[Openbaring 1]
In die dramatiese eerste skeppingswoorde het orde uit chaos voortgekom, nie verwarring en vernietiging nie. Vandag, as mens om jou kyk, is die deurmekaarspul so geweldig dat dit lyk asof ‘n verrukte afkopruiter planloos bloed vergiet en te midde van paniek en verdwasing, die ontreddering van die mensdom uitbuit. Regerings sukkel om orde te handhaaf; mense soek stabiliteit en sekuriteit. Orde en vrede is elemente van die koninkryk van God, daarom bid ons: laat U koninkryk kom. Wat ons leer van die majestieuse heerskappy van ons Vader, moet ons as die pêrel van groot waarde aan ons kinders oordra.
Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. (2 Timoteus 2:2, NAB)
In ons studie van die boek Openbaring, moet ons eers verklaar dat God groter is as enigiets wat ons ken of ooit mag ken en nooit deur een studie of een interpretasie verklaar kan word nie. Daar is in die veelvuldige wysheid van die Heilige Gees altyd meer en meer om te leer. Ek onderwerp in nederigheid aan die oneindige en oorweldigende voortreflikheid van ons Vader wat nooit in aardse terme voldoende beskryf kan word nie. Dit wat ons bespreek skraap die oppervlakte in ‘n voorlopige analise, wat meestal die dispensasionele interpretasie van die visioen so ver moontlik vermy. Daar is ‘n groot verskeidenheid van hierdie interpretasies waarvan ‘n hele aantal logies klink.
Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet. (Deuteronomium 29:29, NAB)
Ons is in die unieke posisie in die heelal om die saligmakende krag van God te ervaar. Hierdie uitsonderlike aspek van die mens is ons kenmerk – die simbool van God se plan waarmee ons gemerk word sodat die engele ons ken. Die engele is geskape wesens. Hulle het nie redding nodig nie. Die kerk is die simbool van God se werk op aarde en maak dit bekend aan die hemelse wesens soos Paulus verklaar:
Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim. (Efesiërs 3:10, NAB)
Is dit nie ‘n heerlike, majestieuse rol om te vertolk nie? Staan sterk Bodemklipvriend, ons triomftog saam met Christus is ver bo wat jy ooit kon droom. Mag God ons toerus in elke opsig, veral met ‘n woord op sy tyd.
Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ‘n leerling moet luister. (Jesaja 50:4, NAB)
Soos ons deur die eerste hoofstuk van Openbaring lees, wees bedag op die mees belangrike beginsels in die studie van hierdie boek. Die Heilige Gees heers oor alles. Hy openbaar die hart van God. Jesus het alles gegee, nou kom Hy om bestek op te neem.
Die teenwoordigheid van die Troon – die Drie-eenheid – is altyd positief. Die doel is om te seën. Dit is juis waarom daar oordeel, waarskuwing en onthulling van sonde is. In alles is aanmoediging en beloning vir gehoorsaamheid.
Alle oordeel en veroordeling word uitgespreek met die doel om te seën en God se goedkeuring te verkry.
Niks is onduidelik of vaag nie. Ons Vader openbaar Homself en Sy plan tot voordeel van die mensdom. Hy verduidelik die chaotiese gevolge van sonde sodat Hy kan red en genees. Sonde verhoed seën. Dit is ‘n feit. (1:1-3). Sewe seëninge word in Openbaring belowe. Kom ons juig saam.
- Seën op die Woord – om te hoor, te bewaar en te gehoorsaam (1:3)
- Seën op die dood (14:13)
- Seën op diegene wat wakker is (16:15)
- Seën op die genooides (19:9)
- Seën op die eerste opstanding (20:6) – nie deur die dood aangeraak nie. Wedergeboorte red jou van die dood.
- Seën op die wyse (22:7)
- Seën op diegene wat hulle klere gewas het (22:14)
Al hierdie seëninge is van toepassing op ons wat deur die Kruis gered is en die ewige lewe met wedergeboorte ontvang het.
Die sentrale tema van die hele boek is Christus as hoogste en superieure wese in volle sig. Absoluut alles is om Hom gesentreerd. Johannes skilder ‘n lewendige en dramatiese beeld van Jeus.
Hy word aangekondig met ‘n stem soos ‘n basuin (1:10) Die trompet of basuin was ‘n oproep van die leiers om die aandag van die volk te kry vir ‘n aankondiging of ‘n oproep om te veg. Die basuin kondig die visioen aan.
Sewe uitstaande karaktertrekke word beskryf. Alles vind sy bron in die beskrywings van die Ou Testament sodat dit bekend is vir Johannes se gehoor.
- Lang kleed
- Goue band om sy bors (1:13)
- Hare wit soos wol, soos sneeu
- Oë wat soos vuur vlam (1:14)
- Voete soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei
- Stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa (1:15)
- Swaard het uit sy mond gekom – skerp en tweesnydend (1:16)
[Volg die video van hier af]
Naam en onderwerp van die boek.
1DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee
2wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.
3Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Kom ons lig die sluier. Ons kan alles verstaan. Gou = dadelik. Die sleutel van die boek is in die eerste vyf woorde. Johannes stel homself voor as die siener en skrywer. Ou woord vir profeet is siener. Profeet se funksie is om die woord van God aan die mens te bring en die mens in gebed en sondebelydenis na God te bring.
Seën op ons nou – ontvang dit. Tyd is naby = dit begin onmiddellik en dui nie op ‘n presiese, vooruitgestelde historiese tyd nie.
Opdrag aan die sewe gemeentes van die provinsie Asië.
4JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,
Sewe geeste – alle syfers is simbolies en moenie letterlik verklaar word nie. Sewe is die volledigheid van God se Gees. Wat was en is en wat kom = God omvat die hele geskiedenis van die mensdom.
5en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
6en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
Jesus is die getroue geuie – martelaar is sinoniem met getuie. Grieks = martus. Hebreeus herhaal vir intensiewe vorm – koning van die konings, owerste = die beste. Kruis staan sentraal – altyd.
Duidelik wie is Hy wat aanbid moet word. Ons is sy kinders en die konings en priester in sy Koninkryk NOU. Ons regeer nou saam met hom oor boosheid. In gebed is ons in sy Troonkamer.
7Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Wolk van sy teenwoordigheid = onsigbare Koninkryk op aarde. Jesus en Johannes die Doper se eerste woorde van bediening (Matteus 3:2; 4:17).
Elke oog sien die Kerk op aarde. Ons is die liggaam van Jesus, die beeld van Christus. Hy het in ons gestalte. Elkeen ken sy Naam ook die wat hom verwerp. Die Jode is deurgaans bewus van Jesus. Geboorte van die kerk is Pinksterdag – manifestasie van vuur.
Die geslagte van die aarde rou omdat hulle hom nie aanvaar nie en dus in sonde en wreedheid verval.
Alpha is die begin, maar ook die oorsprong en die bron. Omega is die einde, maar ook die doel, die kulminasie van alles met die insluiting van alles tussen-in.
Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.
9EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
Patmos – vulkaniese eiland, in die Aegiese see, 90 km suidwes van Efese. Romeinse strafkamp – eintlik voorspel tot die dood. Dominitianus arresteer hom (want hyself dink hy is god) en Nerva (opvolger) bevry Johannes – wonderwerk. Verklaar homself mede-martelaar.
10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin,
11wat sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
Trompet – altyd aankondiging, bring die volk bymekaar. Maak gereed vir oorlog. Iets groot gaan gebeur.
Kerke – volgende keer.
12Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel
Lampstaander/kandelaar – bekende beeld. In die Heilige deel in die Tabernakel/Tempel. Goud (1 Konings. 7:49; Sagaria. 4:2) is altyd koninklik. Kerk is die lampstaander, Jesus die Lig. Kerk kan net ‘n draer van die lig wees, nie sy eie lig nie. Lig van Jesus op die toonbrode – belig die Woord om insig te verkry. Dit lei tot aanbidding – goue bak met wierook. Sewe = volmaak, simbolies van die hele (onsigbare) Kerk van alle tye.
Kleed oor sy voete – priesterlike kleed (Daniël 7:13). Aarde is sy voetstoel (Jesaja 66:1). Aanbid by sy voete (Psalms 132:7). Sy kleed bedek die aarde, sy Soom vul die Tempel. Goue gordel – koninklik.
Kleed in die gordel – gereed vir aksie. Omgord jou lendene OAB. I am alert and active over My word to perform it. (Jeremia 1 Amplified)
Fariseers se gordel was die Wet. God se gordel is Agapé liefde. Liefde maak God aktief tot jou voordeel, vir jou onthalwe.
14Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,
15en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Wol – moet gewas word om rein te wees (ons sonde word wit soos wol, sneeu gemaak – Jesaja 1:18). Oë wat die Heilige Gees simboliseer (vuur). Spreek van insig en alwetendheid. Niks is verborge voor God. (1 Korintiërs 4:5).
In die Evangelies kry mens die indruk dat iemand wat Jesus in die oë gekyk het, dit nooit sou vergeet nie. (Markus 3:34, 10:23 en 11:11) Sy oë het in woede geflits (Markus 3:5) en in liefde gekyk (Markus 10:21). Daar was ook hartseer in Sy oë (Lukas 22:61).
“I know now, Lord, why you utter no answer. You are yourself the answer. Before your face questions die away.
C.S Lewis
Daniël 10:6 beskryf die arms en bene van die goddelike boodskapper as koper wat in ‘n smeltoond gloei. Dit word herhaal in Esegiël 1:7 as die voete van engele beskryf word. Dit simboliseer krag, stabiliteit en spoed. God is altyd sterk genoeg en vinnig genoeg vir ons nood.
Sy stem was soos die gedruis van baie water. Dit is ‘n geluid wat nie geïgnoreer kan word nie. Die skepping sal aandag gee. Baie water het krag om te vernietig. God se stem word op baie verskillende manier beskryf – ook soms as die stil, sagte fluistering soos vir Elia in 1 Konings 19:12 wat die oortuiging in jou gemoed beskryf. Die hele Psalm 29 gaan oor die stem van die Here.
3Die stem van die Here weerklink oor die waters.
Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters!
4Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit.
5Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop.
6Hy laat die Libanon bokspring soos ‘n kalf en die Sirjon soos ‘n jong bees.
7Die stem van die Here laat weerlig uitslaan.
8Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal.
In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!”
10Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning.
Terug na Openbaring 1.
16En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
Die sewe sterre in sy regterhand dui op die heerskappy van God oor die ganse heelal. Volgens die laaste vers van hierdie hoofstuk is die sterre die engele – sy heerskappy word uitgevoer in die heelal met al sy hemelse wesens. Hy regeer en ons hoef nie bang te wees vir die uitgestrektheid van die heelal nie. Hy hou dit in sy Hand. (Job 38:31)
Uit Sy mond het ‘n skerp, tweesnydende swaard gekom. Die swaard wat heel moontlik hier beskryf word, is die kort, breë tongvormige swaard van Romeinse soldate, nie die lang skermswaard van later jare nie. (Jesaja 11:14 en 49:2, Hebreërs 4:12)
Sy gesig was soos die son, skryf Johannes. Hy was teenwoordig by die verheerliking van Jesus op die berg soos beskryf in Matteus 17:2. In Jesus se onhoudbare glorie en heerlikheid is Sy woorde: Moenie vrees nie, net soos in Matteus 17:7. Son van Redding sal skyn met genesing in sy strale. (Maleagi 4:2)
17En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
18en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
Hy verklaar Homself die lewende Een, wat dood was en weer lewe as sy indentifisering aan Johannes. Johannes self het die leë graf ervaar daardie Sondagoggend, ‘n hele paar dekades voor hy hierdie visioen neerskryf.
God se identiteit is oorwinning oor die dood, fisies en geestelik – ALLE dood. Eerste en laaste – Hy omvat die hele geskiedenis van die mensdom – bron en doel.
Hy lewe en Hy het beheer oor die dood. Hy het die sleutels van die doderyk. In Psalm 9:13, 107:18 en Jesaja 38:10 word Sy heerskappy oor die doderyk verklaar. Jesus bring die ewige lewe (2 Timoteus 1:10). Hy leef en daarom kan ons leef (Johannes 14:19). Vir ons wat gered is deur Sy bloed, is die bitterheid van die fisiese dood vir altyd verby (1 Korintiërs 15).
19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;
20die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
Sewe sterre = engele, boodskappers wat dien (Daniël 10:10-13), sewe kandelare = kerke sowel as die kerk as geheel. Engele is dienende geeste. (Hebreërs 1:14)
Ons gaan aan na hoofstuk 2. In ons verstomming oor die grootheid van God moet ons die gedagte van tyd bemeester. God staan buite tyd. Hy sien alles in ‘n oomblik. God se tyd is die volheid van tyd, die regte tyd – kairos.