Die Kersbome is op en aan. Hier in Kanada is Desember die donkerste tyd van die jaar en elke boom met liggies maak ‘n verskil. In die winkels is alles om die viering van die Ligfees mooier en mooier uitgestal. Dis ‘n plesier om die kreatiwiteit en talent van ‘n skeppende wêreld te aanskou en te bewonder. Die skep van mooi is God in ons, daar is geen twyfel in my hart daaroor nie. Dit is werklik elke Kersfees vir my ‘n vreugde om die asemrowende optooi van ‘n ganse wêreld te geniet. Ek het lankal besluit om die irritasie oor die oorkommersialisering van Kersfees af te skud en die soms onwillekeurige samewerking van die grootste “vyande” van die Christendom met groot satisfaksie te beskou. Daar diep binne die streng oorheersing van Islam gaan die Kersboom op en die liggies aan. Geskenke word uitgedeel en liefdadigheid beklemtoon in ‘n uitreik na die armes en ellendiges. Ook in Israel is die Kersbome van die Christene en die baie kerke daar opgemaak en aangeskakel.
Dit kan ook nie anders nie. Die wêreld moet hoor. Vir elke kind wat gebore word en die liggies sien, moet daar ‘n rede gegee word vir die oorweldigende skoonheid van die Fees. So gaan die Boodskap uit, elke jaar, oor gesalfde en ongesalfde lippe. Romeine 10:18:
But I ask, Have they not heard? Indeed they have; for the Scripture says: Their voice [that of nature bearing God’s message] has gone out to all the earth, and their words to the far bounds of the world.
Ek dink ons kan so maklik God se werk onderskat omdat ons nie Sy perspektief en almag kan begryp nie. Elk jaar probeer ek my verstaanvermoë rek en bid dat die Lig dieper indring. Daar is net een manier om die hartklop van ons Vader te voel en ons begrip te verdiep. Kom ons kyk wat is onder die “Kersboom” vir ons.
Daar is by baie mense ‘n begeerte vir ‘n outentieke Christus-sentreerde Fees. Dit is hoe ons familie al die jare probeer het om die ware boodskap van Jesus te vier, en nie te verval in al die bykomstighede van die sekulêre interpretasie van die Kersgebeure nie. Die Kersboom was een van die “verdagte” elemente van die Fees. Eugene Peterson het in sy Kersgedigte, Kersbome en Kerskaartjies vir my nuwe betekenis laat kry. Hy skryf te pragtig hoe die posman die grootste boodskap van redding en lig in kuns en poësie uitgespel, jaar na jaar met die hand aflewer.
Ons Kersboom is die stomp uit die geslag van Dawid wat bot en vrug dra. Jesaja 11:1,2:
Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.
And there shall come forth a Shoot out of the stock of Jesse [David’s father], and a Branch out of his roots shall grow and bear fruit.
Dit is die boodskap van ons Kersboom. Dit wat dood was sal lewe en vrug dra. Dit omvat die hele boodskap van Jesus – Sy dood was nie finaal nie. Hy lewe en ons lewe deur Hom. Op hierdie punt sal ‘n uitroep van vreugde nie onvanpas wees nie! Wat is jou vreugdekreet? VIVIT – Hy leef (Latyn – uitgespreek = wiewit). Laat dit ons Kerskreet word. Die stomp wat geen tekens van lewe toon nie, bot en dra vrug. Sien die Kersboom in ‘n nuwe lig – die simbool van die Ewige Lewe in jou huis.
Die begeerte om jou huis te versier met die simbole van hierdie Fees is ‘n spesiale geleentheid om die kern van die boodskap vas te vang en uit te dra aan jonk (kinders), oud (ouers) en ouer (vriende en familie). Kies keurig en dink aan die woorde waarin jou toewyding aan Jesus oorgedra word. Dit is ‘n vreugdefees en die vreugde en vrede wat familie- en gesinsfeeste onderlê, is die belangrikste versierings wat daar is. Laat jou woorde, woorde van God wees. Jakobus 3:17:
But the wisdom from above is first of all pure (undefiled); then it is peace-loving, courteous, considerate, gentle. It is willing to yield to reason, full of compassion and good fruits; it is wholehearted and straightforward, impartial and unfeigned; free from doubts, wavering, and insincerity.
Kan ons ons Kersgesprekke aan die bostaande standaard toets en onderwerp? Dit is geweldig, so baie om in te neem en te onthou in elke woord wat ons sê – hoeveel duisend woorde het ‘n vrou nou weer nodig om dieselfde storie te vertel wat ‘n man in tien kan doen?
Hoe sal ons dit regkry? Ons is toegerus vir alles wat ons ooit nodig mag hê – dis gewaarborg. Ons onderwerp ons woorde aan die Heilige Gees net soos Paulus.
1 Korintiërs 2:4:
And my language and my message were not set forth in persuasive, enticing and plausible words of wisdom, but they were in demonstration of the Holy Spirit and power,
[a proof by the Spirit and power of God, operating on me and stirring in the minds of my hearers the most holy emotions and thus persuading them],
Het jy ooit gedink hoe dit sal voel as jy in die nag voor Kersfees in jou pajamas – sonder die kerkhoed van godsdienstige vooroordeel en die grimering van gemeenskapsaanvaarding – in die donker huis na die Kersboom met al die pakkies daaronder sluip en begin soek na jou naam? Gou kom jy agter dat AL die pakkies jou naam op het. Absoluut ELKE geskenk is vir jou, groot en klein, rond en lank en blink – gestrik en getooi met blinkers en kaartjies soos jy nie in jou wildste drome ooit kon hoop nie. Die Groot Geskenk is gebore en Hy maak voorsiening vir alles en meer.
Begin oopmaak! Skeur af die papier! Laat jou opgewondenheid en uitsien die oorhand kry, sak net daar op jou knië neer en geniet. Kom ons loer in die pakkies.
Romeine 8:32:
He did not spare His own Son, but offered Him up for us all; how will He not also grant us EVERYTHING? [my beklemtoning]
Dit is ons Pa in die hemel se vreugde om ons lewe toe te rus en alles wat ons nodig het te voorsien. Het jy dalk in ‘n vorige Bodemklip gedink hoe op aarde gaan jy die hoë standaard van Jesus self oor nederigheid bereik? Jy is nou onder die Kersboom. Vir enige kind onder ‘n boom met geskenke gaan dit nie oor wat hy moet bereik en self regkry nie – net oor wat hy kry. Hy verwag die beste!
Lukas 12:32 – Jesus self aan die woord:
Don’t be afraid, little flock, because your Father delights to give you the kingdom.
Hoor hoe mooi verduidelik The Message die skuif in jou denke:
What I’m trying to do here is get you to relax, not be so preoccupied with getting so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works.
Steep yourself in God-reality, God-initiative, God-provisions. You’ll find all your everyday human concerns will be met. Don’t be afraid of missing out. You’re my dearest friends! The Father wants to give you the very kingdom itself.
Is die eerste pakkie nie al reeds ‘n onbeskryflike vreugde nie? Sit jy nou stewig op jou Vader se skoot en stel jou in vir wat nog kom?
Maak toe jou oë en gebruik jou verbeelding. Die volgende pakkie se sagte, egte sy lint gly sommer af. Lukas 11:13:
If you then, evil as you are, know how to give good gifts [gifts that are to their advantage] to your children, how much more will your heavenly Father give the Holy Spirit to those who ask and continue to ask Him!
Die Heilige Gees is die kern van al die geskenke. Net deur Sy werking in jou binneste is jy in staat om te ontvang. Dit is die belofte van die Vader aan Jesus toe Hy weet hoe verlate Sy volgelinge sou wees as Hy nie fisies by hulle is nie. Jesus het met die Heilige Gees gedoop. Dit is Sy waarborg vir die kragtige werking van elke geskenk wat Hy vir ons gee. Handelinge 1:8 – Jesus se laaste woorde. Laaste woorde is ongetwyfeld woorde wat hulle moes onthou en inbrand in hulle harte.
…maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…
Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag is vandag nog net so relevant vir die kragtige lewe van die Christen. Ons reaksie is presies soos Petrus die opdrag gegee het, saam met die belofte vir ons en ons kinders:
Now when they heard this they were stung (cut) to the heart, and they said to Peter and the rest of the apostles (special messengers), Brethren, what shall we do?
And Peter answered them, Repent, change your views and purpose to accept the will of God in your inner selves instead of rejecting it, and be baptized, every one of you, in the name of Jesus Christ for the forgiveness of and release from your sins; and you shall receive the gift of the Holy Spirit.
For the promise of the Holy Spirit is to and for you and your children, and to and for all that are far away, even to and for as many as the Lord our God invites and bids to come to Himself. [Handelinge 2:37-9]
Andrew Murray se werke is gratis beskikbaar uit die biblioteke van bekende universiteit in Noord-Amerika, onder andere Cornell en Toronto, op die webblad http://www.path2prayer.com wat hom ‘n history-changing author noem. Hy was vyf maal die moderator van die NG Kerk en is in 1917 oorlede; ‘n reus in die kerkgeskiedenis met meer as 240 boeke uit sy pen. Hy is met reg die vader van die kerk in Suid-Afrika genoem en word internasionaal in teologiese kringe hoog geag. Sy boeke kan ek sonder voorbehoud aanbeveel. Lees dit verkieslik in die oorspronklike Engels of Nederlands.
Hier is die skakel vir die boek The Full Blessing of Pentecost wat in PDF vorm heeltemal gratis afgelaai kan word. Dit is waarlik ‘n seën om die boekie te verorber.
http://www.path2prayer.com/site/1/docs/Murray full blessing pentecosts.pdf
Is jy gereed om nog ‘n paar strikke te trek net vir die bevestiging dat jy aan die ontvangkant van die beste dinge is wat jy ooit op kan hoop?
Efesiërs 1:3:
…Who has blessed us in Christ with every spiritual blessing (given by the Holy Spirit) in the heavenly realm! Die heavenly realm is die hemele, die onsienlike wêreld hier om ons. Dit is die geestelike seëninge vir hier en nou wat ons in Jesus ontvang.
2 Petrus 1:3:
Everything that goes into a life of pleasing God has been miraculously given to us by getting to know, personally and intimately, the One who invited us to God.
My gunsteling-pakkie is in die blink strale van die Son van Redding toegedraai.
1 Korintiërs 2:9,10:
Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
No one’s ever seen or heard anything like this,
Never so much as imagined anything quite like it—
What God has arranged for those who love him.
But you’ve seen and heard it because God by his Spirit has brought it all out into the open before you.
Laat toe dat die Heilige Gees jou oorweldig met die diepte, hoogte, breedte en lengte van die liefde van God vir jou.
Die Heilige Gees is God se asem. Hy het lewe geskep deur in Adam te blaas. Genesis 2:7:
God formed Man out of dirt from the ground and blew into his nostrils the breath of life. The Man came alive—a living soul!
Jesus het op Sy dissipels geblaas om die Heilige Gees te ontvang.
Johannes 20:22:
And with that he breathed on them and said, “Receive the Holy Spirit.
Net om te begryp hoe kragtig hierdie asem van onse God is, hoor wat sê 2 Thessalonisense 2:8:
And then the lawless one will be revealed, whom the Lord Jesus will overthrow with the breath of his mouth and destroy by the splendor of his coming.
Is dit nie ‘n geskenk om te kry nie? Die krag van God se asem sal klaar speel met die duiwel. Soos Beth Moore sê: it gives a whole new meaning to “blown away”.
Dankie Here vir U onbeskryflike geskenke aan ons, almal bevestig en verseël in Jesus. Dis in die gees van dankbaarheid en ontvanklikheid dat ons hierdie Kersfees in oorvloedige vreugde vier.