Dit voel vandag asof ek ‘n brief aan almal wil skryf. Dit is nie iets wat ek gewoonlik deel nie. Ek voel so effens blootgestel, asof ek iets erken wat lank net ‘n stille verlange was. Dit is nadat ek ‘n pragtige stuk filosofie van CS Lewis gelees het, dat ek dit wat in my hart is, aan myself erken het. ‘n Diep begeerte wat ek my hele lewe mee saamleef en wat soveel van my bestaan oorheers, druk hy in woorde uit.
Ek verlang na mooi – skoonheid, prag en praal, ontwerp en kreatiwiteit wat die heel beste van die mens toon. Ek stap dikwels deur winkels om te sien wat die beste ontwerpers en kunstenaars doen. ‘n Kunsgallery is vir my soos ‘n boks sjokolade. Ek voel ‘n diep satisfaksie as ek bewonder en waardeer. Nou en dan is dit groot bederf as ek ‘n binnenshuise versiering of mode tydskrif koop en stadig deurblaai. Soms voel ek dis net ‘n gebrekkige poging om my diep verlange te stil. Ek luister na ‘n groot verskeidenheid musiek.
Ek is lief vir woorde. Ek lees poësie en literatuur om te sien hoe die meesters van woorde die alfabet manipuleer en my op loop neem. Die komediante speel met woorde, die digters heers met woorde en die skrywers domineer met woorde sodat ek lag en huil en sleg voel en goed voel – alles in een oomblik. Lees saam met my hoe Lewis die onuitspreeklike verwoord.
In speaking of this desire for our own far-off country, which we find in ourselves even now, I feel a certain shyness. I am almost committing an indecency. I am trying to rip open the inconsolable secret in each one of you—the secret which hurts so much that you take your revenge on it by calling it names like Nostalgia and Romanticism and Adolescence: the secret also which pierces with such sweetness that when, in very intimate conversation, the mention of it becomes imminent, we grow awkward and affect to laugh at ourselves: the secret we cannot hide and cannot tell, though we desire to do both. We cannot tell it because it is a desire for something that has never actually appeared in our experience. We cannot hide it because our experience is constantly suggesting it, and we betray ourselves like lovers at the mention of a name. Our commonest expedient is to call it beautyand behave as if that had settled the matter. Wordsworth’s expedient was to identify it with certain moments in his own past. But all this is a cheat. If Wordsworth had gone back to those moments in the past, he would not have found the thing itself, but only the reminder of it; what he remembered would turn out to be itself a remembering. The books or the music in which we thought the beauty was located will betray us if we trust to them; it was not in them, it only came through them, and what came through them was longing. These things—the beauty, the memory of our own past—are good images of what we really desire; but if they are mistaken for the thing itself they turn into dumb idols, breaking the hearts of their worshippers. For they are not the thing itself; they are only the scent of a flower we have not found, the echo of a tune we have not heard, news from a country we have never yet visited. . .
Apparently, then, our lifelong nostalgia, our longing to be re-united with something in the universe from which we now feel cut off, to be on the inside of some door which we have always seen from the outside, is no mere neurotic fancy, but the truest index of our real situation. And to be at last summoned inside would be both glory and honour beyond all our merits and also the healing of that old ache. . . The whole man is to drink joy from the fountain of joy.
Meeste van my verlange na iets wat ek nog wil ervaar, word bevredig in my studie van die Woord van God. Die Bybel is sonder twyfel die hoogste en pragtigste woorde van hierdie ou aarde, en totdat ons die hemel ervaar, is dit die woorde wat ons diepste verlange kan stilmaak. So beskryf Paulus die misterie:
Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. (1 Korintiërs 2:9)
Vir solank as wat die mens bestaan, het die soeke na wysheid hulle filosofie en wetenskap oorheers. Natuurlik sal die lewe beter wees as ons wys is en op die regte manier ons probleme oplos. Wysheid is die seker wete dat ons die regte ding op die regte tyd en die regte manier doen. Soveel van die pragtige poësie van die Bybel is wysheidsliteratuur.
Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.
Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.(Spreuke 2:6,7)
Dis hoe die New Living Translationdie vertaal:
He grants a treasure of common sense to the honest. He is a shield to those who walk with integrity. (NLT)
As daar iets is wat ek begeer is dit ‘n “treaure of common sense”. My ma het altyd gesê: “Common sense is die belangrikste sense en glad nie so common nie.”
‘n Mens kan maklik paniekerig raak oor die voorwaarde van ‘n onberispelike lewe. Die Engelse vertaling is minder vreesaanjaend. Wie kan nou ‘n onberispelike lewe in die oë van die Here leef. Ons val om die eerste draai in die gat van gedagtes van woede, vrees en onvergifnis. Ons geregtigheid is Jesus – dit is ‘n super belangrike beginsel. Ons skuil in hom. Hy is ons beskerming teen die druk van die wêreld om in allerhande sonde te verval.
Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. (Romeine 3:21-24)
‘n Onberispelike lewe, soos wat die Afrikaanse Bybel sê, is ‘n lewe in onderwerping aan die voorskrifte van die Woord. God lei ons self in die weg wat ons behoud is en beskerming bring. Hy leer ons sy wil en hou sy oog op ons.
Kom ons kyk na die voorbeeld van Dawid wat met sy sonde geworstel het. Hy skryf in Psalm 32:
‘n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela
[Onthou Sela beteken om tyd te neem en die woorde rustig te oordink]
Die gevolg van ‘n onberispelike lewe – ‘n lewe wat oop voor God is, sodat Hy alle sonde en oortredinge kan vergewe – is ‘n lewe van oorwinning.
Dit is waarom elke gelowige in ‘n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. U is vir my ‘n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing. Sela
Met ‘n oop kanaal van ‘n skoongewaste lewe, word Dawid se gebed profeties en hy skryf God se antwoord aan hom in vers 8.
Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
Dit is inderdaad ‘n lewe van uitnemendheid – om God se oog op jou te hê. Sy pad, sy plan is die heel beste wat hierdie lewe op aarde kan bied.
Saam bid ons vandag: Here, hier is ek vandag. Ek maak my lewe voor U oop en bid dat U my leer. Net soos Dawid bring ek my sonde voor U. Wys my asseblief waar en hoe ek die Heilige Gees teleurstel sodat my innerlike wese oop en bloot voor U is en ek van al my sonde gereinig word. Ek onderwerp aan U pad en “sien” myself onder U oog. Dankie dat U my so liefhet om my te leer.
Kom ons juig in die laaste vers van die Psalm.
Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.
In hierdie vreugde as vrygespreekte regverdiges, kan ons die ware skoonheid van die wêreld ervaar.
Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.(2 Korintiërs 5:21)