Welkom by die heel eerste uitsending van Bodemklippe se videostukkies. Met die wegspring wil ons graag die beginsels vasmaak waaroor ons gaan gesels en ‘n heerlike geloofsdoel vooropstel.
Wat is die heel eerste ding waaroor ons praat? Die antwoord is:
Filippense 1:9 en 10 – dat julle sal onderskei die dinge waarop dit werklik aankom.
Dis ‘n wonderlike geestelike vaardigheid: Om altyd te weet wat belangrik is, en dis nie net van toepassing op die geestelike dinge maar op jou hele lewe.
– verhoudings,
– tydsbestuur
– werk
Wat is die DOEL van Bybelstudie : Filippense 3: 10 +11 Amplified: Super belangrik – Jesus is die middelpunt – die ALLES!
For my determined purpose is, that I may know Him, that I may progressively become more deeply and intimately acquainted with Him, perceiving and recognizing and understanding the wonders of His Person more strongly and more clearly, and that I may in that same way, come to know the power outflowing from His resurrection, which it exerts over believers, and that I may so share His sufferings as to be continually transformed in Spirit into His likeness even to His death, in the hope, that if possible I may attain to the spiritual and moral resurrection, that lifts me out from among the dead, even while in the body.
Hier is sprake van ‘n opstanding in die lewe! Dis doel van Bybelstudie. DIe openbaringskennis wat jy kry as die geskrewe woord, die lettertjie op papier, vir jou die stem van God word. Dan ervaar jy die opstandingskrag van Jesus nou reeds.
Wat is die Ewige Lewe – vir ons is dit ‘n konsep van tyd maar in Hebreeus het dit ‘n dieper waarde. Mens kan praat van nog ‘n betekenisnuanse of betekenisgewig, dus betekenis op meer as een vlak. God is EWIG, daarom is die ewige lewe ‘n God-lewe wat nou begin.
‘n Lewe met al die God-elemente van standvastigheid, vrede, geloof, vreugde, wonderwerke en oneindig meer om op te noem. Na die opstanding in ‘n nuwe lewe begin die ewige lewe. Dit is die begin van die avontuur van die lewensreis saam met die Here.
Waar kry jy hierdie lewe – Matt 6:6 – die binnekamer. Dis nie noodwendig ‘n fisiese plek nie – dis alleentyd, kontak-maaktyd, tyd wat in gouderts getel word – so kosbaar. Dit is wat jou werklik ryk maak!
Die Jode het gebed baie ernstig geag. Rabbi-wysheid – die familie wat bid omring sy huis met ‘n muur van yster.
Dit was nie vir ‘n Jood in die tyd van Jesus maklik om in sy huis te bid nie. Gebede was formeel en voorgeskryf vir sekere ure van die dag. Mens was nie altyd by die huis as jy moes bid nie en daarom het hulle dikwels op straat gebid. Gehoorsaamheid aan die voorskrifte van gebed het as gevolg van die invloed van die kerkleiers ‘n sekere status in die gemeenskap gekry en aanleiding gegee tot hoogmoed en trots oor die mate waarin die voorskrifte nagevolg is.
Jesus kom met ‘n hele nuwe konsep – bid in die geheim! Beter om privaat werklik te kommunikeer as om die formele ritueeltjie op straat of in die openbaar af te rammel.
Hoor liewer Jesus se voorskrif – maak kontak, praat met jou Pa. Gebed word maklik deur die Woord – bid die Woord. As jy nie weet hoe nie – bid die Pslams. As jou gedagtes dwaal – skryf jou gebede op.Skryf ook veral jou insigte uit die Woord op – dinge wat die Heilige Gees jou leer. Goeie ding om weer te kyk, sodat jy nie van jou eie getuienis beroof word deur vergeet. Koop ‘n pragtige joernaal. Dis ‘n belegging in jou gebedslewe.
Vir die reis saam met Bodemklippe maak dit glad nie saak in watter KERK jy is nie . Sondag is ‘n feesviering van jou wandel saam met die Here in die week. Hier is die uitdaging – as jy in enige kerk gaan sit met die doel om die Here te prys en Hom te dank vir die guns en seën wat jy deur die week van Hom ontvang het – SAL Hy jou ontmoet en seën in Sy huis. Dis ‘n waarborg. Onthou die mens skryf sommer af, maar God nooit nie. Hy is daar waar Sy NAAM is. Alles hang van jou gesindheid af. Hy kyk na die hart en sal jou individueel ontmoet in alle omstandighede.
Die beginsel van Bybelstudie is om self by die Here te hoor. Sy stem in Sy woord is ‘n Rhema-woord. Die woord RHEMA beteken die gesproke woord – die stem van God.
Volgens hoorsê het ek van u gehoor – maar nou het my oog U gesien. Job 42:5.
Net so belangrik is dit om in enige preek of lering te luister vir die stem binne-in die stem. As jy die Here vra om jou ore te salf om te hoor – in die taal van Openbaring – wat die GEES aan die gemeente sê, dan sal jy hoor wat jy moet hoor. Dis die doel. Die verwyt van Jesus wil ek nooit aan skuldig wees nie. Hulle het ore wat hoor maar hulle verstaan nie, oë wat sien maar sonder insig – Matt 13: 14 en15 haal aan uit Jes 6: 9 en 10.
JESUS: Julle hoor en hoor en tog niks verstaan nie, julle kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien nie en met hulle ore kan hoor nie en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, sodat EK hulle gesond maak nie.
Hier is die belofte wat gebeur as jy jou in die Woord van God verdiep. Enige een wat besig raak met die Woord word in Maleagi 3:16 gelukgewens:
Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer (gepraat) en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is ‘n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van die wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan Sy naam. Hulle sal vir my ‘n kosbare besitting wees (ENGELS: I will make them my jewels) die dag as Ek ingryp se die Here die Almagtige. Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.
Die Here onderskei Hom van ander gode met die kenmerk van PRAAT.
Therefore my people shall know MY NAME. Therefore they shall know in that day that I am He who speaks: Behold it is I. Jes 52: 6
Net ter afsluiting van hierdie inleiding om al ons beginsels weer saam te vat:Jesus is onmiddellik betrokke waar 2 of 3 in Sy naam bymekaar is volgens Matt 18. Lees asb vir huiswerk Jesaja 55 die hele hoofstuk en sien raak watter waarde die Here aan SY WOORD heg en die beloftes wat daarmee saamgaan. HOOR wat die Here vir jou sê in daardie hoofstuk.
Lees asb vir huiswerk Jesaja 55 die hele hoofstuk en sien raak watter waarde die Here aan SY WOORD heg en die beloftes wat daarmee saamgaan. HOOR wat die Here vir jou sê in daardie hoofstuk.
‘n Studie van die Woord het ‘n reaksie in die hemel.
Kan mens lewe sonder om te weet:
Wat die oog nie gesien het en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van die mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir diè wat Hom liefhet. 1 Korintiërs 2 : 9