Slaan oor na inhoud

Bodemklippe

Docendo discimus

  • Tuiste
  • Kontak
  • Wie?
  • Die Koers van ‘n Lewe
  • ‘n Lied in die Nag
  • Bronne

55. En toe vererg ek my so…

Oktober 1, 2014

Klink hierdie woorde of gedagte bekend? Miskien kan ons net stilword soos in ‘n sela-oomblik en dink hoeveel keer in die afgelope dag of week dit gebeur het. Miskien spreek ons nie elke oomblik van verontwaardiging en verontregting uit nie. Hoe dikwels gebeur dit nie op die pad in ‘n motor nie? Die onregverdigheid van … More 55. En toe vererg ek my so…

1 Kommentaar 55. En toe vererg ek my so…

Nota oor Twyfel

September 11, 2014

Daar is so pas ‘n nuwe stukkie op http://www.pebblesofperpetuity.com geplaas oor Thomas en die assossiasie met hom oor twyfel.  Ek is weg tot die einde van die maand. Dan sit ons die gesprek voort.

Lewer kommentaar Nota oor Twyfel

54. Toemaar – jy is veilig!

September 4, 2014

Dit is die wonderlikste woorde om te hoor. Binne in die grootste krisis, deurmekaarspul, bakleiery en magtelose moedeloosheid as dinge verkeerd loop… En by my stormsterkte kwessie slaap ‘n Redder in die skuit.* Jy is veilig. Jy is gered. Jy is in Sy hand. Altyd en oral – sonder uitsondering, onderbreking of verslapping. Dit is … More 54. Toemaar – jy is veilig!

1 Kommentaar 54. Toemaar – jy is veilig!

53. Dis ‘n skaap… ek dog dis ‘n bok!

Augustus 21, 2014

Dis goed om die gesprek voort te sit. Ons het gepraat oor respek vir ander mense en hulle denke, vryheid van godsdiens, pers en spraak en ander kernwaardes van ons beskawing wat ons oor ‘n lang tyd met bloed, sweet, argumente en filosofie gevestig het. Daar is sekerlik baie definisies van die begrip beskawing, maar … More 53. Dis ‘n skaap… ek dog dis ‘n bok!

Lewer kommentaar 53. Dis ‘n skaap… ek dog dis ‘n bok!

52. Wat vertel jy my nou?

Augustus 11, 2014

Ons het al hieroor gepraat. Ons weet goed ons moet ander mense respekteer en toelaat om hulle vryheid te beoefen. Dit is tog die kern van sogenaamde Westerse waardes. In enige gegewe tydperk oor eeue is hierdie waarheid op die verhoog van wêreldpolitiek in dramatiese oorloë, opstande, terrorisme, filosofieë en bewegings uitgedruk, uitgeveg en in … More 52. Wat vertel jy my nou?

Lewer kommentaar 52. Wat vertel jy my nou?

51. Kyk – wat is in jou hand!

Julie 29, 2014

Hier in noord-Amerika word so maklik ‘n frase geskep wat dan in geskrewe en skerm media gebruik word asof die hele wêreld moet weet wat dit beteken. Mens moet erken dat die meeste Amerikaners verbaal talentvol is, dikwels van so ‘n jong ouderdom af, dat jy verstom staan. Klein en kleiner is vol selfvertroue en … More 51. Kyk – wat is in jou hand!

Lewer kommentaar 51. Kyk – wat is in jou hand!

50. Gawes en talente – geen fout!

Julie 17, 2014

  Na aanleiding van ons gesprek oor dankbaarheid en ‘n spesiale insig in die genade van God oor ons lewe, kom ons juig saam oor dit wat gegee is en dit wat beloon word. Ek staan daagliks verstom oor die verskeidenheid van hierdie wêreld. Die skeppingsdinamiek wat ons omgewing met soveel onderskeidende kenmerke en unieke, … More 50. Gawes en talente – geen fout!

Lewer kommentaar 50. Gawes en talente – geen fout!

49. Die geur van dankbaarheid – ‘n offer.

Julie 8, 2014

Ons kerk het gesing, baie gesing. Daar is nou nog liede wat uitstaan, wat ek onthou in tye van vreugde en tye van hartseer. Liede wat gedagtes en bekommernis fokus op die grootheid van die Here, sodat Sy almag en goedheid die probleme en krisisse van ons dag oorskadu. Deur te sing was jou liggaam, … More 49. Die geur van dankbaarheid – ‘n offer.

2 Kommentaar 49. Die geur van dankbaarheid – ‘n offer.

48. Leef dit …. wat jy gehoor het.

Junie 26, 2014

Vir ‘n geruime tyd al, het ek en ‘n vriendin ‘n soort vervolg-gesprek oor die hindernisse in ons lewe wat veroorsaak dat ons die beginsels wat ons met groot entoesiasme en blydskap aanhoor, nie leef nie. Dit voel soms asof ek net die volgende dag in dieselfde slaggat trap, as wat ek nou net in … More 48. Leef dit …. wat jy gehoor het.

Lewer kommentaar 48. Leef dit …. wat jy gehoor het.

47. Vrygewig met oorvloed – buitengewoon!

Junie 12, 2014

Soos met meeste dinge in die materiële wêreld, is perke ‘n goeie ding. In ons familie is my oupa se tafelgebed ‘n voosgebruikte aanhaling – Ag Here, behoede ons van overdaad! Hoe dikwels word ons in die lewe vermaan tot balans met betrekking tot werk, geld uitgee, dieet en plesier. Dit is ook reg so. … More 47. Vrygewig met oorvloed – buitengewoon!

Lewer kommentaar 47. Vrygewig met oorvloed – buitengewoon!

Artikels navigasie

Ouer artikels
Nuuter artikels

Enter your email address to follow this blog and receive notifications of new posts by email.

Follow Bodemklippe on WordPress.com

Onlangse Bydraes

  • 361. Vas vir gesag
  • 360. Kragtige gebede, magtige gevolge
  • 359.  Niks is onmoontlik 
  • 358.  Onttroon die nederlaag
  • 357. Die skaduwee verdwyn
Blog at WordPress.com.
Bodemklippe
Blog at WordPress.com. Ontwerp: Gateway.
  • Subscribe Subscribed
    • Bodemklippe
    • Join 59 other subscribers
    • Already have a WordPress.com account? Log in now.
    • Bodemklippe
    • Subscribe Subscribed
    • Sluit aan
    • Meld aan
    • Report this content
    • View site in Reader
    • Manage subscriptions
    • Collapse this bar
 

Die kommentaar is aan't laai...