Die diep hartseer en skok van die Kruis daardie donker Vrydag, is opgevang in die verstommende gebeure die Sondag en die heerlike meesleurende nuus van die verskyning van Jesus aan ‘n wye verskeidenheid mense. Hy het opgestaan, Hy leef, Hy is alles wat Hy gesê het Hy is. Alles wat almal geglo het, het onherroeplik verander. Hulle het God aanskou en beleef in Sy oorwinning oor die dood en Hy het nog ‘n belofte gemaak vir die tyd wat volg. Hy gaan nooit weer weg nie. Hy sal altyd by hulle wees. Die opdrag kom – gaan wag in Jerusalem.
Elke wedergebore kind van God het die Heilige Gees in hom. Wedergeboorte kan nie plaasvind sonder die Heilige Gees nie. Die Heilge Gees werk in jou lank voor wedergeboorte of bekering. Dit is die Gees van God wat in jou werk om jou te lei tot die besluit en jou trek na Jesus toe. Jesus self het gesê: Niemand kom na My toe as die Vader hom nie trek nie. [Johannes 14:6.]
Die Hebreeuse woord vir gees is pneuma wat wind of asem beteken en word so gebruik in die gesprek van Jesus met Nikodemus in Johannes 3. Vir my is dit ‘n wonderlike beskrywende gedagte om aan die Heilige Gees te dink as die asem van God, daardie lewendgewende teug wat my diepste wese vul. In Openbaring 11:11: word dieselfde woord gebruik om die Goddellike asem van lewe te beskryf. Ook in Amos 4:13 praat dit van die Gees of wind.
Die Heilige Gees kom alreeds in Genesis 1:2 ter sprake: And the Spirit of God was hovering over the face of the waters.
Daar in die geboorte van die aarde, die skeppende, magtige aktiwiteit van die Godheid oor die chaos, reeds daar sien ons die karakter van die werking van die Heilige Gees in die chaos van hierdie wêreld. As Hy vir die oseane en die gebergtes hulle plek bepaal, hoeveel te meer in die onmoontlike van jou lewe. Die asem van die Almagtige in jou.
Paulus bid in sy gebed vir die Efesiërs in die 3e hoofstuk van die sendbrief vir hierdie vervulling. Luister na die Message vertaling:
And I ask that with both feet planted firmly on love, you’ll be able to take in with all Christians the extravagant dimensions of Christ’s love. Reach out and experience the breadth! Test its length! Plumb the depths! Rise to the heights! Live full lives, full in the fullness of God.
God can do anything you know – far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.
As jy die voller omvang van hierdie bevrydende en reddened woorde wil begryp, lees saam met my die Amplified vertaling.
That you may really come to know, practically through experience for yourselves, the love of Christ, which far surpasses mere knowledge: that you may be filled [through all your being] unto all the fullness of God – may you have the richest measure of the divine Presence and become a body wholly filled and flooded with God Himself.
God self binne-in jou! Besef dit ten volle – net sodat jy weer kan juig in die Een met wie ons nou te doen het!
In Lukas 24:45 open Jesus die verstand van sy dissipels sodat hulle die Skrifte kan verstaan. In Johannes 20: 22 het Jesus op sy dissipels geblaas en gesê: Ontvang die Heilige Gees. Met die asem van Jesus en Hy wat Sy woorde lewend maak, is die dissipels toegerus.
Maar nou: In vers 49 van Lukas 24 sê Hy:
Behold I send the Promise of My Father upon you; but tarry in the city of Jerusalem until you are endued with power from on high.
Hierdie is die sleutel tot die gebeure van Handelinge 2. Die belofte van die aandoening met krag word in Handelinge 1 by die Hemelvaart herhaal. Jesus belowe die doping in die Heilige Gees en sê spesifiek in vers 8:
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilge Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld.
Daar is geen twyfel dat die dissipels reeds vervul was met die Heilge Gees. Die belofte van die Vader aan Jesus, was die aandoening van krag wat plaasgevind het op Pinksterdag. Dit was daardie Heilge Gees aanraking wat nodig is vir bediening. Net soos Jesus daar in die doopwater in Matteus 3 ontvang het, sou die 120 op Pinksterdag ontvang.
Jesus as die tweede persoon van die Godheid is met die asem van God gebore. Die Heilige Gees was in Hom. Johannes die Doper was met die Heilge Gees vervul van sy geboorte af. [Lukas 1:80.]
Dit is dus duidelik dat die gebeure van Pinksterdag ‘n afsonderlike, spesiale vervulling met die Heilige Gees was, soos wat Jesus belowe in Handelinge 1:8. Dit was die kragaandoening om die kerk te begin. Regdeur Handelinge is die gebeure van Pinksterdag herhaal om met oortuiging en wysheid van woorde, die goeie nuus aan Jode, owerhede en heidene te bring. Dit was in werklikheid die kickstart van die kerk – wegspringkrag. Dit was die profesie van Johannes die Doper toe hy Jesus aan sy dopelinge uitwys en sê:
Daar is die Lam van God. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Die mense wat in die bokamer bymekaar was het op die Here gewag sonder om te weet wat gaan gebeur. Hulle het met blinde verwagting en gehoorsaamheid die buitengewone dag ervaar. Dit is al wat nodig is om die besondere ervaring te beleef. Tonge van vuur het op elkeen gekom – ‘n simbool van die geestelike verdeling van die Godheid en die toerusting van die individu. Die krag van die kerk van Christus lê duidelik in die individuele mense en hoef nie by ‘n organisasie gesoek te word nie. Die krag van die organisasie lê in die saamkom van die Heilige Gees-vervulde individue wat in eenheid die doel van die evangelie nastreef.
Andrew Murray in sy boek The Full Blessing of Pentecost stel dit so: (pp 1,2)
It is the will of God that everyone of His children should live entirely and unceasingly under the control of the Holy Spirit. Without being filled with the Spirit, it is utterly impossible that an individual Christian or a church can ever live and work as God desires. This blessing is prepared for us and God waits to bestow it. Our faith may expect it with the greatest confidence.
Hy sê verder : Every day should be a Pentecostal season in the Church of Christ.
Op die dag van Pinkster sê Handelinge 2:4:
….. is almal met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.(Nuwe Afrikaanse vertaling)
By die toring van Babel in Genesis 11 sê God:
Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie.
Op die dag van Pinkster het daardie groot Ons (God as drie-eenheid) sy volk geseën met ‘n eenheidstaal. Die woorde van Genesis staan deur al die eeue. Net soos God die mensdom verdeel het met taal, so het Hy Sy volk verenig met taal. Die taal van die kerk van Christus is Heilige Gees – taal. Dit is ‘n taal wat oor al die tale van die aarde tot elkeen van die verskillende volke wat daardie Pinksterdag byeen was, kon spreek. Eenvoudige ongeleerde Galileërs (nie as so intelligent beskou nie) is deur die Heilige Gees met taal toegerus om die taalverskeidenheid van die volke te oorkom. Toe die taalkwessie aangespreek is, toe kom die profetiese in Petrus na vore en hy preek Jesus uit die profete van ouds sodat 3000 tot bekering. Sy praktiese raad in vers 38 gee die basiese “resep” vir die bekeerlinge:
Bekeer jou, en laat jou doop en jy sal gedoop word met die Heilige Gees.
Vers 39 beklemtoon dat dit vir almal is – die belofte is vir jou en jou kinders en almal wat ver is, vir soveel as wat deur die Here geroep word. Vers 47 – daar is daagliks by die kerk gevoeg. ‘n Heerlike herlewing wat die geskiedenis swaai en die bediening van Jesus vestig tot ‘n kragtige kerk wat vandag nog die goeie nuus van genade en liefde verkondig.
Twintig jaar na die gebeure van Pinksterdag vra Paulus vir die Efesiërs of hulle die Heilge Gees ontvang het [Handelinge 19] . Hulle onkunde lei hom om hulle in die naam van Jesus te doop. Hy bid vir hulle en hulle ontvang die gawe van die Heilige Gees [vers 6]:
And when Paul had laid hands on them, the Holy Spirit came upon them and they spoke with tongues and prophesied.
Die uitstorting van die Heilige Gees het dadelik reaksie uitgelok – ook negatief. Die krag van die kerk is met hardheid en bose teenstand uitgedaag. [Handelinge 19:9] Maar die kerk moes volhard en na twee jaar het almal in Asië die boodskap van Jesus gehoor. [Handelinge 19:10]
Die gebeure van Pinksterdag is deur die eeue op baie maniere gereduseer tot onbelangrik, ontoepaslik en onnodig. Tog kan dit nie ignoreer word nie. Dis vir elkeen en die begeerte na krag in jou geestelike lewe ontsluit hierdie bron. Lees die Woord met ‘n hartsbegeerte om te verstaan en te ervaar. Die beste manier is saam met jou persoonlike Leermeester/Rabbi daar in jou binnekamer alleen. Dit is Jesus se grootste en beste geskenk. Hy sê in Lukas 11:13.
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir die wat vra.
As hierdie lering vir jou vrae en onsekerheid bring – skryf vir my asb.
Ons gesels verder.