewe.

Jesus is die Brood en Sy Woord is die water. Efes 5:26 …That He might sanctify and cleanse her with the washing of water by the word.

Sien ook Johannes 3:5, waar Jesus met Nikodemus praat oor die koninkryk wat Hy kom aangekondig het en sê: Most assuredly I say to you, unless one is born of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God.

Met hierdie waarborg dat ons daaglikse brood onder die voorsiening van God is, is ons bekommernis oor more ook aangespreek, net soos wat Jesus verseker in Matteus 6:34. Lees weer Matteus 6: 25 – 34, veral as iets jou bekommer. Die heel rykste man op aarde kan nie vir die voëls van die wêreld vir een dag voer nie – God doen dit elke dag – sommer roetine.

Dikwels is dit die onsekerheid van die toekoms wat ons slaap beroof en meestal is dit dinge waaroor ons geen beheer het nie. Dinge buite ons beheer is beter af aan die Here oorgelaat en dinge binne ons beheer sal ons die wysheid deur gebed van Hom ontvang om dit te hanteer.

Kyk weer na die voëls van die hemel. Nie een van hulle sit stil en wag vir die volgende maaltyd nie. Hulle soek die wurms, die saadjies, selfs die karkasse en afval wat sommige voëls eet. Dis ons werk. In die gebed vir ons daaglikse brood vra ons die Here om ons arbeid te seën en Sy guns oor ons werkplek te laat skyn. Daardeur erken ons Hom ook as die bron van ons werk en Sy voorsiening deur ons werkgewer, van watter aard ook al.

In die woord GEE is die vrymoedigheid van kindskap opgesluit. Jou kinders kom nie in jou huis en pleit vir ‘n stukkie kos nie. Eerder, hulle stap hulle met groot vrymoedigheid in, pluk die yskas oop en help hulleself aan die lekkernye. Dit gebeur by my so, en met drie seuns is daar baie gou baie min oor.  Die beloftes en voorsiening in die Woord is altyd oorvloedig. Ons moet instap en die lekkernye geniet deur geloof en die verekering van saligheid – volgens Hebreërs 4:16 Let us therefore come boldly to the throne of grace, that we may obtain mercy and grace to help in time of need.

Hebreërs 10:22: ..let us draw near with a true heart in full assurance of faith, having our hearts sprinkled from an evil conscience and our bodies washed with pure water. Let us hold fast to the confession of our hope without wavering, for He who promised is faithful.

Volgende vra ons vergifnis. Weer is die tweede deel van die sin gekoppel aan die eerste deel en ‘n formidabele voorwaarde inderdaad. Ons word vergewe tot die mate waartoe ons vergewe. Sjoe!

God weet ons sal nie eers vergifnis kan ervaar of waardeer as ons nie self vergewe nie.

Kom ons begin by die belangrikste beginsel van vergifnis – ons weet almal ons moet ander mense se aanstoot en sonde in ons lewe vergewe. Dit is eenvoudig nie moontlik sonder die hulp van die Heilige Gees nie. Jy kan nie sommer besluit – ag wat ek vergewe hom nie – as jy sit met die diep seer en verwonding van ‘n ander mens se optrede wat jou skade aangerig het, op watter vlak ookal.

Vergifnis is slegs moontlik deur gebed – ‘n lekker lang sit en uitpraat aan die voete van die Here en die saak daar laat, heel moontlik meerdere male. Dis dalk ‘n hele proses van aflegging van die bitterheid en wonde wat lank al in jou gemoed vasgelê is.

Die ouer Engelse en Afrikaanse vertalings gebruik die woord : SKULD, wat ‘n letterlike vertaling uit die Grieks is. In Engels: debt.

‘n Skuldlas staan teen jou en is iets wat jy moet hanteer. Die onus is op jou om op te tree. Jesus spreek hierdie kwessie uitvoerig aan in Lukas 17, waar Hy sê dit is onmoontlik dat daar geen struikelblokke sal kom. Die Engels gebruik die woord: offense en die Griekse woord: SKANDALON beteken letterlik : snare, trap, die soort lokval waaraan lokaas gekoppel is.

Hierdie verduideliking is ‘n denkverandering – kan ek “mindshift” so vertaal. Dis ‘n uitdaging om heeltemal ‘n ander houding oor die aanstoot wat ander mense in jou lewe gee, asook die aanstoot wat jy gee, in te neem. DINK ANDERS. Dink oor die bitterheid wat jy koester teenoor iemand as die lokval van satan self wat jou in die gat van onvergewensgesindheid laat vergaan! Erg ne?

Jesus sê in Matteus 5:23, 24 as jy weet dat jou broer iets teen jou het, moet jy jou offer by die altaar los en eers die aanstoot uitsorteer.

Miskien het ons vergifnis nodig vir dit wat ons gedoen of gesê het en ook vir dit wat ons nie doen of sê nie. Die Griekse woord vir sonde: HAMARTIA, beteken letterlik: om die doel te mis, to miss the mark.

Dit klink dalk vaag en moeilik om uit te pluis en dit is nie vir die mens om te oordeel oor andere of jouself nie. Jesus sê self die Heilige Gees sal oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Dit is ‘n allerbelangrike beginsel wat te alle tye toegepas moet word deur elke gelowige en die kerk. Onthou altyd met betrekking tot jouself en andere, Romeine 8:1 : Daar is dan geen veroordeling vir die wat in Christus is nie en lees vers 2 oor die vryheid en lewe in die Heilige Gees. Die bloed van Jesus maak vry van sonde, daar is geen sonde wat jou kan verwyder van die liefde van God nie, die Heilge Gees verseker jou van kindskap. Vertrou op Hom en moenie in seflveroordeling verval nie.

Met hierdie beginsels in gedagte kan ons die laaste deel van die gebed bid. Here, lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Jakobus sê uitdruklik dat God niemand versoek nie, en daarom is die saamlees van die twee sinne duideliker.  Die gebed is dat ek nie in die moeilikheid wat boosheid oor my bring sal beland nie.  Boosheid en sonde het sy eie gevolge, oor my en die mense om my. Hierdie is ‘n gebed soos die van Jabes, bewaar my van die bose, sodat ons soos Jabes, nie tragedie veroorsaak met my onderwerping aan boosheid in my lewe nie. Boosheid is ‘n werklikheid en in hierdie versoek, kry ons Heilige Gees-krag om boosheid te weerstaan.

Kom ons prys die Here saam met die pragtige klimaks-loflied. As ek dink aan my sonde, vergifnis en die bose, dan herinner ek myself Wie in beheer is, aan wie die koninkryk behoort, Wie almagtig is en dit alles tot in ewigheid.

Tot volgende keer.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s