285.  Die Kerk – militant en triomfantelik.

Twee beginsels.  Een storie, een wonderwerk.  Visse in die diepsee, visse in die vlaksee. Jesus aan die woord, Jesus op die strand. “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ‘n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang.  As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit … More 285.  Die Kerk – militant en triomfantelik.

283. Volheid van seën

[Pinkster 2023] Die oproer van die gebeure in Jerusalem oor die afgelope Paasfees was nog vars in die geheue van soveel mense.  Die storie van Jesus se opstanding het soos ‘n veldbrand versprei.  Die tonge het geklap, sommige in woedende verwerping, sommige in ‘n ongeërgde afmaak van “skinder”, sommige in versigtige navraag en ander in vreugdevolle verwagting, … More 283. Volheid van seën

282.  Standvastig die Kroon

Engeland berei voor vir geskiedenis.  Die hoofopskrifte oor die wêreld basuin dit uit.  Oor die jare van ongewildheid en rewolusies in Europa, het die reste van koninklikes daar, daarin geslaag om grootliks die kritiese blik van moderne media se listige, geslepe, onsmaaklike, ondersoekende joernalistiek te vermy. Daar is niemand wat ek ken wat enige moderne beperkings oor … More 282.  Standvastig die Kroon

277.  Voete wat vlieg

Kom ons vertoef nog ‘n bietjie by die profeet Habakuk se woorde van goud vir alle tye.  Habakuk skuif sy denk-horisonne van dreigende politiese omwenteling na ‘n hemelse perspektief met ewigheidswaarde wat sy  gemoed oplig tot ‘n vreugdevolle aanbiddingslied. In ’n paar woorde word die warrelwind van vreesgedagtes ‘n lied vir alle tye.  In sy gesprek met God … More 277.  Voete wat vlieg