In die Ou Testament is daar soveel wonderlike gebede opgeteken. Die lofsange van Miriam en Hanna, gebed van Moses by die Rooi See, sy ontmoeting op die berg met God waaroor ons reeds gepraat het, Joshua se ontmoeting met die leerowerste, Dawid se gebede en lofsange in die psalms, Elia se ontmoeting by die berg en die sagte stem wat met hom gepraat het….dis net ‘n paar voorbeelde.
Loop saam met my deur die geskiedenis van Israel, ongeveer 50 jaar na die ballingskap.
Laat my toe om asseblief hierdie interessante karakter Nehemia aan julle voor te stel. Nehemia se naam beteken: God troos. Net bietjie agtergrond.
Die regering van Salomo verteenwoordig die hoogtepunt van die Hebreeuse beskawing in terme van die buite-Bybelse antieke geskiedenis. Na hom verdeel die ryk in twee – die 10 stamme word Israel genoem met ‘n hoofstad in Samaria en die twee stamme Juda en Benjamin word Juda genoem met ‘n hoofstad in Jerusalem. Israel word afvallig en word in ballingskap weggevoer deur die Assiriers in 722 vC (2 Konings 17) en Juda word deur Nebukadneser, die koning van Babilon in 586 vC weggevoer (2 Konings 25). In ballingskap dien Daniël vier heersers, Nebukadneser en Belsasar van Babilonie, Darius die Meed en Kores die Persiër. Daniël besef dat Juda se 70 jaar ballingskap volgens die profesie verby is en begin bid vir die herstel van Jerusalem in Daniël 9. Esra die priester, word opgeroep en lei ‘n groep ballinge van Juda terug na Jerusalem. Die 10 stamme keer nooit terug nie en “raak verlore” in die antieke wêreld se volke.
Nehemia stel homself voor as die die Persiese heerser Artexerxes se skinker. Dit is die heerser na Xerxes 1 van Ester. Ester se koning se Hebreeuse naam was Ahasveros. Ek hoop hierdie agergrond help so bietjie om Nehemia in konteks te plaas.
Die skinker was ‘n interessante posisie aan die hof van die koning. Hy moes die wyn proe, seker maak dat die koning nie vergiftig word nie, maar was ook ‘n vertroueling van die koning, ‘n betroubare, informele, adviseur. Die absolute heersers van daardie tyd het lojaliteit en betroubaarheid hoog geag en het niks daarvan gedink om links en regs enige verraad uit te wis nie.
In die eerste hoofstuk bring sy familie uit Jerusalem vir hom slegte nuus oor die toestand van die stad en die muur. ‘n Antieke stad se muur was belangrik vir verdediging en status. Die verval van Jerusalem tydens die ballingskap was te verstane, Die groot magte van daardie tyd sou nie ‘n sterk Juda verdra nie. Vir die vyfde heerser verder af in die tydlyn na die wegvoering is dit nie meer so ‘n brandende kwessie nie. Persië is in hierdie tyd die oorheersende wêreldmag en nie meer Babelonië nie.
Nehemia se eerste reaksie op die slegte nuus is gebed. Lees asb Nehemia 1 – hy sit en huil en treur en vas en bid. (vers 4) Hy bid ‘n pragtige gebed met allerbelangrike elemente:
- Hy begin met ‘n paar verklarings oor GOD – dit doen mens nie vir God se onthalwe nie. God weet wie Hyself is. Ons maak die verklaring oor God se karakter vir ons eie onthalwe. Dis ons wat binne in ‘n krisis aan die identiteitskrisis ly. Ons moet hoor watter groot en almagtige God ons dien, wat Sy beloftes hou en ons liefhet.
- Dan bely hy sy sonde en die van die hele volk. Hy bely spesifiek hulle korrupsie, wetteloosheid en ontrouheid.
- Hy herinner die Here aan die profesie wat hulle ballingskap veroorsaak het en die heerlike uitnodiging van terugkeer en bekering. Hy vestig die identiteit van die volk as God se volk wat deur Sy kragtige Hand gered is.
- Hy vra die Here vir guns voor die koning.
Ons kultuur is so anders as die Jode van daai tyd. Ons probeer so onaangeraak voorkom al brand en skeur ons binne-in. Ons gee voor en bou ‘n fasade van kalmte en beheer. As ‘n Jood hartseer en depressief is, skeur hy sy klere, gooi as op sy kop en sit in ‘n bondel – jy sien dit sommer op ‘n myl. As hy bly is, gryp hy ‘n tamboeryn en begin dans – geen twyfel oor sy gemoedstoestand nie. MAAR – voor die koning moet hy kalm en gefokus wees en in die 2e hoofstuk diagnoseer die koning ewe akkuraat Nehemia se innerlike wroeging. Sy pre-okkupasie met sy eie volk se toestand kon sy dood veroorsaak het. Hy wil die saak met die koning bespreek en sommer ‘n klomp gunste vra. Net voor hy begin praat (2:4) stuur hy ‘n skietgebed op na die Here.
Nehemia is ‘n meester met skietgebede. Hy roep die Here aan in die middel van al sy aktiwiteite en krisisse. Die gunstige uitkoms van alles wat hy die koning vra, word toegeskryf aan die hand van God.
Vers 8: And the king granted them to me according to the good hand of God upon me.
Wat ‘n belangrike perspektief. Sy oog is nie op die koning nie – net op God. Kan jy jou perspektief oor voorsiening in jou lewe op God alleen plaas en nie op ‘n werkgewer of besigheid nie. God gebruik daardie magtige, absolute heerser om in die begeertes van ‘n onbelangrike dienaar / slaaf te voorsien en daardeur sy volk te herstel.
Nehemia het nou die eerste groot hindernis oorkom – hy het die koning se goedkeuring plus genoeg hout vir die bouwerk uit die koning se woude en ‘n begeleiding van soldate om hom teen rowers te beskerm.
Aan die einde van die 2e hoofstuk word die volgende hindernis beskryf. Sy vyande roer en is hoogs ontsteld dat iemand die welvaart van Israel gaan bevorder. Dis die lewe. Die hindernisse is daar – die hantering daarvan is deur gebed en geloof. Die belofte in Jesaja 43: 1 en 2 – as jy deur die vuur gaan is Ek by jou en deur die waters, sal die vloed jou nie laat omkom nie. Die vloed en vuur is daar, die krisis brand, maar dis die hantering van die krisis wat ons van die ander onderskei.
Verderaan in hoofstuk 2 is Nehemia se klem op God se voorsiening (hy noem dit die hand van God) en vanuit daardie perspektief vertel hy aan die volk die koning se beloftes. In vers 20 spreek hy sy geloof selfs teenoor sy vyande uit. Die teenstand van die vyand word erger in hoofstuk 3. Hoor net die spot en afkraking in die stem van die vyand in 4: 2 en 3. Weer is Nehemia se reaksie gebed.
Vers 4: Hear o God for we are despised, turn their reproach on their own hands…..
In vers 9 val die vyand aan en Nehemia bid – nevertheless we made our prayer to God. Dit lyk sleg, die krisis verdiep. Hierdie wonderlike woord: NOGTANS. Lees maar Habakuk 3 oor die vyeboom wat nie bot nie, die wingerd wat teleurstel, die beeste wat uit die kraal verdwyn, die lande wat geen oes dra nie en die profeet se kragtige NOGTANS! sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Vreugde is ‘n keuse! Hou vas aan die belofte en verbly jou daarin.
Hoe dit ookal lyk – jou oplossing bly by die HERE. Jy het geen keuse nie – jy weet Hy weet die beste, Sy plan werk, Sy hand voorsien. Byt vas, hou aan, wees net sterk en volmoed (Joshua 1). Neem aksie, want die Here het jou ‘n gesonde verstand gegee. Nehemia maak soldate van helfte van die bouers. Hulle bou en staan wag om die beurt. Dawid sê: Here leer my hand om te veg. Laat my die koperboog span. As dit nodig is om te veg, sal God die geveg bepaal en die uitkoms daarvan. Lees Nehemia se aanmoediging in 4: 14 en die uitkoms in vers 15. Praktiese aanmoediging in vers 20: As hulle die trompet hoor moet hulle bymekaar kom: Our God will fight for us.
Nehemia 5: 19 Skietgebed nommer soveelste: Remember me, my God, for good……
Gebed oor die leuens in 6: 9: Now therefore O God, strengthen my hands. Hy weier om in die tempel in te vlug en vind uit van die verraad van een van sy eie. Dit lees net soos ‘n speurstorie. Dan bid hy weer: Teen die vyande en die mense wat vrees in hom wil wek.
Deurgebid: Vers 15 Die muur word klaar gebou in 52 dae – ongelooflike taak – bonatuurlike uitkoms. Vers 16 die vyande en al die volke om hulle besef dat die werk deur God gedoen is. Die afronding is die deure, wagte, maar ook die sangers en die Leviete. Hulle berei hulle voor vir ‘n groot fees. Nehemia 8 begin met ‘n Bybelstudie van 5 – 6 ure en ‘n heerlike fees van te ete en te drinke – vers 12. Merk 8:10 in rooi: Do not sorrow, for the joy of the Lord is your strength.
Twee definisies vir krisistye:
JOY: not an emotional reaction, but a deliberate, intelligent appraisal of the situation from God’s perspective.
PATIENCE: is not a passive resignation to adverse circumstances, but a positive steadfastness that bravely endures.