Ons het al hieroor gepraat. Ons weet goed ons moet ander mense respekteer en toelaat om hulle vryheid te beoefen. Dit is tog die kern van sogenaamde Westerse waardes. In enige gegewe tydperk oor eeue is hierdie waarheid op die verhoog van wêreldpolitiek in dramatiese oorloë, opstande, terrorisme, filosofieë en bewegings uitgedruk, uitgeveg en in bloed geskryf. Gedurende die twintigste eeu, sommer nou die dag, het groot vryheidsdiewe in die stof gebyt: fasisme, nasionaal-sosialisme, kommunisme, apartheid. In Suid-Afrika het ons versoening aangegryp, gestem vir vryheid vir almal, opheffing en ontwikkeling befonds en politieke bloedvergieting vrygespring. Vandag is ons gekonfronteer met ‘n spektrum van botsende politieke doelstellings, misdaad wat verwond en venietig en ‘n volgehoue, desperate honger na die oplossing wat armoede na gees en liggaam sal aanspreek.
Organisasies en politici, maatskaplike spesialiste en bankiers is konstant aktief aan die gang om die wêreld se pyn aan te spreek, in verskeie grade van sukses. Dis die regte ding om te doen en die Christendom staan sy plek vol. Soap, soup and salvation – die praktiese kreet van die Salvation Army word daagliks aan miljoene bedien deur mensehande, wat in werklikheid God se Hand is. Dis ook reg so.
Wat is dan die kern van die “salvation” wat ons uitdra? Hoe sal ons die geestelike armoede aanspreek?
Jesus is die Weg die Waarheid en die Lewe – Sy eie woorde. ‘n Bekende en beminde stelling in die kerk. Dit het nog altyd gewys op die alles-omvattende voorsiening en genade van Jesus. As jy Hom kies, het jy alles, jy is by die Bron van alles wat jy ooit mag nodig hê.
In vandag se post-modernistiese, polities-korrekte, akkommoderende samelewing is dit ‘n baie ongewilde stelling. Hoe kan ons nou so uitsluitend wees? Kom ons sien die goeie in alles. Ons beweeg dan so mooi weg van minagting, arrogansie, kritiek en eksklusiwiteit. Ons sien die waarde en die waardigheid in alle mense en daarmee saam respekteer ons hulle oortuiging, optrede en vryheid.
Enigiemand wat die Bybel bestudeer is in die uiters unieke posisie om te sien hoe God die situasie beskou en dit aan die antieke profeet Esegiël kommunikeer. Esegiël 33:7 in Ou Vertaling Afrikaans.
En jy o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.
Die profeet moet waarsku as die kern van die boodskap verlore raak. In vers 20 sê die Here:
Yet you say, ‘The way of the Lord is not fair.’ O house of Israel, I will judge every one of you according to his own ways.”
Die wêreld skreeu dat die kern van ons geloof nie regverdig is nie. Dis uitsluitend. Ons moet die afgode ook ‘n kans gee. Die hele punt van die post-modernisme is gelyke geleenthede, vryheid van geloof en spraak, die uitwissing van armoede en die opheffing van die laagste klasse. Met die nuusmedia op internet en televisie was die ongelykheid, die inperking van vryheid en hartverskeurende armoede nog nooit so duidelik soos juis nou nie.
Dit is die toestand van ‘n wêreld sonder God. God tree in op grond van keuse. Jy moet kies – keuse is kragtig. Weer kan ek uitroep saam met die God van Moses in Deuteronomium 30:19,20 (Nuwe Vertaling):
Ek roep vandag die hemel en aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.
Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met ‘n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het aan om hulle te gee.
Hierdie keuse het gevolge in die hemele. Onthou die hemele is die onsigbare wêreld hier om ons. Dit is nie ‘n afgeleë, buitenste ruimtelike woonplek van God nie. Ons daaglikse lewe word beinvloed deur ons geestelike keuse hier en nou. Kies die lewe.
Jesus is nie ‘n blote byvoeging tot die repertoire van ander gode wat jy reeds aanbid nie. Jy moet omdraai, wegdraai, oor begin. Elke mens weet hoe seer ‘n huwelik kry in die verraad van ‘n verhouding met ‘n buite-persoon. Jesus is die koning, Hy sit op die troon van jou hart. As Hy nie die troon het nie, is Hy nie in jou hart nie en ervaar jy die frustrasie van oneffektiewe Christenskap. Hy is die liefling van jou siel, die Een wat Homself aan jou verloof.
Hosea 2:19,20
And I will betroth you to Me forever; yes, I will betroth you to Me in righteousness and justice, in steadfast love, and in mercy.
I will even betroth you to Me in stability and in faithfulness, and you shall know (recognize, be acquainted with, appreciate, give heed to, and cherish) the Lord.
En Ek sal my met jou verloof in trou; dan sal jy die Here ken.
Ons verhouding met God is ‘n intieme liefdesverhouding. Ontrouheid het hartseergevolge vir ons. Hy is nie ontrou nie. Hy bly getrou al is ons ontrou. Dis ons eie ontrouheid wat ons laat struikel.
Deuteronomium 7:9:
Know, recognize, and understand therefore that the Lord your God, He is God, the faithful God, Who keeps covenant and steadfast love and mercy with those who love Him and keep His commandments, to a thousand generations,
Psalm 100:5:
For the Lord is good; His mercy and loving-kindness are everlasting, His faithfulness and truth endure to all generations.
Dit is die karakter van ons Vader. Hy het Sy alles gegee in Sy seun aan die Kruis. Hoe kan ons minder gee as ons hele lewe en totale lojaliteit? Hoe kan jy antwoord verwag op verdeelde lojaliteit?
Die volgende vraag is natuurlik: wat vertel jy? Wat is jou storie? Is dit so dat as jou kinders jou vra kry hulle die getuienis van antwoord op gebed of skryf jy uitkoms toe aan toeval, geluk of die sameloop van omstandighede? Vryf jy die kristalletjie net vir ingeval? Mediteer jy in die jogaklas saam met die ander? Haal jy Boeda en die Dalai Lama aan vir wysheid en mooi woorde van vrede en harmonie? Hoekom is Boeda en die Dalai Lama polities korrek en aanvaarbaar, maar die kragtige woorde van Jesus is gespreksmoord. Almal is skielik verleë want jy dweep mos nou. Geloof in God is privaat, maar al die ander gelowe is modern en progressief. Hoe dan nou?
Hoe klink jou getuienis? Gee jy die eer aan die Here? Wat is jou terugval prosedure in ‘n krisis en die groter toets – as dit goed gaan?
Het jy al ooit vir iemand vertel wat die Here met jou deel? Kan jy sê: Gisteraand toe ek my Bybel optel het die Here met my gepraat en ek voel bemoedig en versterk?
‘n Volle drie paragrawe vol vrae. Kyk maar weer – wat is jou antwoord?
Jesus gaan terugkom vir ‘n kerk van oorwinning en glorie en wonderwerke, nie ‘n mismoedige, vernederde, lafhartige groepie nie. Ons is aan die wenkant en die oorwinning is gewaarborg [Judas 24] – maar dan moet jy kies!
Wat is die antwoord?
Vra die Here vir ‘n nuwe hart!
Esegiël: 36: 24 – 38
24 For I will take you from among the nations and gather you out of all countries and bring you into your own land.
25 Then will I sprinkle clean water upon you, and you shall be clean from all your uncleanness; and from all your idols will I cleanse you.
26 A new heart will I give you and a new spirit will I put within you, and I will take away the stony heart out of your flesh and give you a heart of flesh.
27 And I will put my Spirit within you and cause you to walk in My statutes, and you shall heed My ordinances and do them.
28 And you shall dwell in the land that I gave to your fathers; and you shall be My people, and I will be your God.
29 I will also save you from all your uncleannesses, and I will call forth the grain and make it abundant and lay no famine on you.
Lees verder……die belofte van seën is oorweldigend.
En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie. Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.
Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
Herbou die puinhope, herstel die verwoesting, bewoon die stede sodat dit die paradys word. Dit is God se plan. Die herstel van die Tuin van Eden.
Kies die lewe! Bou jou getuienis! Vertel ‘n storie vir die nageslag wat hulle sal red.
Jesaja 33:17,18: [Ou vertaling]
Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ‘n wyd uitgestrekte land sien. Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
Dit is wat die Here vir jou sal doen. Die mense wat jou nadeel beplan, sal deel wees van jou getuienis en die oorwinning wat jy behaal. Jou getuienis is hoe die Here jou deurgedra het – dis nie ‘n gewone verskrikking nie – dis ‘n deurgestane verskrikking – ‘n pragtige ou Totius-woord.
Terug by Paulus en sy waarskuwing wat ons al voorheen beskou het: 1 Korintiërs 10:14,15:
Therefore, my beloved, flee from idolatry. I speak as to wise men; judge for yourselves what I say.
Ons besluit self wat afgode is. Ons kies self. Kies die afgod en kies die dood. Hoekom kies jy nie die lewe nie?